Go Deep 23 Julie 2023

SETTLING FOR SECOND BEST?

Neville Goodchild

Jesus loves us to where we reach our prophetic purpose

 

Dag 1: Jesus was die dissipels se voete

Oor die algemeen sal almal saamstem dat Jesus se lewe God die Vader verheerlik het toe Hy as mens op aarde geleef het. Baie mense sal sê dat Jesus se lewe natuurlik vir God sal verheerlik, aangesien Hy self God is. Die Woord sê egter dat Jesus was volkome mens en selfs dat Hy deur kastyding moes leer om gehoorsaam te wees. Jesus het egter elke keer reg gekies. “He never chose to settle for less” Jesus het die beste gekies.

Ons sien dit toe Hy onder geweldige spanning in die tuin van Getsemane gebid het dat Vader die lydensbeker by Hom sal laat verbygaan, maar bid verder; “maar nie my wil nie Vader, maar U wil.” Jesus was doodsbenoud oor wat op Hom wag, maar Hy het geweet dat as ons as mens swak is, as ons nie in staat is om die regte besluit te neem nie, is dit beter om die besluit oor te gee aan God. Gee die outoriteit aan God die Vader. God die Vader het voortgegaan en Sy wil het in Chrisus geskied soos God dit wou hê.

Ons sien in Joh. 13 ‘n paar goed wat Jesus geweet het daardie aand in die huis waar Jesus Sy dissipels se voete gewas het;

  • Hy het geweet dat Judas Iskariot reeds die gedagte gehad het om Jesus te verraai.
  • Hy weet Sy tyd het aangebreek om terug te gaan na die Vader toe.
  • Hy het geweet dat die Vader alles wat aan die Vader behoort aan Hom gegee het en alle outoriteit.
  • Hy het ook geweet dat Petrus en al die ander dissipels Hom sou verloën.

Ons sien in Joh. 13:1 dat Hy Sy mense liefgehad het tot die einde toe (Telos), totdat hulle, hulle “purpose” bereik het. Ten spyte van dit wat Jesus vooraf reeds geweet het, het Hy hulle nie afgeskryf nie , maar liefgehad totdat hulle lewens belyn was met Vader se plan. Jesus kies om op te staan, Sy bo-kleed uit te trek, ‘n doek om sy lyf te bind, ‘n skottel water te vat en Sy dissipels se voete te was. Hy was al die dissipels se voete, ook Judas en Petrus s’n. Sonder om onderskeid te tref, was Hy al die dissipels se voete met baie liefde, ongeag wat hulle reeds gedoen het of nog gaan doen.

Jesus se liefde en optrede word nie gebaseer op hoe feilbaar ons is nie, maar word baseer op grond van wie Hy is. Hy is die Seun van God wat alles ontvang het van die Vader en gee dit vrylik vir die dissipels wat dit nie verdien nie. Hy maak hulle deel deur hulle voete te was.

Simon Petrus wie se naam ‘wet’, ‘kliptafel’ en ‘rots’ beteken weier volstrek dat Jesus sy voete was. Jesus sê vir hom; “as ek jou nie was nie, het jy geen deel aan my nie.”

God gee alles wat aan Hom behoort aan Jesus en Jesus bemagtig Sy kerk met alles wat van die Vader kom en die outoriteit. Net soos wat Jesus sy dissipels laat deel word het van Sy koninkryk, moet ons ander laat deel word van Sy koninkryk. Dit wat Hy vir hulle gedemonstreer het (Telos liefde-om iemand lief te hê tot hulle hulle ‘purpose’ bereik het), net so moet hulle dit gaan doen, sodat ander, wat dit nie verdien nie, ook in die koninkryk kan inkom. Dit hou nooit op nie, dit is ontvang en doen en gee. Wat ons weet en ontvang het, moet ons aktiveer sodat ons oorgaan tot aksie om ander, wat dit nie verdien nie, te help in die Koninkryk in.

Lees:

Joh. 13:1-30

Luk. 22:44

Mediteer:

  • Kan jy aanvaar dat Jesus jou ook so liefhet (Telos liefde), dat hy jou steeds liefhet ten spyte wat jy al aangevang het en ten spyte van wat jy nog gaan doen?
  • Glo jy dat jy al in jou volle doel (purpose) in gegroei het?
  • Kan jy ook besef en aanvaar dat Jesus nog nie opgegee het met jou nie? Hy sal jou aanhou liefhê tot die einde toe.
  • Hoe lyk jou liefde teenoor ander mense wat dit nie verdien nie?
  • Besef jy wat jy van Vader ontvang het, terwyl jy dit nie verdien het nie?
  • Dink oor hoeveel genade jy al van Vader ontvang het.
  • As ons besef wat ons van Vader ontvang het sal ons harte uitgaan na ander wat dit nog nie ontvang het nie.

Bid:

Dankie Vader vir dit wat U in my lewe gedoen het, vir die genade op genade wat ek van U ontvang. Help my om dit ten volle te verstaan en maak my hart sag vir mense wat nog nie U genade ontvang het nie. Heilige Gees kom maak my vry van hoogmoed en n veroordelings mentaliteit en gee my die volle openbaring van U liefde vir my en ander wat net soos ek dit nie kan verdien nie. Vader dankie dat U my liefhet tot die einde toe, help my om ander ook lief te hê tot die einde toe.

Spreek Lewe!

Jesus se liefde vat ons verby ons sonde, teleurstellings en tekortkominge. Hy sal ons lief hê tot die einde toe.  

Aanbidding:

Gekruisigde hande – Louis Britz

You came for me – Louis Britz

 

Dag 2: Kies reg

Joh. 13:2 “En gedurende die maaltyd – die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskariot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai.”

Joh. 13:15 “Want Ek het vir julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen.”

Joh. 13:26 “Jesus antwoord: Dit is die een aan wie Ek die stukkie sal gee as Ek dit ingedoop het. En toe Hy die stukkie ingedoop het, gee Hy dit aan Judas Iskariot, die seun van Simon.”

Joh. 13:30 “Toe hy dan die stukkie geneem het, het hy dadelik uitgegaan en dit was nag.”

Jesus het aan die begin van die laaste maaltyd geweet dat Judas, Sy dissipel wat al drie jaar saam met hom gewandel het en hom gevolg het, hom sou verraai en sou uitlewer aan Sy vervolgers. Judas het net soos die ander dissipels gesien wat Jesus gedoen het in Sy bediening. Toe Jesus Judas se voete gewas het en hom met liefde bedien het, toe Jesus vir Judas die broodjie oorhandig om te identifiseer wie dit is wat Hom gaan verraai, toe Judas uitgaan van die vertrek waar hulle geëet het, tot op daardie laaste oomblik het Judas nog ‘n keuse gehad. Hy kon kies om Jesus se voorbeeld te volg en om aan te hou om te dien in die koningkryk van die Here.

Jesus wys ons wat die allerbeste is om te doen. Dit is om in alles wat ons doen, in geloof, die liefde van Jesus aan alle mense te betoon. Jesus sê hier aan hulle dat Hy vir hulle ‘n voorbeeld gegee het van wat hulle moet doen. Hy het die dissipels se voete gewas voordat hy dit gesê het. Dit beteken nie dat ons nou met ‘n skotteltjie water moet loop en almal se voete moet was nie. (Dit kan wel in sommige gevalle dit beteken as die Heilige Gees openbaar dat ons so die liefde van Jesus moet betoon aan mense.) Die voete was van die dissipels was die simboliek van die reiniging van sonde wat ons verkry deur die Here Jesus Christus se kruiswerk te aanvaar. Jesus het die simboliese daad gedoen om die goeie nuus van die evangelie duidelik te maak, dat ons gereinig is van sonde. Dit was egter nie vir Judas beskore nie, omdat hy anders gekies het. Ons moet Jesus se voorbeeld volg en met die hulp van die Heilige Gees die boodskap van redding oordra op enige manier wat die Heilige Gees dit aan ons openbaar, sodat mense wat van die waarheid bewus word, God en redding kan kies.

Lees:

Joh. 13:1-30

Mediteer:

  • Hoe lyk jou ingesteldheid teenoor ander mense, om vir hulle te gee wat jy in genade ontvang het?
  • Wat weet jy van sekere mense naby jou? Hulle sondes, hulle verkeerd, hoe hulle jou te na gekom het ens. Hoe beinvloed dit jou liefde en houding teenoor hulle? Het jy hulle afgeskryf, is daar dalk woede of ‘n wrok? Miskien voel jy dat jy sal defnitief nie die een wees wat hulle met liefde bedien nie.
  • Hoe vergelyk jou hart met die hart wat Jesus teenoor Judas en Petrus geopenbaar het?
  • Hoe lyk jou keuses in jou lewe? Ons kan altyd kies om weer om te draai en terug te gaan na die Vader toe en weer saam met Hom vorentoe die pad te stap of ons kan verkeerd kies en settle for second best en nie in God se volle plan vir ons lewens instap nie.
  • As Jesus sy disipels vergewe het sal Hy jou ook defnitief vergewe en jou weer herstel in Sy volkome plan vir jou lewe.

Bid:

Vader ek bely dat ek so baie keer in my lewe verkeerde keuses gemaak het. Ek bely ook dat ek soveel keer die liefde van Vader vir myself gehou het en dit nie gedeel het met ander mense nie, ek bely ook dat my kennis van ander mense se foute my baie keer verhard het en hoogmoedig gelaat het. Vader wil U my vergewe en deur U Gees kom bedien en so aanraak dat ek soos Jesus sal word en mense onvoorwaardelik met U liefde sal lief hê en bedien, sodat hulle maklik kan inkom in U koninkryk. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

By Vader is daar nog ‘n kans vir my, so ook is daar vir elke mens op aarde ‘n kans om gered te word – partykeer moet ek die kans openbaar vir iemand.

Aanbidding:

Come, Now Is The Time To Worship – Lyric video – Brian Doerksen

Dag 3: Wees lief soos Jesus

Joh. 13:1 “En voor die fees van die pasga, het Jesus, omdat Hy wis dat Sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die lewe liefgehad het, hulle liefgehad het tot die einde toe.”

Daar is baie verskillende soorte liefde. In die oorspronklike Griekse geskrifte is die woord vir liefde wat hier gebruik word, ‘ideous’. ‘Ideous’ liefde is die liefde wat ‘n man vir sy vrou en kinders het. Dit is ‘n alles opofferende liefde. Dit is die liefde wat gevaar sal trotseer om geliefdes te beskerm, tot die dood toe.

Verder staan daar dat Jesus het hulle liefgehad tot die einde toe. Hierdie einde beteken nie totdat Hy gesterf het aan die kruis, of tot aan die einde van hulle lewens nie. Die Griekse woord wat hier gebruik word, is ‘telos.’ Die woorde wat ‘telos’ beskryf is, ‘purpose, prophetic, results.’ Met ander woorde die liefde van Jesus is daarop gemik om ons profetiese doel en die beplande uitkoms te behaal in ons en deur ons. “.. to love us into our prophetic purpose and get the prophetic results.

Jesus se liefde is soos van ‘n man met volmaakte liefde wat sy liefde so op sy vrou en kinders uitstort, dat hulle hulle potensiaal bereik en suksesvol hulle doel op aarde kan uitleef.

Jesus se liefde is aktiverend.

So moet ons dan ook die mense liefhê wat God vir ons gee. Hierdeur word God verheerlik.

Lees:

Joh. 13:1-30

Mediteer:

  • Jesus sal nooit ophou om jou innig lief te hê en alles van Sy kant af te gee, solank jy nog asem haal, om jou te bring by Sy plan wat Hy vir jou lewe het nie.
  • Dit wat jy gedoen het, die foute wat jy jy gemaak het, verkeerde keuses, sal nie hierdie liefde van Jesus verander nie. Hy wag vir jou om terug te kom.
  • Omdat Jesus soveel genade met ons het, behoort ons ons harte ook so deur die liefde van Vader te laat transformeer dat ons ook ander mense op dieselfde manier sal lief hê, ook die persoon of geliefde wat nie wil verander nie of wat al soveel kanse gehad het.
  • Solank h daardie persoon nog asem haal sal Jesus nie opgee nie. Kom ons gee ook nie op voor ons daardie persoon getransformeer sien in sy Goddelike doel in nie.

 

Bid: 

Vader dankie vir hierdie ongelooflike en menslik onverstaanbare liefde. Wil U my aanhou so liefhê, al verdien ek dit nie, totdat ek instap in my Goddelike doel. Vader verander ook my hart so deur hierdie liefde, dat ek ander mense wat dit nie verdien nie, so lief sal hê. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

God is liefde, Telos liefde bring God en mense bymekaar wat menslik onmoontlik is. Liefde verander mense.

Aanbidding:

Brett Young – Back to Jesus – Lyric Video

Dag 4: Jesus het ons almal lief, ten spyte van

 

Petrus het toe vir Jesus verloën, soos wat Jesus hom voor die tyd reeds in kennis gestel het. Die res van Jesus se dissipels het hom verlaat die oomblik toe hy in hegtenis geneem is. Petrus was diep teleurgesteld in homself en het besluit hy gaan visvang. Daar was ander dissipels wat saam met Petrus gaan visvang het. Hulle het heelnag probeer visvang, maar kon niks vang nie.

Nadat Jesus opgestaan het uit die dood het Hy verskeie kere op verskeie geleenthede aan sy dissipels verskyn.

Hierdie oggend het Jesus die derde keer aan sy dissipels verskyn. Hy het Petrus gesoek om hom te herstel en gerus te stel. Hy het geweet dat Hy nie vir Petrus so kon los, terwyl hy homself kasty en onder die indruk is dat hy finaal ‘n toets gedop het en gefaal het nie. Jesus se liefde is so groot, Hy herstel Petrus in sy oorspronklike plan vir hom. ‘He loves him into his prophesied purpose.’ Hy maak seker dat Petrus weet dat Hy het hom nie weggegooi nie. Hy gaan nie nou teruggaan om vis te vang nie. Nee, die Here sê vir hom: “Laat my skape wei.” Hy bevestig weer Petrus se roeping en Hy sê vir hom: “Volg My.”

Petrus ontvang daarna saam met die ander dissipels die Heilige Gees en by een geleentheid word 3000 siele gered en bygevoeg by die gemeente. Petrus word ‘n apostel en skryf ‘n paar van die boeke van die Nuwe Testament, wat nou ons Bybel is. Hy word werklik die ‘rots’ waarop God sy kerk bou.

Petrus het nie altyd reg gekies nie, maar Jesus het hom so lief dat Hy agter Petrus aangaan en hom herstel. Jesus het hom reg liefgehad en het ons ook so lief.

Judas het nie groter sonde gedoen as Petrus nie en ek het ‘n vaste oortuiging dat Jesus sou net so agter Judas aangegaan het en hom herstel het, as hy nie gekies het om sy eie lewe te neem nie. Ek glo vas dat Jesus se volmaakte liefde sou hom gelei het tot in sy “prophesied purpose”.

‘The true test of Christianity isn’t just loving Jesus. It’s loving Judas.’ Het ons Jesus se liefde vir alle mense, selfs al het hulle vir ons onbeskryflike seer en/of skade gebring?

Lees:

Joh. 21

Joh 13:1-30

Mediteer:

  • Was jy al so teleurgesteld in jouself en so skaam voor Vader oor ‘n fout wat jy gemaak het of nadat jy vir die soveelste keer dieselde fout gemaak het, dat jy voel jy kan nie weer teruggaan na Vader toe nie?
  • Judas en Petrus het ook so gevoel. Jesus gaan soek vir Petrus en herstel hom sonder om die verloëning op te haal. Hy kan egter nie vir Judas gaan haal en herstel nie want Judas het sy eie lewe geneem.
  • As jy nog asem haal kan Jesus jou herstel. Hy wil jou nie veroordeel nie, Hy wil jou help om jou Goddelike doel te bereik.
  • Rom.8:3b “Hy het met die sonde afgereken deur Sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel.”  

Bid:

Dankie Vader dat U my sonde reeds in Jesus veroordeel het en dat ek met my skaamte kan terugkom na U toe en elke keer herstel kan word in my geregtigheid. Wil U my ook soos vir Petrus lei tot ek in my profetiese doel inbeweeg het. Vader help ons ook om die Judasse om ons so te bly liefhê al is ons hoe tenagekom, sodat hulle deur ons liefde ook U liefde so sal ervaar, dat hulle ook in hulle profetiese doel sal inbeweeg. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Ek kies om te bly lewe en reageer op Jesus se stem wat my kom terug roep na Sy plan met my lewe. Ek kies Jesus en Sy lewe vir my al voel ek hoe onwaardig. Hy wil my herstel.

Aanbidding:

Psalm 34 – Taste and See – Shane and Shane (Lyric video) Christian Worship Music

 

Dag 5: Liefdevolle vader met twee verlore seuns

Ons sal altyd dadelik na die verhaal in Luk.15 verwys as die verhaal van die verlore seun. Hierdie opskrif is gegee deur die mense wat die Bybel vertaal het uit die geskrifte van ouds en dit in die Bybel saamgevat het.

As ons van nader kyk sien ons dat die seun wat ons beskou as die verlore seun, op die einde die seun is wat gevind is. Hy het hom bekeer van sy roekelose lewe. Hy het genade ontvang van die vader en is in liefde ontvang en herstel in sy vader se huis tot mede eienaar van alles wat aan sy vader behoort.

As mens kyk na die oudste seun wat in die huis gebly het nadat sy jongste broer met sy gedeelte van die erfporsie weggegaan het, dan dink mens hy is die een wat reg gedoen het en eer en vreugde bring aan sy vader. In die laaste gedeelte van die verhaal blyk dit dat hy alles het en alles behoort aan hom, net soos aan sy vader, maar:

  • Hy staan buite.
  • Hy deel nie in die vreugde van sy broer se terugkom en herstel nie.
  • Hy is jaloers en afgunstig.
  • Hy begryp nie die liefdesverhouding wat sy pappa met hom begeer nie.
  • Die oudste seun voel hy het meer verdien omdat hy meer gedoen het.
  • Hy mis die liefde van twee broers vir mekaar.
  • Hy verlang ook dat sy vader vir hom ‘n bokkie moet slag, maar nie om saam met sy familie fees te vier nie. Nee, hy wil dit saam met sy vriende deel. Sy vader het die vetgemaakte kalf laat slag, sodat hulle as gesin saam kan feesvier omdat hulle almal weer bymekaar is.

Die oudste seun mis dit alles. Hy staan buite en voel tenagekom. Die vreugde is veronderstel om syne ook te wees. Sy broer se veilige terugkeer en herstel is veronderstel om hom te vul met blydskap. Hy is veronderstel om saam met sy vader opgewonde te wees.

Ten spyte dat alles syne ook is, staan die oudste seun buite. Hy wat kon sien wat sy vader moes deurgaan deur bekommerd te wees oor die jongste seun, moes saam met sy vader verlig gewees het en saam met sy vader bly gewees het.

Hy verwys na sy broer as ‘jou seun’ toe hy met sy vader praat oor die jonger broer in Luk.15:30. Sy vader praat egter van ‘jou broer’. Sy begeerte is vir die oudste seun om deel te wees.

Luk. 15:31 “Toe sê hy vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. Hierdie is die Christelike perspektief.

Die vreugde en vervulling van Christenskap le minder in dinge reg doen en meer in mense reg liefhê.

Lees:                

Luk. 15:11-32

Mediteer:

  • As watter seun identifiseer jy?
  • Die probleem is nie om te val of te fouteer as kind van Vader nie, ‘n baie groter probleem sal wees om nie weer terug te gaan na Vader toe en vergifnis en herstel te ontvang nie.
  • Voel jy soos die jongste, skaam en onwaardig? Staan op en gaan terug na Vader, bely jou foute en aanvaar Sy vergifnis en herstel.
  • 1Joh 1:8,9: “As ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig en vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.”
  • Is jy dalk soos die oudste seun; jou lewe lank in die kerk en selfs wedergebore maar is baie keer veroordelend en suinig met die goeie boodskap van Jesus? Voel jy partykeer aangestel as die regter van wie mag inkom in die koninkryk en wie nie?
  • Is daar dalk ‘n medegelowige wat jy iets van weet, dat hy teruggeval het of iets dergliks aangevang het en jy kan net nie oor dit kom nie, jy kan nie aanvaar dat daardie persoon weer deel is van die kerk nie of elke keer as jy hom/haar sien dink jy daaraan?
  • Altwee seuns moes reg kies, net die jongste het, wat van jou? Maak nie saak met watter seun jy identifiseer nie, jy kan vandag kies om terug te gaan na Vader se manier, Vader se genade.

Bid:

Dankie Vader vir U groot genade. Help my asb om elke keer tenspyte van hoe skaam ek voel, weer die vrymoedigheid sal hê en weer terug te gaan na U toe. Vader vergewe my asb waar ek myself as regter aangestel het oor wie kwalifiseer om in U koninkryk in te gaan en wie nie. Help my om so verander te word deur U liefde dat ek  genade kan hê vir elke mens, maak nie saak hoe sy/haar verlede lyk nie. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Daar is net een antwoord en dit is Jesus- jy kan net deur Jesus na die Vader gaan. Die jongste moes Sy sonde en foute oorgee, die oudste sy sonde en selfgeregtigheid.

Aanbidding:

Chris Mclarney - Beauty For Ashes (Live, Lyrics & Chords) Incredible Love