FINDING PURPOSE
Eugene du Randt
Wandel in jou unieke roeping

Dag 1: God roep jou op jou naam
Wanneer laas het jy stil geraak en net probeer hoor wat God vir jou en oor jou sê?
Ons dink oor baie goed en beplan wat ons graag vir ons toekoms wil hê en wat ons graag wil bereik. Ons dink oor wat ons gaan doen as ons aftree en waar ons gaan bly. Die meeste kere werk dit nie uit soos wat ons beplan het nie.
Josua en Kaleb was ongeveer veertig toe hulle as verspieders die beloofde land gaan verken het en aan Moses terug rapporteur het. Moses het toe vir Kaleb gesê dat daar grondgebied aan hom en sy nageslag gegee sal word omdat hy getrou gebly het aan God. Toe hulle al diep in hulle jare was, die Woord sê Kaleb was 85 jaar oud, toe gaan neem hy die bergland van Hebron in, waar die reuse gebly het. God het die gedeelte vir Kaleb gegee en Kaleb het gegaan en dit ingeneem.
God gee vir ons elkeen ons bergland en as ons aanmeld om dit in te neem, al lyk dit onmoontlik, sal Hy dit in ons hand gee.
Iemand het gesê dat daar twee belangrike dae in ‘n mens se lewe is. Die een is die dag wat jy gebôre word en die ander is wanneer jy uitvind waarom jy gebôre is.
Dit is belangrik om te weet dat God het ons uitgekies. Dit is nie ons wat Hom gekies het nie. Joh. 15:16 (83 Afr.) “Julle het my nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.
Ons sien verder in Jesaja 43:1-4 wat God oor ons verklaar:
- Hy is ons Skepper en Formeerder
- Hy het ons elkeen by die naam geroep, ons is Syne
- In alles is Hy saam met ons
- Hy het ons lief
Dit bring vir my vrede en rustigheid dat God het my lief; Hy het my geskape; Hy het ‘n plan vir my lewe; Hy het my toegerus met alles wat ek nodig het om my bergland in te neem; Hy sal my nooit alleen los nie en al gaan ek deur die vuur of die water, Hy red my uit; Hy het my duur gekoop en sal my nie uit Sy hand laat gaan nie.
God het ‘n Woord oor my en jou en dit sal nooit ledig terugkeer nie. Niemand kan dit verander nie, want wat God sê is vas. Dit is “irrevocable”.
LEES:
Mediteer:
- Glo jy werklik dat Vader jou uniek geskape het en dat jy ook ‘n unieke roeping op jou lewe het?
- God het iets te sê oor jou, wat Hy van jou dink, wie jy in Sy oë is en waar Hy jou wil gebruik.
- Het jy al die moeite gedoen om af te gaan sonder en om met Vader te praat oor wat Hy te sê het oor jou?
Bid:
Vader ek het nodig om U opinie oor my lewe, toekoms en my unieke roeping te hoor. Vader wil U asb spreek, U kind luister.
Spreek Lewe!
My naam is in Vader se handpalm gegraveer. Hy ken my op my naam. Hy roep my op my naam.
Aanbidding:

Dag 2: Als vir die Koninkryk van God
Elkeen van ons kom iewers in ons lewe op ‘n plek waar ons wonder oor ons doel. Het jy al gevra: “Here hoekom is ek hier?”
Ons is elkeen presies waar ons veronderstel is om te wees om ‘n impak te maak vir die koningkryk van God.
Die persepsie wat ons baie keer het, wanneer ons kinders van die Here word, is dat dit is nou als gaan maklik wees en glad verloop. Die waarheid is egter dat dit is moeilik. Baie goed maak nie sin nie en werk nie uit nie. Daar is baie uitdagings. As beeldspraak kan ons veronderstel dat die uitdagings is hekkies, dan sien ons baie keer net nie kans om oor die hekkie te spring nie. Ons wil om die hekkie gaan of net enige iets doen om die hekkie te vermy. God laat ons nooit alleen nie en rus ons toe om alles te oorkom. Ons probeer om onafhanklik te handel en dan besef ons, God het my lief en is by my. Hy gee my nuwe krag. Hy is ‘n liefdevolle en goeie God. Ons leer om op God te vertrou vir uitkoms.
Dink oor wat dit is wat natuurlik na jou toe kom wat jy doen in die koninkryk van God. Bemoedig jy mense? Tree jy in vir mense? Kan jy sing, of preek, of dans, of onderrig? Hou jy daarvan om te gee? Kan jy fondsinsamelings doen? Is jy goed met koördinering en administrasie? Kan jy goed teken of musiek maak? Is jy ‘n vredemaker?
Maak nie saak wat se talent of gawe jy het nie, dink oor hoe jy dit kan aanwend om die koninkryk van God te impakteer. Terwyl jy besig is daarmee, bid dat die Woord van God oor jou lewe in vervulling sal kom.
Lees:
Mediteer:
- Praat vandag met Vader en vra Hom om nie net sy gevoelens en gedagtes oor jou met jou te deel nie ,maar vra ook vir Vader om sy unieke doel met jou lewe met jou ted eel.
- Uitdagings, probleme en swaarkry het die vermoë om ons af te takel en moeg te maak. Dit kan ook lei na moedeloosheid en kan maak dat ons by ‘n plek kom om net op te gee. Sulke tye is dit ook baie moeilik om by Vader te hoor oor ons “purpose” of as ons wel weet wat ons “purpose” is om daarvolgens te lewe.
- Soek Vader se stem om weer jou roeping en uitverkiesing vas te maak sodat jy iets groters as hierdie wêreld het om voor te leef. Dan sê Petrus sal ons nie struikel nie.
- Jou unieke gawe en talente is nodig in die koninkryk van God.
- Soek allereers die koninkryk van God en al die ander dinge sal bygevoeg word. Matt 6:33(parafrase)
Bid:
Dankie Vader dat ek uniek is met my eie gawes en talente. Vader help my om U koninkryk eerste te stel en help my om nie toe te laat dat omstandighede en moeilkike tye my fokus sal aftrek van u plan met my lewe nie. Vader help my om my unieke “purpose” te ontdek in U koninkryk. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Alle omstandighede en selfs slegte tye sal alles ten goede meewerk in my lewe en dit sal my help vorm om my unieke “purpose” uit te leef.
Aanbidding:
Leeland – Where you are (Official Live Video)

Dag 3: Identiteit in Christus
Ons is besig om te leer van ons doel en roeping. Identiteit speel ‘n belangrike rol in doel en roeping en alleenlik wanneer ons ons identiteit in Christus Jesus vind sal ons ons doel en roeping kan begryp.
Baie van ons het al verneem dat ‘n pa die doel en roeping het om sy kinders se identiteit te bevestig. Die feit dat God die Vader met ‘n hoorbare stem uit die hemel met Jesus Christus gepraat het toe Hy deur Johannes die doper in die Jordaan gedoop is, is vir ons ‘n aanduiding van hoe ernstig God die Vader daaroor voel.
Matt. 3:17 En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: ‘Dit is My geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.’
Nadat God die Vader op hierdie tasbare wyse Jesus Christus se identiteit kom vasmaak het, het Hy in Sy drie jaar bediening ‘n onuitwisbare en onmiskenbare groot impak gemaak. Ons is vandag waar ons is omdat Jesus Christus se identiteit, doel en roeping vas was.
Met die waterdoop lê ons die ou sondige self af as ons onder die water gaan en sodra ons opkom word ons gered van die ewige dood en word lewend omdat ons in Christus is. Ons leer dan deur heiligmaking om al hoe meer soos Christus te wees. Ons almal sukkel daarmee. Daarom is ‘n goeie gebed om te vra dat ons by die huis, kerk, in die verkeer, tussen vriende en tussen welgestelde en arm mense, oral, dieselfde optree of liewer, sal optree soos wat Christus sou wou hê ons moet optree.
Kan ons ook sê soos wat Paulus gesê het dat hulle sy voorbeeld moet volg soos wat hy Christus Jesus s’n volg. (NLV 1Kor.11:1) Ons sal dit net kan doen in die krag van die Heilige Gees en deur ons identiteit in Christus Jesus vas te maa ken Hom te volg.
Lees:
Mediteeer
- Sukkel jy met selfbeeld, verwerping, minderwaardigheid en soek altyd bevestiging en goedkeuring by mense? Is jy onseker oor jou volgende tree? Bely dit as sonde voor die Here en verwerp die leuens van die vyand in hierdie area van jou lewe.
- In ons regmatige posisie in Christus Jesus, kan ons verseker weet dat die woorde: ‘Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.’ Is vir jou en my en elke kind van God ons huidige realiteit. Ons is wie God sê ons is in Christus Jesus.
- Soek in die Woord wat God die Vader sê oor Sy Seun en maak dit vandag jou eie. Moenie ‘n dag langer vasgevang wees in die leuens van die vyand nie. Gedagte patrone wat oor jare gevorm het moet verander word, daarom sal die Woord hardop verklaar moet word elke keer wanneer ‘n leuen in ons gedagtes opkom en die leuen moet vervang word met die waarheid. Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe.
- Skryf neer wat die Woord sê ons identiteit in Christus is en bely dit oor jou lewe.
Bid:
Jesus Christus baie dankie vir U kruiswerk wat vir my redding en geregtigheid bewerk het voor God. Dankie dat ek nou waarlik kind van God kan wees. Vergewe my vir elke leuen van die vyand wat ek geglo het in my lewe en help my om elke leuen te verwerp en my identiteit in Christus Jesus op te neem en te leef elke dag. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek is ‘n nuwe skepsel in Christus Jesus en ek is kind van God. My identiteit is in Christus Jesus en dit maak nie saak wat die wêreld en mense van my sê nie, dit maak saak wat God van my sê. God sê date k is Sy geliefde kind in wie Hy ‘n welbehae het.
Aanbidding:
John Diaz – “Breath” – Lyric Video
You hold on to me Jesus - Studio Sessions - Stephen McWhirter

Dag 4: Wees daders van die Woord
Jak. 1:22 “En word dan daders van die Woord en nie net hoorders wat hulleself bedrieg nie.”
Ons dink baie keer dat ons vir die Here wag vir ons “next”, moontlik wag Hy lankal reeds vir ons.
Dit het al gebeur dat ek oortuig voel in my gees dat ek iets moet doen in die koningkryk van God, maar dan raak ek besig en daar kom ander uitdagings en op die einde vergeet ek daarvan of vervaag die idee net.
Al is ons roeping, verkiesing en identiteit in plek, maar ons word nie daders van die Woord nie, gaan niks gebeur nie. Die Here wag dat ons uit die blokke kom.
Die Here wil ons gebruik daar waar ons is, by die werkplek, die kerk en waar ons beweeg.
Lees:
Mediteer:
- Is daar iets iets waaraan jy al gedink het om vir die koninkryk te doen?
- Raak stil en dink aan die paar keer wat jy weet jy het iets in jou gees beleef om te doen of aan deel te neem.
- Kan jy die vervulling onthou toe jy wel gedoen het wat jy beleef het?
- Onthou jy is uniek met ‘n unieke doel, vra Vader om dit te openbaar.
Bid:
Dankie Vader vir my spesifieke talente, gawes en passie wat uniek is aan my. Dankie dat U my wil gebruik. Vader vergewe my waar ek soms U stem geïgnoreer het. Wil U steeds met my praat deur U Gees elke dag om my te lei waar U my wil gebruik.
Bonus: Spreek Lewe!
Verklarings: Sê hierdie verklarings hardop en herhaal dit todat jy weet dat dit waar is vir jou.
“I declare everything that happens to me, or around me is ultimately working together for good in my life, because I love God and I am called according to his purpose.” (From Rom. 8:28)
“Ek verklaar dat groter is Hy wat in my is as hy wat in die wêreld is en dat dieselfde Gees wat Jesus uit die dood uit opgewek het, in my lewe. Ek behoort aan Jesus. My doel is in Hom en ek glo wat die Vader oor my sê in Sy Woord.” (Afgelei van Rom. 8:12)
Aanbidding:
Rebecca St. James – Your Kingdom Come feat. for KING & COUNTRY
Because You Live worship Jesus at home – Stephen McWhirter

Dag 5: Drie goed om te onthou
Geestelike stryd:
In Efesiërs 6 sien ons duidelik dat daar is ‘n geestelike stryd. Die Woord sê ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen al die magte en bose geeste in die lug. Ons word toegerus met die wapenrusting en dit is kragtig deur die werking van die Heilige Gees. Ons moet weet dat daar is ‘n geestelike stryd wat besig is om af te speel tussen Lig en duisternis oor jou en my siel. Ons praktiese rol is om die wapenrusting aan te trek en dan om te staan in geloof, sodat die vyand kan vlug, want tevore nie. Die Woord sê bid voordurend oor alles. Geesvervulde gebed is kragtig.
Geestelike doel: Paulus se doel waarvoor hy geroep was, was om ‘n dienskneg van Jesus te wees, ‘n apostel en afgesonder tot die evangelie van God. (uit Rom. 1:1)
Elkeen van ons word geroep om ons geestelike doel te verrig en gawes word deur die Heilige Gees lewendig in ons om die koninkryk van God te bedien. Ons verheerlik God en laat Sy glorie bekend word as ons voluit leef in Christus.
Ons roeping is gewoonlik groter as ons self, sodat ons kan weet dat ons dit net met die werking van die Heilige Gees en in Christus kan doen. Dan weet ons dat ons niks het om op te roem nie. Om glorie aan God te bring moet altyd ons hoogste beloning wees en ons doel moet nooit wees om krone te ontvang of om self deur mense geëer te word nie.
Geestelike identiteit:
Ons sien in 1 Sam.17:32-33 dat toe Dawid vir Saul sê dat hy sal teen die reus, Goliat, gaan veg, het Saul vir hom gesê dit kan nie werk nie, want Dawid is ‘n seun en Goliat is ‘n krygsman van jongtyd af. Deur die wêreld se oë het hulle net ‘n “shepherd boy” gesien, maar God het ‘n koning gesien. Dawid het geweet waartoe hy instaat is met die hulp van God en God het geweet dat Dawid volle vertroue het in God as Sy redder en krag.
Hieruit kan ons sien dat dit nie saak maak wat die wêreld sien en sê as hulle na ons kyk nie. Hulle weet nie wat God beplan het toe Hy my en jou aanmekaar gesit het nie. Hulle weet nie wat God sien wanneer Hy oor ons droom en na ons kyk nie. Hy sien ons in Christus, volmaak in ons roeping.
Lees:
Mediteer:
- Watter geestelike stryd beleef jy tans in jou lewe? Sukkel jy om te bid of om tyd te maak om Bybel te lees en net te wag op God se Gees om Sy wil aan jou te openbaar? Sukkel jy dalk om jou aandag te bepaal by jou bybelstudie of om in die kerk of selgroep te fokus op die boodskap wat gebring word? Lok die dinge van die wêreld en wêreldse vriende jou van die dinge van die Here af weg? Dit is alles voorbeelde van versoekings en maniere waarop die geestelike stryd in ons lewe plaasvind. Identifiseer jou geestelike stryd, neem die wapenrusting op en staan in die geloof teen die werk van die vyand.
- Dink oor jou geestelike doel en geestelike identiteit en bid daaroor dat God vir jou duidelikheid gee daaroor.
Bid:
Vader help my om aan myself te dink en myself voor te stel, volgens my goddelike roeping en identiteit in Christus met ‘n vaste geloof dat dit is wie ek is en dit is wat ek doen. Dankie vir Jesus wat Homself ook so voorgestel het in terme van Sy goddelike roeping en wat vir ons ‘n voorbeeld was van hoe mens in jou goddelike roeping ingroei en dit leef asof dit die enigste manier is wat dit kan wees. Laat my ook sê ek is ‘n kind van God, gered en geroep in Christus Jesus om te dien in die koninkryk van God op my eie unieke wyse. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Verklaring: I declare everything that happens to me or around me, is ultimately working together for good in my life, because I love God and I am called according to His purpose. (From Rom.8:28)
Aanbidding:
Chris Tomlin – O Lord You’re Beautiful (Lyric Video) feat. Stephany Gretzinger