Go Deep 3 November 2024

Wat noem ons God en Sy Seun?

Dr Lemmer du Plessis

Dag 1: Hoop in alle omstandighede

'Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. '

ROMEINE 8:14-18 (Afr. 53 Vertaling)

Wanneer ons kyk na die oorlog in Gaza, raak ons bewus van die swaarkry van ons mede gelowiges in Israel en Palestina. Die video beelde wat ons sien wat uitgesaai word van gebeure daar, is baie gepas, in swart en wit. Kleurloos. Dit spreek van ‘n verdwaasde weerloosheid. Verslaendheid oor die geweld en onverstaanbare gebeure. Tog is daar so baie getuienisse onder die kinders van God tot verheerliking van Sy Naam. God het vir Hom kinders bymekaar gemaak uit alle volke en nasies, sonder diskriminasie. In ons donkerste tye is Hy met ons en gee vir ons wat ons nodig het om alles te oorkom.

Ons is vanoggend hier bymekaar en ons gaan nagmaal gebruik. Ons herdenk wat Jesus Christus vir ons gedoen het aan die kruis en ons skep moed en kry weer hoop. Ook ons is deur God gekies en is kinders van God. Ons gees getuig saam met die Heilige Gees dat ons kinders van God is en dit gee ons ‘n vaste geloof en oortuiging. Ons dink vandag aan die dooie bene wat in die vallei van ons lewe lê en ons spreek lewe daaroor. Ons profeteer God se lewe oor daardie dooie bene.Ons dink aan verwaarloosde drome en gebroke verhoudings. God sê dat ons ons uitgebrande as vir Hom moet bring en Hy sal dit vervang met heerlikheid; “beauty for ashes”. God kies telkens die onwaarskynlikste, kleurloosste, donkerste, nederigste persoon of situasie en gebruik dit tot Sy verheerliking. Ek neem my gebroke dele na Hom en Hy ruil dit, vir eer aan God.

Ons sit aan by die Vader se tafel.

LEES:

Rom. 8:14-18

Mediteer:

  • Nagmaal is ons herinnering aan dit wat Jesus vir ons afgehandel het aan die kruis, nie net vir ons sonde nie maar ook as ‘n bevestiging dat Hy ons nooit sal alleen los nie, selfs in ons kleurloosste donker plekke waar ons onsself kan bevind.
  • Miskien wil jy net daar waar jy is, aleen of saam met jou huismense, gou die elemente kry om saam nagmaal te gebruik.
  • As jy/julle nou die broodjie breek en die sap drink wil ek hê jy moet daardie kleurlose/donker situasie vir Jesus gee en dit ruil vir Sy uitkoms en vrede.

Bid: 

Dankie Vader vir die ongelooflike werk wat Jesus aan die kruis afgehandel het. Ek glo dat Jesus ook vir my sonde, seer en daaglikse uitdagings gesterf en weer opgestaan het. Ek kom nou op grond van die voorreg wat ek as kind van Vader het, en ek kom gee my situasie nou vir U en vra dat U dit sal hanteer en dat U vir my die uitkoms sal bewerk, in die wonderlike naam van Jesus. Amen.

BONUS: SPREEK LEWE!

Vader kom herstel my lewe se uitsending in swart en wit na ‘n volkleur uitsending in HD.

Aanbidding:

Oase Gemeente – Tafel in die Woestyn (Official Lyric Video)

Dag 2: Jesus fokus op die mens, die wet fokus op die daad.

Die Jode sien ‘n man wat sy bed dra op die Sabbat. Hulle is dadelik ontstig. Hoe kan hy sy bed op die Sabbat dra? Hy mag dit nie doen nie. Hy antwoord hulle en sê vir hulle dat die man wat hom genees het, het vir hom gesê dat hy sy bed moet optel en moet loop. Hy weet nie wie dit was wat hom genees het nie. Hy is net so verskriklik bly dat hy gesond is na 39 jaar se siekte. Hy is so opgewonde en wil vir al sy mense vertel van die wonderwerk wat met hom gebeur het.

Die enigste ding waaroor die Jode egter bekommerd is, is dat die Wet oortree is en dat die Sabbat onteer word. Hulle hoor toe die volgende dag dat dit Jesus was wat die man genees het en vir hom gesê het om sy bed op te neem en te loop op die Sabbat dag.  Jesus het hulle geantwoord dat Sy Vader werk tot nou toe nog en Hy doen dit ook. Hulle wou Jesus laat doodmaak en het gesoek vir ‘n geleentheid om Hom dood te maak. Hulle wou Jesus nie net doodmaak omdat Hy die Sabbat “onteer” het nie, maar ook omdat Hy God sy Vader genoem het en homself gelyk gestel het aan God.

Hulle mis alles. Hulle mis die wonderwerk wat in die siek man se lewe gebeur het en die viering van sy genesing. Hulle mis die geneesheer wat ook die redder is van ons siel. Hulle mis kindskap in verhouding met God. Hulle wil ‘n oordeel uitspreek en ‘n straf toedien. Hulle wil die Wet toepas sonder verhouding met God die Vader. Dit is duidelik dat hulle God se doel met die Sabbat heel gemis het. Die Sabbat het in vervulling gekom in Christus Jesus. Dit is tog duidelik dat Jesus dit hanteer het soos enige ander dag. Tog is daar vandag nog mense wat die Sabbat wil onderhou wat Christene is. Die wortel is wettisisme. Hulle moet mooi kyk hoe Jesus Sabbat hanteer het en hulle hart ondersoek.

Lees:

Joh. 5:1-18

Mediteer:

  • Hoe hanteer jy mense se foute? Fokus jy op die mens en die moontlikheid van herstel in sy/haar lewe of fokus jy op die skande of onvergeefbare daad wat die persoon gepleeg het met veroordeling?
  • Kan jy dalk aan die laaste keer dink waar jy met afsku en veroordeling gereageer het teenoor iets wat iemand gedoen het?
  • As jy nou die storie van die man by die bad van Betesda in ag neem en kyk hoe Jesus reageer teenoor die persoon en ook hoe die Farisiërs Jesus hanteer het, hoe dink jy sal Jesus die persoon hanteer het in jou vorige antwoord?

Bid:

Dankie Vader dat U intens belangstel in my en hoe dit met my gaan in elke deel van my bestaan, dat U hart is om my te herstel en te red en nie om my uit te sorteer vir elke ding wat ek verkeerd doen nie. Vader help my om ook so om te gaan met mense, nie volgens die wet nie ,maar volgens U genade. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Ek is onder die genade van Jesus Christus, nie onder die vloek van die wet nie!

Aanbidding:

Steven Curtis Chapman -Kindness (Official Lyric Video)

Dag 3: Jesus die eersteling van die opstanding

'Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; ' Kol. 1:15

'Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. 'Heb. 1:1-2

Jesus is voor die skepping uit God gebôre. Die hele skepping het deur Jesus Christus tot stand gekom. Hy is later deur die Heilige Gees verwek en het as mens op die aarde kom woon. Hy was gebôre uit die maagd Maria en het die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem. God het Homself deur Sy Seun aan ons kom openbaar op die aarde en tot die mensdom gespreek deur Hom. In Jesus Christus het ons redding ontvang. Jesus het die vyand, dood en sonde oorwin en is uit die dood gebôre deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Ons sien dat Jesus Christus drie keer gebôre is.

Ons word as mense in die natuurlike vlees gebôre en dan met wedergeboorte, kom die Heilige Gees en ons gees word lewendig (gebôre) en die Heilige Gees kom woon in ons gees. Sodoende word ons die tweede keer gebôre in Jesus Christus deur die Heilige Gees. Die kruiswerk van Jesus Christus maak dit vir ons moontlik om deelgenote te word in Jesus Christus, aan alles wat aan Hom behoort.

Jesus Christus is uitermate verhoog en aan Hom is die Naam gegee bo elke naam.

Sy naam is Jesus.

Lees:

Kol. 1:15

Heb. 1:1-2

Kol. 1:18

Fil. 2:9

Mediteer

  • Wie is Jesus vir jou? Aanvaar jy Hom vir wie Hy werklik is, die Een wat voor die skepping reeds daar was; die Een wie die Woord is waardeur Vader alles geskep het; die Een wat as mens gebôre was; die Een wat ook die dood oorwin het en die eersteling is wat uit die dood opgestaan het; die Een wat nou aan die regterhand van Vader sit, aan wie alle mag gegeee is.
  • Kan jy ook getuig dat jy vir ‘n tweede keer gebôre is, nie in die vlees nie, maar in die gees?

 

Bid: 

Vader, dankie vir Jesus! Dankie vir die volheid van U en Jesus en die Heilige Gees. Vader ek smag daarna om U en U seun en die Heilige Gees beter en dieper te leer ken. Kom openbaar U meer en meer aan my.

Bonus: Spreek Lewe!

Jesus is die Woord van Vader, in Sy naam is alle mag en gesag om te heers oor die vyand en die werke van die vyand.

Aanbidding:

Michael W Smith ( ft. Tauren Wells and Matt Redman) – More Love, More Power – Heart of Worship - Forever

In Verwondering – Louis Brits, Retief Burger, Helmut Meijer en Neil Buchner

Dag 4: Ons noem Hom Vader

'Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! ' Rom. 8:14-15

Wat noem ‘n kind sy pappa? Ons lees hier in Romeine dat die Heilige Gees ons lei om God aan te roep as Abba, Vader! Dit beteken: Pappa! Pappa! Jesus Christus verwys telkens na God as Sy Vader. Dit is hoe die Heilige Gees elkeen lei wat gered is en in Christus Jesus ‘n intieme verhouding het met God die Vader. Pappa! Pappa! Dit spreek woorddele oor ons posisie in Christus Jesus by God die Vader. In Jesus Christus is ons volkome kinders van God en elkeen is in eie reg, waarlik kind van God. Dit spreek van ‘n baie spesiale en unieke verhouding.

Jesus leer ook Sy dissipels om te bid in Matteus. Let op hoe die baie bekende gebed, Die Onse Vader, begin: Ons Vader wat in die Hemel is, laat U Naam geheilig word. Laat U koninkryk kom…….

Jesus Christus het van die begin van sy bediening op aarde gepraat van God as sy Vader en dit is ook hoe Hy sy dissipels en volgelinge geleer het. Die Here waarsku ook dat daar baie vals leering sal wees en dat ons moet vashou aan dit wat Hy vir ons geleer het en wat die Heilige Gees ons lei om te doen. Die Heilige Gees is die Gees van Waarheid. As Jesus ons dan leer om na God te verwys as Vader en die Heilige Gees laat ons uitroep: ‘Pappa! Pappa!’, moet dit ‘n vals leering wees dat ons net sekere name vir God die Vader mag gebruik, soos Adonai.

Ons noem Hom Vader en dit is Hy vir ons wat in Christus Jesus is.

Lees:

Rom. 8:14-15

Matt. 6:9-10

Mediteer:

  • Wat is die leering wat jy ontvang het rondom die naam van God?
  • Is dit inlyn met wat Jesus Christus en die Heilige Gees ons leer?
  • Kan jy vir God die Vader aanroep as “Pappa!”, of is daar goed wat keer dat jy met oorgawe jou hemelse Vader kan Pappa noem?
  • Getuig jou gees saam met die Heilige Gees dat jy kind van God is?
  • Die Heilige Gees sal jou lei om Hom Pappa en Vader te noem. Indien U sukkel is daar iets wat keer dat jy na die Heilige Gees se stem luister. Bid tot God saam met gelowiges dat die waarheid aan jou geopenbaar sal word en dat dit jou deel sal wees.

 

Bid:

'Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. ' Matt. 6:9-15

Bonus: Spreek Lewe

Abba! Vader! U is my Pappa.

Aanbidding:

Run to the Father – Cody Canes (Official Lyric Video)

Dag 5: Yeshua of Jesus

Die Griekse heerser, Alexander die Grote, het die hele bekende wêreld onder sy heerskappy gebring voordat hy gesterf het in 323 BC. Die wêreld taal was Grieks in die tyd toe Jesus Christus geleef het en die Nuwe Testament van die Bybel, soos wat ons dit ken, was in Grieks geskryf. Die doel daarvan was dat soveel as moontlik mense dit kon verstaan en dat die Evangelie van Jesus Christus na alle mense oorgedra kon word.

Dit is hoogs onwaarskynlik dat Jesus se naam eindlik Yeshua moet wees wat ‘n Hebreeuse naam is. Nêrens in die Nuwe Testament word die naam Yeshua gebruik vir Jesus nie. In die Ou Testament was die naam Yeshua twee keer gebruik en dit was vir mense uit die stam Levi. Dit is ‘n Levitiese naam en nie ‘n Joodse naam nie. (Neh. 10:9 en 1 Kron. 5:11)

Messias is die naam wat in die Ou en die Nuwe Testament gebruik word. Matt. 1:23 word na Jesus verwys as Emmanuel.

Wanneer ons byvoorbeeld kyk na die name wat vir Satan gebruik word in die Nuwe Testament, is dit ook alles Hebreeuse name en nie Griekse name nie. Alhoewel die teks dus in Grieks geskryf was, het hulle die bekende Hebreeuse name vir die Satan gebruik. Hier is vyf name: Satan; Mammon (Matt. 5:64); Belzebel (God van vlieë); Belial (Niksnut – 2 Kor.2:15) en Apollyon (Vernietiger). As Jesus dan eindlik Yeshua was sou hulle dan nie ook in die geskrifte na Jesus verwys het as Yeshua nie? Hoekom sou hulle vir Satan die Hebreeuse name gebruik, maar nie vir Jesus nie?

Die aanspraaak dat Jesus aangespreek moet word as Yeshua, is heeltemal ongegrond en veroorsaak baie onnodige verwarring.

Sy Naam is Jesus.

Lees:      

Neh. 10:9

1 Kron. 5:11

Matt. 1:23

2 Kor. 2:15

Mediteer:

  • Het iemand of ‘n “You Tube” video jou al gekonfronteer en jou probeer oortuig dat ons Jesus eintlik Yeshua moet noem en dat ons nie tot die regte Jesus bid as ons die naam Jesus gebruik nie?
  • Was jy dalk onder die indruk dat Vader ons beter sal hoor en dat ons gebede meer effektief beantwoord sal word as ons Vader “Yahweh” noem en Jesus “Yeshua”?
  • Kon jy dit al reg kry om die almagtige God wat hemel en aaede geskape het “Vader” te noem?

Bid:

Dankie Vader dat ek U Vader kan noem omdat ek U kind is. Dankie Vader dat U en U seun in my taal se name vir U kan aanspreek. Vader maak my los van “add on’s” en help my om deur U Gees in ‘n intieme verhouding met U as my Vader te kan staan.

Bonus: Spreek Lewe!

In die naam van Jesus is alle mag en gesag, die naam wat U self U Seun gegee het.

Aanbidding:

I Speak Jesus – Josh Baldwin