Go Deep 2 Julie 2023

Vertroue in God

Eugene du Randt

Ons het soveel in die Here ontvang en hierdie versekering het ons, dat ons Hom kan vertrou!

 

Dag 1: Vertroue

Ons kan dikwels agterkom wat in iemand se hart aangaan deur na hom/haar te luister. Binne 'n paar sinne kom jy agter “wat die hart van vol is loop die mond van oor” (Luk.6:45). Dan is dit soms 'n uitdaging om ons eie harte rein te hou en te bewaar. Is óns dan betroubaar in elke opsig? Kán ons vertrou en kan ons vertrou wórd?

Wat is vertroue? TRUST is:

the firm belief in the reliability, truth or ability of someone or something;

the assured reliance on the character, ability, strength, or truth of someone or something

Vertroue neem tyd. Dit neem energie en intensionaliteit vir ons om verhoudings en spesifiek vertroue te bou. Vertroue neem lank om te bou en kan binne 'n oomblik gebreek word. Ons kry seer in ons verhoudinge wanneer vertroue gebreek word en ons wil dan ook gevolgtrekkings maak oor God se karakter wanneer mense ons teleurstel. Maar God is nie soos 'n mens nie (Jes.55:8-9).

Die Woord sê dat ons harte maar feilbaar is (Jer.17:9-10). Ons harte is een van die belangrikste aspekte van ons menswees. Dit is daarom belangrik dat ons ons harte ondersoek en dat ons vasstel waarop ons kan bou en vertrou. Om stabiliteit in ons hart en gedagtes te kry, het ons nodig om met ons hele wese op God te vertrou.

Ons kan vertrou in Wié God is, in wat God nié doen nie en wát God vir ons gegee het!

Lees:

Lam.3:22-24

Is.40:28-31

Heb.13:5b

Mediteer:

  • Vertrou jy God werklik in alles?
  • Het iemand al jou vertroue gebreek? Hoe het dit jou geaffekteer? Hoe het dit jou verhouding met God beïnvloed? Wat is die waarheid?
  • En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles (1Joh.3:19-22).

Bid:

Here, ondersoek my hart, die intensies van my hart en gee vir my ’n rein hart. Ek stel my vertroue in U omdat U Here betroubaar is. In Jesus se Naam. Amen

Bonus: Spreek Lewe!

I lean on God, fully rely on Him, with absolute trust and confidence in Him and in His power!

Aanbidding:

Trust in God – Elevation Worship

Dag 2: God se karakter is betroubaar

Daar is vertroue wat ons het in sekere dinge in die lewe; soos dat die son elke môre opkom. Daar is 'n vaste wete dat die son daar sal wees. Elke keer wat die son opkom, bevestig dit die vertroue wat ons het dat daar ’n nuwe dag is en môre weer sal wees.

Ons bou vertroue met mense op wanneer ons 'n pad saam met hulle stap; elke keer wat ons opdaag of betyds is. Elke keer wat ons doen wat ons het gesê het ons sal doen, bou dit vertroue. Dan bewys ons vir ander dat ons betroubaar is. Mense maak foute en stel teleur, maar vertroue kán weer opgebou word.

God is betroubaar. Hy stel nie teleur nie. Hy doen wat Hy sê. Ons sien net nie altyd waarmee Hy besig is nie, want ons sien nie alles soos wat Hy dit sien nie. Ons weet nie alles wat Hy weet nie en het nie dieselfde “birds-eye view” soos Hy nie. Ons kan ook nie elke scenario uitspeel en die einde sien nie. Maar, Hy is intiem betrokke by elke oomblik van elke dag. Hy is só betroubaar dat Hy selfs Sy Woord bo alles stel. Sy Woord is werklik Sy eer!

“Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel” (Ps.138.2).

Ons sal bly kyk na die wêreld se opinies en antwoorde as ons nie die Woord het waarteen ons omstandighede en verhoudings meet nie. Ons het nodig om terug te kom by die Woord. Om te sê wat God sê en te vertrou dat Hy besig is, omdat Hy Sy Woord gestand doen. Sy Woord is Sy eer!

Lees:

Lam.3:22-24

Is.40:28-31

Heb.13:5b

Mediteer:

  • Goddelike karakter sluit in dat jy met integriteit optree. Is jou ja 'ja' en jou nee 'nee'? (Jak.5:12) Hoe hanteer jy dit wanneer ander jou vertroue skend?
  • Hoe lyk die kondisie van jou hart? Het mense jou al só seergemaak dat jy die Here nie vertrou nie?
  • Wat beteken dit prakties vir jou dat God Sy Naam en Sy Woord bo alles stel?
  • Hoe lyk jou vertroue in Vader? Hoe kan jy God vertrou?

Bid:

Here, ek wil vandag kies om die mense te vergewe wat my vertroue só geskend het dat my hart teenoor U verhard het. Ek weet ek moet hierdie keuse doen, want dit is U wil. U vergewe my en daarom vergewe ek hom/haar en spreek hom/haar vry. Dankie, dat U vir my wys dat U betroubaar is, dat ek U goedheid kan sien oor my lewe en hoe U my gered en verander het. Ek is jammer dat my hart dit nie wou glo nie. Ek kies om U te begin vertrou in elke opsig van my lewe, liggaam, siel en gees. In Jesus se Naam. Amen

Bonus: Spreek Lewe!

I lean on God with absolute trust and confidence in Him and in His ability and power!

Aanbidding:

I Will Trust – Red Rocks Worship

Dag 3: TRUST in WHO God Is

“Because of the Lord’s great love we are not consumed” (Lam.3:22a).

Ons kan in vrede leef omdat die Here se liefde vir ons só groot is dat Sy liefde ons beskerm en ons nie vernietig nie. Maak nie saak wat ons verlede of hede is nie, God se liefde is groter as enige situasie. Sy liefde hou ons (alles) in stand.

“For His compassions never fail” (Lam.3:22b).

Sy hart van omgee vir ons is konstant. Hy kyk nie neer op ons nie, maar het empatie en beleef elke oomblik saam met ons. Sy hart vír ons is oneindig!

“They are new every morning” (Lam.3:23a).

Elke dag het Hy vir ons nuwe deernis en omgee. Nuwe empatie. Nuwe genade. Nuwe hoop. Sy liefde en trou is elke dag nuut en raak nie op nie.

“Great is Your faithfulness” (Lam.3:23b).

God is getrou en betroubaar en Hy kan nie ophou om Homself te wees nie. Hy is konstant. Sy liefde is konstant, Hy ís liefde en Liefde is getrou oor ons en red ons; plaas ons op ’n nuwe plek.

I say to myself, “The Lord is my portion; therefore I will wait for Him” (Lam.3:24).

Die Here is my erfdeel, Liefde is my erfdeel en daarom sal ek rustig wag op Hom, maak nie saak wat die situasie is nie. My hart vertrou volkome op Hom.

Deel van God se karakter is dat Hy nie teleurstel nie (Rom.10:11-13). Niks kan Hom beperk of inperk nie. God weet presies wat nodig is vir elkeen van ons en geen situasie vang Hom onkant nie. Dit is waarom Joshua kan sê “Ek en my huis sal die Here dien” (Jos.24:15), want sy hart vertrou volkome op die Here en hy spandeer tyd in die Here. Hy praat van die Here en sy lewe getuig van sy vertroue in Hom! Hy weet dat God die ewige God is wat alles gemaak het, dat Hy elkeen krag gee wat op Hom vertrou (Jes.40:28-31).

Lees:

Lam.3:22-24

Is.40:28-31

Heb.13:5b

Mediteer:

  • Hoekom sal God my nie verteer (consume) nie?
  • Hoe kan God wat God is, compassion hê met my as ek sondig is?
  • Wat beteken dit as ek sê: “Die Here is my erfdeel”?
  • Deur God te ken, verander ons karakter om soos Hy te lyk!
  • Knowing God’s character will
    • Build our faith
    • Shape the way we worship
    • Enhance our worship
    • Change the way we interact with others
  • Hoe verander my lewe prakties wanneer ek God se karakter ken? Hoe verander dit my geloof, die manier waarop ek worship en hoe ek ander benader?

Bid:

U is werklik God, wonderbaar en liefde. U is alles wat goed is en U is my erfdeel. Here, ek het U lief!

Bonus: Spreek Lewe!

I lean on God with absolute trust and confidence in Him and in His love, ability and power!

Aanbidding:

Mercies – Matt Redman

Sing – Retief Burger

Dag 4: TRUST in What God Will Nót Do

Somtyds wankel ek en my hart twyfel in God se goedheid, want ek kyk na omstandighede. My oë is nie gerig op Hom en dit wat Hy sê nie. Somtyds sukkel ek om Hom te vertrou, want my eie hart is nie betroubaar nie.

As God God is, hoekom sal Hy my straf, of vernietig, of in die steek laat? Wat sal Hy bereik daardeur? Wat is die punt van Jesus Christus dan, as dit is om my in elk geval te verdoem, of my aan my ellende oor te laat?

God se Woord is:

I WILL NEVER [under any circumstances] DESERT YOU [nor give you up nor leave you without support, nor will I in any degree leave you helpless], NOR WILL I FORSAKE or LET YOU DOWN or RELAX MY HOLD ON YOU [assuredly not]!” (Heb.13:5b).

Daar is baie dinge wat ek in my wanbegrip van God dink dat God sal doen, dit wat sleg is en verdelg, omdat geskiedenis na 'n Ou Testamentiese era verwys. Maar is dit nie juis waarom Christus gesterf het nie? Hy het die vloek op Homself geneem. Maak dit dan sin dat God my net los en my nie help nie? Nee, die waarheid van Christus bewys juis God se betroubaarheid. As Hy ’n goeie God en Vader is, gee Hy vir my alles wat ek nodig het in hierdie lewe en nog meer as dit. Ek kan Hom vertrou!

Omdat die Here betroubaar is kan Paulus in Fil.4:12-13 sê: “Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee”.

Lees:

Lam.3:22-24

Is.40:28-31

Heb.13:5b

Jos.1:9

Mediteer:

  • Hoekom is daar sekere goed wat God nie doen of nie toelaat nie?
  • Hoekom sal God Jesus gee om Sy lewe neer te lê vir ons, maar dan omdraai en sê ons moet steeds betaal of ons dan aan ons eie genade oorlaat?
  • Jos.1:9 “Have I not commanded you? Be strong and of good courage; do not be afraid, nor be dismayed, for the Lord your God is with you wherever you go.”
  • He will not abandon us, He will not forsake us, therefore let us hold fast to the confession of our hope for He is faithful! (Heb.10:23-25)

Bid:

Here, U is my veilige plek. U is Stabiliteit, U is Voorsiening, U is Waardig, U is Almagtig, U is Lewe. Halleluja, Amen!

Bonus: Spreek Lewe!

I lean on God with absolute trust and confidence in Him and in His love, His ability, His power and His stable character!

Aanbidding:

Jireh & Worthy – Elevation Worship

More Than Able – Elevation Worship

Dag 5: TRUST What God Has Given Us

Jesus Christus is werklik die grootste geskenk, want deur die kruis is alles afgehandel en is daar nou geen rede meer vir ons om nie die voluit van God te ontvang nie. Deur Jesus is ons nou aangeneem, nuwe Koninkryk seuns en dogters van die Lewende God. Ons was God s’n en toe koop Hy ons weer! He planned for us to be adopted to Himself as [His own] (Eph.1:5); He has given us unmerited grace and favor (Eph.1:6).

The gift of the Holy Spirit: Dit is deur Jesus Christus wat ons die Heilige Gees ontvang, die ewige lewe en krag vir hierdie lewe. Heilige Gees is dieselfde Gees, dieselfde krag waarmee Jesus Christus uit die dood uit opgestaan het. Wow! In Him, when we believed in Him, were stamped with the seal of the promised Holy Spirit and we are now owned and protected by God (Eph.1:13).

The gift of faith: Ons het geloof gekry om in Hom te glo, in wie Hy is en wat Hy doen. When we heard the good news, we believed! (Eph.1:13). He has blessed us with every spiritual blessing in the heavenly realms in Christ! (Eph.1:3);

The gift of forgiveness: Wanneer ons besef wat Jesus Christus vir ons gedoen het, sodat ons vergifnis kan ontvang en met God versoen kan word, bring dit ons op ons knieë en ons kan ons sonde bely. God’s kindness leads us to repentance (Rom.2:4). Omdat God ons vergewe, wil ons ook ander vergewe en kies ons om dit te doen. He has given us forgiveness and complete pardon of our sin (Eph.1:7).

The gift of the church: Jesus is die hoof van die kerk en ons is deel van ’n groter prentjie. Ons het mekaar en funksioneer as baie lede van ’n groter liggaam, sodat die liggaam opgebou kan word. He chose us in Christ so that we would be holy [consecrated, set apart for Him, purpose driven] (Eph.1:4).

The gift of heaven: Die Here berei vir ons beter en groter dinge voor. Geen meer hartseer en worsteling nie, geen meer skeiding van Hom nie. We have a destiny – we are claimed by God as His own! (Eph.3:11); His Spirit is the guarantee of our inheritance, until the redemption of God’s own [purchased] (Eph.1:14).

Lees:

Eph.1:3-14

Mediteer:

  • As al hierdie dinge wat Hy gegee het waar is, hoe kan ek Hom dan nié vertrou nie?
  • Het jy Jesus Christus, Heilige Gees en die vaste wete van die Ewige Lewe? Indien nie, praat met ’n kerk leier.
  • Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ’n veilige vesting is (Jer.17:7).

Bid:

Here, U het vir my alles gegee (al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is). Dit is vir my té groot om te verstaan. Dankie, dat U eerstens U Seun gegee het, uit U gróót liefde, genade en trou. Dankie, dat ek nou aangeneem is as U eie en dat U my in elke opsig vashou en beskerm. U gee vir my daagliks wat ek nodig het. Dankie, vir méér as wat ek bid of vra. U is waarlik God. Amen

Bonus: Spreek Lewe!

I lean on God with absolute trust and confidence in Him and in His love. I trust His ability, His power and His stable character. I trust what He has given me!

Aanbidding:

God of All My Days – Casting Crowns