Go Deep 3 September 2023

Throne-Room Thoughts

Eugene du Rand

God se gedagtes vir jou

 

 

DAG 1: God se gedagtes of my gedagtes?

Ons kan met baie sekerheid vir mekaar sê dat ons gedagtes speel ‘n groot rol in ons lewens. Daar is so baie goed wat inwerk op ons gedagtes en ons gedagtes skakel nooit af nie. Dit wat in ons gedagtes maal kan ons ook in die nag laat rondrol en ons kan selfs droom daaroor.

Die volgende drie goed oorheers baie keer ons gedagtes:

  1. Ons realiteite.
  2. Die goed waarmee ons onsself besig hou en waaraan ons blootgestel word.
  3. Ons gesprekke en konneksies.

Partykeer weet ons self nie wat in ons hart en gedagtes aangaan nie, maar wanneer ons met ‘n ander persoon praat, dan kom dit soms onverwags uit. Dan vra jy jouself af: Wat het ek nou gesê? Is dit wat in my hart aangaan? Wat glo ek? Wat ek sê en wat ek glo kom dan nie altyd by mekaar uit nie.

Prov. 23:79 “For as he thinks in his heart, so is he …..”

Ons gedagtes speel so ‘n groot rol, want jou gedagtes bepaal jou aksies. Aksies word gewoontes en gewoontes word ‘n leefstyl. Dit wat in ons hart aangaan bepaal ons lewe. Dit bepaal of ons op God fokus of op onsself en ons eie selfsugtige begeertes, wil, planne, idees, gevoelens en gemak. Dit bepaal wat ons praat, wat ons sê, waarmee ons onsself besig hou en wat ons gesindheid is.

Daarom moet ons ons gedagtes gevange neem en dit aan God onderwerp, sodat dit vrug kan dra. In Christus, deur die werking van die Heilige Gees, is die enigeste manier om vrugbare gedagtes te hê.

LEES:

Prov. 23:7 en 16

MEDITEER:

  • Raak ‘n bietjie stil en fokus op wat die gedagtes is wat by jou opkom. Skryf die hoofgedagtes neer wat op die stadium jou gedagtes oorheers. Is dit gedagtes oor God se goedheid en hoe Hy vir jou en jou geliefdes sorg en julle in Sy Koningkryk gebruik? Is dit gedagtes van angs en vrees? Is dit oor finansiële probleme? Is dit oor die ekonomie en politiek in die land? Is jy dalk bekommerd oor een van jou kinders wat deur ‘n moeilike tyd gaan? Is dit ‘n situasie wat ondraaglik is by die werk? Dalk is daar 'n probleem met jou gesondheid.
  • Neem nou hierdie gedagtes en gaan kyk wat sê die Woord oor die aangeleentheid.
  • Bely die Woord wat lewe gee en opbou en spreek lewe oor daardie gedagtes wat jou besig hou.

GEBED:

Wonderbare Vader, Seun en Heilige Gees, ek bring hierdie gedagtes na U toe Here. Hierdie gedagtes wat my besig hou en selfs in die nag wakker hou. Ek bid Here dat U my gedagtes van vrees, angs en van tekortkoming sal vervang met Koningkryk gedagtes van oorwinning en versorging. Dankie dat U die enigeste ware God my God is en dat U alles gedoen het sodat ek in oorwinning kan leef. Verander my gedagtes sodat ek in oorwinning gedagtes kan lewe. Amen.

SPREEK LEWE:

Elke gedagte van God oor my is goed en spreek van lewe, liefde, versorging, oorwinning en voorsiening.

GOOD GOOD FATHER – CASTING CROWNS

DAG 2: Fruitful thoughts

Quote: “Your mind is a garden. Your thoughts are the seeds. You can grow flowers or you can grow weeds.”

Ons gedagtes vorm saad in die gees realm. Dik kan die saad wees wat as dit geplant word, dit ‘n goeie oes kan inbring. Dit kan ook saad wees wat ‘onkruid’ sal voortbring. Dit hang alles af van die oorsprong van daardie gedagtes. Is die gedagte deur God geïnspireer of uit ons eie selfsugtige bestaan.

Goeie vrug is wanneer mense deur my lewe en wat ek sê, na God getrek word en as my lewe God verheerlik en ‘n getuienis is van God se goedheid. Omdat ons altyd neig na die vlees en die vleeslike gedagtes en begeertes is dit moeilik om goeie saad te plant en groei tot ‘n oes, maar in Christus Jesus, met die werking van die Heilige Gees, is dit moontlik.

Juis omdat ons meer neig tot die vlees as ons nie in die Gees wandel nie, groei slegte saad baie maklik. Daarom moet ons waak teen negatiewe gedagtes en gedagtes wat nie van God af kom nie. Dit wat ons sê kan maklik die volgende persoon se moed breek en hy kan besluit om moed op te gee. Dit kan lei tot depressive. Ons moet geesvervuld bly, sodat ons nie goed spreek en doen wat nie die waarheid is nie, en mense weglei van God af nie. Dit is onkruid wat ons in ons lewe voortbring.

2 Cor. 10:3-5 Amp (EDL) “3) For though we walk (live) in the flesh, we are not carrying on our warfare according to the flesh and using mere human weapons. 4) For the weapons of our warfare are not physical [weapons of flesh and blood], but they are mighty before God for he overthrow and destruction of strongholds, 5) [Inasmuch as we] refute aruments and theories and reasonings and every proud and lofty thing that sets itself against the [true] knowledge of God; and we lead every thought and purpose away captive into the obedience of Christ (the Messaih, the Anointed One).

Fil. 4:8 (beskryf vir ons waaraan ons ons gedagtes moet wei om goeie vrug te kan dra: “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”

LEES:

2 Kor. 10:3-5

Fil. 4:8

MEDITEER

  • Dink daaroor watter effek jou woorde in die lewens van die mense om jou het. Is jou woorde, woorde wat God verkondig en die blye boodskap? Bou jou woorde mense op, of breek jou woorde mense af?
  • Anders gestel besin oor watter saad jy voortbring en of jy in die Gees vrug voortbring of onkruid.

GEBED:

Vader ek bid dat die woorde van Fil.4:8 vir my sal waar wees. Help dat my gedagtes daagliks besig is met alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is en alles wat loflik is. Vader alleenlik in Christus en met die werking van die Heilige Gees is dit moontlik. Heilige Gees rig U my gedagtes en help my om vrugbare gedagtes te koester wat lei tot ‘n lewe wat U naam grootmaak.

SPREEK LEWE

Ek spreek lewe oor my gedagtes en oor my dade. Hulle sal God verheerlik en Sy Koninkryk laat uitbrei, omdat ek sal vrug dra wat mense na God sal trek.

MATTHEW WEST – TRUTH BE TOLD (OFFICIAL MUSIC VIDEO)

DAG 3: WOORD OM VESTINGS NEER TE WERP

2 Kor. 10:4-5: ‘Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5) en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.’ (Afr. 83)

Vestings is ‘n onbekende begrip in ons tyd. Wanneer jy in gevaar was in die Bybelse tyd het jy gevlug na ‘n vestingstad. Dit was‘n stad met versterkte mure wat bedoel was om jou veilig te hou en te beskerm. Die vestings waarna hier verwys word, is ook onsigbare mure wat ons bou om hulle eie siel en gees te beskerm, wanneer ons vrees en bekommernis beleef as gevolg van die leuens en stories wat die wêreld vertel. In die eerste plek luister  ons na die verkeerde persoon, opinies en gebeure in ons vleeslike realiteit. Ons luister vir mense en nie vir God nie. Ons kyk na dit wat rondom ons is en nie na God nie. In die tweede plek draai ons na onsself vir beskerming en begin mure bou. Terwyl ons veronderstel was om te gaan kyk waar kom die vrees, seer en angs vandaan. Dan moet ons identifiseer dat dit kom van die vyand af en is ‘n leuen. Die wapens van God is die Woord en die Heilige Gees. Ons moet dan toelaat dat die Heilige Gees ons toerus met die Woord (Swaard) en ons moet die leuen uithaal en dit met die waarheid vervang.

Sodra ons begin vestings bou, sluit ons die verkeerde persone uit. Ons sluit die Heilige Gees uit, want ons is dan nie ontvanklik vir die Waarheid en die werking van die Heilige Gees nie. Ons sluit die wapens van God uit. Dit laat ons meer weerloos as ooit. Ons kan onsself nooit self bekerm nie. Ons het God nodig. Die Woord sê dat Hy het ons nie ‘n Gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van liefde, krag en selfbeheersing. (2 Tim. 1:7)

Ons moet dus elke gedagte gevange neem. Basies beteken dit dat ons moet die gevoel en emosie wat ons beleef as gevolg van die gedagte ondersoek. As dit iets is wat ons bedreig en vreesagtig maak, moet ons weet dit is nie van God nie. Ons moet dan daardie gedagte bely voor God en die emosie. Ons moet die situasie vir God gee en ons moet Woord bely oor daardie situasie wat die Waarheid is. Ons moet bid dat God ons in die proses help. Dit is hoe die vestings wat die vyand in ons wil opbou om ons weg te hou van die wapens van God, afgebreek word en hoe ons ons gedagtes gehoorsaam maak aan Christus Jesus, ons Verlosser.

LEES:

2 Kor. 10:3-5

2 Tim. 1:7

MEDITASIE:

Wanneer ‘n mens op ‘n goeie plek is, maak hierdie skrif sin en die proses klink logies en haalbaar. Die problem is dat wanneer ons op ‘n slegte plek is, is daar reeds leuens wat vestings geword het. Dan het ons reeds mure opgebou en dan voel dit of hierdie hele proses nie sin maak nie en nie realisties is nie. Jou probleme en emosies is ‘n werklikheid. Indien ‘n mens lank genoeg oor goed top, raak die bekommernis jou bestaan. Jy gaan fisies in ‘n toestand van bekommernis in. Ons het die Heilige Gees werking nodig om kragtig in ons te werk en uit te breek uit die toestand van bekommernis en swaarmoedigheid.

Daarom:

  • Bid
  • Vas
  • Lees die Woord
  • Lofliedere
  • Gemeenskap van gelowiges

Hoe wonderlik is dit nie dat die Woord kragtig is om vestings neer te werp nie. Bedink hierdie skrif en die wapens van God en hoe jy dit in jou lewe kan toepas en vir ander kan help om hierdie waarheid te leer.

GEBED:

Vader, my gedagtes en emosies word oorheers oor wat ek hoor ander sê en oor wat om my aangaan. Here U is ver bo al hierdie goed verhewe. U is ‘n goeie God en U het ‘n goeie plan vir my lewe. Ek bid U goedheid en guns oor my en my omstandighede. Met my oë op U gerig Here kyk ek weg van myself en sien ek myself in U kosbare teenwoordigheid. Help my Heer om die vestings wat ek in my lewe opgebou het te identifiseer en om U wapens te gebruik om dit af te breek. Amen.

SPREEK LEWE:

Here ek spreek vandag lewe oor my gemoed en emosies. Ek sal gedagtes en emosies van hoop vestig in my lewe sodat ek ‘n sinvolle en standvastige lewe kan lei in Christus Jesus.

Charity Gayle – I Speak Jesus (feat. Steven Musso) [Life]

DAG 4: GOD SE GEDAGTES AANGAANDE JOU

Dit is soms moeilik om te begrip hoe kosbaar en wonderlik God se gedagtes aangaande ons is. Hy het van voor die grondlegging van die aarde elkeen van ons in gedagte gehad. Hy het ons volmaak geskape, na Sy beeld en gelykenis. Toe sonde ‘n skeiding tussen ons en God wou maak, het Hy sy enig gebôre seun gegee om na die aarde te kom en om Sy liefde aan ons te openbaar. Jesus Christus het vir ons die Woord kom leef en kom gee en toe Sy lewe. Alles is deel van God se groot liefde en Sy plan dat niks tussen ons en God moet staan nie. Nou sien God ons deur die bloed van Jesus, volmaak. Verder gee Hy ons die Heilige Gees om ons te lei.

Ons kan baie keer nie God se liefde vir ons begryp nie en daarom sukkel ons om ons gedagtes met God se gedagtes te belyn.

God is ‘n goeie Vader wat net die beste vir ons wil hê. God se gedagtes is nie ons gedagtes nie. Sy gedagtes en weë is hoër as ons sin. (Jes. 55:8-9)

Sy gedagtes aangaande jou is gedagtes van vrede en nie van onheil nie; gedagtes om ons ‘n hoopvolle toekoms te gee. (Jer.29:11)

Dawid sê in Psalm 139:17-18: “Hoe kosbaar is dan vir my U gedagtes, O God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Wil ek hulle tel is hulle meer as die sand; word ek wakker dan is ek nog by U.”

Ons moet die Woord lees en die Heilige Gees vra om God se gedagtes aangaande ons te openbaar, God se liefde vir ons en Sy gesindheid teenoor ons. Ons moet ‘n vaste geloof hê dat God goed is vir ons en ons beste belange op die hart het, om hoop vir die toekoms te hê en staande te bly teen die aanslae van die vyand.

LEES:

Jes.55:8-9

Jer. 29:11

Ps. 139:17-18

MEDITEER:

  • Dink ‘n bietjie na oor die liefde van God en wat Sy bedoeling met ons is.
  • Is daar slegte goed wat jy aan God toedig, wat nie regtig God se werk in jou lewe is nie, maar die gevolg van jou keuses.
  • Het jy hoop vir die toekoms? God sê dit is wat Hy vir jou in gedagte het.
  • Beleef jy vrede? God sê dat Hy vir jou vrede in gedagte het en nie onheil nie.

GEBED:

Pappa Vader vergewe my dat ek myself op donker en moeilike plekke bevind oor my eie keuses en gedrag, en dan wil ek dit voor U deur kom lê. U gee vir my alles wat ek nodig het om in vrede te leef en ‘n hoopvolle toekoms te hê, maar ek bid nie gereeld nie, ek kon nie gereeld by die Woord uit nie, ek luister nie na die leiding van die Heilige Gees nie. Vernuwe my gedagtes Heer.

SPREEK LEWE:

Ek het hoop in die toekoms en God se vrede wat alle verstand te bowe gaan sal my lewe rig.

Julius Megan - More of You

DAG 5: Verandering begin by ‘n keuse

Wat in ons gedagtes aangaan, bepaal ons hart, wat weer ons optrede en gesindhede beïnvloed. Baie keer maak ons ‘n keuse om te verander, maar ons gewoontes en gedagtepatrone is al so gevestig, as ons onsself weer kry is ons net daar waar ons was.

“We move in the direction of our strongest thoughts.” – Craig Groeschel

Dit is onsinnig om te dink dat enige iets gaan verander as ons aanhou om goed dieselfde te doen.

Spr.23:7 “For as he thinks in his heart, so is he.” – NKJV

Ef. 2:10 “For we are His workmanship [His own master work, a work of art], created in Christ Jesus [reborn from above – spiritually transformed, renewed, ready to be used] for good works, which God prepared [for us] beforehand [taking paths which He set], so that we would walk in them [living the good life which He prearranged and made ready for us].” – AMP

Rom. 12:2 “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”

Die gebeur met almal van ons dat ons oortuig word deur die Heilige Gees van goed wat ons moet aflê of van goed wat ons moet doen in ons geestelike groei en lewenswandel. Die doel daarvan is geestelike groei en dat God ons kan gebruik in ander mense se lewens. In ons hart moet daar ‘n verandering kom. Die goeie nuus is dat ons dit nie alleen hoef te doen nie, want ons het die inwonende Gees van God. Begin vandag nuwe gewoontes:

  • Lê een ou gewoonte af.
  • Lê een negatiewe gedagte af.
  • Kry een skrifgedeelte en leer dit uit jou kop en hart uit.
  • Bid hardop [faith comes by hearing and hearing by the Word of God].
  • Toets gedurig jou gedagtes en vra jouself af: is die opbouend of afbrekend; gee dit lewe of maak dit dood?
  • Woord; Woord; Woord

Die Vader het ‘n goeie lewe vir jou in gedagte. Hy gee jou alles om dit te kan leef. Leef dit.

LEES:

Spr. 23:7

Rom.12:2

Ef.2:10

MEDITEER:

  • Daar is dalk goed wat die Here al vir jou geopenbaar het wat Hy graag wil hê jy in die Koninkryk moet doen, maar jy het jouself gediskwalifiseer, of die tydsberekening was nie reg nie. Gaan stof weer daardie goed af en vra die Here om deur Sy Heilige Gees vir jou bevestiging te gee. Neem dan die besluit en doen dit.
  • Een donderstorm in die somer maak nie dat daardie gebied ‘n tropiese klimaat het nie, maar daaglikse donderstorms, jaar in en uit is defnitief ‘n tropiese klimaat. Net so ook is een negatiewe gedagte nie ‘n binding of patroon nie, maar as dit oor en oor herhaal word vorm dit n defnitiewe patroon wat selfs ‘n binding(stronghold) in jou lewe kan vorm.
  • Die antwoord is om elke negatiewe gedagte gevange te neem en uit te werp en dit te vervang met Woord waarheid, sodat jou geestelike klimaat nie verander word na ‘n negatiewe klimaatstoestand nie, soos: angs, depressie, minderwaardigheid ens.
  • Oefening: Maak jou oë toe. Sien in jou gedagtes ‘n mooi rooi roos. Kan jy dit sien? Goed neem nou daardie gedagte gevange en werp dit uit jou gedagtes en dink aan ‘n mooi wit roos. Kry jy dit reg? Oefen dit bietjie en pas dit meer en meer toe om ook negatiewe gedagtes en prentjies gevange te neem en dit te vervang met waarheid.

GEBED:

Vader ek bely voor U dat ek so baie keer my gedagtes vrye teuls gee en nie beheer uitoefen oor my negatiewe gedagte patrone nie. Vader help my deur die Gees om sensitief te wees in die gees om dadelik bewus te wees van my negatiewe gedagtes. Heilige Gees help my om elke negatiewe gedagte gevange te neem, dit uit te werp en herriner my aan Woord waarrheid om dit mee te vervang.

 

SPREEK LEWE:

Ek kies vandag om my gedagtes te belyn met die Woord van God wat dan my hart se toestand sal verander wat my optrede en lewe sal verander.

Micheal W Smith feat Tauran Wells – More Love, More Power