Go Deep 19 Februarie 2023

Gereed om te vergewe

Neville Goodchild

The Son is the radiance and only expression of the glory of our awesome God and the exact representation and perfect imprint of His Father’s essence – Hebreërs 1:3 AMP

  •  

Dag 1: God verander nie

Wie God is, sal nooit verander nie. Moses het vir God gevra wat hy moet antwoord wanneer die Isrealiete die naam vra van die God wat hom gestuur het. God het vir Moses gesê, “So moet jy die kinders van Isreal antwoord: Ek is het my na julle gestuur.” - Eksodus 3:14. Hierdie naam van God verteenwoordig elke aspek van wie Hy is. Die belangrikste daarvan is dat sy Naam sy onveranderlikheid beklemtoon, want Ek is, is toepaslik in hierdie huidige oomblik wanneer jy in kontak met God is. En alles wat Hy was, is Hy nog steeds.

Jy mag dalk vra waarom is die gebeurtenisse en werke van God dan so drasties verskillend is tussen die Ou en die Nuwe Testament? Alhoewel God se karakter en motief nie verander het nie, het sy manier verander. Die Ou Testament het die wet voorgestel as die voorkeurmanier waarmee God met sy mense gewerk het. Die bedoeling daarmee was om sy mense in 'n verhouding te ontmoet, want die wet was gegee om mense in 'n verhouding met God te hou. Die Israeliete het nie die Here egter nie in 'n verhouding ontmoet nie. Die priesters was verantwoordelik vir die verhouding.

In die Nuwe Testament kom Jesus, wat die wet volbring het en 'n nuwe wet gee, die wet van liefde. Deur Jesus wat genade kom gee het, het ons volle toegang na die teenwoordigheid van God toe. Ons is toegelaat om 'n verhouding met God te hê voordat ons so heilig soos priesters hoef te wees. Dit is dan 'n verhouding met God wat begin om ons heilig te maak. God het nie verander nie, maar sy manier van Homself openbaar, het verander. Sy manier hoe Hy met ons werk het verander. Sy karakter van liefde het nie verander nie en sal nooit verander nie.

Lees:

Eks. 3:1-14

Mediteer:

  • Wat glo jy van God se karakter?
  • In enige omstandighede wat jy nou beleef (goed of sleg), wat is konstant met die karakter van God?
  • Die karakter van God word die beste geopenbaar deur sy Seun, Jesus. Bestudeer die lewe van Jesus in die boeke van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes en neem kennis van die karaktertrekke wat Hy uitbeeld.

Bid:

Vader God, dankie dat U dieselfde is van die begin af. Ek prys U dat U gekies het om u manier te verander deur Jesus vir ons te stuur. Dit het my lewe gered! Jesus, help my om die karakter van God deur u openbaring te sien. Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Alles wat God al gedoen het, kan Hy weer doen. Al die deurbrake wat Hy al gegee het, kan vir ons inspirasie van geloof wees, omdat Hy dit weer sal doen!

Aanbidding:

House of the Lord – Phil Wickham


Dag 2: In hierdie laaste dae

“NADAT God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun” – Hebreërs 1:1.

Die maniere waarin God werk, word beter. Eers was dit die wet, nou is dit die Woord. Jesus, die Woord van God, het aarde toe gekom om die Vader aan ons te openbaar. Saam met Jesus kan ons 'n verhouding met die Vader ontwikkel en die Vader leer ken. Jesus sê vir sy dissipels “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.” – Johannes 14:9. As ons vir Jesus sien, dan kan ons die Vader leer ken.

In omstandighede waar daar baie vrae is oor wat God se wil is, lê die antwoord op hierdie vrae in die karakter van Jesus. Wat Jesus doen, is wat die Vader gedoen wil hê, want Hy het niks gedoen wat die Vader nie gedoen het nie. Wat Jesus sê, is wat die Vader sê, want Hy het niks gesê wat die Vader nie wou sê nie. God is nog steeds dieselfde. Hy het nie verander van die God wat in die Ou Testament mense bestraf het vir hulle sonde nie. Hy het net daardie straf kom afhandel met die kruisiging van Jesus, waar Hy teen alle sonde wraak geneem het. Jesus is die versoening van ons sonde. Hy het die straf vir ons sonde op Homself geneem sodat die Vader met genade kon begin werk in ons lewens.

Nou is Jesus die Verteenwoordiger waarna ons kyk om te sien wie God is en hoe God werk in hierdie nuwe testamentiese lewe. Ons is nie meer onder vloek van die wet nie, want Jesus het ons deur genade kom red. Ons is nou vry om te lewe vir God in oorvloed en in vreugde. Ons moet dus ons oë hou op Jesus.

Lees:

Heb. 1:1

Joh. 14:9

1 Joh. 2:2

Mediteer:

  • Wat doen Jesus met mense wat sondig?
  • Wat sê Jesus vir mense wat nie in geregtigheid leef nie?
  • Let op na hoe Jesus met mense praat of hoe Hy hulle hanteer in die vier evangelies.
  • Wat sê Jesus vir jou oor jou sonde?

Bid:

Jesus, U sê net wat Vader sê en U doen net wat Vader doen. Wys vir my die karakter van Vader God deur U voorbeeld. Kom praat met my ook oor die woord wat U oor my lewe wil spreuk. Leer my om met U te praat wanneer ek met ander mense praat. Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Jesus is die versoening van my sonde. Hy het God se maniere kom beter maak oor my lewe!

Aanbidding:

Voice of Truth – Casting Crowns


Dag 3: Perfect Image

The Son is the radiance and only expression of the glory of [our awesome] God [reflecting God’s Shekinah glory, the Light-being, the brilliant light of the divine], and the exact representation and perfect imprint of His [Father’s] essence – Hebrew 1:3 AMP.

Jesus is die enigste uitdrukking van die Vader. Hy is die volle openbaring van die Vader. Hy reflekteer die glorie van God. Hy skyn en word lig vir die wat in duisternis is. Jesus is die antwoord op die geroep van die wat seer het en wat gebroke is. Hy kom staan voor jou met genade in sy hande, vergifnis op sy lippe, en liefde in sy hart. Wat Hy sien in jou is wat die Vader sien.

Jesus het kom herstel en het kom wys dat die Vader herstel. Hy het kom genees en wys daardeur dat dit die Vader se hart is om te genees. Kyk na Hom in jou nood en sien hoe die Vader jou antwoord, nie omdat jy dit die heeltyd regkry om goed te doen voor Hom nie, maar juis wanneer jy swak is en nie meer kan nie.

Lees:

Heb. 1:3 AMP

Luk. 4:18

Ps. 145:18

Mediteer:

  • Nie een mens wat geroep het na Jesus of na Jesus toe gekom het, is teleurgesteld nie. Roep Hom aan in waarheid (opregtheid, in jou swakheid, in jou omstandighede) en Hy sal antwoord.

Bid:

Jesus, U is altyd daar. U antwoord en U red. Dankie dat U altyd antwoord. Wys vir my die Vader se liefde deur hoe U my antwoord. Kom en red dit in my lewe wat redding nodig het. Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Hulle wat na Jesus roep, sal nie teleurgestel word nie.

Aanbidding:

Tremble – Amanda Cook


Dag 4: Hy dra alles

...and upholding and maintaining and propelling all things [the entire physical and spiritual universe] by His powerful word [carrying the universe along to its predetermined goal]. – Hebrew 1:3 AMP.

Alles wat God doen, word beter. Jesus, wat die Woord is, dra alles deur sy woord. Hy dryf alles aan na beter. Hy stuur na die voorafbepaalde doel wat God daarvoor gehad het. Die openbaring van Vader God deur Jesus veroorsaak 'n verandering in elkeen van ons se lewens wat lei na iets beter. Enige iets anders wat verandering kan veroorsaak, sal nie na beter lei nie. Dit kan miskien tydelik of vir 'n seisoen beter wees, maar dit het nie die vermoë om omstandighede na iets beters te verander soos die Woord van God nie.

Buiten dat Jesus alles aandryf, handhaaf en hou Hy alles in stand deur sy woord. Alles word beter, maar dit wat goed is, sal in stand gehou word deur sy woord. Sy woord openbaar die Vader en bring lewe in dooie omstandighede. Eségiël moes profeteer (spreek) om God se woord te laat kom aan die dooie bene. Jesus se woord word gespreek en gee lewe. Daardie lewe word in stand gehou deur sy woord. In 'n erhouding met Jesus, moet ons net soos Eségiël daardie woord ook oor ons lewens spreek. Ons kan die Woord van God spreek oor omstandighede en dit sal aangedryf word na iets beters en in stand gehou word deur Jesus se groot krag.

Lees:

Heb. 1:3 AMP

Esé. 37:9

Mediteer:

  • Watter aspek van jou lewe het lewe nodig?
  • Watter waarheid van God wat deur Jesus geopenbaar is, kan jy oor jou of jou geliefdes se lewens begin spreek?
  • Wat staan vas in jou lewe? Loof en prys Jesus en kom met dankbaarheid daarvoor voor Hom.

Bid:

Jesus, aan U is alle mag gegee deur Vader God. U Naam staan bo alle name. Geen krag is groter as U krag nie. Alles word in plek gehou en na beter toe aangedryf deur u woord. Dankie dat U my lewe beter maak. Gee vir my meer en dieper openbaring van u goedheid en help my om op U te vertrou en staat te maak. Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Die heelal word deur Hom in stand gehou. Alles wat is, het deur Hom ontstaan. My lewe is deel van sy storie. Ek word saam met Hom geneem na hoër en beter plekke toe!

Aanbidding:

Be Lifted High – Bethel Music


Dag 5: Outoriteit

God se weë is verhewe bo ons s'n. Soms is dit moeilik om dit te verstaan. Daar is omstandighede in die lewe wat ons laat wonder hoekom God dit toelaat. Miskien selfs gebeurtenisse wat ons laat dink aan gevalle in die Ou Testament waar God sy oordeel oor mense laat kom het. Wat maak ons daarmee?

In die Ou Testament het God het met vuur reageer op mense wat nie na Hom wou luister nie, maar dit het verander. Jesus het die versoening van ons sonde geword. Dit beteken Hy het die oordeel van God verwyder deur die offer te wees wat vir ons sonde gesterf het. Hy was ook die perfekte offer en daardeur is alle oordeel vernietig. Daar is geen veroordeling meer vir diegene wat in Jesus is nie. Daarom sal God nie meer met oordeel kom straf nie, daar is klaar versoening bewerkstellig.

Jesus is nou die finale outoriteit in enige situasie. Hy het ná die kruis weer opgestaan en Hy lewe. Hy is hemel toe geneem en het daar aan die regterhand van God gaan sit. Wat Jesus doen, is nou hoe God werk, want Jesus doen net wat Vader doen. Wanneer jy vrae het oor hoe om die lewe te benader, sekere situasies te hanteer, of hoe om sekere mense te hanteer, kyk na Jesus. Hy het die laaste sê. Vir alles waarin jy dalk twyfel, is Hy die antwoord.

Lees:

1 Joh. 4:10

Rom. 8:1 AMP

Mediteer:

  • Is daar omstandighede waarin jy wonder hoe om op te tree?
  • Is daar enige mense wat jy nie weet hoe om te hanteer nie?
  • Soek na die aksies en die woorde van Jesus in omstandighede om die wêreld anders te hanteer. Kyk hoe Hy dit gedoen het in die Bybel en laat toe dat Hy vir jou daarvolgens leer.

Bid:

Jesus, U openbaar Vader God volledig aan ons. Wat U sê en hoe U mense hanteer, is die beste voorbeeld. Leer my om soos U te lewe en mense en situasies te hanteer. U is goed vir ons en U gee lewe! Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Jesus het die finale sê en Hy sê ek is goed genoeg!

Aanbidding:

Your Words – Third Day