GEESTELIKE GROEI
Neville Goodchild
Hoe versterk ek my geloof selfs in moeilike omstandighede?
Dag 1: My posisie
Ons kan maklik krities word en onsself disposisioneer wanneer ons na ander mense kyk, omdat hulle ook maar net mense is, nie hulle volle potensiaal uitleef nie, of nie is waar hulle moet wees nie.
Wat ons onsself dan moet afvra, is of ons nog in die geloof is. Wat glo ons oor dit waarmee God besig is en waar Hy betrokke is? Die Woord sê dat ons introspeksie moet doen en onsself moet toets.
As ons dink God is nie besig om daar te werk nie, dan is dit eintlik ‘n aanklag teen God.
Eerder as om krities te wees, wil ons as gelowiges ons altyd by God aansluit. Net omdat ons iets nie sien of hoor of beleef nie, beteken dit nie dat God nie besig is nie. Ons kan ons posisioneer om te kies om te glo dat God besig is om te werk.
In die boek Experiencing God (Claude V. King and Henry T. Blackaby) is daar drie belangrike beginsels:
- God werk die hele tyd
- God werk naby aan jou
- God bly besig al kyk ons nie meer nie
Daarom belyn ek myself met God se waarheid. God werk altyd en ek glo dit, al sien of voel ek dit nie.
Dan posisioneer ek myself op ‘n plek waar Geestelike groei kan plaasvind!
Lees:
Mediteer:
- Is ek besig om Geestelik te groei of staan ek stil?
- Hoe kan ek my Geestelike groei meet?
- Waarop moet ek fokus en wat is die moeite werd om in te investeer, sodat ek Geestelik kan groei?
Bid:
Here, help my om hierdie week introspeksie te doen en deur U Gees openbaring te kry van waar ek stagneer of deurbraak nodig het. Kom leer my Here, sodat ek Geestelik kan groei. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ek glo dat God besig is in my en om my, en ek posisioneer myself vir Geestelike groei!
Aanbidding:
Dag 2: Kind of Seun?
Dit is belangrik dat ons nie aan goed moet deelneem, tyd spandeer, of oor droom wat nie meetbaar is nie, of nie bepaal kan word nie. Volgens Henry T. Blackaby is mense apaties in hul Geestelike reis omdat hul nie weet wat om te meet nie.
Watter maatstaf kan ons dan gebruik en wat meet ons in ons Geestelike groei?
In Rom. 8:15 lees ons dat ons aangeneem is as kinders van God en daarom noem ons Hom Abba.
Daar is ‘n tyd vir kindwees in God se Koninkryk. Dit is ‘n baie belangrike tyd. Ons is aangeneem tot kindskap en dit is ‘n tydperk waarin alles oor myself gaan. My groei, my seisoen, my krisis. ‘n Kind bly egter minderjarig en onder toesig. Daarom breek die tyd aan wat God begeer dat ons sy seuns en dogters sal wees.
Wat is die verskil tussen ‘n kind en ‘n seun/dogter?
Now what I mean [when I talk about children and their guardians] is this: as long as the heir is a child, he does not differ at all from a slave even though he is the [future owner and] master of all [the estate]; but he is under [the authority of] guardians and household administrators or managers until the date set by his father [when he is of legal age]. So also we [whether Jews or Gentiles], when we were children (spiritually immature), were kept like slaves under the elementary [man-made religious or philosophical] teachings of the world. But when [in God’s plan] the proper time had fully come, God sent His Son, born of a woman, born under the [regulations of the] Law, so that He might redeem and liberate those who were under the Law, that we [who believe] might be adopted as sons [as God’s children with all rights as fully grown members of a family]. [Rom 11:17-24] And because you [really] are [His] sons, God has sent the Spirit of His Son into our hearts, crying out, “Abba! Father!” Therefore, you are no longer a slave (bond-servant), but a son; and if a son, then also an heir through [the gracious act of] God [through Christ] (Gal.4:1-7).
Volgens Gal.4:1-7 is dit die seuns wat erf by hul Vader. ‘n Seun neem verantwoordelikheid vir sy pa se eiendom. God nooi ons na ‘n plek van verantwoordelikheid vir ander se lewens. Hy begeer dat Sy kinders volwasse sal word; dat ons ons geloof só kanaliseer dat ander mense om ons ook Geestelik sal begin groei.
Dit is ‘n merker. Gebeure kan veroorsaak dat ek nodig het om eers na myself te kyk, maar dit moet nie die status quo bly nie. Volwassenheid beteken dat ek begin fokus op ander om my se Geestelike groei.
Lees:
Mediteer:
- Wat is die verskil tussen ‘n kind en ‘n seun?
- Wat is die verskil tussen kind-wees en seun-wees in God se Koninkryk?
- Groei ek Geestelik? Waar is ek tans?
- Ondersoek jouself om te sien of jy nog in die geloof is (2 Kor.13:5).
- Wat benodig ek om Geestelik te groei?
- Hoé kan ek my Geestelike groei meet?
Bid:
Vader dankie dat U my aangeneem het as U kind en my wil sien Geestelik groei sodat ek as seun/dogter in hierdie wêreld kan leef en verantwoordelikheid neem, nie net vir my eie geestelike groei nie, maar ook om vir ander om my te sorg.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek begin tekens sien in my lewe, ‘n oes van ander om my wat gelowig word en groei omdat ek verantwoordelikheid vir hulle neem. Dit is die Geestelike groei wat God inbring.
Aanbidding:
Dag 3: My ingesteldheid
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie — nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente” (Hab.3:17-19).
Hierdie lied dui op ’n verklaring wat oor en oor gemaak word. Dat dit my posisie en ingesteldheid sál wees, wanneer daar in die toekoms uitdagings is, dinge wat nie uitwerk nie. Dit is nie ’n plek van hopeloosheid nie, maar ’n plek waar die profeet homself gaan plaas.
Hy sê daarmee saam dat die Here Here sy sterkte is. Hy lê klem op die Almagtige God, die waaragtige Here, want Hy weet dat God goed bly en is. Hy verklaar die permanente toestand van sy hart ongeag veranderende omstandighede.
Wanneer ons hierdie posisie inneem dan is ons Geestelike groei konstant, omdat hierdie beginsel vasgemaak is in ons Gees. Dit is en bly ons vertrekpunt. Nogtans sal ek bly wees in my God, want Hý is my God!
Lees:
Mediteer:
- Wat is my posisie en ingesteldheid vir toekomstige probleme?
- Wat van my huidige uitdagings?
- Kan ek God aanbid, ongeag my omstandighede?
Bid:
Here U is my God, al is daar dinge wat nie uitwerk soos wat ek dink dit moet nie. U is goed, U is waardig en U is God. My hart behoort aan U. Dankie vir U guns en liefde en dat U altyd besig is, al sien ek dit nie. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ek jubel en juig in my Here!
Aanbidding:
You are My God – Highlands Worship
Dag 4: Hoë risiko
Hierdie gedeelte uit Habakuk 3 is vir sommige van ons ‘n ou bekende. Ons het groot geword met hierdie lied, en ons het al foto’s gesien van hierdie wonderlike vlugvoetige bokke op die hoë rantjies. Ons het eintlik ‘n romantiese idee oor hierdie stuk.
Hierdie herte se realiteite is egter nie so wonderlik nie. Hulle spandeer die dag op die hoë kranse waar daar skaarste is, roofdiere op hulle spoor, en ‘n afgrond, wat tot hulle dood lei as hulle nie genoeg stamina het nie, of verkeerd trap. In die middernag, moet hulle teen ‘n geweldige spoed afkom om vinnig in die vallei te wei, en dan weer terug op teen die hoë kranse. Hierdie plekke waar hulle beweeg bly hoë risiko. Dit is nie gemaklik om in hierdie hoë plekke te leef nie.
Maar, dit is in hierdie hoë plekke wat God vir die hert die voete gee om dit te maak. Dit is ‘n geleentheid om juis in hierdie tye nooit op te hou loop nie.
“The Lord God is my Strength, my personal bravery, and my invincible army; He makes my feet like hinds' feet and will make me to walk [not to stand still in terror, but to walk] and make [spiritual] progress upon my high places [of trouble, suffering, or responsibility]!” (Hab.3:19 AMPC).
Dit is dus belangrik om te verstaan hoe God werk, en om jouself daar te posisioneer, God te vertrou, sodat daar vooruitgang kan wees in jou lewe.
Lees:
Mediteer:
- As ek op hierdie hoë plekke groei, dan sal dit oor ander mense gaan. As ek op hierdie hoë plekke nie groei nie, sal dit aanhou om net oor myself te gaan.
- Is dit my tema? Staan ek stil of gaan ek vorentoe?
- Kan ek op ‘n plek kom om te vertrou dat Hy getrou is om die werk wat Hy in my én in ander begin het, klaar te maak?
Bid:
Vader, ek vertrou dat U getrou is om die werk wat U in my lewe begin het, klaar te maak tot die einde. Ek posisioneer myself ook nou om te glo dat U die werk wat U in die mense óm my begin het, ook sal klaar maak tot die einde. Dankie dat uitdagende seisoene uitstekend is vir my Geestelike groei en dat U vir my gee wat ek nodig het op die plekke van hoë risiko. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
God gee vir my wat ek nodig het om op hoë plek vorentoe te beweeg, Geestelik te groei, en ook ander te sien groei in Hom!
Aanbidding:
Oceans (Where Feet May Fail) - Hillsong
Dag 5: Geestelike onderskeid
Dit is baie belangrik om in kennis van die Woord te groei. As ons dit nie doen nie, bly ons die heeltyd op die melkkos waar ons wil hoor dat die Here lief is vir ons. Dit ís baie belangrik, maar hierdie boodskap is deel van die eerste beginsels. Die eerste beginsels is dat God lief is vir jou en dat Hy deur Jesus Christus jou sonde vergewe het. Hierdie is die basiese dinge wat nodig is om vasgelê te word.
Dit is egter ook nodig dat ons Geestelik verder groei en oorgaan na vaste spys. My Geestelike groei begin wanneer ek onderskeid kan tref:
“Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei” (Heb.5:14).
Dit is wanneer ek onderskeid begin tref tussen dit wat reg en verkeerd is. Dat ek kan onderskei dat alles wat verkeerd is nie net kwaad of boos is nie. Dit is nie in die trouble, suffering and responsibility wat ek Geestelik groei nie. Dit is wel sleg. Dit is nie God wat my straf nie. Hy is nie besig om my uit te sorteer nie. Hy is ín hierdie chaos. Hy is aan my kant!
Dit beteken dat ek verder kan kyk as om net my moeilikheid raak te sien en te soek na ’n rede of ‘n antwoord. Dat ek te midde van moeilike, hoë plekke vorentoe kan beweeg en die vermoë kry om hierdie plekke te navigeer, en om alles wat gebeur te gebruik om Geestelik te groei. Dit is om in geloof te groei, want dit is deur te wandel in geregtigheid te midde van die storms, dat ons geloof sigbaar word!
Lees:
Mediteer:
- Waar begin ek kyk of ek Geestelike groei?
- Wanneer ek geloof kortkom in tye van moeilikheid, kan ek God vra vir meer geloof.
Bid:
Vader, U gee vir my die vermoë om in moeilike omstandighede op hoë plekke te navigeer en vorentoe te loop. U help my om te onderskei dat alles nie kwaad is nie, dat ek aan U behoort en dat U betrokke is en daarom is U aan my kant. Ek kan loop en weet dat U vir my ‘n pad maak en daarom kan ek in geloof wandel en ook óm my kyk, sodat ander ook tot geloof sal kom. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ek loof Hom in die middel van my storms. Hy is my krag en sterkte!
Aanbidding: