Gebed
Eugene du Randt
Bid sonder ophou

Dag 1: Bid gedurig
Ons lees in 1 Tess. 5:16-18 daarvan dat ons moet bid sonder ophou: in Fil. 4:6-7 dat ons al ons begeertes in gebed aan God bekend moet maak en in Kol. 4:2 dat ons moet volhard in gebed.
“Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication, with thanksgiving, let your requests be made known to God; and the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds through Christ Jesus.” Phil. 4:6-7 NKJV
“Continue earnestly in prayer, being vigilant in it with thanksgiving; meanwhile praying also for us, that God would open to us a door for the word, to speak the mystery of Christ, for which I am also in chains,” Col. 4:2-3 NKJV
Paulus plaas klem op voortdurende gebed en daar is ‘n dringendheid dat die gemeentes se lede die belangrikheid en die vrug van voordurende gebed sal begryp. Dit beteken verseker nie dat hulle gedurig in lofprysing en aanbidding moes wees nie, maar eerder dat hulle in alles bewus moes wees van God die Vader en Jesus Christus. Gebed is ons kommunikasie in ons verhouding met God. Hy is intens bewus en betrokke by elkeen van ons. Wanneer ons dus gedurig bid, is ons konstant besig met God.
Paulus leer ons ook dat ons blymoedig en dankbaar moet wees wanneer ons bid. Onmiddelik voel dit vir ons of Paulus nie weet waarvan hy praat nie. Hy kan tog seker nie ernstig wees dat ons in alle omstandighede blymoedig en dankbaar moet wees nie. Dan onthou ons weer dat Paulus en Silas gearresteer was, daarna erg aangerand was en toe met kettings, onder streng bewaring, toegesluit was. Ons onthou dat hulle middernag dankliedere en lofliedere gesing het en die kettings het van hulle afgeval, die tronkdeure het oopgegaan en hulle het uitgestap uit die tronk uit.
Paulus het nie net gesê dat die gemeentes moet volhard in gebed en dat hulle blymoedig en dankbaar moet wees nie. Hy het dit gedemonstreer en ons het die wonderwerk gesien wat gebeur het. Ons hoef nie dankbaar te wees oor die omstandighede nie, maar ons kan met danksegging lofgesange sing wanneer ons vas oortuig is dat God is in beheer van ons lewe en uitkomste, maak nie saak van die omstandighede nie. Ons kan dus al ons angstigheid en vrese by God se voete neerlê.
Die wonderlike gevolg van so ‘n gebedslewe is dat die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, ons harte en gedagtes sal bewaar deur Jesus Christus. Dit is so kosbaar.
LEES:
Mediteer:
- Raak ‘n oomblik stil en doen ‘n eerlike en diep selfondersoek oor jou persoonlike gebedslewe.
- Het jy ‘n tyd waar jy spesifiek stil raak en in gesprek met Vader verkeer?
- Is jy gedurig deur die dag besig om met Vader te praat?
- Is jou gebedslewe spontaan en met vrymoedigheid of is dit godsdienstig en net ‘n rympie wat jy opsê?
- Vra die Heilige Gees om jou weer opgewonde te maak oor om gesprekke met Vader te hê en vra dat Hy jou sal herinner deur die dag om met Vader te praat.
Bid:
Vader, dankie dat ek as U kind voortdurend en met vrymoedigheid na U toe kan kom in gebed en met U my hart kan deel. Dankie Vader dat ek toegang het tot U genade, krag en liefde deur ‘n lewende verhouding met U. Wil U my kom leer deur U woord en Heilige Gees hoe om te bid. Heilige Gees wil U my gereeld kom herinner deur die dag, waar ek ook al is, om met Vader te praat.
Spreek Lewe!
Matt 7:7-8 “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word”
Aanbidding:
Matt Redman - 10 000 reasons (Bless the Lord)
Blessed Be Your Name - Praise and worship video (Lyrics) - pastorloran

Dag 2: Vyf Bybelse resultate van ‘n aktiewe gebedslewe
- Gemeenskap met God: ‘n Gelowige wat leer om in alles vir God te raadpleeg, om te vra en om soms te worstel, sien daagliks in alles die hand van God en hoe God gebede beantwoord. Om so in gemeenskap met God te leef is die diepste vlak van tevredenheid, vrede en geloof.
- Gereinig van ongeregtigheid: 1 Joh. 1:9 “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” Dit is so wonderlik om vrymoedig na God te gaan en jou sonde, ongeregtigheid en foute te bely en om dan vry te kom deur die bloed van Jesus. Hoe wonderlik is dit nie om nie gebukkend te gaan en swaar te dra aan die sondelas en aan die skuldlas nie.
- Verander ons lewe kragtig: 5:16 “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.” Die wonder van alles is dat elkeen van ons wat in Christus Jesus is, is regverdig. Laat ons dan vurig bid, passievol vir die werk in die koninkryk van God.
- Bybelse wysheid: Hiervoor is ek baie dankbaar. Die woorde: “Trust the Lord with all your heart and do not lean on your own understanding.” (Prov. 3:5) kom in my gedagtes op. Jak. 1:5 sê: ‘En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. In alle omstandighede kan ons net stil word en vra dat die Here ons in daardie oomblik die wysheid gee om alles op die regte manier en met die regte gesindheid te hanteer.
- Arbeiders vir die oes: Oestyd is altyd die tyd op ‘n plaas en by ‘n boerdery waar almal se gemoedere baie goed is. Dit is die kroon op al die arbeid. Die beloning vir die werk is op die lande en moet ingebring word. Jesus het vir Sy dissipels gesê dat die oes is wel groot, maar die arbeiders is min. “Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in Sy oes mag stuur.” (Matt. 9:37 en 38) Dink net aan ‘n boer wat ‘n pragtige oes het, maar nie die arbeiders het om die oes van die lande af te kry nie. Ons as gelowiges moet bid dat die arbeiders sal opstaan en aanmeld om die sieleoes van die koninkryk van God te help inbring.
Lees:
Mediteer:
- Kan jy getuig van bogenoemde resultate van jou gebedslewe?
- Kyk weer na bogenoemde punte en evalueer jou gebedslewe. Praat met Vader oor waar jy aanpassings kan maak om by bogenoemde resultate uit te kom.
- Maak ‘n punt daarvan om jou gebede aan te pas en om spesifiek te bid vir iets soos die arbeiders wat nodig is om die evangelie te verkondig.
- Maak ook gebruik van belydenis van sonde wat jou pla en waaroor jy dalk skuldig, skaam en onwaardig voel. Lees weer 1 Joh. 1:8 en 9 en weet dat as jy jou sonde bely het, Vader vergewe jou en was jou skoon van alle ongeregtigheid. Vergewe ook nou jouself en gaan met vrymoedigheid na Vader in jou gebedslewe.
Bid:
Dankie Vader dat U ‘n toeganklike God is wat ons “Vader “ kan noem, Dankie Vader dat ons met vrymoedigheid enige oomblik van die dag of nag tot U kan nader. Dankie Vader vir die kragtige uitwerking van gebed. Leer my asb deur U Gees, U woord en ander gelowiges om my
gebedslewe so aan te pas dat ek meer effektief en volgens U wil kan bid, Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
My vurige gebed as kind van Vader het groot krag!!!!!!
Aanbidding:
Flawless – Mercy Me (Official Music Video)

Dag 3: Die krag van ons getuienis
“En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het, tot die dood toe, hulle lewe nie liefgehad nie.” Open. 12:11
Ons besit ons getuienis. Ons moet dit wat God vir ons gegee het in besit neem en bestuur. Dit is ons grondgebied. Dit waardeur ons was en waarvan God ons gered het, word ons getuienis. Ons getuienis word ons grootste geleentheid om God te verheerlik. Die woorde wat oor ons lippe kom is kragtig om die vyand te verslaan en sy werk ongedaan te maak.
Ons kyk baie keer na ons eie storie en dan dink ons dat dit is nou nie eintlik iets om oor huis toe te skryf nie. As ons weer dink oor ons storie en ons begin mooi dink oor die kere wat daar vir ons redding, uitkoms en antwoord op gebed was, dan lyk dit heeltemal anders. Dit is dus nie oor hoe opspraakwekkend ons lewe is nie, maar oor hoe wonderlik en glorieryk, waardig en prysenswaardig, God is. God is betrokke en doen wonderlike goed in ons lewens. Met ons lewe en ons woorde moet ons getuig van Sy goedheid.
Hoe minder ons word en hoe meer Christus raak in ons lewens, hoe meer lyk ons soos Christus. Wanneer mense dan na ons kyk en by ons is, beleef hulle iets van God en sien hulle iets van God wat hulle na God toe trek. Dit laat dink my aan ‘n bergdam. Wanneer die dam se water glad soos ‘n spieël lê en die berg weerkaats in die dam, is die beeld op die water ‘n spieëlbeeld van die berg.
Baie keer kos ons getuienis ‘n prys, maar ons sou nie die getuienis gehad het as ons nie deur die probleme, krisisse en moeilike tye in ons lewens gekom het nie. “The Lord takes our mess and creates a message.”
Toe die besetene van Gadara van die onrein gees gered was deur Jesus, het die mense kom kyk en gesien dat die man rustig langs die vuur gesit het,het sy klere aangehad en was by sy volle verstand. Hulle het geglo, omdat hulle gesien en beleef het. Die verandering in hom was ‘n kragtige getuienis. (Markus 5)
Lees:
Mediteer
- Neem ‘n oomblik en dink bietjie terug oor jou eie storie, van jou kinderdae af tot nou toe.
- Kan jy getuig van redding?
- Kan jy met gemak praat oor jou storie, van verlore tot gered?
- Verbeel jou jy vertel jou storie aan iemand wat redding nodig het. Vertel hom/haar van hoe Vader jou gered het van ‘n lewe van sonde of verslawing of godsdienstigheid of seer of depressis of wat jou lewens storie ook al mag wees.
- Wees altyd gereed om jou storie van redding en hoop te deel aan enige iemand wat jou pad kruis.
- Indien jou storie nog te seer is om oor te praat of as jy nog nie kan getuig van wedergeboorte nie kan jy vrymoedigheid neem en iemand by kerk bel vir leiding en gebed op 060 835 4778.
Bid:
Dankie Vader vir my eie unieke storie van redding en herstel. Dankie Vader dat U alles uit my verlede kan en wil gebruik as deel van my getuienis. Heilige Gees wil U my herinner om my storie te deel met verlore mense. Vader help my asb om so genees te wees van my verlede dat ek maklik en met vrymoedigheid daaroor kan praat. Vader ek gee my storie oor aan U sodat U dit kan gebruik tot voordeel van U koninkryk. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Alles in my lewe, alles waardeur ek gegaan het, alle blootstellings, ja alles sal ten goede meewerk vir my lewe en my getuienis.
Aanbidding:
Matthew West – Don’t Stop Praying (Official Music Video)
Praise God in Every Season – Jentenzen Franklin

Dag 4: Die regte gesindheid
Ons moet goddelike liefde vir mense hê om met die regte gesindheid vir hulle te kan bid. Die naam vir goddelike liefde is Agapè liefde. Agapè liefde is die liefde wat ons in Christus het vir alle mense en vir alles in God se skepping. In 1 Kor. 13 kan ons mooi sien hoe Agapè liefde lyk. Sodra ons gered is, kry ons ‘n nuwe natuur in Christus en kyk ons met goddelike liefde na ander mense.
Aangesien ons oorvloedig genade ontvang het, moet ons vinnig wees om genadig te wees. Ons moet dus nie veroordelend wees as ons vir ander bid nie.
Dit is die beste om Woord oor ander te bid met ‘n passie en hoop dat die beloftes van die Vader, tot stand sal kom in hulle lewens.
Wanneer ek Jesus die middelpunt van my lewe maak en daarop fokus om God te verheerlik, sal my getuienis sigbaar wees in:
- Hoe ek leef
- Wat ek sê
- Hoe ek besigheid doen
- Hoeveel tyd ek in gebed deurbring
- Wat en hoe ek bid vir ander.
Alles sal getuig van God se liefde en sal wees tot Sy eer.
Partykeer mis ons baie goed in die Gees. Ons kan vir God bid om Sy hart aan ons te openbaar, sodat ons kan sien en beleef waar God wil hê dat ons moet werk en moet uitreik. Hy kan ons deur Sy Heilige Gees sensitief maak vir ander se behoeftes.
“Lord seek and safe those who are lost.”
Lees:
Mediteer:
- Wat is jou gesindheid in die algemeen teenoor ander mense, ook mense wat nog nie gered is nie en jou dalk irriteer of kwaad maak?
- Het jy ‘n gesindheid van genade of veroordeel jy maklik mense wat ongered is en nie lewe soos jy dink iemand behoort te lewe nie?
- Hoe lyk jou getuienis daar waar jy daagliks lewe?
- Het jy ‘n passie of selfs ‘n dringendheid vir verlore mense, indien nie, wil jy nie Vader vra om jou hart te verander nie en om jou ‘n brandende hart te gee vir verlore mense nie?
- Een manier om betrokke te wees by die verlorenes is om spesifiek vir ‘n paar mense by die naam te begin bid, vir redding. Elkeen van ons ken paar mense wat redding nodig het.
Bid:
Vader gee my weer deur U Heilige Gees ‘n brandende passie vir U koninkryk en vir U evangelie en vir verlore mense.
Bonus: Spreek Lewe!
My getuienis van hoe God my gered het sal mense so aanraak dat hulle ook na redding smag en God se genade sal ontvang.
Aanbidding:
We the Kingdom – God So Loved (Acoustic)
Dag 5: Hoe en waarvoor bid ons
Ek onthou hoe ons die Onse Vader geleer het toe ons klein was en: “Ek is ‘n kindjie klein, maak my hartjie rein.” Ek het ook ander kinder gebedjies gebid wat Mamma vir my geleer het. Later het ek geleer om te bid vir “die manne op die grens” en “die mense agter die yster gordyn”. Party van die goed wat ek gebid het, het ek nie eers geweet waarvoor ek bid nie. Ek het eers baie later uitgevind wat beteken die yster gordyn. Die belangrike ding wat gebeur het is dat Mamma het my geleer om te bid. Daar is baie gebede in die Bybel wat ons kan gebruik as ‘n verwysing van hoe om te bid. Ek het baie geleer by koning Dawid in die Psalms van gebed. Dan is daar natuurlik Jabes se gebed. Dit is ‘n kort en kragtige gebid wat baie effektief is. Elke dag wanneer ons in die Woord lees kan ons ook ‘n gedeelte van wat ons gelees het vat en ons naam of iemand anders se naam insit en die Woord bid. Ons kan ook Woord bid. Byvoorbeeld: Dankie Vader dat U my Herder is en my bring waar daar vrede is. (uit Ps. 23:1)
Ons kan basies vir enige iets of iemand bid wat ons na die Here toe wil bring en ook om lof en eer aan God te bring.
Hier volg ‘n lys van goed waarvoor ons kan bid:
- Soek die Koninkryk van God. Bid vir transformasie van die stad en land deur die krag van God. Bid vir ekonomiese transformasie; vir Jesus se lig om geestelike duisternis te vernietig; vir eenheid in die Kerk.
- Volgehoue, eendragtige gebed in die kerk. Tree in vir die saak van biddeloosheid, materialisme en okkultiese gebruike waarop mense staatmaak in plaas van om op God te vertrou.
- Die uitstorting van die Heilige Gees op alle mense. Tree in teen die vestings van demoniese opressie, intellektuele trots, geestelike blindheid en depressie.
- Terugdraai na God in berou oor sonde. Bid dat menses sal draai van ‘n lewe van sonde na ‘n nuwe lewe in Christus. Bid teen die vestings van verslawing, pornografie, rebellie en immoraliteit.
- Jaag die vrede van Christus na. Bid vir die transformasie van verhoudings. Tree in teen rasisme, armoede, geweld en misdaad.
- Die bemagtiging van die jong generasie. Bid vir die doel van God in gesinne en kinders se lewens. Tree in vir gebroke huishoudings, seksuele perversie, die uitbuiting van kinders en aborsie.
- Tree in vir mense om die stem van God te hoor. Bid vir ongeredde mense en teen die vestings van afgode, ongeloof en ongeletterdheid.
- Bid vir Christene vir volharding en geloof in tye en plekke van vervolging en ongeregtigheid.
- Bid vir die genesing deur die kruiswerk van Christus om plaas te vind. Bid vir geestelike, fisiese en emosionele gesondheid, genesing in verhoudings en huwelike.
- Seën die stad in die Naam van Jesus. Bid die beloftes in die Woord. Bid teen die vestings van korrupsie, bende geweld, geweld en hongersnood.
So kan die lys van goed waarvoor gebid kan word aangaan. Luister na die stem van die Heilige Gees en vra die Heilige Gees om jou te help. Hoe meer ‘n mens bid hoe meer natuurlik word dit tot dit deel word van elke dag se bestaan, soos om elke dag te eet.
Lees:
Mediteer:
- Hoe lyk die spektrum van jou gebedslewe? As jy na lys hierbo kyk, vir hoeveel van hierdie sake bid jy op gereelde basis?
- Voorstel: Vra die Hrilige Gees om 5 persone se name vir jou te wys wat redding nodig het en begin vir hulle in te tree solank as wat nodig is vir hulle om gered te word.
- Voorstel: Maak ‘n punt daarvan om tydens jou gebedstyd eerste te bid vir die ander mense en ander sake voor jy vir jou eie goed bid. Dit kan ons help om weg te kom van ‘n selfsugtige gebslewe wat net draai om ons eie behoeftes.
- Gebed is eerder ‘n discipline as wat dit ‘n gawe is.
Bid:
‘Jabes cried out to the God of Israel, saying, “Oh that You would indeed bless me and enlarge my border [property], and that your hand would be with me, and You will keep me from evil so that it does not hurt me!” And God granted his request.’ 1 Chron. 4:10 AMP
Bonus: Spreek Lewe!
In gebed aktiveer ek die Heilige Gees krag. Dit is dieselfde krag waarmee Jesus Christus uit die dood opgewek is.
Aanbidding:
“Die Onse Vader” deur Amira, Riana, Corlea, Jannie, Dozi, Dewald en Leah