First things first
Brett Solomon
“GUARD YOUR HEART ABOVE ALL ELSE, FOR IT DETERMAINS THE COURSE OF YOUR LIFE” PROV. 4:23, NLT
Dag 1: Nie ek nie, maar God
Ons beste pogings is soos vuil klere, soos ‘n besoedelde kleed. (Jes. 64:6). Dit is nie lekker om dit te hoor nie. ‘n Paar keer in die Woord word hierdie woorde herhaal.
God word nie beïndruk deur enige iets wat ons in die vlees doen nie. Ons kan God nie dien uit ons eie poging nie. Alleen deur die Heilige Gees word ons geïnspireer om God te dien. Die Heilige Gees veroorsaak 'n roering in ons binneste wat van God kom, ‘n ontwaking, ‘n opgewondenheid.
“But seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be given to you as well.” Matt. 6:33, NIV.
Die koninkryk van God is nie net die hemel nie. Vir baie gelowiges gaan alles daaroor om in die hemel te kom. Hulle wil net graag weet dat hulle gered is en dat hulle hemel toe gaan. Ons moet nie vashak by ‘hemel toe gaan’ nie. Dit is ‘n natuurlike gevolg. Sodra ons tot bekering gekom het en gered is deur Jesus aan te neem, het ons die ewige lewe. Dit is soos om vir ons kinders kos te gee. Hulle beskou dit nie as iets wonderliks wat ons gedoen het nie. Dit is iets wat hulle verwag moet gebeur en is normaal.
Hoe ons God hier op aarde dien is wat belangrik is. Wat gebeur nadat ons vir Jesus ontmoet het en hoe wandel ons saam met Hom?
Die Koninkryk van God kom na ons wêreld deur elke kind van God deur wie Hy manifisteer en sy plan en manier van dinge doen openbaar. Dit openbaar hoe God in die hemel is en sy wil, hier op aarde. Dit gebeur wanneer ons gehoorsaam is, deur die Heilige Gees wat binne ons woon.
Lees:
Mediteer:
- Dit laat my altyd dink aan 'n weerkaatsing van 'n berg in 'n meer. Hoe skoner die water van die meer is en hoe gladder die opervlakte van die meer is, hoe duideliker is die refleksie van die berg in die meer. Indien God die berg is en ons die meer, sal dit beteken dat
- hoe skoner ons is (verootmoedig, sonde bely en vergewe, vry van sonde, oop kanaal vir Heilige Gees, gehoorsaam)
- hoe meer God se vrede in ons harte heers
- hoe meer sal ons God reflekteer/weerkaats in die wêreld
- Hoe lyk jou deelname aan die Koninkryk van God, nou, terwyl jy nog op aarde is?
- Hoe lyk jou lewe as n weerspieëling van God se koninkryk?
Bid:
Dankie Vader, vir die voorreg om deel te wees van u Koninkryk reeds hier op aarde. Ek bely dat ek nie altyd u Koninkryk eerste stel in my lewe nie en dat ek nie altyd 'n goeie weerspieëling is van u Koninkryk se waardes en beginsels nie. Vader, ek kies vandag weer om U en u Koninkryk eerste te stel in my lewe. Help my om werklik dit te kan doen.
Spreek Lewe!
Meer en meer van U Here en minder en minder van my. Heilig Gees, U is en inspireer, alles wat goed en bruikbaar is, binne my.
Aanbidding:
Hope Darst- Give You the Glory: feat Daniel Leonard (Official lyric video)
Dag 2: Alles het verander
In 'n ander land sal jy agterkom dat dinge anders gedoen word as waaraan jy gewoond is. Die inwoners praat dalk 'n ander taal, ry aan die verkeerde kant van die pad, het 'n ander kultuur, braai anders as ons, het ander waardes en standaarde. Dit kan baie frusterend, verwarrend en eensaam wees.
‘n Kind van God is 'n nuwe skepsel. Alles het nuut geword en ons het die Heilige Gees ontvang. Ons moet nou in die Koninkryk van God funksioneer. Ons moet doelbewus ons nuwe karakter en denkpatroon ontwikkel. Ons posisie het verander. Ons was in die wêreld, maar nou is ons in die Koninkryk van God. Ons laat God ons gedagtes vernuwe en neem die karakter van die Koninkryk aan. Dit is geregtigheid. Ons WAS, maar nou IS ons.
“Ek is maar net ‘n sondaar, gered uit genade.” Baie keer hoor ons dat gelowiges so praat. Dit is nie die waarheid nie. Ons WAS sondaars, maar nou IS ons kinders van God wat partykeer nog sonde doen.
As kind van God praat ons anders, ons loop anders, ons benader en hanteer ander mense anders, ons maak kinders anders groot, ons gebruik ons finansies anders, ons kyk ander films, ons gebruik ons tyd anders en ons lees ander boeke.
Partykeer kom ons agter ons “lyk” nie baie anders as toe ons nog in die wêreld was nie. Ons het tot bekering gekom en is gered, maar ons hou ons besig met die dinge van die wêreld. Ons is liggeraak en maklik geïrriteerd. Sondae verander ons gedrag dalk vir 'n paar uur, maar dan lyk ons weer soos die wêreld.
Wat het dan gebeur? Hoekom lyk ek so?
EK SOEK NIE MEER GOD SE KONINKRYK EN GEREGTIGHEID EERSTE NIE.
Ander goed het daardie plek in my hart en lewe ingeneem. Ek het toegelaat dat die wêreld my gedagtes en my hart besoedel. Dit is nie God se plan en ontwerp vir my nie. Ek is veronderstel om 'n lewe van oorwinning te leef in God se Koninkryk op aarde, maar omdat God nie eerste is nie, is ek gefrustreerd en sukkel ek elke dag en elke tree.
Lees:
Mediteer:
- Lyk my lewe anders as voor my redding of kan niemand eintlik agterkom dat ek my lewe vir Jesus gegee het nie?
- Dink terug aan jou lewe, jou lewensstyl, jou waardes, jou manier van praat en hoe jy mense hanteer. Is dit dit nou, na jou bekering, anders?
- Was jou lewe dalk radikaal anders na jou bekering, maar dit het weer stadig maar seker teruggekeer na die ou lewe?
- Dink bietjie aandagtig aan hoe jy dink iemand wat in die Koninkryk van God lewe se lewe behoort te lyk. Watter waardes en leefstyl behoort so iemand te handhaaf? Hoe vergelyk jy met hierdie prentjie?
- As jy eerlik met jouself moet wees, is God en Sy koninkryk eerste prioriteit in jou lewe?
- Wat is dit wat jou keer om alles oor te gee en Hom bo alles in jou te plaas?
Bid:
Vader, ek kom en bely dat U nie altyd eerste prioriteit in my lewe is nie, dat ek baie keer dinge van hierdie wêreld voor U plaas. Vader, ek bely ook dat my lewe nie altyd getuig van u koninkrykbeginsels nie. Wil u my skoon was met U bloed. Vader, ek maak nou weer 'n keuse om U eerste te stel in my lewe bo alles. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek is ‘n nuwe skepsel. Ek kies om U eerste te stel as my hoogste prioriteit en daarom weet ek dat U sal alles wat nodig is, byvoeg.
Aanbidding:
William McDowell – You are Here (Official VIDEO)

Dag 3: Bewaar jou hart bo alles
‘Wat die hart van vol is, loop die mond van oor.” Ons almal ken die gesegde. Ons praat en dink oor die goed wat vir ons belangrik is en wat ons direk raak.
Die wêreld bombardeer ons met media en populêre bewegings wat Christenskap en dit wat die Woord sê weerspreek. Minderheidsgroepe se stem is die hardste en enige persoon wat waag om iets teen die bewegings te sê, het groot moeilikheid. Mense met invloed, soos filmsterre, beroemde sangers en politici, promofeer idees wat goed lyk en klink. In kinderstories word onbybelse idees as alledaags voorgedoen. Alles is daarop uit om ons harte en gedagtes te besoedel.
Guard your heart above all else, for it determines the course of your life. Prov. 4:23 NLT.
Dit is nie iets kleins nie. Dit wat in ons gedagtes en hart heers, bepaal ons hele lewe.
Ons bou mure om ons hart om ons te beskerm wanneer ons seergekry het. Ons laat vrees toe wanneer die media ons vertel dat alles besig is om lelik skeef te loop. Ons bekommer ons oor finansies en oor die kinders en die toekoms.
Die maklike scapegoat is die duiwel. Dit is maklik om vir die duiwel die skuld te gee, maar dit is nie die volle waarheid nie. Die duiwel is reeds oorwin. Hy is in die openbaar verneder en sy toekoms is aangekondig. Jesus het hom oorwin en die outoriteit is aan ons oorhandig.
Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid om ons hart op te pas en om die Here te vra om ons te help om dit rein te hou. Ons moet besluite neem om te sensor waarna ons kyk en luister. Ons moet die woorde praat wat die Koninkryk van God bevorder. Ons moet films kyk en boeke lees wat ons opbou en wat die waarheid is. Ons moet tyd spandeer in God se teenwoordigheid en in gebed en aanbidding. Ons moet in die gemeenskap van gelowiges wees. Dit wat ons toelaat om in te spreek in ons lewens, sal bepaal waarmee ons ons harte en gedagtes besig hou.
Ek het die outoriteit en die keuse. Ek moet verantwoordelikheid neem en in afhanklikheid van God in oorwinning wandel.
Lees:
Mediteer:
- Waarna laat jy jouself toe om te kyk en te luister? Het jy enige beperkings of is dit maar 'n rivier van enige iets wat na jou kant toe kom waaarna jy jouself toelaat om te kyk of te luister?
- Het jy al die verantwoordelikheid geneem vir jou eie hart en wat jy daarin gaan toelaat?
- Regverdig jy soms jouself om na sekere videos te kyk of om na sekere kanale te kyk met redenasies soos: “ek is oud genoeg; ek kan dit hanteer; ek bly maar net op hoogte; ek kyk net so af en toe na sulke tipe flieks; ek luister nie na die woorde nie, net na die musiek; en, ek verdien dit” ens?
- Wat doen jy doelbewus om die vloed van gemors wat na ons kant toe kom teen te werk?
- Nog iets om 'n paar minute te vat en oor te dink is: Hoe gaan ek my lewensstyl en tydsbesteding aanpas sodat dit waarmee ek myself voed die goed is wat my hart bewaar en opbou? Dinge soos Bybellees en bid, gemeenskap met ander gelowiges hê, goeie christelike boeke lees ens.
- Wenk: kyk onder op ons App is The Chosen, 'n fantastiese reeks oor die lewe van Jesus. Iets baie positief om jou hart mee te voed.
Bid:
Vader, ons word so oorspoel met die gemors van die wêreld wat na ons toe kom deur alle vorme van die media. Ek bely voor U dat ek nie ten alle tye my hart bewaar soos ek moet nie. Vergewe my vir al die gemors wat ek toelaat in my hart. Vader, ek kies nou weer om my hart bo alles te bewaar en om daagliks te kies waarna ek sal kyk en luister. Heilige Gees, wil U my kom help om te onderskei en wil my U my lei. Gee my die krag om reg te kies en om nee te sê. Vader, ek kies om doelbewus my oë te draai na dit wat Goddelik is. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
My hart is uitverkoop aan God die Vader deur die kosbare bloed van Jesus. Ek is waaksaam en op my pos om al die aanslae van die wêreld op my hart af te weer, deur die salwing en die kragtige werking van die Heilige Gees wat in my is. Ek het nie meer 'n hart van klip nie, maar 'n hart van vlees. Ek eer in God alleen en nie op myself nie.
Aanbidding:
Guard Your Heart – Steve Green
1GN – Guard Your Heart (Official Lyric Video)

Dag 4: Waar is die Koninkryk van God?
“.. nor will they say,’See here!’ or ‘See there!’ for indeed the kingdom of God is within you.” Luke 17:21 NIV.
Die Jode van die tyd begryp nie dat Jesus die Messias is nie. Hulle vra Jesus oor die koninkryk van God. Hulle wil weet wanneer die Koninkryk sal kom. Jesus se antwoord is 'n openbaring. Hy sê dat die Koninkryk kom nie met sigbare tekens nie en is binne-in hulle. Dit beteken dus dat die Koninkryk van God ook binne-in elkeen van ons is.
Wie onthou die Cremora-advertensie waar die man sê: It’s not inside. It’s on top? In die geval kan mens sê: It’s not on top. It’s inside.
Ons wil almal God se seën en teenwoordigheid beleef. Ons sing liedjies soos Rain down, wat baie mooi is. Die probleem is dat ons aanhou kyk na God
- om op te daag,
- om ons te seën,
- om ons probleme op te los,
- om mense tot bekering te bring,
- om Homself te openbaar.
Hy het reeds 2000 jaar terug opgedaag en al die werk afgehandel, sodat ons nou Sy Koninkryk hier kan beleef en uitleef.
Die Koninkryk van God moet deur ons aan die wêreld geopenbaar word. Dit gebeur as ons God se wil en geregtigheid soek. Ons mis ook so baie kere, net soos die Jode, die waarheid. Jesus Christus het met sy kruiswerk reeds alles afgehandel. God het reeds alles in plek gesit en ons toegerus met die outoriteit en die Heilige Gees. Ons moet nou elke dag die Koninkryk van God soek en sy geregtigheid en dit uitleef. Ons moet leef volgens God se waardes en beginsels, met die oortuiging dat die Koninkryk binne-in ons is. Die Koninkryk word so aan mense bekendgestel en uitgebrei.
God voeg al die ander goed wat ons nodig het vir ons by. Ons kan dus in God se vrede ingaan, oortuig van sy voorsiening en versorging.
Lees:
Mediteer:
- Beleef jy nou dat jy reeds deel van God se Koninkryk is, of leef jy met die verwagting dat sy Koningkryk eendag in die Hemel beleef sal word?
- Besef jy dat jy nou reeds hier deel is van God se Koninkryk en meer nog, dat jy kan hier en nou deelneem aan die uitbreiding en versterking van sy Koninkryk?
- Sou jy sê dat jou lewe is ‘n vertoonvenster van God se Koninkryk?
- As jy aan jou eie leefwêreld dink, die mense om jou, dink jy hulle het nodig dat die koninkryk van God aan hulle bekendgestel word?
- Wat kan jy doen om seker te maak mense om jou kom in aanraking met God se Koninkryk?
Bid:
Vader, ek besef dat U hier en nou u Koninkryk wil vestig en dat u mense wil innooi na u Koninkryk. Ek besef ook dat U my wil gebruik om u Koninkryk te vestig daar waar U my geplaas het. Heilige Gees, help my asb. om deur my lewe, my manier van dinge doen, my waardesistem, die vrug wat ek dra, my manier van besigheid doen, my woorde, my dade, my krag en outoriteit, my afhanklikheid van U, my gebrokenheid ens.,'n goeie ambassadeur van u Koninkryk te wees, dat mense deur my lewe sal bekendgestel word aan u Koninkryk. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek is 'n passionate person finding purpose in his presence. My wil en idees lê ek neer en volg die salwing van die Heilige Gees tot God se eer.
Aanbidding:
To You O Lord – Graham Kendrick & Matt Redman – Lyric Video

Dag 5: Uit die oorvloed van die hart
Wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Dit is die basiese boodskap van Lukas 6:45 en Matt. 12:33-34.
Onwillekeurig dink ek aan al die gesprekke wat ek vandag gehad het. Was my woorde goed en opbouend of was dit negatief en afbrekend? Dit is nooit neutraal nie. Dit wat uit ons mond uikom weerspieël waarvan ons hart vol is. Dit kan goed of sleg wees.
As ons monde praat oor die goed waarvan ons harte oorloop, moet ons seker wees dat ons harte is vol van die regte goed.
Hier is die uitdaging:
- Hoeveel woord het ons in ons harte?
- Hoeveel begrip en verstaan van die Heilige Gees het ons in ons harte?
Ons moet ons hart volmaak met die vrug van die Gees deur in die kerk te wees waar ons herrinner kan word wie God is en gevul kan word met die Heilige Gees. Ons moet ons Bybel lees sodat ons kan antwoord ‘daar staan geskrywe…’. Dan sal ons in enige omstandighede kan sê: God is good all the time. And all the time, God is good. Ons rus dan in God se plan en leef in oorwinning.
Lees:
Mediteer:
- Ons harte moet oorloop van die vrug van die Gees. Om dit reg te kry, moet ons meer van God wees en minder van onsself. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees ons vul en dat ons in die krag en salwing van die Heilige Gees wandel elke dag.
- Dink 'n bietjie oor die vrug van die Gees. Waarmee sukkel jy? Waarmee moet jy jouself vul om meer vrug van die Gees te dra?
- Vertrou jy regtig op God ongeag wat die omstandighede is?
- Kan jy in alle omstandighede sê: God is good all the time. And all the time, God is good.
Bid:
Here dankie vir U Heilige Gees. Ek kan nie maar U kan. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Ons leef in oorwinning deur die Woord te spreek in elke situasie en deur die salwing en krag van die Heilige Gees.
Aanbidding: