GO DEEP 10 September 2023

THRONE-ROOM THOUGHTS

Neville Goodchild

DAG 1: JOU PERSPEKTIEF

Col. 3:1-3 “If then you have been raised with Christ [to a new life, thus sharing His resurrection from the dead], aim at and seek the [rich eternal treasures] that are above, where Christ is, seated at the right hand of God. 2) And set your minds and keep them set on what is above (the higher things), not the things that are on the earth. 3) For [as far as this world is concerned] you have died, and your (new real) life is hidden with Christ in God. 4) When Christ, who is our life, appears, then you also will appear with Him in [the splendor of His] glory.”

Hierdie skrifgedeelte dui ons posisie in Christus aan. Elke wedergebôre kind van God is saam met Christus Jesus gesetel in hemelse plekke. Meeste Christene snap nie hierdie posisie wat ons in Christus het nie. Ons is uitgelig uit die modder, wat ons vleeslike stryd en bestaan verteenwoordig. God het in Christus ‘n plan vir ons om in oorwinning te leef en saam met Hom te heers.

Meeste Christene diskwalifiseer hulleself van hierdie plan deur aan te hou om in die modder voort te ploeter. Hulle bly fokus om op hulle aardse, vleeslike bestaan en sien hulle stryd as oorweldigend, want hulle perspektief is verkeerd. Hulle kyk vanuit die modder af op en hulle sig is beperk, omdat hulle uit die vlees lewe. In Christus Jesus leef wedergebôre kinders van God nou uit die Gees, want God gee aan ons die Heilige Gees. Hoe hoër ons uitkykpunt is, hoe groter en meer omvattend is ons perspektief. Ons moet streef daarna om in Christus te leef. Ons leef dan uit die Heilige Gees en ons perskeptief is vanuit hemelse plekke.

Het jy al beleef dat jy van ‘n hoë plek af, soveel verder kan sien en ‘n baie beter idee kan kry van waar jy jouself bevind, in  verhouding tot jou fisiese omgewing. Stel jou voor hoe onmeetbaar groter die perspektief is wat God die Vader vir jou as Sy kind begeer. Hy gee aan jou die Heilige Gees, sodat jy in die Gees kan waarneem, eerder as in die vlees. Verder setel Hy jou in Christus in hemelse plekke, sodat jy soveel beter kan sien om te kan heers op aarde. God gee aan ons ‘n hemelse perspektief aan hierdie kant van die graf, sodat ons in oorwinning kan leef en kan heers.

LEES:

Kol. 3:1-4

MEDITEER:

  • Voel jy oorweldig in jou alledaagse lewe? Sukkel jy om kop bo water te hou en om die lig te sien in jou omstandighede? Raak jou probleme vir jou so groot dat jy vir jouself magteloos lyk om enige iets daaraan te doen of te verander?
  • Vra jouself af of jy in die vlees wandel en of jy in die Gees wandel.
  • Wat dink jy is die verskil tussen die beeld wat jy nou sien van jou lewe en die lewe in die Gees van God, wat Abba Vader vir jou begeer en bewerk in Christus Jesus?
  • Nooi vandag die Heilige Gees om elke dag jou perspektief meer en meer te skuif van die vlees na die Gees. 

GEBED:

Wonderbare Vader, Seun en Heilige Gees, ek bly sukkel met die oorweldiging wat ek beleef en die bewustheid van my eie swakhede en onvermoë om alles te oorkom. Help my asseblief Abba Vader om my gekose plek in te neem in Christus Jesus en meer en meer uit die Gees te leef, soos U dit bepaal en bewerk het. Help my om ‘n hemelse perspektief te kry en dit uit te leef. Amen.

SPREEK LEWE:

God Almagtig, U is groot bo alles en my probleme is klein as ek deur U oë kyk. U setel my in Christus Jesus in hemelse plekke, sodat ek kan heers aan hierdie kan van die graf, op die aarde. My probleme lyk al hoe kleiner en ek beleef oorwinning en nie oorweldiging nie. My perspektief kom deur die Heilige Gees toe te laat om my te lei in geloof in Jesus Christus en Sy afgehandelde werk.

RED ROCK WORSHIP – I will trust (Official Lyric Video)

DAG 2: SONDEBEWUSTHEID STEEL VRYMOEDIGHEID

Storietyd: “Jannie en sy sussie, Sannie, het vir ‘n week gaan kuier by Ouma en Oupa op die plaas. Dit was Maandag middag en Jannie was besig om buite te speel met sy kettie, toe Sannie hom geroep het om te kom eet. Jannie besluit toe om so vir oulaas ‘n klippie op te tel en net so vir die lekkerte skiet hy ‘n skoot na die kant toe, sonder om te mik of regtig daaroor te dink. Maar O wee! Jannie het toe een van die ganse raak geskiet en die gans was dood. Dit was glad nie Jannie se bedoeling nie en hy besluit om dit eers vir niemand te vertel nie.

Nadat hulle geëet het, het Ouma gevra wie sal die skottelgoed was en Sannie sê toe dat Jannie gesê het hy is lus om die skottelgoed te was, terwyl sy vir Jannie ‘n baie betekenisvolle kyk gegee het. Jannie besef toe dat Sannie moes gesien het wat gebeur het en hy sê toe dat dit reg is en so was Jannie toe die skottelgoed. So herhaal die gebeure elke aand en elke aand het Jannie die skottelgoed gewas. Op die Vrydag, toe kon Jannie dit nie meer hou nie. Hy het toe uitgekom met die hele sak patats.

Ouma en Oupa het toe vir Jannie gesê dat hulle al drie gesien het wat gebeur het, maar hulle het gewag om te sien hoe lank dit vir Jannie gaan vat om met die waarheid uit te kom.”

Ek kan myself vereenselwig met hierdie storie van Jannie. Jannie het sy vrymoedigheid verloor, omdat hy nie met die waarheid wou uitkom nie. Hy het skuldig en sleg gevoel. Hy wou nie sy Ouma en Oupa ontstel nie, maar al het hy nie bedoel om die gans dood te maak nie, was hy die gevangene van sy eie geheim. Sy sussie kon die geheim teen hom gebruik en hy was magteloos om vry te kom uit die situasie, totdat hy met die waarheid uitgekom het en vir sy Ouma en Oupa om verskoning gevra het.

Die probleem is dat dit so maklik is om in ons eie gedagtes, skuld en skaamte verstrik te word. Sodra ons dan ons vrymoedigheid verloor het, is ons die gevangenis van ons eie geheim. Ons kan nie vrylik beweeg en deelneem nie, want ons diskwalifiseer onsself.

 Die Woord sê dat as ons berou het oor ons sonde en ons sonde bely, God is getrou en regverdig om ons sonde te vergewe en ons te reinig van alle ongeregtigheid. Hoe langer ons vat om hierdie stap te neem, hoe langer gaan ons uit ons posisie wees van vrymoedigheid en deelname aan die Koninkryk.

LEES:

1 Joh. 1:9

Joh. 8:32

MEDITEER

  • Het jy al die ondervinding gehad dat jy bang en skaam was oor iets wat jy gedoen het? Veral as jy iemand anders te na gekom het, al was dit nie jou bedoeling nie. Dit is asof jy daardie persoon nie wil sien nie en net die persoon wil vermy. Elke keer as jy die persoon sien, dan is jy van vooraf in jou gedagtes onder veroordeling. Net so is dit met die Here en onttrek ons en wil nie in God se teenwoordigheid kom nie. Vir ‘n kind van God is dit ‘n baie slegte plek om te wees.
  • Het jy ook al beleef dat die oomblik as jy met so ‘n persoon praat en vergifnis ontvang, is die verhouding herstel en kan julle weer in mekaar se teenwoordigheid wees?
  • Kies om deursigtig te wees in jou verhouding met God en nie toe te laat dat enige iets tussen jou en God staan nie. Moenie toelaat dat enige iets jou weghou van God se teenwoordigheid of die werking van die Heilige Gees nie.

GEBED:

Abba Vader ek kom staan in U teenwoordigheid. Ek bid vir U Lig en U Waarheid om my hart te deursoek en om alles vir my te wys wat skeiding maak tussen my en U. Dankie Here dat alles wat in die Lig is geen duisternis kan hê nie. Ek bely Vader dat ek partykeer goed wegsteek omdat ek bang is om dit te hanteer en om verantwoordelikheid te neem. Help my Here om met die hulp van die Heilge Gees my sonde te identifiseer en om dit te bely. Ek bid die bloed van Jesus daaroor en weet Here dat U maak my vry. In U en deur U is ek waarlik vry. Amen.

SPREEK LEWE

Jesus maak my waarlik vry om sonder sondebewustheid te leef en om vry te wees van die las van sonde.

Rent Collective – Rescuer [Good News] (OFFICIAL MUSIC VIDEO)


DAG 3: KEN JESUS NA DIE GEES

Ons sit met ‘n ‘menslike’ probleem, want ons beoordeel na die vlees en sien na die vlees. Ons dink in die terme van ons menslike feilbaarheid en hoe ons dinge doen en beoordeel, aan die werke van God se hande. Dit behoort duidelik vir ons te wees dat ons menslike oë eenvoudig net nie naastenby die volle prentjie van God se liefde kan sien nie. Daarom kom haal Abba Vader die menslike faktor uit die prentjie en in die gees word ons een met Jesus Christus. God se Heilige Gees kom vestig Homself binne in ons wedergebôre gees en nou kan ons in die Gees beoordeel.

2 Kor. 5:16 “Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tòg nie meer so nie.”

1 Kor. 6:17 “Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.”

1 Kor. 15:45 “So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewemakende Gees.”

God het in Sy liefde ‘n afgehandelde werk kom doen in Jesus Christus wat eens en vir altyd afgehandel is. Die implikasie vir ons is dat:

  • Jesus Christus het eens en vir altyd ‘n offer gebring met Sy lewe en bloed wat vir ewig genoeg is om alle sonde wat ooit daar was of ooit weer sal kom, weg te was. Dit is ‘n ewige fontein wat konstant die sonde wegwas.
  • In Jesus se vleeswording, dood, opstanding uit die dood en hemelvaart het elkeen wat Jesus aanneem as hulle Verlosser en Saligmaker oorgegaan van die vlees na die gees. (….,is een gees met Hom.)
  • Die vlees huisves tydelik ons siel, maar in Jesus Christus is ons een gees met Hom en kan ons die ewige in besit neem.

Ons moet dus besef dat God nie na ons kyk in ons vleeslike kapasiteit nie, maar Hy glo in ons juis omdat Hy ons Sy Seun, Jesus Christus, en die Heilige Gees gegee het. Hy beoordeel ons dus nie na die vlees nie, maar na die gees. As God nie in ons geglo het nie, sou Hy nooit Sy Seun gegee het, om vir ons te sterf nie.

Ons moet nou streef daarna om na die gees te lewe en te beoordeel. Soos die wingerd in die loot is en die loot in die wingerd, so moet ons in Christus bly. (Joh. 15:5)

Heb. 10:22 “laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.”

LEES:

2 Kor. 5:16

1 Kor. 6:17

1 Kor. 15:45

Joh. 5:15

Heb 10:22

MEDITASIE:

  • Wat is daar wat dit regkry om jou terug te hou daarvan om met vreugde en vasberadenheid die teenwoordigheid van God te soek en die volheid van Sy Woord in jou lewe te beleef?
  • Dink daaroor of jy nog na jouself en na ander in die vlees kyk en nie deur die geestelike bemagtiging en transformasie wat deur die kruiswerk, opstanding en hemelvaart van Jesus Christus en die uistorting van die Heilige Gees bewerk is nie. Vra die Here om al hoe meer jou geestesoë oop te maak en om jou te help om al hoe meer die natuurlike te sien deur God se geestelike oë.
  • Raak stil en gee die Heilige Gees ‘n geleentheid om jou te bedien en om aan jou te openbaar wat dit beteken om na die gees te beoordeel.

GEBED:

Vader, U gedagtes is nie ons gedagtes nie en ons weë nie U weë nie. Help my om elke dag meer en meer te groei in die gees namate U Heilige Gees my lei en U Woord en Waarheid aan my openbaar. Help my om in Christus te bly en Hy in my. Maak my gedagtes vas aan U gedagtes en herskryf my gedagtes om U wil te ken en doen deur U Heilige Gees wat in my woon. Amen.

SPREEK LEWE:

Hoe wonderbaar is God se plan met my lewe. God het ‘n ewige bestemming vir my in Sy wonderlike teenwoordigheid.

Zach Williams, Dolly Parton – There was Jesus (Official Music Video)

DAG 4: JESUS SE ERFDEEL IS VAS

In Efesiërs 1:18 lees of dat diè wat gered is, is Jesus se erfdeel. In die Living Bible Translation word dit vertaal: “I want you to realize that God has been made rich because of you!” Die siele-oes is God se rykdom.

“Wow!”

In ‘n testament word gewoonlik al die kosbare en waardevolle items bemaak en benoem. Wat ‘n verstommende gedagte is dit nie, dat ek en jy, kind van God, so kosbaar is dat ons Jesus se erfdeel is. Ons is benoem en word deur God beskou as kosbaar en waardevol. Ons is syne en dit kan nooit verander nie.

Wat gebeur dan as ons sou val en sondig? Word ons dan uit die testament gehaal? Word Jesus dan ontneem van Sy erfdeel as ek en jy sou val? Wat ‘n verregaande gedagte. Net die gedagte dat God is ryk as gevolg van die siele wat gered is en dan word Sy rykdom weer weggeneem, omdat ons geval het. Daar is fout met hierdie persepsie.

Ons is Jesus se erfdeel. Ons name gegraveer op God se handpalm en geskryf in die Boek van Lewe. God het ‘n volmaakte en ewige werk gedoen in Christus Jesus.

Dit is die vyand wat ons identiteit aanval en wat ‘n vervaldatum op ons redding wil sit. Die Waarheid is vas. Ons is en bly Jesus se erfdeel en in en saam met Hom mede erfgename.

LEES:

Ef. 1:15-18

MEDITEER:

Bedink die volgende:

  • God die Vader is Almagtig, Alwetend, Alomteenwoordig. Hy het dit goed gedink om die mens na Sy beeld en gelykenis te skape, sodat ons in verhouding met Hom kan leef. Toe die mens nie Sy kant van die ooreenkoms nakom nie, toe bewerk God dit op so ‘n manier dat ons nogsteeds, ten spyte van ons foute en tekortkoming, gered kan word en nogsteeds in verhouding met God kan leef.
  • God beskou ons as Sy rykdom. Elke mens wie se siel gered is, is deel van Jesus Christus se erfdeel. Daar is geen beperking op wat God die Vader vir Jesus Christus kon gee as erfdeel nie, maar Hy gee die siele-oes aan Hom en beskou dit as rykdom.

GEBED:

Pappa Vader ek kan U net loof en prys en U Naam verhef. Hoe kosbaar is U liefde en U wonderbare dade teenoor ons elke dag. Jesus Christus en aanbid U as my Verlosser en Saligmaker. Dankie vir die werk aan die kruis en dat ek elke dag die vrug kan eet van die verlossing en vryspraak. Dankie vir die vooruitsig van ‘n ewige lewe in U teenwoordigheid. Dankie vir hoop en ‘n verwagting vir die toekoms. Amen.

SPREEK LEWE:

Ek het hoop in die toekoms en God se vrede wat alle verstand te bowe gaan, sal my lewe rig.

Walk With You and Final Say (Live) – Michael Bethany

Julias Megan More Of You 

DAG 5: Jesus die bruidegom

Jesus Christus is ons geliefde bruidegom. Hy is die Lig, die Weg en die Waarheid. Niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie.

Ef. 5:25-27 “25) Manne, julle met jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het 26) om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, 27) sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.”

Jesus het dit reeds gedoen en afgehandel. As ons dus kan sien wat God sien, as ons onsself in God se spieël kon sien, sou ons sien ons is:

  • Innocent
  • Blameless
  • Pure

Die vyand het ons al so gekondisioneer dat die helfte van ons dadelik in die naam van eerlikheid net wil keer en sê: “Ekskuustog, maar ek dink nie ek is heeltemal daar nie.”

Jesus het dit reeds gedoen en afgehandel. Ons kan in die rus van die Here ingaan met die vaste wete dat Jesus bring ons voor God, onskuldig, sonde blaam en heilig. Ja, God weet alles. Wat God kies om te sien is ons soos ons as die bruid voor Hom gebring word, deur ons wonderlike bruidegom, Jesus Christus.

LEES:

Ef.5:25-27

MEDITEER:

  • Jesus Christus het ons geheilig nadat Hy ons gereinig het met die waterbad deur die woord. Gaan na die Woord en lees die skrif, herhaal, memoriseer en bely dit wat Jesus Christus sê oor ons, Sy bruid. Maak dit vas, sodat jy op die Woord kan staan en sê: “Daar staan geskrywe ….”.
  • Raak net stil en bedink wat Jesus Christus regtig vir ons gedoen het aan die kruis. Hy wat regtig mens geword het. Wat doodsbenoud was in die tuin van Getsemane. Sy liefde om alles te gee vir Sy bruid.
  • Loof en prys en eer God vir Sy genade en grootheid.

 

GEBED:

Dankie Abba Vader, dankie Jesus Christus, dankie Heilige Gees. Van die begin af is daar net een tema Almagtige Heer. Dit is U liefde wat so volmaak en alles omvattend is. U liefde Heer wat my op my knieë laat val en trane na my oë bring. Die kruis, die pyn, die verlatenheid van die Vader, die las van die wêreld se sonde. ‘n Liefde wat sonder verwyte ‘n nuwe blaaitjie omslaan en witter was as sneeu. Wat is die mens? Ek eer U wonderbare God. Dankie vir U liefde, so kosbaar en intiem. U wat liefde gekies het en nooit verander nie. Ek is lief vir U Here, Adonai. Amen.

 

SPREEK LEWE:

Geloof, hoop en liefde bly en die grootste daarvan is die liefde.

Holy Forever/ We fall down – Bethal Music – Crosswalk – Worship Arrangement