Die Perfekte Verhouding
Neville Goodchild
Vrygespreek. Besef dit.
Dag 1: Die vrede wat aanbidding bring
Het jy al met jou oë toe gestaan in die kerk terwyl ons sing? “We worship You.” Kon jy al die vrede in jou hart ervaar wat Sy teenwoordigheid bring? “Even when I don’t see it, You’re working.” Daar gebeur iets wanneer ons in aanbidding sing. Die Gees wat in ons woon help om die woorde wat uit die Skrif kom te konnekteer sodat ons Sy vrede en liefde kan ervaar. Sommige mense staan en sing terwyl trane op hul wange biggel. “We worship You.” Wanneer ons God se teenwoordigheid ervaar, wanneer ons sing, bid en prys, kry mens die besef dat Hy intensioneel investeer in ons lewe.
God is nie ʼn geskiedenisgod nie. Hy kyk nie na wat ons gedoen of nie gedoen het nie, dit is nie deel van Sy “make-up” nie. God soek ʼn verhouding met ons. Wanneer ʼn verhouding belangriker is as dade, beloftes en woorde, kom daar vrede. Dit is wat God vir ons wil hê, Verhouding sonder vergelding. Anders as ons hou Hy nie grudges nie.
Baie van ons sukkel om te verstaan dat God teenwoordig is, was en sal wees in ons lewens, al doen ons wat ook al. Ons wil wêreldse idees van vergelding vir verkeerde dade aan ons geloof koppel, maar dit is nie God nie. Hy het ons vrygespreek terwyl Sy Seun op die kruis sterf. Hy is altyd teenwoordig, al voel dit soms nie so nie.
Ons hoef regtig net in dankbaarheid te aanbid, Sy lof te prys en te weet dat ons gered is, daardie eerste keer toe ons gesê het:”Here red my, ek glo dat U my verlosser is.” Dis genoeg. Daar is nie hoepels waardeur ons hoef te spring om gered te wees nie.
Lees:
Fil. 1:3 -11
Mediteer:
Is daar iets in jou verlede wat jou vrede steel? Weet jy dat God nie omgee daaroor nie, Hy soek bloot ʼn verhouding met die mens wat jy nou is.
Bid:
Ons Rots, ons Vastigheid, ons Vader, ons Vesting. U pas ons op, U waak oor ons. U is getrou met U werk. Dankie vir U betrokkenheid in ons lewens. Help on om U teenwoordigheid te sien. Dankie, Vader. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Vrede. Dit is wat God ons gee.
Aanbidding:
I believe it – John Reddick
Dag 2: Hy sal nooit Sy rug op ons draai nie
Dalk het dit al met jou gebeur. ʼn Vriend of familielid keer jou die “rug toe”. Hy of sy wil niks meer met jou te doen hê nie. Dit maak nie saak of jy iets verkeerd gedoen het en of jy onskuldig is nie, die oordeel is gevel en jy is vir altyd ʼn buitestaander. Hulle draai letterlik hul rug na jou toe, jy is weggestoot.
God doen dit nie. Hy gee nie om oor die realiteite in ons lewe nie, hoe “sleg” ons voel of dink dat ons is nie. God is in die middel van ons lewens, ons denke en selfs ons helingsproses, Sy intensie is ʼn verhouding sonder oordeel. God gaan nie oorkant ʼn kombuistafel sit en al ons foute een vir een ontbloot nie. Dit is glad nie Sy intensie nie. Inteendeel, Hy wil ʼn verhouding met ons hê, ʼn verhouding waarin die een kant besef dat hy of sy nie in staat is om genoeg goeie goed te doen om Sy respek te kry nie, maar ʼn verhouding waarin ons besef dat God ons vrygespreek het. Ons hoef regtig nie te perform om Hom te beïndruk nie. God is liefde, vrede en vergifnis. Ons hoef net te praat met Hom, die res sal dit self uitsorteer,
Lees:
Mediteer:
God skep omgewing waarin ons net liefde en vrede ervaar. Kan jy jouself verbind daartoe sonder om jou geskiedenis op te haal?
Bid:
Vader, ons juig oor U liefde en getrouheid. Help ons om daarop te fokus asseblief, Here, as ons op onsself moet staatmaak is ons gedoem Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Vrede. Dit is wat God ons gee.
Aanbidding:
No longer a slave of fear – Zach Williams

Dag 3: Hy het net gepraat
In Genesis 1 sien ons in die eerste en tweede verse dat God die aarde geskape het, maar dat dit leeg, donker en bar was. Wat doen Hy toe? Hy praat net.
“Laat daar lig wees.”
En so was daar lig.
Dieselfde geld in ons lewens. Soms is daar areas van ons lewens waar dinge maar rof lyk. Dalk is dit ʼn verhouding. ʼn Besigheidstransaksie. Dalk is dit dat ons nie genoeg tyd maak om met God te spandeer nie. Dalk jou huwelik.
God se intensie was nooit dat ons donker areas in ons lewens moet hê nie. Maar hier is die ding. As Hy deur net vier woorde te spreek het Hy die son en maan geskep, hoeveel te meer sal dit nie vir Hom moontlik wees om die skurwe plekke, die skrape van seer, gesond te maak nie? Ons moet net vra.
In terme van die huwelik is baie van die uitdagings wat ons ervaar bloot omdat ons nie weet hoe om ordentlik te kommunikeer nie. Wanneer ons woede en frustrasies eenkant kan sit, kan ons begin om mekaar beter te verstaan, want die huwelik is die perfekte arena om God te beleef. Dis ontwerp om perfek te wees. God ontwerp niks wat nie werk nie. Ons sê so maklik dat dinge in ons land nie werk nie, hetsy dit nou elektrisiteitstoevoer of potholes is. God werk nie so nie. By Hom werk dinge. Die idee dat huwelike nie perfek kan wees nie, is ʼn leuen. Moenie dat Satan jou anders vertel nie. Skuif die woede eenkant toe, luister eers, dink, praat later.
Ons verhouding met God is ook geskep om perfek te wees. Dis nie geskep om moeilik te wees nie, ons hoef nie deur verskeie hoepels te spring om iewers uit te kom nie. God soek die verhouding, ons moenie tussen onsself en God kom nie. Get out of your own way ...
Lees:
Mediteer:
Is daar ʼn verhouding wat ons moet regmaak?
Kan jy ʼn perfekte verhouding met God “imagine”?
Bid:
Vader, ons wil daardie perfekte verhouding met U nastreef, ook met mekaar, Here. U kon lig aktiveer deur net te spreek, Vader. Spreek in ons lewens, maak ons oë en ore oop en ons harte ontvanklik vir U woord en die boodskap van U Gees. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek streef ʼn perfekte verhouding met God na, want dit is moontlik.
Aanbidding:
7eventh Time Down – The One I’m Running to

Dag 4: Mosterdsaadgeloof
Het jy ook ʼn interne kompas wat soms fluister dat jy nie verdien om gered te wees nie, dat jou geloof dalk te min is? Want ons het mos ʼn history waaroor ons nie trots is nie. Dit is tyd dat ons die leuen sien vir wat dit is. Dis die leuen wat ons toelaat in ons lewens. Dit is nie van God af nie, want Hy ken ons.
In Mat. 17:20 is Jesus aan die woord. Lees gerus die verskillende vertalings wat in die skakel vir jou gegee is. As ons geloof net so groot soos die kleine mosterdsaad kan wees, sal ons berge verskuif. Jesus is deeglik bewus van ons onvermoë om sulke geloof soos in die teks te openbaar. Hy ken ons harte, elke gedagte, hoekom sal Hy nie verstaan dat ons sukkel om te glo nie? Nee, geloof is nie ons probleem nie. Ons is genooi sonder vingerwysings en vergelding. Ons werke alleen sal nooit die Ewige Lewe vir ons verdien nie. Ons kry dit deur bloot aanbiddend te sê:“Hier is ek, Here.”
God ken elke haar op ons koppe (Luk. 12:7), Hy weet vir seker wat ons dink. Ons hoef nie versigtige Christene te wees wat dink ons geloof is nie goed genoeg omdat ons alweer gestruikel het nie. Hy weet alles alreeds en ten spyte van wat Hy weet, wil Hy ʼn verhouding met ons hê. Hoe weet ons dit? Lees Dag 5 se teks. Maar as jy nuuskierig is en nie wil wag nie, lees gerus solank Romeine 5.
Lees:
Mediteer:
In watter aspekte van my lewe is ek nog ʼn versigtige Christen?
Wat moet ek doen om my geloof te versterk?
Bid:
Vader, in ons strewe na ʼn perfekte verhouding met U, voel ons ons soms dat ons nie goed genoeg vir U is nie. Dankie dat U dit alreeds weet en verstaan en nog steeds Uselg met ons bemoei. Ons loof U Heilige Naam. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ons dien ʼn omgee God met ʼn ongelooflike mooi hart.
Aanbidding:
Chain Breaker – Zach Williams

Dag 5: Vlekkeloos - wanneer vreugde in ons harte uitbars
In Romeine 5 (The Passionate Translation) lees ons dat ons geloof maak dat God ons vlekkeloos (vers 1) verklaar. Net so. Ons is gekwalifiseer om ʼn perfekte verhouding met God te hê. Hoe wonderlik is die gedagte nie. Maar soos altyd met God, is daar meer. Hy verklaar ons regverdig (righteous). Dit beteken dat ons in reeds in die regte plek met God staan en dat ons werklike vrede in ons harte sal ervaar.
Dis nie al nie. Ons lees dat ons geloof ons permanente toegang tot Sy wonderlike guns het. Ons is as’t ware begunstigdes van God. Ons hoef nie ‘n klomp goed reg te doen om toegang te kry tot God nie, ons het dit alreeds. Weereens is dit nie al nie! Selfs in moeilike omstandighede wéét ons dat ons in Sy plek van vrede bly.
Daar is ook ʼn lewensles uit hierdie teks te leer. Soms wil ons vingerwysend verdoemenis preek wanneer dit sleg gaan met ons nasie. Dink aan droogte en covid en oorlog. Dan wil ons sê dat die “nasie tot bekering moet kom, want God straf ons.” Dis ʼn leuen. God maak ons nie een dag vry en die volgende vee Hy ons van die aarde af nie. Lees vers 9 in Romeine 5 weer: “'And there is still much more to say of his unfailing love for us! For through the blood of Jesus we have heard the powerful declaration, “You are now righteous in my sight.” And because of the sacrifice of Jesus, you will never experience the wrath of God”
Nou dat ons weet dat ons vry is en dat ons vrede en toegang het tot God moet ons mekaar daarvan herinner, ons vergeet ons aanklagte en behou “joy” in Sy vrede. Laat die vreugde in ons harte uitbars, want ons is voorwaar vlekkeloos.
Lees:
Mediteer:
Hoe kan ek my vreugde en vrede behou en verhoed dat my gevoel oor Jesus wipplank ry omdat ek skuldig voel?
Bid:
Vader, dankie dat U nie na ons kyk met oë wat teleurgesteld of kwaad is oor ons gedrag nie. Dankie dat U woord hou en dat U ons vrede gee. Dankie dat ons altyd toegang tot U sal hê, ten spyte van ons tekortkominge. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ons dien ʼn omgee God met ʼn ongelooflike mooi hart.
Aanbidding:
Peace – We the Kingdom