Go Deep 7 April 2024

SIMFONIE

Neville Goodchild

In simfonie met God

Dag 1: Die geestelike wet van ‘Saam’

‘n Simfonie kan net tot sy reg kom as almal in die simfonie orkes hulle deel doen en as almal, die dirigent en elke lid van die orkes, hulle deel doen. Hulle vorm dan ‘n volmaakte eenheid, ‘n simfonie.

Die figuurlike betekenis van simfonie is: ‘to be harmonious, that is to accord (be suitable, concur) or stipulate (by compact): - agree (together with).’ Total KJV occurences: 6.

Daar kan nie ‘n simfonie wees as daar nie ‘n ‘Saam’ is nie. ‘Saam’ is ‘n geestelike wet. Daar is meer as een nodig. Een persoon op sy eie kan nie ‘n simfonie skep nie. Sodra daar meer as een persoon betrokke is, moet daar ‘n ooreenkoms wees. (‘Rules of engagement’) Die betrokke partye moet saamstem en moet ‘n gesamentlike doel hê. Hulle moet inkoop en hulle verbind tot die reëls van die ooreenkoms.

Ons het gesien dat God ‘n huwelik seën en dat daar vrug is in ‘n huwelik waar die paartjie ‘Saam’ verstaan en doen.

By die toring van Babel sien ons dat die mense een volk was, hulle het een taal gepraat en hulle het onder leiding van Nimrod besluit om ‘n toring te bou wat tot aan die hemel sou strek. God het dit kom besigtig en gesê dat niks vir die mens onmoontlik sou wees nie, omdat hulle die beginsel van ‘Saam’ verstaan het.

Die beginsel van ‘Saam’ is dus kragtig en dra vrug en sëen in al ons verhoudings as ons iets het om oor saam te stem.

Hierdie week gaan ons kyk na hoe hierdie beginsel ook van toepassing is in ons verhouding met God.

‘Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?’ Amos 3:3.

LEES:

Gen. 11:6

Amos 3:3

Mediteer:

  • Hoe lyk hierdie beginsel in jou lewe? Is daar “saam” in jou belangrikste verhoudings?
  • Probeer iets kry waaroor jy en die ander party saam kan stem en fokus op dit. Praat daaroor en begin bid saam oor dit waaroor julle kan saam stem.
  • Neem oomblik en besin oor jou belangrikste verhoudings en of julle in eenheid is of nie.
  • Neem ‘n besluit om te fokus op die dinge waaroor jy kan saamstem met die ander partye in jou belangrikste verhoudings en nie op julle verskille nie.

Bid:

Dankie Vader vir die beginsel van “saam” en die moontlikhede wat daarmee saamgaan. Help my om dit te verstaan en om dit toe te pas in al my vehoudings.

Spreek Lewe!

Daar is seën en vrug op my lewe in eenheid met God.

"God and one man is the majority in every situation!" Rick Joyner

Aanbidding:

The battle is the Lords – Rebecca St, James

Dag 2: Kies om God te bevriend

Net soos ons moet kies om in ‘n vriendskap of huwelik “saam” met ‘n ander persoon in ‘n verhouding te wees, so moet ons kies om saam met God in ‘n verhouding te wees. God het ons reeds gekies toe Hy besluit het om ons te skep na Sy beeld en gelykenis, sodat ons in verhouding met Hom kan wees. In ons huwelik het ons dan ‘n driedubbele koord wat nie maklik kan breek nie – ons en God. Die Woord sê ook waar twee mense saamkom en saam stem oor ‘n saak, sal dit hulle ten deel val deur God.

In alle verhoudings is kommunikasie baie belangrik en is dit die eerste ding wat deur die vyand aangeval word. Dit is nie genoeg om goed te dink nie, ons moet sê wat ons voel en dink. Ons moet sê wat ons kies en dit waaroor ons saamstem. As ons dit nie sê nie sal die ander persoon dit nie weet nie.

Ons moet God kies en ons keuse bely. Ons moet vashou aan die hoop wat ons het as gevolg van die keuse wat ons gemaak het. Ons moet tyd maak om in God se teenwoordigheid deur te bring. Ons moet bid en ook stil word, sodat ons kan hoor wat God vir ons wil sê. God is ons bron. Ons moet alles bedink wat edel, rein, goddelik en opreg is en dan sal ons aansluiting kry by dit waarmee God besig is. Deur dit wat edel is, dit wat waarheid is, dit wat geregtigheid is en dit wat rein is na te volg, sal ons saam met God stem en werk.

Lees:

Heb. 10:23

Mediteer:

  • Het jy al ooit daaraan gedink dat jy met God bevriend kan wees?
  • God het reeds “ja” gesê vir ‘n vriendskap met jou, het jy al “ja” gesê vir God vir ‘n vriendskap met Hom?
  • Besin oor jou gedagtes en woorde.Is dit belyn met God se gedagtes, Sy Woord en Sy manier van dinge doen?
  • Praat jy ook met Vader soos met ‘n vriend, deel jy jou hart en diepste drome of bekommernisse?
  • Kies weer om “ja” te sê vir Vader vir ‘n intieme verhouding met Hom deur eenvoudig in jou eie woorde dit vir Hom te sê.

Bid:

Dankie Vader dat U ‘n toeganklike God is wat ons “Vader “ kan noem, Dankie Vader dat ons met vrymoedigheid enige oomblik van die dag of nag tot U kan nader. Dankie Vader vir die kragtige uitwerking van gebed. Leer my asb deur U Gees, U woord en ander gelowiges om my gebedslewe so aan te pas dat ek meer effektief en volgens U wil kan bid, Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

My vurige gebed as kind van Vader het groot krag!!!!!!

Aanbidding:

Alan Jackson – What a friend we have in Jesus?

Dag 3: Die belangrikheid van vriendskap met God

Toe Job alles verloor het en op die ashoop gesit het en die sere op sy lyf met potskerwe gekrap het, het sy vriende vir hom die volgende raad gegee: “Vloek God en sterf”.

Maar Elifas kom na Job toe en sê vir Job dat hy moet terugdraai na God en dat hy vriendskap met God moet kies. Hy moedig Job aan om in ooreenstemming met God te kom, sodat hy kan vrede hê en goeie dinge oor hom kan kom. Hy sê dat Job moet luister na die onderrig van God en dat Job die woorde van God in sy hart moet bewaar. Hy sê vir hom dat hy op God alleen moet vertrou vir sy voorsiening.

Ons sien dat Job is nie meer alleen nie en daar is ‘n paar belangrike goed wat gebeur toe Job besluit om in vriendskap met God te leef:

  • Hy beleef vrede
  • Goeie dinge kom oor hom
  • Hy word opgebou
  • Onreg word uit sy woning verwyder
  • God is sy voorsiening
  • Sy gebede word verhoor
  • Hy kan sy gelofte betaal
  • Wat hy besluit kom tot stand.

In vriendskap met God is daar vir ons hoop en ‘n verwagting vir ‘n goeie toekoms.

Lees:

Job 22:21- 30

Mediteer

  • Is jy in ooreenstemming met God se wil, woord en roeping op jou lewe?
  • Hoe klink jou vriende? Is hulle woorde belyn met God se woord oor jou lewe?
  • Beleef jy ‘n intieme vriendskapsverhouding met God waaruit hoop en ‘n verwagting vloei?

 

Bid: 

Abba Vader, ek loof U en prys U. Ek kies vandag om myself neer te lê en opnuut in kinderlike afwagting na U te soek. Op U alleen vertrou ek en in U alleen plaas ek my verwagting. U is wonderbaar bo alles. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

All good things are from God. I am blessed.

Aanbidding:

Bless God (Live from Passion 2024) – Brooke Ligertwood, Brandon Lake, Cody Canes

Dag 4: Are you in agreement with God?

‘n Kontrak tussen twee partye is alleenlik geldig wanneer beide partye die kontrak geteken het. God het die beste plan en het reeds die kontrak geteken en alles in plek gestel. As ons kyk na die belangrike mense en aspekte in ons lewe, moet ons onsself afvra wat ons drome en ons planne rondom daardie aspekte is. Dan moet ons kyk wat sê God. Wat is God se Woord vir my lewe? Wat is die Woord wat ons ontvang het oor ons kinders se lewens? Wat sê God oor my bediening en oor my werk? Wat sê God van my toekoms?

“Am I in agreement with God?” Dit is die vraag wat ek vir myself moet vra. Stem ek saam? Stem dit wat ek bely saam met wat ek glo? Bely ek dit waaroor ek saam met God stem vir my lewe, vir my kinders se lewens, vir my huwelik, vir my werk en vir my toekoms?

Sodra ek begin om te bely waaroor ek en God saamstem, is die kontrak ja en amen. So kom ek in simfonie met God. Dit wat ek bely en bid sal dan inlyn wees met God se plan en wil. God is dan my eerste prioriteit en God sal die lig op my pad wees en my wys waarheen om te gaan. Wanneer goed buite beheer raak, sal ek standvastig wees, omdat ek ‘n vaste wete het dat ek en God stem saam en het ‘n vaste ooreenkoms. Ek sal standvastig wees omdat ek ‘n vaste vertroue het dat God my sal oplig en op ‘n vaste rots sal sit. Ek kan dan met sekerheid gesag opneem en dit leef en doen waaroor ek en God in ooreenstemming is. God verlos my van die laste van sonde, onsekerheid, vrees en onstandvastigheid. Die woord sê dat God selfs die skuldige persoon sal red as gevolg van die goeie werk van my hande. ‘n Gelowige vrou kan byvoorbeeld deur hoe sy lewe haar man wat nie glo nie se lewe red, deur hom na God toe te laat keer.

Om in simfonie met God te wees is die plek waar ek en jy wil wees.

Lees:

Job 22:21-30

Mediteer:

  • Kan jy sê dat jy in simfonie met God is?
  • Weet jy wat God sê oor jou lewe, oor jou huwelik, oor jou kinders, oor jou toekoms ens?
  • Is daar enige iets wat jy gereeld bely (hardop uitspreek) op ‘n gereelde basis, iets waaroor jy en God saamstem?
  • Praktiese oefening: Kry vir jou skrif wat jy weet jy stem 100% mee saam, iets wat jy weet is van toepassing op jou of jou huwelik ens. en begin dit daagliks bid en uitspreek(maw stem saam met God daaroor) vir ‘n paar maande, Skryf jou belydenis fisies uit en bid dit elke dag. Stel vir jou n alarm vir elke oggend om dit te onthou,

Bid:

Dankie Vader dat U iets te sê het oor my, my huwelik, my kinders, my toekoms. Heilige Gees help my om U woord oor my te hoor. Dankie Vader dat ek U vriend kan wees net soos wat Araham en Job vriende van U was. Heilige Gees wil U my daagliks herinner aan die dinge wat U oor my te sê het sodat ek saam met U kan stem deur my belydenis.

Bonus: Spreek Lewe!

Niks is vir God onmoontlik nie. So ook is niks vir my onmoontlik as ek in eenheid met God  se waarheid is nie.

Aanbidding:

Michael W Smith: O Praise the Name

Dag 5: Gevul met die Heilige Gees

Jesus Christus het opgevaar na die hemel. Ons, die kerk is nou die bruid van Christus en ook die liggaam van Christus.

Gees kan alleenlik op aarde opereer deur vlees en daarom het gees ‘n vlees liggaam nodig. Ons sien dit ook met die Legio gees wat in die besetene by Gadara was. Toe hulle uit die liggaam van die besetene gedryf word het hulle gevra om in die varke in te gaan, omdat hulle vlees nodig het om in te funksioneer.

God het aan ons die Heilige Gees gegee as Helper. Ons het die Heilige Gees nodig. By bekering word ons gees weergebôre en die Heilige Gees kom woon in ons gees. Die Heilige Gees openbaar God en God se Woord aan ons. Hy lei ons in aanbidding en bedien ons met krag en vrede en liefde van God. Hy openbaar God se wil aan ons en lei ons op die regte pad. Die Heilige Gees waarsku ons en help ons om weer terug te draai na God as ons gesondig het. Hy openbaar ons kindskap aan ons en bemagtig ons met die vrug en gawes van die Gees. Sonder die Heilige Gees kan ons nie saam met God wandel of met God bevriend wees nie. Ons moet dus seker maak dat ons vol is van die Gees van die Here.

Lees:                

Heb. 10:23

Mediteer:

  • Besef en weet jy dat die Heilige Gees in jou woon?
  • Weet jy hoe klink die stem van die Heilige Gees?
  • Om saam met God te wees, om eenheid met Hom te beleef, moet ons die Heiige Gees in ons hê.

Bid:

Dankie Heilige Gees dat U in my woon en dat U dit moontlik maak om in eeneheid met Vader te leef. Ek verklaar weer vandag dat U welkom is in my.Heilige gees praat met my, lei my, leer my en wys my wie Vader is en wat Sy doel en plan vir my is, Heilige Gees help my om Vader se woorde oor my lewe te ontdek en lei my om saam met dit te stem. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Ek beleef eenheid met Vader deur die Gees van Vader wat in my woon,

Aanbidding:

Come, Now is the Time to Worship – Official lyric video – Brian Doerksen