Finding Purpose
Neville Goodchild
We know who He is, and we know who we are: Father and children!
Dag 1: Oorwinning = Uithou en Aanhou
He who overcomes [the world through believing that Jesus is the Son of God], I will grant to him [the privilege] to sit beside Me on My throne, as I also overcame and sat down beside My Father on His throne (Rev.3:21 AMP).
Christus het reeds Vader se plan volbring in Sy dood en opstanding. Wanneer jy jou lewe oorgee in Hom, dan ontdek jy dat Hy die klip voor jou graf ook weggerol het en dat jy ‘n Vader het. Hy was al die tyd daar, jy het dit net nooit besef nie.
Ons ervaar egter dikwels nog nie die verandering en getuienis nie. Ons sukkel met skuld en skaamte en seer. Dan voel ons stuck.
Dit is dán wat dit belangrik word om God se waarheid te begin verklaar, en myself nie te verskoon van die feit dat God wonderbaarlik ingegryp het in my lewe nie. God ag Sy Woord hoog bo Sy Naam, en daarom kan ek begin bank op dit wat Jesus sê: “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Mat.11:28-30).
Koning Dawid verklaar dat ons gekroon is met eer en heerlikheid (Ps.8:6; Heb.2:7). Hy het egter soveel foute gemaak, al die reëls en wette gebreek. Tog was God só getrou oor hom, selfs toe hy ontrou was. Hy het by God die openbaring gekry dat hy in homself niks kan doen nie. Net God kan. En God doen! Dawid het gaan bank op die goedheid van die Here en Sy beloftes en só het hy vrymoedigheid voor die Here gekry.
Wanneer jy begin staatmaak dat God getrou is oor Sy Woord, dat Hy is wie Hy sê Hy is, en doen wat Hy sê Hy doen; Wanneer jy begin leer Wie Vader is en hoe Sy hart vir jou is, raak die gewig van skuld en skaamte al hoe minder en die gewig van Sy heerlikheid word al hoe meer in jou lewe. Hy is verantwoordelik met Sy Woord en soos jy ontdek wie Vader is, ontdek jy wie Hy jou gemaak het om te wees. Met tyd sal jy kan terugkyk en sien dat die Here verandering in jou geaktiveer het.
Elkeen wat glo en aanhou glo in Jesus Christus, sal die oorwinning behaal!
Lees:
Mediteer:
- Watter verkeerde gedagtes oor God en myself koester ek waarvan ek moet vry kom?
- Wat van my verlede, my skuld, skaamte en seer het ek nog nie vir die Here gegee en Hom vertrou met dit nie?
- Wat steel my vrymoedigheid voor God? Is dit iets wat Jesus nie reeds voor betaal het nie?
- Wat beteken dit prakties om uit te hou en aan te hou?
Bid:
Vader, dankie dat U ‘n goeie God is by Wie ek veilig is. Wanneer U U regterhand oopmaak kom daar net goeie dinge vir my. Dankie dat U getrou is oor my, selfs wanneer ek ontrou is. Help my asseblief om U Woord hoog te ag oor my lewe, dit vas te vat, te verstaan en te glo oor my lewe. U is sterk in my swakheid. U is genadig in my onstabiliteit en U bou my karakter om in lyn te wees met U waarheid. Ek kies vandag om in geloof en vertroue in U te staan vir elke area van my lewe, vir my gesondheid, vir voorsiening en vir my verhoudinge. Ek wil graag die oorwinning behaal en saam met U ‘n feesmaal hou. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het (Heb.10:23).
Aanbidding:
Goodness of God – Jenn Johnson
Dag 2: Is dit waar dat daar ‘n doel is vir my ook?
God het ‘n ewigheidsdoel met ons lewens. Hy het die mensdom uitverkies en sy motiewe was dat die hele mensdom die bruid van Christus moet wees. Almal het die geleentheid, maar almal word egter nie deel van die bruid nie. Dit is net dié wat reageer op die uitnodiging, wat deel word van die uitverkiesing. Wat is die uitnodiging? Ontvang Jesus Christus as jou Verlosser en Saligmaker. Aanvaar dat Hy vir jou sonde gesterf het, en volg Hom deur die doop waters. So word jy wedergebore en kry jy ‘n nuwe lewe in Hom.
Selfs nog voordat ons geweet het, was God diep en persoonlik betrokke by ons elkeen se lewensdoel. Soos Dawid geskryf het: "U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaar geweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê" (Ps.139:18).
Vir baie gelowiges lê die uitdaging in die moéd om dit wat God sê te begin glo en vertrou en daarvolgens te leef. Wanneer ons moed neem en met geloof in aksie oorgaan, begin ons op ‘n hoër vlak van doel en uitverkiesing leef. Dit is ook dan wat ons nie struikel nie en God se wil in ons lewens sien vervul word.
As jy God lief het, sal jy begin om Sy Woorde oor jou lewe te bely, jou knie te buig voor Sy wil vir jou lewe, en sien hoe alles (selfs die slegste) ten goede meewerk. Dit is die belofte vir dié wat Hom lief het en in Hom glo.
Lees:
Mediteer:
- Roeping: God se plan vir my lewe op aarde
- Uitverkiesing: God se wil vir my lewe vir ewig.
- Wanneer jy nie God se Woord in vervulling in jou lewe sien nie, vra jy Hom vir geloof en moed, buig jy jou knie en volg jou aksies dan om Sy waarheid uit te leef al sien jy dit nie?
- God beveg jou saak, jou roeping, selfs wanneer jy nie weet nie. Hy is intensief betrokke in Sy wil vir jou lewe (Rom.8:28).
- God se tyd is nie soos ons tyd nie. God is bo tyd en plek. Om seker te maak ons struikel nie, moet ons ons roeping en uitverkiesing vasmaak. Jou insigte en handvatsels op jou roeping speel ‘n enorme rol in hoe effektief jy lewe. Wat weet jy van jou roeping? Hoeveel weet jy van jou roeping? Is jy deel van jou roeping? Beywer jy jouself om jou roeping vas te maak? Waarheen stuur God jou lewe op aarde? Watter impak is jou lewe bestem om te maak? Verstaan jy dit, het jy handvatsels daarop? Kan jy dit definieer en daaroor praat? Kan jy jou storie vertel? Kan jy indrukke van God se wil vir jou lewe weergee in gesprekke?
Bid:
Vader dankie dat U so betrokke is in my lewensdoel dat U my saak beveg op plekke waar ek nie is nie. Dat U U oog oor my hou. Ek sluit vandag aan en buig my knie voor U wil vir my lewe. Ek wil ‘n effektiewe geesvervulde, doelgerigte lewe leef tot U eer. Help my asseblief om te ontdek en te verstaan wat U doel vir my lewe is, en hoe ek my koers moet afbaken. In Jesus se Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
God is diep en persoonlik betrokke in my lewensdoel!
Aanbidding:
Dag 3: Om Hom te ken
“This resurrection life you received from God is not a timid, grave-tending life. It’s adventurously expectant, greeting God with a childlike “What’s next, Papa?” God’s Spirit touches our spirits and confirms who we really are. We know who he is, and we know who we are: Father and children. And we know we are going to get what’s coming to us – an unbelievable inheritance! We go through exactly what Christ goes through. If we go through the hard times with him, then we’re certainly going to go through the good times with him!” (Rom.8:15-17 MSG).
Deur bekering en wedergeboorte, word ons kinders van die Here. Dit is dán wat ons ontdek dat ons ‘n Vader het. Ons lewe verander in ‘n avontuur met vooruitsigte en is nie meer ‘n lewe wat net bestaan om eventueel net in dood op te eindig nie. Daar is ‘n ewigheidsplan wat Vader vir ons het! God se Gees raak ons gees aan en ons staan op uit die graf saam met Jesus Christus en loop uit! Ons weet nou wie ons is en ons weet wie Hy is, deur Sy Gees. Ons word blootgestel aan perfekte Vaderskap. Omdat ons Sy Gees het kan ons nou begin groei in geloof en ons geloof uitleef, nie meer net vir onsself nie, maar ook vir Sy Koninkryk. Dus is ons nie meer net kinders van God nie, maar ons is seuns en dogters van die Allerhoogste! Seuns en dogters wat saam met Hom heers!
Die verskil tussen kinders en seuns lê in hul identiteit. Kinders word toevertrou aan ‘n moeder wat vir hul sorg en emosionele sekuriteit bied. Wanneer kinders ouer word en aan hul pa’s toevertrou word, begin hul leer om te heers as erfgenaam. Kinders erf nie by hul pa nie, maar seuns doen. Kinders van God word Seuns van God wanneer hul begin groei in geloof en in geloof begin waag. Seuns wil heers saam met die Vader omdat hul erfgename is (Gal.4:1-7).
Dit is die hele punt. Ons weet nou wie Hy is, en daarom weet ons dat Hy ‘n ongelooflike toekoms en erfporsie vir ons het wat wag. Hy is reeds in die toekoms. God is bo tyd en plek, en kan nie ingeperk word nie. Hierdie waarheid help ons in die ontdekking van ons eie roeping, asook om ons kinders te lei. Om te besef dat ons ander se lewens in ons sfeer ook beïnvloed, en hoé ons hulle beïnvloed, is deel van ons roeping!
Lees:
Mediteer:
- Hoe tree ‘n kind op in ‘n ouerhuis? Hoe tree ‘n seun wat erf op in ‘n ouerhuis?
- Het God al jou gees aangeraak met Sy Gees? Het jy al “Ja” gesê vir Jesus en Hom deur die doopwater gevolg?
- Kan jy vrug van die Gees in jou lewe sien? Kontak ons voltydse span as jy vrae het hieroor.
Bid:
Vader, dankie dat ek nou ‘n lewe het wat nie meer uitsien na ‘n einde van dood nie, maar na ‘n ongelooflike ewige lewe en waardevolle plan. U is ‘n goeie God en Vader, wat weet hoe om vir my te sorg en wat my lewensplan ken en noukeurig betrokke is. U sê dat ek U moet ken in al my wee en dat U die pad vir my gelyk maak. Ek vertrou U met my toekoms saam met U. Ek wil graag heers as ‘n seun en erfgenaam in U huis. Help my om Geestelik te groei en te wete te kom en te verstaan wat U wil vir my lewe is en ook vir ander rondom my wie ek kan beïnvloed volgens U wil. In Jesus se Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ek ken my Pa en ek begin heers!
Aanbidding:
Run to the Father – Cody Carnes
Dag 4: Noem My “Vader”
God het baie name, veral in die Ou Testament kan ‘n mens ‘n studie daarvan maak. God se voorkeur naam vir Homself in die Nuwe Testament (in hierdie nuwe bedeling na Jesus Christus), is egter elke keer “Vader”. God weet wat gebeur met mense wat Hom leer ken as hul Vader. Hulle kry ‘n nuwe identiteit! God kies juis om in die plek van gebrokenheid te kom staan waar ons ons identiteit as Seuns en Dogters van Vader kan ontdek.
Die missie van Vaderskap is om te bevestig wie jy is. ‘n Pa gee identiteit. As ‘n pa nie identiteit kan oordra aan sy kind nie, is daar nie ‘n waarborg van die toekoms van die kind se lewe nie. ‘n Kind wie se gemoed en gees gevul is met identiteit, ontdek doel en dit is doel wat mense se lewens red! Noudat ons wedergebore is en in verhouding met Vader, weet ons wie Hy is en dit is wonderlik, want Hy gee vir ons doel. Dit is net Hý wat vir ons doel kán gee!
“God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him. After God made that decision of what his children should be like, he followed it up by calling people by name. After he called them by name, he set them on a solid basis with himself. And then, after getting them established, he stayed with them to the end, gloriously completing what he had begun” (Rom.8:29-30 MSG).
Ons is nou wedergebore met onverganklike saad (1Pet.1:23). Dus, lewe ons om vir altyd te lewe. Dit is wonderlik om te weet wie Vader is, en om in persoonlike verhouding met Hom te staan.
Om te heers in my Pa se huis, het ek ‘n baie spesiale verhouding met Hom nodig. Ek kan nie heers in ‘n huis waar ek ‘n kind is en ondergeskik is nie. Noudat ek ‘n Seun in my Vader se huis is, is ek ‘n erfgenaam en neem verantwoordelikheid vir die dinge van belang in hierdie Huis.
Lees:
Mediteer:
- Jesus is ons oudste broer en in Hom sien ons wie ons waarlik is. Die enigste manier om die wonderlike deel van die lewe saam met Hom te beleef, is om in die moeilike dele van hierdie lewe, Hom voor oë te hou. Hy is die perfekte afbeelding van Vader (Heb.1:1-3).
- As Vader juis in die plekke van jou gebrokenheid wil staan, is daar dele van jou lewe wat jy nog nie aan Hom oorgegee het nie?
- Jou aardse pa het dalk in sy eie gebrokenheid nie geweet hoe om jou identiteit vas te maak nie (He could only give what he had received). Is jy gereed om God die Vader toe te laat om jou identiteit te bevestig?
- Is daar verantwoordelikhede wat ek as Seun/Dogter in my Vader se Koninkryk kan neem en heers, maar ek skram weg hiervan?
- Hoe kies God om in vandag se tyd Homself aan die wêreld te openbaar?
Bid:
Vader dankie dat U U Self aan my openbaar op verskeie maniere. Ek wil U van nou af Vader noem, want U is my Almagtige, liefdevolle Pa. Jesus U is die perfekte afbeelding van Vader. Dankie vir Geesvervulde gelowiges wat met vrymoedigheid U waarheid verkondig sodat ek ook ‘n Seun kan wees in U Vaderhuis. Dankie dat ek kan leer dat U in my gebroke plekke inkom en hierdie plekke vul met U liefde, U waarheid en dit vervang met nuwe identiteit. Ek nooi U in hierdie plekke in, veral omdat ek nou weet dat U wil vir my die beste is. Ek wil nie meer wegskram vir U nie. Jesus, ek wil U voor oë hou in die moeilike dele van hierdie lewe. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ek weet wie ek is, omdat ek weet wie my Vader is!
Aanbidding:
The Blessing – Kari Jobe & Cody Carnes
Dag 5: Goddelike geslag
God, not you, made marriage. His Spirit inhabits even the smallest details of marriage. And what does he want from marriage? Children of God, that’s what. So guard the spirit of marriage within you. Don’t cheat on your spouse (Mal.2:15 MSG).
In Maleagi leer ons dat die huwelik ‘n plek is om God ten volle te beleef. Elke deel van jou huwelik word deur God geïnfiltreer. Die rede waarom God dit so ontwerp het, is sodat Hy ‘n Goddelike nageslag kan hê. ‘n Nasie wat aan Hom gewy is; ‘n geslag wat Hom dien!
‘n Pa gee identiteit. Dit is sy primêre verantwoordelikheid. Alles wat ‘n pa doen vestig of breek identiteit. Kinders word gebore met ‘n leemte wat gevul moet word met identiteit, sodat hulle kan opgroei en sterk word om volwaardige seuns genoem te word. Die sleutels van die koninkryk word gegee aan Seuns van God. Pa’s het egter dikwels nie die vermoë om hierdie belangrike verantwoordelikheid uit te voer nie as gevolg van hul eie gebrokenheid. Dit is waarom God die antwoord gee. Hy sê: “Noem My Vader”. God staan in die plek van gebroke pa’s. Dit wat ons pa nie kon regkry nie, kry ons hemelse Pa reg. Ons kan leer wie ons is, want ons leer wie Hy is. Wedergeboorte gee vir ons ‘n nuwe kapasiteit wat gevul kan word met God se identiteit.
‘n Ma se grootste bydrae is emosionele sekuriteit. Dit is deur ‘n gesonde omgewing te skep, wat kinders die kapasiteit kry om te leer wie hul is en waarin hul identiteit gevestig kan word.
Wanneer jy ontdek wie Vader is en wie jy is, kry jy moed en vrymoedigheid om te begin leef soos ‘n erfgenaam. Dan kry jy ‘n Goddelike persepsie oor jou self, ‘n gesonde beeld van jouself en jy ontdek die fenomenale bydrae wat jy kan lewer.
Die uitnodiging wat ons elkeen het, is om aan te sluit by God se plan en as Seuns (Dogters) van God te begin leef. Dit is ‘n persoonlike verhouding met die Vader, en dit is ‘n reis.
Lees:
Mediteer:
- Wanneer Vader Jesus se identiteit bevestig op die berg, sien Petrus dat meer heerlikheid tot Jesus bygevoeg word in daardie oomblik. God wil jou identiteit bevestig en heerlikheid byvoeg by jou lewe!
- Kinders van gesonde, stabiele pa’s ontwikkel ‘n gesonde self-persepsie. Hulle word pilare van geregtigheid in ‘n wêreld wat nie meer weet wat beteken man en wat beteken vrou nie. So ‘n kind het ‘n oortuiging dat “wie God my gemaak het om te wees, is ‘n geskenk van God”.
- We know who he is, and we know who we are: Father and children. And we know we are going to get what’s coming to us – an unbelievable inheritance! – Ons het die geleentheid om dit vir ons kinders te gee!
Bid:
Vader ek wil huwelike eer soos wat U huwelike eer. Ek wil sien dat ons gemeenskap gesond is, en dat ons kinders Goddelik is. In ‘n tyd soos hierdie het ons dit regtig nodig. Dankie dat ek kan leer, dat U vir my ook ‘n verantwoordelikheid gegee het, om my huwelik, ander huwelike, my kinders en ander kinders te begin sien, volgens U plan. Om só te begin leef sodat U nie net heerlikheid by my eie lewe toevoeg nie, maar ook by my eggenoot en kinders. Vader, help my asseblief om my identiteit in U te ken en om ook vir my kinders te leer wie hulle in U is. Help my om so 'n stabiele omgewing te skep wat dit vir hulle moontlik maak om te weet wie U is en te weet wie hulle is. In Jesus se Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
My goeie verhouding met Vader kweek ‘n gesonde nageslag!
Aanbidding: