MINDSETS
Neville Goodchild
Intimiteit met God verander jou perspektiewe!
Dag 1: Beoefen sy teenwoordigheid
Omstandighede kan nie die Here definieer nie, maar dit kan ons perspektief en ons denkwyse beïnvloed. Die goeie nuus is dat die Here wel omstandighede kan definieer en dit heeltemal kan omkeer. Ons kan egter nie anders na ons omstandighede kyk sonder om op die Here te fokus en te ontdek dat Hy elke oomblik naby aan ons is nie.
Jesus sê vir ons dat, as ons soek, sal ons vind (Mat. 7:7). Die Here kan in elke oomblik gevind word en nie op 'n afstand nie, maar selfs nader aan ons as die lug wat ons inasem. Soms moet ons onself selfs dwing om van die Here se teenwoordigheid om ons en by ons bewus te raak. Hoe kan ons God se teenwoordigheid beoefen?
Deur gebed en aanbidding. Wanneer ons met 'n vriend of familielid gesels, verskuif ons aandag weg vanaf dit wat om ons gebeur na die persoon toe met wie ons kommunikeer. Dit is dieselfde wanneer ons bid: ons aandag verskuif vanaf ons omstandighede na Vader toe. Ons begin om op Hom te fokus en Hy wys dat Hy altyd naby ons is, en gereed is om te hoor wat ons vra of wat ons sê.
In aanbidding begin ons sing van God se liefde, glorie, heerlikheid en goedheid. In die Gees vind ons onself in die huis van die Here om sy lieflikheid te aanskou, soos Dawid wat daarna smag in Psalm 27:4. Lofprysing en aanbidding word profeties oor ons omstandighede, want selfs al is daar niks wat lyk asof dit van God se goedheid getuig nie, prys ons Hom nog steeds vir sy goedheid. In daardie oomblik ontmoet die Here ons persoonlik in ons omstandighede.
Lees:
Mediteer:
- Lees Handelinge 16:23-27, Josua 6:13-16, Handelinge 2:46-47 en Lukas 2:15-20. Wat kan jy raaklees van die gelowiges in hierdie gedeeltes? Al die gelowiges in hierdie gedeeltes het die Here geloof en geprys.
- Josua en die volk van Israel het in hulle omstandighede vasgekyk teen mure wat onmoontlik was om te oorkom, maar hulle die Here nogtans aanbid, sodat hulle aandag op die Here se teenwoordigheid gefokus was.
- Paulus en Silas het in die tronk, nadat hulle geslaan en vasgeboei was, begin bid en aanbid en die Here se teenwoordigheid in hulle omstandighede ontdek.
- Wanneer jou aandag verskuif vanaf jou omstandighede na die Here se nabyheid, kan omstandighede nie langer jou perspektief of denkwyse beïnvloed nie. Jou perspektief gaan verander soos Dawid s'n: hy het nie vir Goliat gesien nie, maar die Here van die leërskare van die Hemel wat met hom was.
Bid:
Vader God, ek loof en prys U, want U is goed en u goedheid ken geen einde nie. U het my eerste liefgehad en deur daardie liefde is ek gered en het ek oorwinning ontvang. U is die Almagtige wat heers oor alles wat bestaan en daar is niemand so groot soos U nie! Help my om in elke oomblik bewus te raak van U en U te soek. Dankie dat ek U kan vind wanneer ek U nodig het of wanneer ek U wil loof, prys en wil dank vir wie U is! Dankie Jesus dat ek deur U toegang tot die Here se teenwordigheid verkry! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Omstandighede kan nie vir God definieer nie. God definieer omstandighede en Hy verander dit sodat dit ten goede meewerk vir diegene wat Hom liefhet.
Aanbidding:
Dag 2: Gebed
As ons ons fokus wil verskuif vanaf ons omstandighede na die Here toe, is dit nodig dat ons Hom moet leer ken. Net as ons in 'n verhouding met God verkeer, kan ons persoonlik oortuig word dat Hy getrou is, dat Hy goed is en dat sy liefde geen einde ken nie. Ons kan slegs groei in verhouding met die Here as ons met Hom praat en ook toelaat dat Hy met ons praat.
1 Petrus 5:7 sê dat ons al ons bekommernisse vir Hom moet gee, want Hy sorg vir ons. Wanneer jy angstig is en wanneer omstandighede jou oorweldig, gaan na die Here toe in gebed. Laat jou behoeftes bekend word aan die Here. Vader vervang ons angs, ongeloof, seer of bekommernisse met vrede.
In Filippense 4:6 leer Paulus ook vir ons dat ons begeertes in alles bekend word by God deur gebed, smeking en danksegging. Begin die gesprek met die Here. Raak persoonlik met Hom oor alles wat in jou hart is en vertrou dat Hy oor alle omstandighede beheer sal neem en 'n deurbraak sal bring. Sê dankie vir dit wat Hy vir jou doen en reeds gedoen het, en as jy nie verby die moeilike omstandighede kan kyk nie, sê selfs net dankie dat Hy jou liefhet en dat Hy by jou is.
Lees:
Mediteer:
- Wanneer jy jou bekommernisse na die Here toe bring, neem Hy dit nie net weg nie, Hy maak gereed om oorlog te voer teen alles wat jou bedreig en Hy vou jou toe met sy vlerke sodat jy in sy vrede kan rus.
- Maak jy jou behoeftes en jou begeertes bekend aan die Here?
- As die Here van alles weet, weet Hy reeds ook wat jy nodig het. Nogtans wil Hy hê dat jy in jou verhouding met Hom alles moet deel wat in jou hart is, net soos wat Hy sy hart met jou wil deel.
- As deel van jou gebed, bring jou behoeftes en jou begeertes na die Here toe en vra Hom vir hulp.
Bid:
Vader God, dankie dat U by my is. U is naby en U vervang my angs met vrede. Ek bring hierdie behoeftes en hierdie begeertes van my hart na U toe. Help my om in my omstandighede oorwinning te behaal. Voorsien aan elke behoefte en maak my rustig in u teenwoordigheid. Ek bid dit alles in Jesus se Naam! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Jesus, wat oor alles heers, is by my in die vuur, in die storm, in die oorlog en in die donkerte. Hy verlaat my nooit en Hy laat my nie in die steek nie. Hy is magtig om enige iets te oorwin en Hy IS my oorwinning!
Aanbidding:
Psalm 46 (Lord of Hosts) - Shane & Shane
Dag 3: Aanbidding
Josua en die volk van Israel het voor die mure van Jerigo gestaan en het die Here se nabyheid benodig om genoeg moed te skep om die stad aan te val. Paulus en Silas het hulleself geboei in die tronk bevind nadat hulle seer geslaan was.
Hierdie gelowiges het wel iets verstaan van aanbidding. Hulle wys vir ons die volgende belangrike kenmerke van aanbidding:
- Aanbidding gaan daaroor om die Here te loof en te prys vir wie Hy is en nie vir wat Hy doen nie. Hulle was nie in omstandighede wat van oorwinning getuig het nie, maar hulle het steeds die Here geloof en geprys. Die lofprysing was gefokus op God se karakter en was 'n verklaring van God se ewige goedheid, ongeag die omstandighede. Net soos Daniel se vriende, wat verklaar het dat hulle niemand anders as God sou aanbid nie, selfs al red die Here hulle nie uit hul omstandighede nie (Daniel 3:13-18).
- Aanbidding gebeur vóórdat God voorsien en nie nádat Hy voorsien het nie. Hulle het nie gewag om die Here te verheerlik nadat Hy hulle omstandighede verander het of reeds in hulle behoeftes voorsien het nie. Elke oomblik was vir hulle ‘n geleentheid om te aanbid.
- Aanbidding het eerste gebeur en daarna het die Here voorsien. Nadat Josua en die volk die Here aanbid het en vir sewe dae om die mure van Jerigo geloop het, het die Here die mure op die sewende dag laat val. Nadat Paulus en Silas in die tronk begin bid en aanbid het, het die Here almal in die tronk se boeie losgemaak.
Daar is twee kere wanneer jy moet aanbid: Wanneer jy so voel, en wanneer jy nie so voel nie. Bring altyd aan Hom wat waardig is om aanbid te word, jou lof en aanbidding. Hy ontmoet jou waar jy is en begin in jou hart werk met alles waaroor jy angstig of bekommerd is.
Lees:
Mediteer:
- Jy hoef nie 'n musikant te wees om die Here te aanbid nie. Al kan jy nie nootvas sing nie, maar jy bring dit wat jy het na die Here toe in Gees en in waarheid, gee jy vir Hom in aanbidding alles wat Hy wil hê.
- Alles wat jy elke dag van jou lewe doen, kan aanbidding wees. As jy dit doen asof vir die Here, soos daar in Romeine 12 staan, dan begin jy Hom aanbid met alles wat jy doen.
- As jy nie weet wat om te sing of wat om te sê in aanbidding nie, begin deur die Psalms te lees en aanbid met elke vers.
Bid:
Vader God, ek loof en prys Heilige Naam! U is die vredevors van my lewe, die Almagtige God wat oor die heelal regeer! Daar is niemand soos U nie en niemand kan teen U oorwin nie! Aan U behoort al die lof en al die eer tot in ewigheid. Ek is lief vir U en ek wil meer van U hê in my lewe! Ek prys U Here Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Aanbidding versterk my geloof. Wanneer ek die Here aanbid, word al my bekommernisse nietig. Hy is naby en heers oor alle omstandighede!
Aanbidding:
Dag 4: Laat alles wat asem het die Here loof!
Aan almal wat lewe, is die opdrag gegee om die Here te loof en te prys. Ons word nie gedwing om Hom te aanbid nie en aan ons is 'n vrye wil gegee, maar die keuse om die Here te aanbid is reeds al die begin van aanbidding. Veral terwyl daar so baie verskillende dinge in vandag se lewe is wat jou aandag wil aftrek, is dit nog meer belangrik om te kies om die Here te aanbid.
Soms raak dit moeiliker om die Here te aanbid wanneer dit goed gaan, aangesien ons Hom net wil soek wanneer dit sleg gaan of wanneer ons hulp nodig het. Dit kan dalk, aan die ander kant, vir jou voel asof dit nie die moeite werd is om te aanbid nie, want dit gaan net te sleg. Daar is geen omstandighede waarin jy nie moet aanbid nie!
Aanbidding se funksie is nie net om die Here te verheerlik nie. Alhoewel dit die primêre funksie is, is die verandering van jou hart ook deel van die funksie en die rol van aanbidding in ons lewens. Dit verskuif die fokus heeltemal weg van ons tekortkominge of ons omstandighede af en dit wat ons beleef. Dit verander die perspektief waarmee ons na die lewe kyk, soos dit in Hebreërs 12:2-3 geskryf staan dat ons ons oog gevestig sal hou op Jesus SODAT ons nie moeg raak nie.
Die Here gee vir ons die belofte dat ons nie moeg sal raak as ons heeltyd ons oog op Jesus hou nie en aanbidding is een van die doeltreffendste maniere om jou oog op Jesus te hou. Tydens aanbidding gaan Jesus jou hart verander en jou omstandighede oorwin. Laat alles wat jy doen aanbidding wees van die Here deur dit te doen asof vir die Here!
Lees:
Mediteer:
- Hoe kan ek aanbid? Die Bybel gebruik verskillende woorde vir die aksies tydens aanbidding, naamlik:
- Yadah - Met hande omhoog in oomblike wat jy nodig het om iets oor te gee aan die Here.
- Todah - Een hand opgesteek om met dit wat gespreek of gesing word saam te stem.
- Barak - Kniel wanneer jy voel jy het nodig om net nederig voor die Here te kom.
- Zamar - Maak musiek met instrumente.
- Tehillah - Sing ‘n nuwe lied. Jy hoef nie ‘n lied te kan skryf nie, maar sing uit jou hart uit wat jy met die Here wil deel of hoe jy Hom persoonlik wil loof en prys.
- Hallal - Dans vir die Here soos Dawid gedans het vir die Here, sonder skaamte.
- Shabach - Skree hard soos wat Josua en die volk gedoen het voordat die mure van Jerigo inmekaar gestort het.
- Maak tyd vir aanbidding en wanneer jy aanbid by byeenkomste of wanneer jy persoonlike tyd saam met die Here deurbring, voer van hierdie aksies uit en loof die Here daardeur.
Bid:
Vader God, ek loof en prys U vir wie U is. Help my om gemaklik te raak in aanbidding voor U en nie skaam te wees of veroordeel te voel nie. Dankie dat U in aanbidding my hart skoonmaak van alles wat my weerhou daarvan om U te soek en te beleef. Ek loof en prys u Heilige Naam, Here Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek kan die Here vrymoedig aanbid deur Jesus wat vir my toegang tot die Vader se teenwoordigheid gegee het en deur sy genade wat my skoongemaak het.
Aanbidding:
Dag 5: Wees stil en weet Ek is God!
Ons het geloof nodig in baie van die omstandighede wat ons beleef. Onder omstandighede wat ons gedagtes en gemoed wil oorheers, moet ons bewus raak van die Here se teenwoordigheid in ons lewens sodat hoop en geloof ons gedagtes begin verander.
Paulus leer ons dat geloof kom wanneer ons hoor — wanneer ons na die woord van God luister. Net soos jy iemand leer ken deur te luister na wat hulle van hulself met jou deel, is dit nodig om by die Here te hoor sodat ons kan leer wie Hy is en wat sy wil vir ons omstandighede is.
Dis belangrik om op sekere tye stil te raak voor die Here en Hom toe te laat om te praat. Om stil te word voor die Here vereis dat jy alles wat jou gedagtes besig hou, sal stilmaak en jou volle aandag aan die Here sal gee. Dit beteken nie dat jy moet ophou aanbid gedurende hierdie tyd nie. Jy moet eerder meer aanbid deur die Here die volle toegang tot jou hart te gee en Hom in te nooi om jou te verander en aan jou leiding en visie te gee.
Aangesien die geestelike geveg in ons gedagtes plaasvind, is dit juis dáár waar ons moet stil raak. Vergeet van die gejaag van die lewe en alles wat jou angstig maak of vreesbevange laat voel, terwyl jy stil word voor die Here en Hom aanbid. Wanneer jy plek in jou gedagtes maak deur die negatiewe gedagtes of leuens te verwyder wanneer jy stil raak voor die Here, maak jy so plek vir die Heilige Gees om goddelike gedagtes te jou denke te plant.
Lees:
Mediteer:
- Wat verhoed jou om te aanbid of om te bid tot die Here?
- Voel jy asof jy nie na die Here toe kan kom nie aangesien jy nie waardig is nie of omdat jy gesondig het?
- Word jy gereeld stil voor die Here?
- As skuldgevoelens of aanklagte jou daarvan weerhou om die Here te kan aanbid, gebruik die tyd wanneer jy aanbid saam met die liedjie van hierdie dagstuk om stil te word voor die Here en vergiffenis te vra. God vergewe altyd wanneer ons na Hom toe kom en bely, en deur genade regverdig Hy ons.
- Wanneer die Here jou deur sy genade vergewe sonder dat jy dit verdien, is daar niks meer wat jou kan aankla en verwyder uit die Here se teenwoordigheid nie.
Bid:
Vader God, kom spreek in my hart en in my gedagtes. Ek wil net hierdie tyd gebruik om stil te wees voor U. Ek wil geheel en al al op U fokus. Vergewe my vir die sonde wat ek doen en dankie dat ek waardig is vir U, deur u genade. U maak alles nuut, U verander my omstandighede en U vernuwe my gedagtes. Ek prys u Heilige Naam, Here Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Jesus is in beheer van alles in my lewe. By Hom vind ek rus en vrede en kry ek oorwinning oor my omstandighede en voorsiening in al my behoeftes!
Aanbidding: