Go Deep 22 Januarie 2023

First things first

Neville Goodchild

Their sainthood lay in their habit to offering the smallest of actions to God! – Bridget Herman

 

Dag 1: Waarom Koninkryk eerste?

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” – Matthéüs 6:33. Daar is sekere eienskappe wat nie aan God toegeskryf kan word nie. God is eerste, altyd. “Hoor, Israel, die HERE onse God is 'n enige HERE.” – Deuteronomium 6:4 In die oorspronklike Hebreeus staan daar eintlik “eerste Here” in stede van “enige Here”. Dit beteken steeds dat God die enige God is, maar wat belangriker as die enige God is, is dat God eerste is. Hy kan nie tweede wees nie. Daarom leer Jesus dat God se Koninkryk eerste geplaas moet word, want waar dit nie eerste is nie, bestaan dit nie.

Volgens hierdie vers in Matthéüs was Jesus besig om ‘n groot skare mense  te leer oor vrymakende waarhede. Hierdie mense het, net soos baie van ons vandag daarmee sukkel, ook geworstel met bekommernisse in hulle harte. Hierdie bekommernisse lei na angs. Jesus leer ons dat die antwoord vir vryheid van bekommernisse en angs is om God se Koninkryk eerste te stel en dit voortdurend te doen. Daar waar God se Koninkryk eerste gestel word, sal God alles voorsien wat vir die Koninkryk benodig word. Dit sluit ons in wat die Koninkryk van God op aarde sal laat kom.

Die Here wil hê dat jy vir Hom, sy Koninkryk, asook die beginsels wat vir Hom belangrik is, die eerste prioriteit in jou lewe sal gee. Hy kan nie tweede plek in jou lewe inneem nie.  Hy sal ook nie eerste plek in jou lewe inneem tensy jy Hom toelaat en innooi nie. Wanneer jy dít doen, belowe Hy dat jy nie verder oor jou behoeftes en benodighede bekommerd hoef te wees nie. Alles wat uit plek is in jou lewe sal Hy regstel, want die enige en eerste God is ‘n God van orde, en waar aan Hom die hoogste gesag gegee word, sal Hy orde skep.

Lees:

Mat. 6:33

Deu. 6:4

Mediteer:

  • Is angs besig om in jou lewe te heers, of heers Jesus?
  • Selfs godsdiens kan ‘n bron van angs en bekommernis wees. Jesus sê, Come to Me, all who are weary and heavily burdened [by religious rituals that provide no peace], and I will give you rest [refreshing your souls with salvation]. As Jesus eerste in jou lewe is, kan jy rus in die redding wat Hy vir jou gee sonder om angstig te wees oor enige godsdiensoefeninge wat jou gediskwalifiseerd laat voel.

Bid:

Here, ek wil vir U die eerste plek in my lewe gee. Ek bely oor al die kere wat ek nie u Koninkryk en u geregtigheid eerste gestel het nie. Ek kies om weer my lewe aan U toe te wy en om U eerste te maak in my lewe. Lei my en leer my om as die geregtigheid van God te leef. Ek prys u heilige Naam, Here Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Ek kies die Koninkryk van God eerste, want my Jesus voorsien aan alles wat ek nodig het!

Aanbidding:

YAHWEH (No One) – Chris Tomlin & Elevation Worship


Dag 2: Die aangesig van die Here

Die beste manier om te lewe, is met die guns van die Here. Alhoewel ons die seën van God se genade ontvang in Jesus, is ons nie gewaarborg om die guns van die Here oor ons lewens te hê nie. Petrus leer ons dat die oë en ore van die Here op die regverdiges is (1 Petrus 3:12). Die regverdiges in hierdie konteks, is diegene wat volgens God se beginsels lewe soos dit beskryf word in 1 Petrus 3:10-11.

Die Here kyk met sy oë na sy kinders in wie Hy ‘n welbehae het en Hy luister na hulle gebede. Wanneer Hy sien hoe jy leef volgens die beginsels van God se koninkryk eerste, sal jy God se “ja” oor jou lewe ontvang. Die Here hou nooit op om te na sy geliefdes nie te kyk nie. Om God se guns te ontvang, is egter nie net afhanklik van werke nie. Guns verg meer as dit. Dit word ingeweef in ‘n begingselvaste lewe en verhouding met God.

  • Die seën van God is gekoppel aan beginsels (bekering, genade, Koninkryk eerste)
  • Die guns van God is gekoppel aan verhouding (intimiteit met God)
  • Verhoudingsgroei is afhanklik van beginselvaste lewens (leefwyse wat God eer)

Wanner jy God eer, begin jy om sy Koninkryk eerste te plaas. Jou hart word  meer sensitief vir sy stem en so kan jy hoor en gehoorsaam wees aan sy wil. Saam met elke stap van gehoorsaamheid groei jy in jou verhouding met God. Hoe nader jy aan God kom, hoe meer begin Hy jou lewe transformeer om sy beginsels en karakter aan te neem. Terwyl jy in die karakter van Jesus groei, begin God sy guns loslaat oor jou lewe.

Lees:

1 Pet. 3:10-12

Mat. 28:19

Mat. 7:14

Mediteer:

  • Wat is vir God belangrike beginsels?
  • Hoe lyk die karakter van Jesus?
  • Waar kan jy begin met gehoorsaamheid? Die eerste gehoorsaamheidstap wat Jesus ons leer, is om gedoop te word. Indien jy nog nie hierdie stap geneem het nie, praat met die Here daaroor en laat Hy jou lei deur die waarheid in sy Woord.

Bid:

Vader God, ek wil u guns in my lewe ontvang. Ek wil lewe volgens u beginsels en in verhouding met U groei. Wys vir my die stappe van gehoorsaamheid wat ek kan neem om in verhouding met U te groei en om U te eer. Jesus, help my om aan u karakter gelykvormig te raak, om U te volg en U eerste in my lewe te stel. Ek prys u Heilige Naam, Here Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

“Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.” (Mat. 7:14). Ek sal lewe en guns vind in ‘n lewe wat aan God toegewy is.

Aanbidding:

The Blessing - Kari Jobe & Cody Carnes


Dag 3: Meet die guns van God

Die wêreld is behep met die idee van “ek het gearriveer” - sodat ek kan sê ek het opgedaag en almal om my, my beter sal raaksien. Hierdie idee berus op die gedagte dat lewe gaan oor bestemmings en dat jy werk tot jy ‘n sekere bestemming bereik het, sodat die hele wêreld om jou dan eer aan jou sal bring en jou begin dien. Die lewe wat God vir ons sê om te lewe, is ‘n lewenslange reis. Daar is nie bestemmings en oomblike waarvan ons kan leef nie, maar eerder die uitnodiging om in ‘n lewegewende verhouding met God konstant te groei in liefde en in waarheid.

Ons kan dus nie die guns van God volgens oomblike meet nie. We don’t measure the moment. We live in the day but measure by the decade. Ons meet God se guns in seisoene en in dekades. Ons sien baie keer nie vooraf die effek van God se guns op ons lewens raak nie. Neem vir Josef as ‘n voorbeeld. Nadat hy onskuldig in die tronk gegooi is vir sy geregtige optrede, het die Here vir Hom guns gegee in die oë van die owerste van die gevangenis. Josef het na alles en oor almal in die tronk omgesien. Hy was nie vir 'n kort tyd in die tronk nie, maar nogtans kon hy die guns van die Here oor homself in die tronk sien en ons kan dit ook sien.

Die guns van die Here word opgestoor en groei hoe meer ons in verhouding en gehoorsaamheid saam met Hom leef. How great is your favor, which you store up for your loyal followers! – Psalms 31:19 NET. Die beginsel is om lojaal en konsekwent in toewyding aan die Here te lewe. First things first: Lewe met toewyding aan die Here en ervaar hoe God se guns elke seisoen en dekade van jou lewe oorstroom.

Lees:

Gen. 39:20-23

Ps. 31:19 NET

Mediteer:

  • Hoe het jy God se guns oor jou lewe gemeet?
  • Lewe jy vir oomblike of lewe jy vir die ewige reis saam met Jesus?
  • Hoe kan jy meer toegewyd aan die Here lewe?

Bid:

Jesus, ek wil meer toegewyd wees aan U. Ek wil U in alles volg. Help my om nie hoop en geloof te verloor in tye waar ek nie u goedheid maklik raaksien nie. Dankie dat U my heeltyd seën en dankie dat U die pad van verhouding saam met U voorberei met u guns. Ek prys u Heilige Naam! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Selfs wanneer ek nie sien nie, is my lewe vol van die guns van die Here!

Aanbidding:

Way Maker  - Leeland


Dag 4: Die beginsel van gebed

Let inward prayer be your last act before you fall asleep and your first act when you awake, and in time you will find, as did Brother Lawrence, that those who have the gale of the Holy Spirit go forward even in their sleep – Thomas Kelly.

Wat ‘n manier om te groei in 'n verhouding met die Here! Volgens die psalmdigter van Psalm 129:2 sal ons, selfs terwyl ons slaap, groei in geloof en in 'n verhouding met God, en meer van God se guns in ons lewens begin sien. Hierdie verhoudingsgroei gebeur wanneer ons die beginsel van gebed uitleef. Gebed is ons gesprek met die Here en die versoeke wat ons aan Hom rig. Hoe meer ons groei in ons verhouding met die Here en sy wil eer, hoe meer leer ons sy karakter ken.

Saam met God se guns het ons ook die belofte dat die Here luister na die gebed van die regverdiges. Waarom is gebed dan vir ons moeilik? Om dit eenvoudig te stel:

  • Gebed en aanbidding lyk soos onnatuurlike aksies.
  • Gebed en aanbidding is ‘n belydenis dat ons swak en afhanklik van God is.
  • Dis moeilik om spesifieke effekte en uitkomste aan gebede te koppel.

Alhoewel dit vir ons vlees uitdagend kan wees, is daar groot vrug gekoppel aan gebed. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. Gebed en geloof gaan gepaard met die Woord van God om die werk van God op aarde te laat geskied.

Lees:

Ps. 129:2 AMP

1 Pet. 3:10-12

Jak. 5:16

Mediteer:

  • Sukkel jy daarmee om die Here in gebed te vind? Indien ja, waarom sukkel jy met gebed?
  • Waarvoor kan jy begin bid en die Here vertrou om dit te antwoord?

Bid:

Vader God, dankie dat ek kan bid en vertrou dat U sal antwoord. Help my om gedissiplineerd te wees in gebed en om U te eer en te soek. Dankie dat U my ook altyd sal antwoord. Leer my verder om in geloof te bid. Ek prys u Heilige Naam, Here Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Vra en vir jou sal gegee word!

Aanbidding:

Thank You Jesus for the Blood – Charity Gale


Dag 5: Plaas die Koninkryk eerste

But if we [really] walk in the Light [that is, live each and every day in conformity with the precepts of God], as He Himself is in the Light, we have [true, unbroken] fellowship with one another [He with us, and we with Him], and the blood of Jesus His Son cleanses us from all sin [by erasing the stain of sin, keeping us cleansed from sin in all its forms and manifestations]. – 1 Johannes 1:7.

Hoe plaas ons die Koninkryk van God eerste in ons lewens? Begin deur die leefstyl van geregtigheid te lewe. Aanvaar jou identiteit as ‘n seun of dogter (‘n identiteit groter as ‘n kind) van God. Wees oorgegee aan die wil van die Here. Vra na die wil van die Here en Hy sal vir jou wys hoe om Hom deel van elke aspek van jou lewe te maak.

Gee jouself ook oor aan ‘n leefstyl van gebed. Jy hoef nie ure lank te bid nie, maar soos Smith Wigglesworth sê, I don’t often spend more than half an hour in prayer at one time, but I never go more than half an hour without praying. Gebed is nie ‘n godsdienstige oefening nie. Dit is ‘n gesprek wat lei na ‘n dieper verhouding met die Een wat jou meer liefhet as wat jy ooit sal kan verstaan. Plaas die Here en sy Koninkryk eerste en jou lewe sal verander.

Lees:

1 Joh. 1:7 AMP

1 Pet. 3:10-12

Joh. 1:4-5

Mediteer:

  • Hoe lyk jou gebedslewe?
  • In wat se beginsels van God se Woord kan jy groei?

Bid:

Jesus, ek wil U altyd eerste sit en vir U en u Koninkryk lewe. Verander my lewe deur meer lig te kom skyn en in U lig te wandel. Dankie dat ek u guns en u seën kan ontvang en dat U genade en waarheid vir my nuwe identiteit kom gee het! Ek prys u Heilige Naam! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” – Johannes 1:4-5.

Aanbidding:

Let The Light In – Kari Jobe