God is doelgerig! Sy genade ook!
Neville Goodchild
Dag 1: Excellent grace (Uitstekende genade)
Sonder insig in die waarheid wat Jesus vir ons kom gee het, verkeer baie mense onder die indruk dat God se seën, guns, of goedheid beperk is tot die mate waartoe ons dit verdien. Soms kan selfs gelowiges so perspektief probeer skep wanneer hulle nie verstaan wat die volle werk van genade in ons lewens is nie. Hierdie perspektief lei na veroordeling vir enige iemand wat nie genoeg "doen" om God se goedheid te verdien nie, sonder om te besef dat dit minagting en miskenning is van die werk wat Jesus aan die kruis kom doen het.
Die genade wat Jesus vir ons gegee het, bewerk nie net vir ons redding nie. Uit die oortreflike maat van Abba Vader se liefde vir ons het Hy bepaal dat genade ook die bron van seën, guns en goedheid in ons lewens sal wees. Waar die wet en enige wetsgebaseerde lering vereis dat ons deur werke moet kwalifiseer om guns te ontvang, vra genade dat ons met ons swakheid na die Here toe kom. Dit is sodat Hy, deur sy genade, sy krag kan bewys en ons kan bedien op die vlak van ons nood en in ons lewens iets bewerk wat groter is as wat ons ooit uit ons eie sal kan bereik.
Paulus praat oor genade en leer vir ons dat, wanneer ons in ons swakheid na die Here toe kom, God se krag optimaal in ons swakheid is. Mense in die wêreld beleef dat hulle net 'n sekere punt in hul lewens kan bereik en dit veroorsaak frustrasie en teleurstelling. Ons kan egter met die ongeregverdige, onverdiende en uitnemende genade van God verby ons menslike vermoëns uitstyg.
Terwyl ons redding ontvang het deur genade, is daar steeds meer genade beskikbaar. Waarom het Petrus in 2 Petrus 1:2 ons geseën met genade wat vermenigvuldig en vermeerder? Dit is omdat genade nie net bedoel is vir redding nie, maar om God se guns en goedheid in elke aspek van jou lewe te ontvang. Waar mense, as hulle dit verdien het, 'n "loon" van God se goedheid ontvang het in die Ou Testament, ontvang ons nou God se goedheid as die vrug van genade in ons lewens. Jy hoef nie meer te werk vir God se guns nie; jy kan dit vrylik en onverdiend ontvang deur sy genade in jou lewe te aanvaar en dit by Hom, die bron van lewe, te vind.
Lees:
Mediteer:
- Voel jy dat jy nie méér kan bereik of behaal as wat jy reeds in jou lewe bereik het nie?
- In watter aspekte van jou lewe beleef jy swakheid?
- Bring jou swakhede na die Here toe en laat Hom toe om sy krag te wys en jou te help om meer te bereik as wat jy uit jou eie krag kan reg kry.
- Jy mag dalk voel dat jy nou die plafon bereik het van waartoe jy in staat is. Maar, deur die Here se genade en krag is hierdie net die begin. Onder sy leiding en met die aanvaarding van sy genade kan jy meer bereik as wat jy ooit gedink het.
Bid:
Vader God, dankie dat U my nie net red deur u genade nie, maar ook vir my guns, goedheid, seën, sukses, en uitnemendheid in elke aspek van my lewe gee. U is waardig om geloof en geprys te word! Help my om u genade op hierdie vlak te verstaan en lei my deur u Heilige Gees om my swakhede na U toe te bring en saam met U te werk om nog meer te kan bereik as wat ek ooit op my eie sal kan. Al die lof en eer van dit wat goed is in my lewe, behoort aan U! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Now to Him who is able to [carry out His purpose and] do superabundantly more than all that we dare ask or think [infinitely beyond our greatest prayers, hopes, or dreams], according to His power that is at work within us, to Him be the glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations forever and ever! Amen. (Eff. 3:20-21 AMP)
Aanbidding:
Too Good To Not Believe - Bethel Music feat. Brandon Lake
Dag 2: Doelgerigte genade
“En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.” Johannes 13:1.
Johannes bring vir ons baie openbarings van hoe Jesus ons liefhet. Hyself het 'n dieper begrip van 'n verhouding met Jesus gehad. Hy was oortuig dat Jesus vir hom liefgehad het en het nie net daarop gefokus op om vir Jesus lief te wees nie. Weens hierdie oortuiging kon hy sien dat die manier waarvolgens Jesus liefhet verder strek as net liefde wat in die oomblik gegee word. Die frase “hulle liefgehad het tot die einde toe” beteken in die oorspronklike Griekse geskrifte dat Jesus hulle liefgehad het tot en met hulle einde en nie net tot die dag wat Jesus die aarde sou verlaat nie.
Hierdie is 'n doelgerigte liefde en genade wat Jesus kom gee het. Dit is 'n soort liefde en genade wat die doel wat die Here vir ons lewens voorberei het aktiveer, en ons aanmoedig om daardie doel te bereik. Jesus besit al die voorsiening, vermoëns, krag, energie, moed en hulpbronne wat ons nodig het om ons doel te vervul. Hy gee dit ook vrylik deur genade; ons het slegs nodig om na Hom toe te gaan, op Hom te vertrou en dit van Hom te ontvang.
Lees:
Mediteer:
- Hoe kan jy jou belewenis van God se liefde vir jou verwoord?
- Ervaar jy 'n liefde wat jou lei en bemagtig om jou goddelike doel op aarde te vervul?
- Indien nie, wat verhinder jou om hierdie liefde te beleef?
Bid:
Vader God, U het my lief op 'n vlak wat dieper is as wat ek voorheen geken het. Dankie dat U vir my 'n doel vir my lewe gegee het en dat daar hoop is vir 'n toekoms wat groter as my hede en my verlede is. Deur genade gee U vir my lewe. Ek wil dit by U kom ontvang. Niks sal kan lei na vervulling en tevredenheid as dit nie van U af kom nie. Here Jesus, kom wys vir my u liefde op 'n meer intieme vlak. Ek prys u Heilige Naam, Here Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Daar is meer wat kan kom in jou lewe. Volg die Here en ontvang sy genade wat jou bemagtig vir sy wil vir jou lewe.
Aanbidding:
I Choose To Worship - Rend Collective
Dag 3: Kom haal genade by die troon
Die genade van die Here is voldoende om vir ons in alle aspekte van ons lewens te gee wat ons nodig het. Alles wat goed is en wat ons nodig het om in ons doel in te beweeg, kan gevind word in die genade van die Here. Dit vereis dat ons onself sal neerlê en bely dat ons dit wat die Here in ons lewens wil doen nie op ons eie kan bereik nie. Uit 'n plek van oorgawe teenoor die Here se heerskappy oor ons lewens word ons uitgenooi om genade by Hom te gaan haal.
Vader God wys vir ons dat daar drie maniere is om genade by Hom te gaan haal:
- 'n Leefstyl van aanbidding - Die troon van genade
- Nagmaal - Die tafel van genade
- Barmhartigheid - Die bediening van genade
In die Here se teenwoordigheid word ons met sy liefde gevul. Die intiemste manier om in sy teenwoordigheid te wees, is deur aanbidding. 'n Leefstyl wat ons kweek om in aanbidding voor Hom te kom, gee vir ons die genade wat ons nodig het om deur die moeilike tye te gaan, asook dit wat ons nodig het om in die goeie tye te kan getuig. In hierdie posisie voor die Vader ontvang ons sy guns en liefde op maniere wat ons nie kon sien of ervaar sonder om Hom te aanbid nie. Kom na die troon van genade voor die Here waar jy regverdig verklaar is deur sy liefde en nie deur jou eie werke nie. Jy is gemaak om in die teenwoordigheid van jou liefdevolle Vader te wees en Hom te aanbid.
Lees:
Mediteer:
- Gaan jy gereeld na die troon van genade toe?
- Op watter vlak kan jy begin om 'n leefstyl van aanbidding te ontwikkel?
- Aanbidding is gemaak vir twee spesifieke omstandighede in ons lewens: wanneer dit goed gaan en wanneer dit sleg gaan. Die slotsom is dat daar nooit 'n tyd is om nie te aanbid nie.
Bid:
Vader God, dankie dat U vir my wys hoe ek genade by U kan kom haal. U het vir my volle toegang gegee na u troon, deur die ongelooflike werk wat Jesus vir my kom doen het. Heilige Gees, help my om 'n leefstyl van aanbidding te ontwikkel waar ek leer om in alle omstandighede God te aanbid. Vader God, U is waardig om aanbid te word. U is almagtig en daar is geen krag groter as U nie! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ons is heel en heilig gemaak voor God en het volle toegang na sy troon om die genade wat ons nodig het, te ontvang!
Aanbidding:
Better Is One Day - Matt Redman
Dag 4: Kom haal genade by die tafel
In die Ou Testament, tussen al die oordeel van die wet en tekortkominge van die mensdom, lees ons van 'n man wat die genade van die Vader leer ken het. Terwyl die straf van sonde 'n groot realiteit in die mense van daardie tyd se lewens was, kom openbaar God aan Dawid dat Hy 'n God van oorweldigende liefde is, en Hy gee vir Dawid genade op 'n vlak wat geen ander mens in daardie tyd beleef het nie. Dit was 'n profetiese openbaring van wat Jesus vir ons sou kom doen.
Nadat Dawid tot koning van Israel gesalf is, bevind hy homself nie op 'n plek van guns en goedheid nie, maar eerder op 'n plek van swakheid en uitdagings. Saul was jaloers op Dawid en wou hom doodmaak uit vrees dat Dawid die koningskap van hom sou wegneem. Dawid vlug van Saul se vervolging af weg en by die priester Ahiméleg in Nob ontdek hy die genade wat die Here deur die nagmaaltafel vir ons gee.
In die teenwoordigheid van hierdie priester van die Here staan 'n man wat vrees beleef weens sy omstandighede. Dawid vra vir die priester om vir hom brood te gee. Op hierdie oomblik, toe Dawid by die tafel van genade gaan sit, waar dit slegs God se genade is wat vir hom kan gee wat hy nodig het, kom Vader God en voorsien op 'n bonatuurlike wyse aan Dawid. Die Here het vir Dawid drie goed gegee:
- Versoening in sy verhouding met Vader God - Die troonbrode wat Dawid-hulle ontvang het, het hulle net meer geheilig en geregtig gemaak voor die Vader.
- Voorsiening in sy behoeftes - Die troonbrode het ook aan sy behoefte aan kos voorsien.
- Versorging vir sy lewe - Hy ontvang die baie besondere en unieke swaard van Goliat om hom te beskerm.
By die tafel van genade (nagmaal) wil die Here vir ons versoening, versorging en voorsiening gee. Ons kan enige tyd by hierdie tafel aansit, maar ons ontvang slegs die genade wanneer ons dit wel doen.
Lees:
Mediteer:
- Die beginsel en gewoonte om nagmaal te gebruik, stel die Here se genade in werking op die vlakke van jou behoeftes en nood.
- Daar is geen vereistes om by die tafel van genade aan te mag aansit nie. Jy moet net verstaan waaroor dit gaan, naamlik dat Jesus deur sy liefde vir jou sy bloed (die wyn-/druiwesap) laat vloei het en vir jou ewige lewe kom gee het en sy liggaam (die brood) vir jou gebreek is sodat jy herstel kan word en die volheid van God op aarde kan beleef.
Bid:
Vader God, dankie dat U vir my die tafel van genade voorberei en dat ek enige tyd daar kan aansit. Selfs my teëstanders sien hoe ek in u teenwoordigheid eet en ontvang by die tafel waarvan ek niks verdien nie. U is altyd getrou om aan my te voorsien, want u liefde is oneindig. Dankie dat U geduldig is met my en my elke keer kans gee as ek sondig; maar meer as dit: dankie dat ek deur u genade vry kan kom en die nuwe lewe wat U vir my gegee het, kan uitleef. Ek loof en prys u Heilige Naam, Here Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Jesus is altyd getrou om in my behoeftes te voorsien. Hy beskerm my altyd en sal my nooit verlaat nie. Weens die versoening wat Hy gebring het, maak Hy my geregtig en laat my met vrymoedigheid voor die Vader verskyn.
Aanbidding:
Simple Gospel - United Pursuit
Dag 5: Verkry genade deur die bediening van genade
Wanneer ons in tye van groot uitdagings in ons lewens genade nodig het, verskyn die bediening van genade (om barmhartigheid aan ander mense te bewys) nie hoog op ons prioriteitslys van metodes om daardie genade te verkry nie. Daar is tye wanneer die neerslagtigheid of swakheid wat jy in daardie oomblik beleef net deur die bediening van genade hanteer kan word.
Dink aan Jesus. Nadat Johannes die Doper doodgemaak die koning doodgemaak is en sy dissipels die nuus aan Jesus vertel het, wou Jesus vertrek na 'n verlate plek om alleentyd saam met sy Vader deur te bring. Hy was op pad na die troon van genade, maar die skare het gehoor dat Hy vertrek en hulle het Hom gevolg. Toe Jesus die skare sien wat om Hom vergader het, het Hy hulle jammer gekry. Op daardie oomblik het Hy geweet dat dit nie nodig is dat Hy by die genadetroon van die Vader genade hoef te gaan kry nie, maar veel eerder daar in die bediening van die groot skare wat hulle hoop op Hom gevestig het vir genesing en voorsiening.
Soms is die troon van genade en die tafel van genade nie die plek van 'n ontmoeting met die Here wat Hy vir daardie oomblik bepaal het nie. Om na ander mense in barmhartigheid uit te reik, vul jou eie hart en gees met die Vader se hart. Goedheid, liefde, en vrede begin oorvloedig raak en dit oorkom vrees en neerslagtigheid. Vind Jesus by die mense naaste aan jou wat barmhartigheid nodig het, en ontvang sy genade deur hulle te bedien.
Lees:
Mediteer:
- Wie is naby aan jou wat op hierdie stadium barmhartigheid nodig het?
- In tye wanneer dit sleg gaan, is die troonkamer van jou Hemelse Vader altyd oop vir jou en die tafel is altyd gedek. Gee egter ook in daardie oomblike vir Hom kans om vir jou te lei na die bediening van ander mense wat swaarkry.
- In die Koninkryk van God is alles wat gegee word altyd meer werd as dit wat ontvang word.
Bid:
Vader God, dankie dat U my ontmoet in my swakhede en altyd u liefde en guns oor my lewe uitstort. Help my om verby my eie omstandighede te kyk en die nood van die mense rondom my raak te sien, waarvoor ek die hulpbronne het om te kan help. Kom bedien nie net hulle lewens nie, maar ook my eie hart, deur liefde aan ander te bewys. Here Jesus, deur liefde het U vir elke persoon gesterf. Leer my om u liefde in my hart te koester teenoor ander mense en om U ywer te hê om uit te reik. Ek prys u Heilige Naam, God van Liefde, Here Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Wanneer ek my lewe offer aan die Here en ander mense wat Sy liefde en genade nodig het, kry ek nuwe lewe terug by Jesus!
Aanbidding: