Miracles
Neville Goodchild
Die wonder van God se beskerming
Dag 1: Keeper of My Heart
Volgens Spreuke 4:23 is dit duidelik dat ons ons harte moet bewaar want daaruit vloei die lewe. Ek kan my eie hart bewaar.
Daar het al situasies in ons elkeen se lewens gebeur wat maak dat ons maklik kan ophou glo in God se goedheid en betrokkenheid in ons lewens. Ons belewenis van die oomblik kan groter wees as ons belewenis of persepsie van God.
Die vyand se strategie is om jou moedeloos te maak en magteloos te laat voel. Hy smee ’n wapen sodat jy sonder geloof sal wees.
Dit is in hierdie oomblik waarin ons ’n keuse het om die Here te vertrou en dit op so ’n manier te doen dat die geeswêreld ook kennis neem hiervan. Om te sê: “Here, ek vra dat U my hart, my siel sal bewaar in hierdie situasie, want ek weet dat ek ’n risiko loop dat my hart skade kan kry". Ek kies dat God die “keeper of my heart”, sal wees, want ek weet dat ek dit nie uit my eie kan doen nie.
Ps.121:2 My help comes from the Lord, who made heaven and earth
Ps.121:5 The Lord is your keeper
Daar is omstandighede wat ons ons harte kan kos. In hierdie omstandighede moet ons kies om ons harte te bestuur.
Lees:
Mediteer:
- Dikwels is dit makliker om uit te tree, passief te raak, die gesag wat die Here vir jou gegee het te abdikeer en jouself op ’n kragtelose plek te posisioneer. Jy kan jou eie hart bewaar en jy kan vir God vra om dit vir jou te doen. Jy is steeds in beheer oor die toekoms van jou hart.
- Met jou hart glo jy, en met jou mond spreek jy. Let op na dit wat jy sê, want dit wys jou wat jou hart glo.
- In jou omstandighede, nooi die Here om deel daarvan te wees. Vra Hom om vir jou kreatiwiteit te gee in jou besigheid, in jou verhoudinge en in jou besige lewe. God het 'n plan en ons kan deel wees van hierdie ongelooflike plan, of kies om self te sukkel.
Bid:
Here, ek nooi U vandag, kom wees die keeper of my heart. Bewaar asseblief my siel (my hart en verstand), sodat ek in die ongelooflike plan wat U vir my en my gesin se lewe het, sal wandel en bly wandel.
Bonus: Spreek Lewe!
Ek neem posisie in, ek bewaar my hart en vertrou God ook om my hart te bewaar.
Aanbidding:
Keeper of My Heart – Kari Jobe
Dag 2: Wees bly!
Die term "wonderwerk" het ’n baie algemene term geword in ons kultuur. Wanneer iets goeds gebeur, dink ons soms dat dit ’n wonderwerk is. Selfs net in ons land dink ons as die krag nie afgaan nie, dat dit ’n wonderwerk is. ’n Goddelike wonderwerk is egter ’n bonatuurlike ingryping. Dit is wanneer God die natuur op ’n onmoontlike manier verander.
Wanneer ons iets ’n gebedsaak maak en God tree in, eer ons die Here daarvoor. Ons eer die Here vir alles wat goed is (Jak.1:17). Dit gebeur egter nie altyd dat alles waarvoor ons die Here vra en vertrou, gebeur soos ons dink dit moet nie.
Paulus sê dat hy weet wat dit beteken om gemartel te word, in gevaar te wees, om honger te wees, uitgelewer en ’n openbare bespotting te word (2 Kor.11:24-29). Tog sê hy ons moet in alles dankbaar en bly wees (Fil. 4:4-7). Hierdie man is deur erge marteling en hy sê wees bly? Wanneer jy deur moeilike omstandighede gaan, kan jy bly wees wanneer jy jou hoop op die Here plaas, want wanneer jou geloof die toets deurstaan, stel dit jou in staat om te volhard (Jak.1:17).
Volharding bring geestelike volwassenheid!
Lees:
Mediteer:
- Hoe kan ek prakties bly wees in elke omstandigheid?
- Daar is baie situasies waarin jy beland en geduld leer en waar jou karakter ontwikkel word. Jakobus 1 sê dit so mooi in die AMP "And Let endurance have its perfect result and do a thorough work, so that you may be perfect and completely develop [in your faith], lacking nothing".
Bid:
Here, daar is vir my niks goeds behalwe by U nie. U het vir my ’n pragtige deel afgemeet. Wat ek ontvang, kom van U af. Ek loof U omdat U my tot die regte insig bring. Selfs in die nag bly ek bewus van wat U my leer. Ek het U altyd by my en daarom sal ek nie struikel nie. Daarom is ek bly en juig ek en weet ek dat ek veilig is by U. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedig blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Amen (Ps.16).
Bonus: Spreek Lewe!
The Joy of the Lord is my Strength!
Aanbidding:
Fullness of Joy – Shane & Shane
Dag 3: Waar staan jy?
Dit gebeur dat ons onsekerheid oor die Here beleef wanneer ons ’n verlies ly, veral nadat ons Hom gevra het om te help.
In ’n stadium vra Jeremia vir die Here “Why has my pain been perpetual and my wound incurable, refusing to be healed? Will you indeed be to me like a deceptive brook with water that is unreliable?” (Jer.15:18 AMP).
Die Here antwoord hom en sê dat hy ontslae moet raak van hierdie idee dat Hy nie betroubaar is nie.
Geloof verg dat ons moet kies om die Here te vertrou nog voordat ons omstandighede verander. Om in alles bly te wees (ten spyte van dinge wat verkeerd is en nie uitwerk nie) is ’n geestelike skuif wat jy maak om jou op die regte plek te posisioneer in die Here. Die oomblik wat jy dit begin doen, begin jy deur die vyand se vingers gly.
Begin om die Here te loof asof dinge reeds in plek is. Wees vergenoegd en dankbaar teenoor Hom, ten spyte van jou omstandighede. Vertrou die Here asof dit goed gaan. Dit is ’n keuse wat jy uitoefen. Dit vereis inspanning om die Here te loof wanneer dinge moeilik is. Skuif die posisie van jou denke en roep die dinge wat nog nie is nie. Dít is geloof! Die Here beloon jou geloof in Hom!
Lees:
Mediteer:
- How do you get rid of unwarranted suspicions regarding His faithfulness? Ons benodig 'n deurbraak in ons emosies en in ons denke. Ons moet ons gedagtes tot Christus bekeer. As Christen is dit een van ons grootste uitdagings. Nie om teen die vyand te baklei nie, maar om ons denke gehoorsaam te maak aan Jesus Christus.
- Bid dat alles goed sal gaan met jou: fisies, emosioneel en geestelik. Nooi die Here sodat jy Goddelike inspraak kan kry: om hoop te kry, die vermoë om te sien en vir kreatiwiteit by jou kreatiewe God.
- Besluit om vir die Here dankie te sê en blymoedig te wees in jou realiteite. Vertrou en eer die Here. Hoe gaan jy dit prakties doen?
- Hoe gaan jy jou eie denke verskuif?
- Oordink voortdurend die goedheid van die Here in jou lewe.
- Dink na oor die beloftes wat die Here vir jou gegee het. As jy dit nog nie ontvang het nie, vra die Here daarvoor met vrymoedigheid. Hy droom oor jou lewe. Bid saam met iemand by die kerk of in jou sel.
Bid:
Here, ek bekeer vandag my gedagtes en my hart terug na U toe. Ek is jammer dat ek U betwyfel, dat ek wonder of U omgee, of U goed is en of U werklik vir my lief het en sorg. Ek bring al die dinge wat verkeerd is vir U vandag. Dankie, dat U goed, genadig, lankmoedig en betroubaar is en dat U hierdie sake sal hanteer, beskerm en verander. Dankie dat U genees, heiligmaak en dat U oorwinning gee, Jesus Christus. Ek vertrou U hiermee en gee dit nou vir U. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
My omstandighede bepaal nie wie God is nie. God se Karakter is betroubaar!
Aanbidding:

Dag 4: Bonatuurlike beskerming
God bied daagliks bonatuurlike beskerming op maniere wat ons nie besef nie. Ons kan Hom vra vir beskerming en Hom vertrou om ons te beskerm. As ons Hom nie kan vra en vertrou nie, waarom aanbid ons Hom dan? God is betroubaar in Wie Hy sê Hy is, Sy Karakter is betroubaar.
Ons lees in Handelinge 16 van Paulus en Silas wat gemartel is en in die tronk gegooi is, met hulle voete in blokke. Wat het hulle gedoen toe God hulle nie teen dit beskerm het nie? Hulle het “lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister” (Hand.16:25). Daarna volg bonatuurlike gebeure. Die fondamente van die gevangenis skud, almal se boeie kom los en die deure gaan oop. Só kom ’n hele huishouding tot redding. Dit beteken nageslagte se lewens is gered. Dit wat vooraf gebeur het, was nie regverdig nie, maar God het ’n groter plan gehad.
Lank voordat Noag, Jona en Paulus hul krisisse beleef, het God reeds ’n plan. Hulle het nie geweet wat die uitkomste daarvan sou wees nie. Toe hulle die Here vertrou, het die Here baie meer gedoen as wat hulle kon indink of vra.
Lank voordat jy ’n probleem in die gesig staar, het God reeds ’n plan!
Lees:
Mediteer:
- Paulus en Silas beleef intense oomblikke van mishandeling. Hulle kies om God te loof en prys. Wat is die gevolg?
- Wat beteken dit om ’n offer te bring aan die Here wat vir Hom aanneemlik is, as Hy nie werke van ons verwag nie, maar oorgawe? God-pleasing Sacrifices: Through Him, therefore, let us at all times offer up to God a sacrifice of praise, which is the fruit of lips that thankfully acknowledge and confess and glorify His name (Heb.13:15).
- Jou krisis vang God nooit onkant nie. Hy weet wat die uitkoms gaan wees en Hy het reeds ’n plan. Hy wil graag betrokke wees in die uitkomste daarvan. Wat is jou posisie in die Here?
- God red die regverdige, maar die regverdige vra ook vir God se hulp.
Bid:
Here, in hierdie oomblik van krisis kies ek om u Naam groot te maak. Om met my mond U te loof en prys. U is groter as my omstandigheid en enige vrese. Vrees kom nie van U af nie. In u liefde is ek veilig al lyk my omstandighede hoe sleg. Ek verklaar vandag dat U in beheer is van elke krisis wat ek beleef. U sal dit ten goede laat meewerk, omdat ek U lief het. In Jesus se Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
U het reeds ’n plan. Ek volg u plan en vertrou dat U my op die regte pad lei want U is getrou oor U eie Woord.
Aanbidding:
Raise a Hallelujah – Bethel Music
Whatever Your Plan Is – Josie Buchanan
Dag 5: U alleen is God
“Baie planne is in ’n man se hart, maar die raad van die Here, dié sal bestaan” (Spr.19:21).
Hoeveel meer weet God nie hoe om vir ons te sorg en presies te gee wat ons nodig het nie (Luk.11:11)? Veral sy Heilige Gees wat vir ons op elke manier voorsien. Ons kan met vrymoedigheid vra. Ons kan ook bid vir bonatuurlike beskerming vir ons en ons kinders. Ons aanbid ’n God wat krag het om ons te bevry in tye van nood. God red, al gebeur dit nie altyd soos ons dink dit moet nie.
God doen wonderwerke vir die wie Hy lief het, maar in lyn met sy ewige doel. Hy weet wat die uitkoms gaan wees. Ons verstaan dit nie, of sien dit nie, maar God se langtermyn doel en my korttermyn planne is nie altyd dieselfde nie. Hy is lankmoedig en getrou.
Sal ek dan eerder my eie dwaasheid volg as om God se insig te vra en vertrou? Sal ek dan eerder op my eie insigte staatmaak as op die bonatuurlike wysheid van die Here? Wanneer ons onsself geestelik posisioneer, het God ’n plan en die krisisse vang Hom nie onkant nie. Hy het vir elke geval ’n Goddelike plan. Ek besluit net of ek my daarby wil skaar.
Hy is die Een wat wonderbaarlik red, verlos en beskerm!
Lees:
Mediteer:
- Wat beteken dit dat God lankmoedig is?
- Het jy al swaargetrek in ’n situasie? Miskien nie jouself kon verduidelik nie en jou reputasie is beskadig? Of iemand het jou seergemaak? Wil jy ook vra: “Waar was U?” Paulus is ’n paar keer gemartel en vir dood agtergelaat. Wat was sy optrede daarna? Hy het gebid en lofliedere gesing. Leer by Paulus as jy wil oorleef en floreer.
- Paulus het God aanbid en nie die wonderwerk nie. Hy het God geloof en prys vóór die wonderwerk. Vertrou die Here en Prys Hom vir Wie Hy is, nie vir wat Hy vir jou doen nie!
- Hoe maak jy ’n stelling in die geeswêreld wat die vyand laat sidder?
- Kry jou emosies onder beheer
- Kom tot jou sinne
- Weet dit is moeite en ’n stryd
- Loof die Here te midde die storm
- God bevry Paulus nie, totdat Hy Paulus bevry uit die tronk.
Bid:
Here U is die Groot Ek IS, U alleen is God. U is ryk aan krag en U verstand is oneindig. U is groot en baie lofwaardig. U Grootheid is ondeurgrondelik. Geeneen is soos U nie Here, U is Groot en u Naam is groot in krag. Ek loof en prys U alleen.
Bonus: Spreek Lewe!
Here, ek sal U aanhou loof en prys vir Wie U is!
Aanbidding: