Go Deep 19 Oktober 2025

Fokus op Familie

Neville Goodchild

Dis waaroor dit gaan

 

 

Dag 1: Ek praat Jesus

Daar is ʼn baie bekende moderne lied byname “I speak Jesus”. Dit lirieke is pragtig, amper asof Dawid self dit komponeer het. Ons sing dit vanoggend en ek kyk rond. So drie rye van voor af in die middel staan ʼn donkerkopseun in ʼn ligblou langmouhemp en sing, hand in die lug. Sy ouers werk nog buite, hulle is voorstoepgroeters wat almal verwelkom, so belangrik vir nuwe mense, maar ook ons wat al gesout is. Dis mos lekker as iemand jou groet, raaksien, liefhet.

ʼn Studentedame staan met altwee hande uitgestrek en sing, smagtend na Jesus, in aanbidding. Hier links van my staan ʼn middeljarige man in ʼn kort broek wat so aangedaan is dat trane oor sy wange loop.

Almal praat Jesus, Ons praat Jesus, maar wanneer ons aanbid, praat ons ook met Hom, aanbid Hom en vra Hom in ons lewens in te tree.

In Jer. 29:11 sê die Here dat Hy weet wat sy planne/ideale vir ons is. Dit is liefdesplanne, nie wysvingervoorskrifte nie. Ons is deel van Sy familie en as Vader koester Hy ideale vir ons. Liefde.

Liefde is ʼn verhoudingskonsep, ons Vader is ʼn Verhoudingsgod. In verhoudings wat werk, is daar eers liefde en vergifnis, dan waarheid. Neville het vanoggend vir Charlie Kirk aangehaal, nie omdat hy noodwendig ʼn aanhanger was nie, maar omdat die man iets gesê het wat sin maak:

 

Get married

Have children

Build a legacy

Pass down your values

Pursue the eternal

Seek true joy.

 

Twee belangrike punte staan uit in bostaande verwysing. Die vyand sal ons aanval in al bostaande punte/temas. Hy weet as hy ons verwoes in selfs een, doen hy skade aan die Koninkryk.

God skep bostaande as geleenthede om Hom te ontmoet. Hy soek ons uit, Hy wil ons help om suksesvol te wees en families, naby vriendskappe is Sy beginpunt.

Kom ons praat Jesus. Meer en meer.

 

LEES:

Jer. 29:11 (the Voice)

Mediteer

Is jy op ʼn plek waar jy pure opwinding en liefde soek?

 Bid:

Here, ons streef U na. Ons wil meer leer en meer weet van U, ons wil leer hoe om U krag in ons lewens te “inject”, om U inspirasie te hoor deur U Gees, en te doen wat ons lei op ʼn pad waar ons werklik “joy” in ons verhouding met U te ervaar. Amen.

Spreek Lewe!

Ek het meer as net ʼn sekuriteitsmaatskappy aan my kant, God gee en gee en gee en beskerm en beskerm en beskerm.

Aanbidding:

Come Jesus, come Cece Winans

Dag 2: Resultaatgedrewe Verhoudings

In Joh. 13:34 sê Jesus (NLV):” I give you a new Law. You are to love each other. You must love each other as I have loved you.”

As I have loved you ...

Een van die struikelblokke in ons verhoudings met ander mense, spesifiek ook ons nabye familie, is dat ons altyd reg wil wees. Ons sit waarheid voor vergifnis en dis nie wat Jesus gedoen het nie. Dis nie die voorbeeld nie. Ons sien gereeld in sosiale media hoe mense mekaar afskryf (cancel) en sommer baie driftig is daaroor omdat hulle “reg is”. God werk nie so met ons nie.

Die teks in Joh. 13 is die maatstaf waarmee ons moet meet. Ons het nie die reg om mense af te skryf nie, God het ons nie afgeskryf nie en Hy het ons Sy kinders gemaak.

Johannes verduidelik alreeds in die eerste hoofstuk hoe God se liefde verstaan moet word.

Joh. 1:12:” Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;”

Die doel van God se liefde is nie net om mense te vergewe nie, dit is om hulle status fundamenteel te verander. Sy doel is om elke kind terug te bring in ʼn volmaakte verhouding van kindskap. Hy het ons lief en soek gereeld openinge om ons verhouding met Hom te verbeter tot ons voordeel.

Die resultaat van hierdie Goddelike liefde is die feit dat ons nou ʼn nuwe geboortereg ontvang het, naamlik kinders van God.

Net soos God se liefde ons bestemming verander, moet ons liefde vir ons naaste gerig wees op hulle herstel en geestelike groei, nie op straf of verwerping nie.  Ons ware identiteit is dat ons kinders van God is. Hierdie liefde wat Hy vir ons gegee het, gee ons ook die mag om ander in dieselfde lig te sien ook in daardie lig te sien en te behandel – as mense wat óf reeds kinders van God is, óf die geleentheid het om dit te word.

 

LEES:

Joh. 1:1-13

Mediteer

Is daar iemand in jou dampkring wat jy dalk anders moet benader?

 Bid:

Hemelse Vader, dankie dat U Liefde nie sonder doel is nie, maar ʼn eindresultaat ten doel het om ons as U kinders te vestig. Help ons om ons verhoudings met hierdie selfde liefde te benader. In die naam van Jesus, amen.

Spreek Lewe!

Ek het die geleentheid om verhoudings in liefde te herstel. Ek gaan nie daarop uit mis nie.

Aanbidding:

I believe – Phil Wickham

Dag 3: En toe kom Jesus

In Joh. 1:4 staan:” En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.” Die genade en waarheid word weer beklemtoon in vers 17:” Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.”

In die Ou Testament was die Wet. Die Jode het mekaar geoordeel volgens die Wet en sommer nog ʼn klomp reëls bygesit. Dit moes verskriklik moeilik wees om onder die Wet te leef in daardie tye.

En toe kom Jesus ...

Hy bring genade en waarheid. In The Message vertaling wat vandag se leesstuk is, is dit vertaal as “Generous inside and out, true from start to finish”. Dit verduidelik so mooi hoe Jesus ons lief het. Vrygewig met vergifnis, altyd eerlik.

Waarheid op sigself is nie ʼn geïsoleerde konsep in die Nuwe Testament nie. As die waarhede in ons eie lewens op hul eie moet ontbloot word in die openbaar sal dit ons verwoes. Die foute wat ons maak en gemaak het, is waar, dis waarheid, ons kan dit nie ontsnap nie. Waarheid op sy eie sal altyd mense veroordeel.

In Johannes 8 word die vrou wat owerspel gepleeg het by die tempel ingebring. Die Fariseërs wil haar stenig vir haar sonde (waarheid), maar hulle wil ook vir Jesus toets of uitvang. Jesus sê vir hulle dat die een wat sonder sonde is die eerste klip moet gooi en natuurlik is nie een van hulle nie. Kan jy dink hoe hulle druipstert uit die tempel sluip en vir Jesus alleen laat met die vrou? Wat doen Jesus? Hy kyk nie na haar sonde nie, Hy vergewe dit. Dan eers gee Hy vir haar die waarheid. Moet dit nie weer doen nie.

Jesus stel altyd vergifnis bo oordeel. Sy uitnodiging het hoër ideale as die wêreld. Ons wil mense verneder of verwoes as hulle ons seermaak, maar Jesus dink anders daaroor. Dit is die ideaal. Ons moet meer en meer Jesus se manier van dink probeer toepas in ons verhoudings. Natuurlik gaan ons foute maak, ons is nie Jesus nie, maar ons kan leer en bid vir die genade om self genadig te wees.

 

LEES:

Joh. 1:14-17

Mediteer

Wie in jou lewe kort ʼn bietjie genade van jou af? Is jy “generous” met jou vergifnis?

 Bid:

Vader God, ons is so dankbaar vir Jesus wat gekom het om oordeel te vervang met lewensgewende genade. Dankie dat ons nie volgens ons eie waarheid geoordeel sal word nie, dankie vir die vergifnis en genade. Leer ons om dieselfde met die mense rondom ons om te gaan. Ons weet dat ons U liefde nie kan ewenaar nie, maar help ons om elke dag daarvoor te streef. In Jesus naam. Amen.

Spreek Lewe!

Ek leef in genade en nie in my waarhede nie.

Aanbidding:

Forgiven – Crowder

Dag 4: Hoe wys ek my Respek vir die Here?

Soms kan ʼn kort teksvers uit die Woord ʼn mens sommer net laat stil staan en sê:”Wow”.

Ef. 5:21 (Living Bible):”  Honor Christ by submitting to each other.”

Bostaande los sommer dadelik al ons verhoudingsprobleme op as ons dit net ter harte kan neem. Dit spreek na eerbied vir mekaar; ʼn ingesteldheid van dienswerk. Dit beteken ons lewer eerder ʼn positiewe bydrae as om foute uit te wys. Om ander te dien, beteken nie dat ons nie grense het of stel nie, ons dien met respek binne die grense van liefde en geregtigheid.

Dit beteken ook dat ons bid vir ander mense, veral dié wat die wêreld vir ons warm maak. Wanneer ons vir iemand bid, sal ons die wysheid kry oor hoe om uit te reik op die regte manier. Sodoende bring ons God na die situasie toe. Ons weet dat God deure oopmaak wat voorheen toe was.

In konfliksituasies is dit so maklik om die eerste klip te gooi, om ons eie standpunt en dit wat ons glo die waarheid is te verdedig met feite. Dit is nie wat Jesus gedoen het nie en dit is nie hoe ons respek vir Hom wys nie. Die hele gedagte van Efesiërs 5 is om God te volg soos ʼn kind sy pa naboots. Dit is ook vandag se leesstuk.

Wanneer ons iemand met respek hanteer en ʼn besluit neem om nie foute uit te wys nie, maar eerder terug te staan en die hand van vrede uit te steek, bied ons geleenthede vir genesing en selfs bekering indien die ander persoon nie gelowig is nie. Dis ʼn kans om ʼn effektiewe bydrae in die Koninkryk te maak.

Vandag se aanbiddingslied sluit pragtig aan by die boodskap. Die lirieke is onderaan as jy wil saamsing.

 

LEES:

Ef. 5

Mediteer

Kan ek vandag bid vir iemand wat in konflik met my is?

 Bid:

Vader God, dankie dat U nie meet soos ons meet nie. Dankie dat ons kan bid vir mense wat ons soms te na kom of seermaak. Dankie dat ons kan weet dat ons kan vertrou op U om moeilike situasies reg te stel. Dankie dat U ons lei deur die Heilige Gees. Here, ons wil U voorbeeld op alle vlakke van ons lewens volg, help ons daarmee. Gee ons die wysheid wanneer die woorde klap in konflik. Dankie vir U genade.

Ons spreek lewe in ons moeilike verhoudings en ons roep U om direk in te tree en ons te lei om dit reg te hanteer. In Jesus naam. Amen.

Spreek Lewe!

Ek het ʼn Pa se voorbeeld om na te volg.

Aanbidding:

Forgiveness – Matthew West

Lirieke:

It's the hardest thing to give away
And the last thing on your mind today
It always goes to those that don't deserve

It's the opposite of how you feel
When the pain they caused is just to real
It takes everything you have just to say the word...

Forgiveness
Forgiveness

It flies in the face of all your pride
It moves away the mad inside
It's always anger's own worst enemy
Even when the jury and the judge
Say you gotta right to hold a grudge
It's the whisper in your ear saying "Set It Free"

Forgiveness
Forgiveness
Forgiveness
Forgiveness

Show me how to love the unlovable
Show me how to reach the unreachable
Help me now to do the impossible

Forgiveness, Forgiveness

Help me now to do the impossible
Forgiveness

It'll clear the bitterness away
It can even set a prisoner free
There is no end to what it's power can do
So, let it go and be amazed
By what you see through eyes of grace
The prisoner that it really frees is you

Forgiveness
Forgiveness
Forgiveness
Forgiveness

Show me how to love the unlovable
Show me how to reach the unreachable
Help me now to do the impossible
Forgiveness

I want to finally set it free
So show me how to see what Your mercy sees
Help me now to give what You gave to me
Forgiveness
Forgiveness
Forgiveness
Forgiveness

Dag 5: Vredemakers is Koninkrykbouers 

Ek kan nie deal met hierdie nonsens nie. Het iemand jou al so kwaad gemaak dat jy voel dat dit voel of jy die persoon met die vuis kan slaan omdat hulle nie sien wat jy sien nie? Die persoon wil net nie hoor nie. Hy of sy se idee van waarheid is so verwronge dat dit jou teen die mure uitdryf. Kan hulle dan nie verstaan nie?

Dink jouself in as die Here op hierdie manier met ons moes deal. As Sy hart soos ons sʼn was, was ons almal in groot moeilikheid. Maar Sy hart is vol liefde, vol vergifnis. Vredemaker.

Paulus het groot insig in terme van God se liefde vir ons. Hy wil ons leer oor vrede. Dit staan in Rom.12:17-19 (NIV):” Do not repay anyone evil for evil. Be careful to do what is right in the eyes of everyone.  If it is possible, as far as it depends on you, live at peace with everyone. Do not take revenge, my dear friends, but leave room for God’s wrath, for it is written: “It is mine to avenge; I will repay,” says the Lord.”

Die teks is duidelik dat ons moet probeer om reg op te tree teenoor ander en voor ander. Dat wraak nie vir ons is nie. Ons moet die Vader in ons omstandighede in roep deur gebed in die wete dat Hy dit sal uitsorteer.

Is daar ʼn verhouding wat ons nóú kan probeer reg stel? Ons moet nie uit mis op geleenthede vir vrede nie, veral in ons families.

Kom ons maak vrede,

Sodat ons nie uit mis op die híér en nóú nie

Want dit is waar God werk.

Kom ons maak vrede sodat ons nie uit mis op ons huwelik nie,

Dis die kern van ons vervulling.

Moenie jou kinders se grootword jare mis nie.

Aandete is belangrik, dis waar families saam sit.

Moenie wêreldse goed in plaas van familie-ervarings mis nie.

Moenie mis om te vergewe nie,

As die tyd verby is, is dit verby.

Moet jouself nie met ander vergelyk nie.

Moenie boekhou van die kwaad nie.

Hulp kom in vreemde formate,

Moet die nie weg wys nie.

Elke geleentheid is ʼn kans vir versoening.

Moenie die mense wat na jou opkyk miskyk nie,

Hulle doen wat jy doen.

 

LEES:

Rom. 12

Mediteer

Waarop mis ek uit op hierdie oomblik en wat moet ek doen om dit te herstel?

 Bid:

Vader, help my om raak te sien waarop ek tans uit mis, help my om elke geleentheid daarvoor te gebruik. My familie het U nodig, maar my familie het vir my nodig om as voorbeeld op te tree. Help my om dit te doen in U naam. Amen. 

Spreek Lewe!

Ek gaan op niks meer uit mis nie, die Gees gaan my lei.

Aanbidding:

Whatever Your plan isJosie Buchanan