New Creation
Neville Goodchild
Die Gees kondig seisoene en tye af in gelowiges se lewens

Dag 1: Dit is volbring
Die Heilige Gees van God is intensief betrokke in die skeppingswerk. Hierdie verhaal van die skepping gaan oor meer as net die feite van dae 1 tot 7. Hierdie storie gaan oor jou en my. Op dag 1 het God se Woord uitgegaan - God sê, “Laat daar lig wees” en die Heilige Gees verrig die werk – Daar is lig. Hoop breek los oor die hele skepping! God gee hierdie lig sodat ons kan onderskei tussen reg en verkeerd. Ons kan nie in die donker lewe nie.
Op Dag 2 skei God die waters en skep ’n sisteem waarin dit reën. God seën ons, nog voordat Hy lewe gee. Hier is die Heilige Gees intensief betrokke om die waters te skei en reën te laat neersak. Ons kan nie God se seën ontvang sonder die betrokkenheid van die Heilige Gees nie.
Op dag 3 gee God lewe. Hy gee grassade, plante en bome wat kan voortplant. Hierdie is die progressiewe werk van die Heilige Gees in ons lewens. God het alles volmaak gemaak.
In ses dae het God alles volkome gemaak en toe, op die sewende dag, het Hy gerus. Hierdie rus is nie ’n rus van moegheid nie, maar ’n rus van tevredenheid. Hierdie rus is ’n “Shalom-rus”. Dit beteken, alles is volbring en God is tevrede met die werk wat Hy afgehandel het. Hy is in volkome vrede. Dag 7 is die viering van hierdie perfeksie, want God is vervuld in sy Goddelikheid en staan terug en verklaar dat dit goed is. Wanneer God nie meer bekommerd is oor onafgehandelde vrugtelose, lewelose, ongeordende chaos nie (witless life), verklaar Hy dat dit goed is. God sê dan dat my lewe gefokus, intensioneel en doelgerig is en dat ek is waar ek moet wees. Daar is ’n heelheid (wholeness) in elke deel van my lewe.
Lees:
Eph.5:15
Mediteer:
- Jesus het afgehandel wat Hy in my lewe moes doen. Jesus Christus se geskenk is vrede, vrede vir my en vrede vir Vader. My lewe word ’n rus, God se rus, en ons is albei in rus oor my lewe.
- Wat beteken dit prakties vir my lewe dat Jesus gesê het, “Dit is volbring?”
- Dit is ook waarom ons nie die Sabbat op dag 6 vier nie. God het juis op dag 7 in sy rus ingegaan oor sy afgehandelde werk. Jesus Christus se kruiswerk het alles volbring. Daarom kom ons na die Here toe in die atmosfeer en realiteit van afgehandelde werk. We gather as it is finished. Ons benader God uit hierdie vertrekpunt, dat God se werk oor ons afgehandel is.
- Wat is nodig vir my en God om op dag 7 oor my lewe in rus te gaan?
Bid:
Jesus, dankie vir U afgehandelde werk aan die kruis en dat Vader kan rus oor my lewe. Heilige Gees, ek nooi U om in my te kom vasmaak wat presies hierdie rus is waarin Vader is en waarin ek deur geloof moet ingaan. Ek nooi U om hierdie week vir my ’n dieper openbaring te bring van u Gees se werking in my lewe. In Jesus se Naam. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Op grond van Christus, wat alles volbring het en die werk van die Heilige Gees in my lewe, seën God my en heilig Hy my!
Aanbidding:

Dag 2: Seisoene
"En God het gesê: 'Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare'." (Gen 1:14).
Voor dag 4 was daar lig maar geen spesifieke lig wat die aarde verlig het nie. Daar was chaotiese lig. God het hierdie lig gegee maar daar was geen ritme nie, dit was oral.
Op dag 3 skep God saad. Ons weet dat saad spesifiek ’n donker- en ligritme nodig het om te groei en dat saad sensitief is daarvoor. Kyk maar na die gras wat ophou groei in die winter. Koud en warm (meer en minder lig) speel ’n groot rol. God skep op dag 4 die ritme wat hitte en koue, dae en nagte, seisoene en jare bepaal.
Gelowiges getuig van seisoene in hul lewens. Die grootste seisoene in die geskiedenis van die kerk is opgedeel in drie dispensasies:
- Vader-dispensasie (Ou Testament)
- Jesus Christus-dispensasie (33 Jaar van duidelikste werk van God onder mense)
- Heilige Gees-dispensasie (Nuwe-Testamentiesekerk)
- Daar is nog ander dispensasies wat kom met die terugkoms van Jesus Christus
Wat uitstaan van die skeppingsdoel op dag 4, is die bron van lig wat God vir ons gee om te onderskei tussen dag en nag en die tekens wat God gee vir vaste tye, seisoene, dae en jare.
Daar is 'n klomp dinge wat God op dag 4 van jou verhaal orden. God wil deur sy Gees inspreek binne die ritmes, die kort seisoene sowel as die langer seisoene van jou lewe.
God het ook met Noag ’n belofte aangegaan dat hierdie ritmes van die aarde nooit sal ophou nie. Hy het ’n teken gegee. God gee vaste tye in ons lewens, bepaalde tye. So ook in die geestelikeseisoen van ons lewens.
Lees:
Mediteer:
- By His Spirit He adorned the heavens (Job 26:13). As God die hemel geklee het deur sy Gees, om seisoene te bepaal, waarmee dink jy is God besig in jou lewe? Kan jy die seisoen van jou geestelikelewe identifiseer?
- Het jy al gevra vir Heilige Gees om lig te skyn oor jou seisoen?
- As jy rondom jou kyk, kan jy die seisoen van die kerk identifiseer? Wat is God se doel met hierdie seisoen? Wat is jou doel in hierdie seisoen van die kerk?
Bid:
Heilige Gees, dankie dat U betrokke is in hierdie seisoen van my lewe. Ek weet dat saad donker nodig het om te sterf en te ontkiem en dat lig nodig is vir hierdie saad om te groei. Ek vertrou U met my lewe Here. Dankie, dat U elke seisoen in my lewe bepaal en ek vra dat U aan my sal openbaar waarmee U besig is in hierdie seisoen van my lewe, sodat ek kan aansluit by U en voluit kan hardloop in dit wat U bepaal het. In Jesus se Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
God bepaal die seisoen in my lewe. Hoe ek deelneem, hang van myself af.
Live purposefully and worthily and accurately, not as the unwise and witless, but as wise (sensible, intelligent people) (Eph.5:15)
Aanbidding:

Dag 3: Tekens
"En God het gesê: 'Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare'." (Gen 1:14).
Op dag 4 gee God saam met die skeppingsorde die konsep van tekens.
Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie (Gen. 8:22). Nog ’n teken.
’n Ander woord vir tekens is voorspellings. Hierdie natuurlike tekens is die voorlopers van die profetiese funksie. God gee tekens en voorspellings aan sy volk. Hierdie is nie dieselfde as waarsêery nie. Waarsêery is wat die vyand gebruik om ons van God se spoor te laat afdwaal. God gee deur sy Heilige Gees vir ons tekens en openbaringe wat vir ons leiding gee oor die seisoen waarin ons onsself bevind, of die seisoen wat moet aanbreek.
Daar moet onderskeid tussen seisoene wees en daar moet tekens van Goddelike waarheid wees. Die werk van die Heilige Gees is om te openbaar wat God goed gedoen het. Dit is om op ’n fisiese vlak seker te maak dat dit wat gemaak is, sy funksie uitleef en sy doel vervul! Profetiese Woord openbaar altyd 'n doel en dit is ’n baie belangrike funksie in die kerk. Dit help ons verstaan wat ons doel en roeping is. Dit is nie gemaak om uit te vang nie, maar om te stig en op te rig sodat ons by ons roeping kan uitkom.
Dit is die werk wat die Heilige Gees op dag 4 van jou lewe wil kom doen.
Lees:
Mediteer:
- Het jy al ooit Woord by God ontvang oor jou funksie en jou roeping?
- Het jy al ooit vir God gevra aan jou te openbaar wat jou funksie en roeping is?
- Het jy al vir iemand gevra om saam met jou te bid en te vertrou vir bevestiging van Woord oor jou lewe?
- Profetiese Woord is se doel is nie om jou sondes voor almal te ontbloot nie, maar om jou op te bou sodat jy in die Goddelike erfporsie kan loop wat God vir jou bepaal het. Vra dat die Heilige Gees dit vir jou sal openbaar, en skryf dit neer sodat jy elke dag daarna kan kyk. Bid oor die profetiese woord wat jy al in jou lewe ontvang het.
Bid:
Heilige Gees, dankie dat U so betrokke is in my lewe om vir my seisoene aan te dui en tekens te wys. Help my om hierdie seisoene en tekens te interpreteer en my aandag op u werk te vestig, dit waarmee U besig is. Openbaar u plan vir my lewe sodat ek my doel en funksie kan uitleef. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Wanneer ek profeteer, praat ek woorde aan mense wat hulle geestelik opbou, bemoedig en vertroos.
Aanbidding:

Dag 4: Onderskeid in tye
Ná die wêreldvloed belowe God dat al die dae van die aarde nooit weer sal ophou nie. Hy gee ’n teken van sy getrouheid, ’n teken van hoop. So gee die Heilige Gees vir ons tekens en leiding om te onderskei tussen seisoene. God het ’n bepaalde tyd vir alles gegee.
Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd (Pred.3:1).
God het sy vingerafdrukke op die hele skepping geplaas. Hy het baie opsetlik elke saak en oomblik in jou lewe met ’n doel vasgestel. God wil in elke ritme waarin jou lewe vasgevang is, betrokke wees en sy vingerafdrukke daarop laat.
Daar is ’n tyd om te plant en later is daar weer ’n tyd om uit te ruk; om dit waaraan jy so hard gewerk het, weer te vernietig. Daar is ’n tyd vir elkeen. Daar is ’n tyd om weg te gooi – nie eers te verkoop nie, maar net weg te gooi. God bepaal hierdie tyd ook. God het ’n opinie oor elke seisoen van jou lewe, wanneer dit gebeur en wanneer dit ophou. Die tyd om te plant en die tyd om uit te roei, staan lynreg teenoor mekaar en gebeur as God dit so geopenbaar het.
Ons het dus tekens nodig en dit is nodig om die tekens te onderskei. Ons het wysheid nodig, anders sal ons ons lewens vernietig. Ons sal uitroei wanneer ons moes plant. Ons sal doodmaak wat nog moes laat leef het. Ons sal chaos in ons lewens beleef omdat ons verhoudings en ooreenkomste wat ons moes beëindig het, laat leef.
Heilige Gees gee tekens en openbaringe. Dit is wat God ons op die vierde dag leer. Hy wil vir ons onderskeid gee sodat ons die seisoene in ons lewens verstaan!
Lees:
Mediteer:
- Day 4 – A Distinction of Times: There is a time for every purpose under heaven (Holy Spirit Reveals):
- Hoekom wil Hy onthul (reveal)? Dikwels is mense bekommerd dat ’n woord veroordelend sal wees en iets ontbloot wat hul nie wil hê nie. Heilige Gees is nie daar om veroordelend te wees nie, maar bevrydend. Want daar is geen meer veroordeling vir ons wat in Christus is nie (Rom.8:1). Hy wil reveal sodat jy die seisoen kan onderskei en kan weet wanneer nuwe seisoene aanbreek. Laat toe dat Heilige Gees dit vir jou wys en ’n Woord van wysheid, kennis en insig gee.
- Elke saak onder die hemel kan Goddelik wees as jy verstaan dat die Gees van die Here inspraak wil lewer in jou seisoen. Het jy al probeer uitvind wat God se opinie oor jou seisoen is? God bepaal jou seisoen.
- God het ook ’n bepaalde uitkoms oor elkeen van die dinge in jou lewe. Het jy al moeite gedoen om te wete te kom wat die wil van die Here is oor hierdie sake?
- God het iets te sê oor jou geboorte, ook oor jou roeping en die einde van jou lewe. Wat het God te sê oor die feit dat jy hier is?
- Daar is werke wat God in jou lewe wil doen. Hy wil die agent wees wat tye onderskei en seisoene van jou lewe aankondig en wissel. Hy is die Een wat seisoene in jou lewe bepaal. Hy wil vir jou openbaring gee! Dit is wat Hy in jou lewe wil doen. Wil jy Hom toelaat?
Bid:
Heilige Gees, dankie dat U so betrokke is in my lewe dat U vir my tekens en openbaringe gee en wil gee. Wys asseblief vir my in watter seisoen van my lewe ek is en gee asseblief vir my wysheid in hierdie seisoen. Openbaar die dinge wat nodig is, sodat ek Vader se wil in hierdie seisoen kan uitleef. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
These are the things God has revealed to us by His Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God (1 Cor.2:10)
Aanbidding:

Dag 5: Rigtinggewend
Die Gees van God wil vir jou openbaring saam met die tekens gee. Hierdie openbaring is nie net sodat jy inligting kan hê nie, maar Hy wil vir jou raad en wysheid gee oor jou volgende aksies. Hy wil vir jou tyd gee om jou huiswerk in orde te kry sodat jy gereed sal wees vir die plantseisoen van jou lewe – en in Shalom sal wees. Hy wil aan jou openbaar sodat jy een seisoen kan afhandel en gereed sal wees vir ’n volgende seisoen. God wil op elke vlak van jou lewe betrokke wees en openbaring gee. Dit sluit in die geestelike aspek van groei, die fisiese dele, die mense rondom jou kombuistafel, jou beleggings, jou voornemens asook jou kinders se toekoms. God wil vir jou openbaring gee sodat jy sal weet watter rigting jy moet ingaan en watter aksies hiervoor nodig is.
Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God...(Rom.8:19).
Die mense rondom jou en jou verhoudings wag almal dat jy sal verstaan en wysheid by die Heilige Gees sal kry - want hulle almal se uitkomste is van jóú afhanklik vir hierdie openbaring deur die Heilige Gees. Dit is nodig dat jy dit moet verstaan. Noag stuur ’n duif uit om ’n teken te gaan haal dat die seisoen verander. Hy weet nog nie. As die duif nie die teken gaan haal het nie, was dit die einde van die wêreld, omdat Noag nie sou weet om te wag nie. Die duif kom terug met ’n olyftakkie. Die Gees van God is betroubaar. Vra vir die Heilige Gees om vir jou te sê dat die seisoen verander het.
Wanneer Noag die duif weer uitstuur, kom hy nie weer terug nie. Noag weet nou dat hierdie teken beteken dat hy kan begin optree. Net so gaan die Gees van God uit, en ons kan met vertroue met ons optrede volg. Die Heilige Gees is getrou om vir ons die nuwe rigting aan te dui.
Dan seën God die hele aarde en die mense daarop (weer Dag 4 – Gen. 8:22). Hierdie einde van die vloek, is die begin van die werk van die Heilige Gees in jou lewe.
“Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig” (Joh.6:12-13).
Daar is soveel wat die Heilige Gees vir jou wil openbaar oor jou lewe. Kan jy werklik bekostig om één dag sonder sy openbaring te leef?
Lees:
Mediteer:
- Dag 4 – Direction of Actions: The change of weather, so that the farmer may order his affairs with discretion (Holy Spirit Guides):
- Hoekom wil Hy leiding gee (guide)? Die Gees van Openbaring en Leiding werk altyd saam. Hy wil onthul (reveal) sodat jy die seisoen kan onderskei en kan weet wanneer nuwe seisoene aanbreek. Hy wil guide sodat jy wysheid, kennis en insig kan kry oor jou volgende stappe.
- Wat wil Heilige Gees vir jou in jou lewe wys? Wat het chaos veroorsaak wat reggetrek moet word? Hierdie verkeerde paaie verwoes ook ander aspekte van jou lewe.
- Daar kan dinge wees wat jy moet laat gaan, wat jy slegs deur die Gees kan doen. As jy in die vlees bly en dit nie doen nie, maar daaraan vashou, word dit later vir jou ’n vervloeking (Rom. 8:13).
- Net die Kerk kan seisoene en dinge van môre onderskei en dienooreenkomstig voorberei en leef (die wêreld kan nie). Wanneer ons vanuit die Gees beweeg en leef, is dit 'n teken van die Heilige Gees.
Bid:
Heilige Gees, dankie dat U vir my openbaring gee en daarmee saam leiding sodat ek nie net tye en seisoene kan onderskei nie, maar ook daarvolgens kan optree. Kom lei my in u waarheid, volgens u belofte. Ek vra ook vir wysheid oor die besluite wat ek moet neem. Ek wil gehoorsaam wees en volg! Dankie dat U betroubaar is in elke opsig van my lewe, en dat U betrokke is. U is my anker en my rigtingwyser. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek glo dat God alles wat bestaan, gemaak het uit dinge wat nie bestaan het nie, deur sy Woord en sy Gees. Ek glo dat die Heilige Gees my in sy waarheid, en in wysheid lei. Ek glo dat dit wat ek nie nou sien nie, vir my voorberei word en dat ek nou al in geloof daarvolgens kan wandel. Alles wat goed is, elke volmaakte geskenk kom van Bo, en Hy gee vir my alles wat goed is. Wanneer Hy sy Hand oopmaak, kom daar net goedheid uit. Ek volg die leiding van die Heilige Gees omdat alles wat Hy vir my beplan goed is en ten goede meewerk, omdat ek Hom liefhet en volgens sy besluit geroep is.
Aanbidding: