Go Deep 18 Februarie 2024

FINDING PURPOSE

Neville Goodchild

Dek die tafel vir die kinders van God

Dag 1: Die wêreld en die vyand het ‘n agenda

Mal. 2:15 (Msg.) “God, not you, made marriage. His Spirit inhabits even the smallest detail of marriage. And what does He want from marriage? Children of God, that’s what.”

God het ‘n perfekte plan en doel met elkeen van ons en met ons lewens, wat Hy beplan het voor die grondlegging van die aarde en Hy is besig met die proses. Hy is besig om ‘n goddelike geslag vir Hom voor te berei. Hy het ons in ons moederskoot aanmekaar geweef volgens ons unieke bloudruk. Ons DNA is godgegewe.

Daar is ‘n spesifieke rol wat ‘n man en ‘n vrou moet speel in die ontwikkeling van ‘n kind se fisiese en emosionele ontwikkeling. Die man het ‘n belangrike rol om die kind se identiteit te bevestig, sodat die kind kan weet wie hy of sy is. Die vrou het nodig om emosionele sekuriteit te gee, sodat die kind emosioneel volkome en heel kan wees.

Die vaslegging van die kind se emosionele sekuriteit en identiteit is belangrik vir die kind om God te kies, in verhouding met Hom te kan staan en om lief te wees vir God.

God het ons reeds gekies en van die begin af is daar geen twyfel aan Sy volmaakte liefde en uitverkiesing van elkeen van ons nie. Ons moet egter blootgestel word aan God en dan moet ons ‘n keuse maak om in verhouding met God te leef en vir God lief te wees. Geen verhouding kan bestaan waar twee partye nie besluit het om met mekaar in verhouding te staan nie. God se gedeelte is afgehandel, dit is net ons as mens wat moet besluit of ons hierdie wonderlike liefdesverhouding gaan betree.

Die wêreld en die vyand het ‘n ander agenda. Alles in die wêreld is so saamgestel om dit so moeilik as moontlik vir mense te maak om God aan te neem en te glo in God se liefde en plan vir ons lewe.

In so baie gevalle is die man of die vrou nie betrokke by die kind se grootword proses nie en in party gevalle is nie een van hulle teenwoordig nie. In party gevalle is die man en vrou teenwoordig, maar so gebroke dat identiteit en emosionele sekuriteit in elk geval nie vasgelê is nie. In die eerste plek veroorsaak dit dat dit vir die kind moeilik is om aansluiting by God te vind. In die twede plek het die kind in baie gevalle nie ‘n verwysing of voorbeeld van wat dit beteken om God te kies en om ‘n liefdesverhouding met God te hê nie. Kinders draai dan, in hulle soeke na identiteit na die wêreld en sosiale media, politiek korrekte gedrag en die voorbeeld van die gebroke wêreld. ‘n Ongesonde seksuele inklinasie ontspoor kinders, want hulle kan nie in hulle godgegewe doel inbeweeg nie en hulle bly onseker oor hulle identiteit.

In die geval waar ons nie ons kinders se seksualiteit bevestig en met goddelike wysheid bestuur nie, staan die wêreld gereed met ‘n agenda. Die vyand weet dat onsekerheid oor seksualiteit, kinders onseker maak oor hulle identiteit en dan sal hulle nooit voluit in God se doel en plan vir hulle lewe kan funksioneer nie. Die wêreld sê eenvoudig: “Probeer alles en doen dan wat vir jou reg voel.”

LEES:

Mal. 2:15

Mediteer:

  • Dink terug aan jou eie lewens storie. Dink terug aan jou en jou pa se verhouding en sy betrokkenheid in jou lewe.
  • Kan jy die effek van pa se teenwoordigheid of afwesigheid identifiseer in jou eie lewe?
  • Dink bietjie oor die agenda van die vyand met betrekking tot seksuele verwarring in die wêreld. Kan jy dit raak sien en miskien identifiseer in mense naby jou?
  • Praat met Vader om jou wysheid te gee met jou eie kinders as jy kinders het.
  • Vra Vader ook om enige leemtes by jouself te kom vul, om sy perfekte liefde te beleef. 

Bid:

Vader, dankie vir aardse pa’s wat ons identiteit van geliefde kinders kom vestig. Vader wil u ook kom instaan waar pa’s nie ‘n perfekte werk kon doen nie. Vader gee ons ook die wysheid om met gebroke mense te werk wat in diep verwarring leef agv diep wonde wat ons identiteit verdraai.

Spreek Lewe!

My identiteit word perfek herstel in my intieme verhouding met Vader en Jesus Christus. Christus in my verwyder elke vorm van verwarring.

Aanbidding:

Nobody – Casting Crowns (Official Video) – ft Matthew West

Dag 2: Wanneer God se Gees ons gees aanraak

Rom. 8:15-17 and 29-30 (Msg.) “This resurrection life you received from God is not a timid, grave-tending life. It’s adventurously expectant, greeting God with a childlike ‘What’s next Papa?’ God’s Spirit touches our spirit and confirms who we really are. We know who He is and we know who we are: Father and children. And we know we are going to get what is coming to us – an unbelievable inheritance! We go through exactly what Christ goes through. If we go through the hard times with him, then we’re certainly going to go through the good times with him!”

29-30 “God knew what He was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him. After God made the decision of what his children should be like, he followed it up by calling people by name, he set them on a solid basis with himself. And then, after getting them established, he stayed with them to the end, gloriously completing what he had begun.

  • Die eerste stap is redding. Ons ontvang redding wanneer ons Jesus Christus ontvang as ons Redder en Saligmaker. Dan ontvang ons die Heilige Gees en wedergeboorte. Hoe wonderlik is dit nie dat wanneer God se Gees aan ons gees raak, ontvang ons onmiddelik die openbaring dat ons kinders van God is. Onmiddelik raak God, wat moontlik nog altyd vir ons ver en onbereikbaar gevoel het, ons Pappa. ‘n Liefdevolle verhouding ontstaan soos ons deur die Heilige Gees se openbaring van God, al hoe meer Sy beeld en gelykenis word in Christus Jesus.
  • God roep ons op ons naam. Die naam waarmee God ons roep is direk gekoppel aan die roeping op ons lewe. Dit laat ‘n lig skyn op wie ons op aarde is in Christus Jesus en die rol wat ons in die Koningkryk van God vervul.
  • In Christus Jesus skep God vir ons ‘n soliede basis waarop ons standvastig en seker kan staan: Ons geregtigheid in Jesus ons Verlosser.
  • God bly by ons tot in ewigheid. Sy plan met ons en verhouding met ons het nie ‘n vervaldatum nie : “he stayed with them to the end,”.
  • Waar God is, is daar glorie. Waar God betrokke is en teenwoordigheid is, voeg Hy altyd glorie by dit wat reeds daar is. God is verheerlik bo alles en daar waar God betrokke is groei Sy glorie. Alles is tot verheerliking van God. God het heerlikheid by Sy Seun gevoeg toe Hy uit die hemel met ‘n hoorbare stem laat hoor het. “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” (2 Pet. 1:17) 

Lees:

Rom. 8:15-17 en 29-30

2 Pet. 1:17

Mediteer:

  • Kan jy getuig van ‘n wedergeboorte waar jy nou in ‘n intieme verhouding met Vader staan as Sy kind. Beleef jy, jy is Sy seun of dogter en Hy is jou Pa?
  • Indien jy onseker is oor jou wedergeboorte wil ek jou aanmoedig om met iemand by Lewende Woord kontak te maak vir leiding op 060 835 4779.
  • Beleef jy God se glorie in jou lewe? Vra Vader om jou ook so aan te raak deur Sy Heilige Gees dat daar ook glorie by jou en jou gesin se lewe bygevoeg sal word.
  • Vir jou om jou roeping vas te maak moet jy ontdek wie jy is en heel eerste moet jy die ontdekking maak dat jy Sy geliefde kind is.

Bid:

Dankie Vader dat ek U geliefde seun/dogter kan wees. Help my om dit diep binne my hart vas te maak en dat die leuens van die vyand my nooit anders sal oortuig nie. Vader kom raak my so aan dat U glorie in my en my gesin se lewens sigbaar sal wees. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Joh 1:12 “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Aanbidding:

My Pa is die Koning – Leon Ferreira

Dag 3: Weet wie jy is

Paulus het die boek Romeine geskryf wat tot vandag toe nog beskou word as ‘n meesterstuk. Hy begin in Romeine 1:1 met hierdie woorde: “Paulus, ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God.”

Hy stel homself voor aan die begin van die brief. Hy beskryf homself soos wat hy homself sien in Christus.

  • Wat ek is? Dienskneg van Jesus Christus
  • Wat doen ek? Ek is ‘n apostel
  • Hoe doen ek dit? Ek verkondig die evangelie
  • Ek weet dat my roeping en doel is om die evangelie te verkondig.

Paulus was ‘n geleerde man en het baie aansien gehad in die wêreld voordat hy God begin volg het. Hy het die volmag gehad om die kerk van Christus te vervolg. Hy beroem hom egter nie op sy verlede of op sy geleerdheid nie, maar op wie hy in Christus is en wie hy in die koninkryk van God is. Hy is kind van God, soos Christus kind van God is. Hy kry dit reg om hierdie finominale brief te skryf, omdat hy weet wie hy is. Hy het outoriteit en ‘n teenwoordigheid, omdat hy beweeg en doen wat hy doen, uit die sekerheid van wie hy is in Christus Jesus. 

Dit is hoekom dit so belangrik is vir elkeen van ons om ons doel en uitverkiesing vas te maak, om seker te wees wie ons is, sodat ons nie sal struikel nie en met vaste oortuiging ons doel kan uitleef. Ons moet ook ‘n omgewing skep en ‘n voorbeeld stel vir ons kinders waarin hulle hulle doel en uitverkiesing kan vasmaak.

Lees:

Rom. 1:1

2 Pet.1:10

1 Kor.11:1

Mediteer

  • Kan jy soos Paulus die volgende drie vrae antwoord:
    1. Wie is ek? Paulus sê hy is ‘n dienaar van God.
    2. Wat doen ek? Paulus sê, hy is ‘n apostel.
    3. Hoe doen ek dit? Paulus sê, hy doen dit deur die evangelie te verkondig.
  • Wat van jou? Wat sal jy antwoord op die drie vrae?

Bid: 

Dankie Vader dat elkeen van on uniek is en dat ek ‘n baie spesifieke plek in die wêreld het. Heilige Gees wil U my help dat ek ook my werklike self so sal leer ken dat ek gemaklik die drie vrae sal kan antwoord. Vader help my ook om vrede te kry oor die plek waar ek nou is indien dit is waar U my wil hê. Heilige gees openbaar ook aan my indien ek nie is waar U my wil hê nie, en gee my die volle openbaring van U plan vir my lewe saam met geloof om dit n ate jaag. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

“I was made on purpose for a purpose.” – You on purpose

Aanbidding:

God of purpose - Official Lyric Video – Metro Life Worship

Dag 4: Training for reigning

Ons het nie altyd ‘n ewigheidsperspektief nie. God het nie net ons aardse bestaan in gedagte nie, maar ook die hiernamaals. God het al toe Hy ons geskep het en inmekaargeweef het in die moederskoot, geweet dat ons saam met Hom gaan heers in hemelse plekke. Die tyd op aarde kan gesien word as training for reigning.

Ons gaan deur verskillende prosesse om te ontwikkel in ons identiteit. Identiteit en ‘n gesonde seksuele ingesteldheid en orientasie loop hand aan hand.

In “Growth into manhood” van Alan Medinger beskryf hy die verskillende fases wat nodig is vir ‘n seuntjie om deur te gaan om eendag ‘n gesonde volledige man te wees.

  • Geliefde seun – hy moet kind wees en weet dat hy geliefd is.
  • Cowboy – hy moet binne gesonde grense avontuur beleef en leer om te waag en doelwitte na te jaag.
  • Warrior phase – he must pursue what he wants and believes in with passion
  • Minnaar – Die gesonde volledige man sal ‘n goeie man vir sy vrou kan wees.

Die vyand besef dat hy ons heeltemal weg kan lei van ‘n verhouding met God en van ons geestelike doel as hy ons geestelike identiteit kan verwoes of verdraai. Die wêreld is daarop ingestel om van die vroegste stadium van kinders se lewens, hulle te verwar in hulle seksualiteit. Die vyand weet dat geestelike identiteit nie kan bestaan waar seksuele verwarring is nie. Ons moet dus besef dat daar is verseker ‘n geestelike stryd wat nou aan die gang is oor elkeen van ons, om ons geestelike identiteit van ons te weerhou of om dit te verdraai en verwoes, sodat ons nie by ons geestelike doel kan uitkom nie.  

Verder het God die Vader vir Jesus na die wêreld gestuur om vir ons ‘n voorbeeld te stel van hoe ons moet lyk as kinders van God. Daar is baie mense wat nie ‘n goeie of gepaste voorbeeld het om na te streef nie. Ons het egter geen verskoning nie. Ons liefdevolle hemelse Vader het voorsiening gemaak dat ons Hom in Christus Jesus ons verlosser, deur die werking en openbaring van die Heilige Gees kan leer ken. Hoe meer ons in God se teenwoordigheid deurbring hoe meer sal ons aan Christus gelyk word en in ons doel in beweeg.

Lees:

2 Pet. 1:10

Mediteer:

  • Wat dink jy oor die stelling: “Daar is ‘n agenda om ons kinders te verwar in hulle identiteit”?
  • Wat sien jy om jou rond, veral op sosiale media, wat die boonste stelling bevestig?
  • Ek en jy het ‘n bydra om te lewer deur ons eie identiteit in Christus vas te maak en om ons eie lewens te gee vir die beskerming van gesonde manlikheid en gesonde gesinne waar gesonde kinders grootgemaak kan word.

Bid:

Vader help ons asb om wysheid te hê vir die tye waarin ons leef, waar daar ‘n geweldige aanslag is teen gesinne, manlikheid en ons kinders. Vader help ons om met wysheid en genade en liefde ook uit te reik na verwarde jongmense om U liefde aan hulle bekend te stel.

Bonus: Spreek Lewe!

Vader is die bron van volmaakte liefde wat die leemte binne elke mens kan vul, wat elke mens se ware Identiteit aan hom kan openbaar en wat elkeen kan herstel is sy Godgegewe identiteit.

Aanbidding:

Leave it at the cross – Jenn Bostic

Rebecca St. James – Dawn – ft. Luke Smallbone (Official Studio Session)

Dag 5: Glorie van God in Sy teenwoordigheid

Rom.8 :29-30 (Msg.) God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him. After God made that decision of what his children should be like, he followed it up by calling people by name, he set them on a solid basis with himself. And then, after getting them established, he stayed with them to the end, gloriously completing what he had begun.

Daar is ‘n deurlopende proses wat in ons lewe aangaan waaraan elkeen van ons aktief moet deelneem en waaraan God ook aktief deelneem, waartydens elke mens van die oomblik van konsepsie, ontwikkel as gees, siel en liggaam. Ons wil suksesvol wees in ons lewe op aarde en onsself voorberei vir ons rol in die lewe na die dood, om saam met God te heers vir ewig. Ons moet dus ons roeping en uitverkiesing vasmaak en groei tot volledige mans en vrouens. Ons moet ons geestelike identiteit ontdek, omarm en heelhartig met God saamwerk om ons volle geestelike potensiaal te bereik. God is by ons en bly by ons. Waar God is voeg Hy glorie by. Daar is nie ‘n plek waar God teenwoordig is waar Hy nie verhoog en verheerlik word en die werke van Sy hande nie glorie byvoeg nie.

Ons kyk weer na ‘n seuntjie se ontwikkeling van ‘n seuntjie na ‘n volledige man:

  • Konsepsie: Seuntjie se unieke DNA (XX chromosoon) ontstaan in die baarmoeder en God plaas siel en gees in die nuwe mens.
  • Skei van die moeder: skeiding met geboorte en die naelstring wat geknip.
  • Regards the father: Hy bewonder sy vader en beskou hom as sy held.
  • Imitating the father: hy na-aap sy vader en probeer om soos hy te wees en goed te doen soos wat sy vader dit doen.
  • Testing his manhood: hy sal goed doen om sy vader se bevestiging(affirmation) te kry dat hy ‘n goeie man is en dat hy het wat dit vat.
  • Affirmation: hy ontvang bevestiging van sy vader dat hy ‘n goeie man is en da thy het wat dit vat om ‘n goeie man te wees.
  • Accepting affirmation: hy is volledig man en sy seksualiteit en geestelike identiteit is in plek, sodat hy weer gesonde seksualiteit en geestelike identiteit kan oordra na die volgende geslag.

Die huwelik en gesonde gesinne is God se model en is sy plan vir ‘n samelewing en ‘n geslag wat Hom verheerlik en eer aan Hom bring. Die vyand doen alles in sy vermoë om die man af te breek en om hierdie model vir die gesonde ontwikkeling van manne en vroue met gesonde seksualiteit en geestelike identiteit te ondermyn. Daarom moet ons vasstaan in die geloof en bly vashou aan God en die Woord van God wat vir ons leiding gee.

“Purposeful living is proof of faith.” Frans Cronje

Lees:                

Rom. 8:29-30

Mediteer:

  • Beleef jy God se glorie in jou elke dag se lewe, by jou huis, by jou werk en jou sosiale lewe?
  • Is jy ‘n beskermheer van God se instellings en die rolle wat Hy bepaal het, die plek van die huwelik, die plek van die man en die plek van die vrou, soos God dit bedoel het?

Bid:

Vader ons eer U vir die instelling van die huwelik soos U dit bepaal het. Ons eer U vir die man en ons eer U vir die vrou. Help ons om terug te keer as kinders van U na U oorspronklike plan vir die huwelik en die rolle van die man en vrou. Wil U glorie by ons lewens kom voeg in Jesus Naam. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Verklaring: I declare everything that happens to me or around me, is ultimately working together for good in my life, because I love God and I am called according to His purpose. (From Rom.8:28)

Aanbidding:

Chris Tomlin – O Lord You’re Beautiful (Lyric Video) feat. Stephany Gretzinger

 Amazing Grace – IL DIVO (Live Video)