Miracles
Neville Goodchild
Dek die tafel vir die bonatuurlike
Dag 1: Geluk of guns?
“That was pure luck!”
Baie dinge wat in die lewe gebeur, is bloot toevallig. Of is dit? Dit is die persepsie waarmee die wêreld kyk wanneer daar goeie dinge in mense se lewens gebeur. Dit skep die idee dat een persoon die gelukkige lootjie getrek het en 'n ander die ongelukkige een. Met een persoon gaan dit goed en met 'n ander gaan dit sleg. Eendag verander dit dalk en gaan dit dan goed met diegene waarmee dit sleg gegaan het. Ongeag of 'n persoon reg of verkeerd lewe, kan daar goeie dinge in hulle lewens gebeur.
Hierdie persepsie kan ons eie gedagtes as Christene ook vorm en verander. Ons kom onder die indruk dat dinge wat met ons gebeur, ook per toeval gebeur. Ons behoort te vra, “Was dit toeval of was dit God?” Indien ons wel daardie vraag vra, klink dit meer soos, “Was dit toeval of was dit miskien God?” Die lewe is 'n uitdaging en die idee dat goeie goed per toeval kan gebeur, is 'n leuen wat die vyand vertel om ons geloof te pooitjie wanneer ons deur die slegte tye gaan.
'n Kind van God praat nie meer van toeval nie. Wanneer ons God leer ken, ontvang ons die openbaring soos wat Jakobus ontvang het, dat elke goeie gawe van God af kom (Jakobus 1:17). Alles wat goed is in lewe, of dit klein finansiële deurbrake is, verhoudings wat na jare van gebrokenheid versoen het, of selfs 'n geslaagde toets waarvoor daar geleer is, kom van Vader God af. Hy is die enigste Bron van die goeie in hierdie wêreld. Daarom mag ons dalk vra waarom dit dan goed gaan met mense wat verkeerde dinge doen? Die Here laat dit oor almal reën, goeie of slegte mense, maar soos Hy vir Dawid antwoord, wat dieselfde vraag gestel het: Die einde van mense wat God nie kies nie, lyk anders as die einde vir diegene wat Hom kies. Jou einde lyk anders, maar jou einde is nog nie hier nie. Wat maak jy met die goeie dinge in jou lewe?
Lees:
Mediteer:
- Wat is die mees onlangse getuienis van 'n goeie ding wat in jou lewe gebeur het? Dink bietjie na oor wat jy daarvan erken het. Het dit vir jou gevoel soos geluk, of 'n toevallige gebeurtenis?
- Vat tyd om met die Here te praat en te bid oor die goeie en die slegte in jou lewe. Vader God word nie bedreig deur hoe ons voel nie en verkies dat ons die gevoelens in ons harte met hom deel. As jy aanstoot neem omdat jy voel dat die Here slegte goed in jou lewe veroorsaak het, bely dit voor Hom en vra Hom om jou te help om jou hart te verander.
- God is altyd en in alles goed. Terwyl jy na die aanbiddingslied luister, stem saam en sing saam oor sy goedheid wat in jou lewe is.
Bid:
Vader God, dankie vir alles wat goed is in my lewe. Dankie vir die mense wat vir my kosbaar is en wat my liefhet. Ek prys U vir die goeie gawes in my lewe! Jesus, ek bely dat ek nie altyd dadelik erken dat die goeie dinge in my lewe van U af kom nie. Help my om gereeld te erken en te besef dat dit u guns oor my lewe is. Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie sy trou duur van geslag tot geslag!
Aanbidding:
King of My Heart – Bethel Music feat. Paul & Hannah McClure
Dag 2: 'n Tree na die bonatuurlike
Het jy al die bonatuurlike beleef? Dit klink soms oorweldigend en miskien bietjie vreesaanjaend om aan die bonatuurlike te dink. Ons besef nie dat ons eintlik elke dag met die bonatuurlike te doen het nie. Elke keer wanneer jy bid of aanbid, is jy besig met bonatuurlike dinge. God is Gees en die geeswêreld beweeg in die bonatuurlike. Die deurbrake wat van God af kom as antwoord op gebede, is bonatuurlike werke wat deur God se Gees uitgevoer word.
Daar is nog baie meer wat die Here vir ons van sy bonatuurlike werk in ons lewens wil openbaar. Om daaraan te begin deelneem, moet ons begin om te bid en te aanbid. God se goedheid en guns is antwoorde op die uitdagende omstandighede waarmee ons gekonfronteer word. Dit verg bonatuurlike inspraak om onmoontlike omstandighede te kan verander.
Wat moet ons doen wanneer ons onmoontlike omstandighede in die gesig staar? Wat kan ons doen? Wanneer jy in die middel van onmoontlike omstandighede met lofprysing en aanbidding begin, kan jy die bonatuurlike verwag. Ons noem dit a sacrifice of praise. Dit is 'n welgevallige offerhande aan die Here om Hom onder sulke omstandighede te aanbid. Die geeswêreld begin beweeg wanneer ons, in tye wat vir ons hopeloos lyk of voel, voor die enigste God in aanbidding kom.
Lees:
Mediteer:
- Hoe lyk die omstandighede in jou lewe in hierdie seisoen?
- God word nie gedefinieer deur omstandighede nie, maar Hy is die Een wat omstandighede definieer.
- Indien jy onmoontlike omstandighede beleef, begin om die Here vir daardie omstandighede te loof en te aanbid.
Bid:
Vader God, dankie dat U oor alles heers. U het krag om alles to oorwin en 'n deurbraak in enige omstandighede te bring. Ek prys U vir die werk wat U doen. U is getrou en sal ook getrou wees tydens hierdie omstandighede wat ek nou beleef. Kom en werk in hierdie omstandighede, Vader God. In die Naam van Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
God het mag oor alles, groot of klein. Hy kan die deure oopmaak en Hy sal my omstandighede verander!
Aanbidding:
Spirit Lead Me – Influence Music & Michael Ketterer
I Choose to Worship – Rend Collective
Hallelujah Anyway – Rend Collective
Dag 3: Gegryp
“Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.” – Matteus 11:12.
Om die Koninkryk van God en alles wat deel is daarvan in besit te neem, moet jy dit aangryp met geweld. Dit verg ‘n passievolle geloof om die heerlikheid van God in ons lewens te begin sien. Gryp alles aan wat Hy het om te gee en vertrou dat sy werke sal geskied. Alhoewel dit van ons passievolle deelname vra, is dit nie iets wat uit onsself kom nie. Dit is bloot ‘n reaksie op dit wat God klaar gedoen het.
“Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.” – Filippense 3:12-13.
Paulus leer ons goed. Hy het die openbaring ontvang dat die enigste rede waarom hy na die Koninkryk van God en sy heerlikheid kon gryp, is omdat Jesus hom eerste gegryp het. Gegryp is nie bloot gehoor of gesien nie, dit dui aan dat ‘n passievolle, intensionele en betekenisvolle handeling uitgevoer is. Die oomblik wat jy ja gesê het, het Jesus jou dadelik gegryp en deel gemaak van sy familie. Jy is voorafbepaal om deur Hom uitgekies te word en Hy was gereed om jou dadelik deel te maak van sy lewe. Hy het jou ook nie gegryp as gevolg van dit wat Hy in jou lewe gesien het nie. Hy het jou gegryp weens die potensiaal wat Hy vir jou lewe gesien het. Jesus sien nie meer wat agter is nie, Hy fokus net op dit wat vir jou voorlê.
Lees:
Mediteer:
- Voel jy gediskwalifiseerd voor die Here?
- Voordat jy gebore is, het Jesus jou gekies om te red. Hy sien nog steeds iets in jou lewe wat jy dalk nie nou kan raaksien nie.
- Wat verhinder jou om die Koninkryk aan te gryp?
Bid:
Jesus, dankie dat ek goed genoeg is vir U. U sien nie die verlede nie, maar die potensiaal van my toekoms. Dankie dat U my gered het sodat ek nou al kan begin om deel te neem aan u Koninkryk. Leer my om ook die Koninkryk aan te gryp en dit deel van my lewe te maak. Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Niks van my verlede sal ooit dat God iets anders sal besluit oor my as sy besluit om my te kies vir sy werk nie!
Aanbidding:
Dag 4: Strek jou uit na wat voor is
Ons weet dat dit wat God in ons lewens wil doen veel groter is as dit waarvoor ons ooit kan bid of aan dink (Efesiërs 3:20). Hy werk op bonatuurlike maniere. So het ons ook geleer hoe om deel te word van die bonatuurlike: Deur in lofprysing en dankbaarheid voor God te kom in tye van onmoontlike omstandighede. Deur die Heilige Gees geïnspireerd, leer Paulus vir ons die volgende stap om die potensiaal van ons toekoms soos wat God dit sien, deel te maak van God se bonatuurlike werke.
“Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.” – Filippense 3:13. Die werk van God is voortdurend nuut en is op pad na dit wat voorlê (Jesaja 43:19). Ons moet uitstrek na dit wat voorlê, maar om ons fokus te plaas op dit wat nog kom, moet ons vergeet dit an wat agter ons is, of soos Paulus sê, ons moet onself losmaak van dit wat agter ons lê. Jesus het jou nie gered oor hoe jou lewe gelyk het nie, maar oor die potensiaal wat in jou toekoms opgesluit lê. Om te kan fokus op God se bonatuurlike werk vir jou toekoms, moet jy vergeet van dit wat verby is in jou lewe. Jou verlede kan God nie terughou van die groot werke wat Hy in en deur jou kan verrig nie. Indien jy saam met God daaraan deelneem en die nuwe werke te sien, moet jy dit wat verby is laat los.
Behalwe jou eie verlede moet jy ook kies om van vorige perspektiewe en persepsies af te sien. Ons is geneig om te onsself daaraan te herinner dat ons op ‘n “realistiese” manier moet dink. Ons herinner onsself daaraan dat sekere mense bloot net gelukkig is en dat ander mense se geluk opgedroog het. Die Here gaan nie op bonatuurlike maniere begin werk as ons nie daardie persepsies en perspektiewe laat gaan nie. Dit is nie die regte denkwyses wat wat aan aan God die eer sal te gee vir die goedheid wat ons in ons lewens ervaar nie.
Lees:
Mediteer:
- Watter gebeurtenis in jou verlede herinner jouself gereeld aan dit wat jou verhinder om te glo dat God vir jou goed sal wees?
- Hoe lyk jou perspektief? Sien jy die goeie dinge in jou lewe as geskenke van die Here, of as gebeurtenisse gebore uit geluk?
- Vader God is gereed om groot en nuwe dinge in en deur jou te doen. Stel jouself oop om dit waarmee Hy besig is, te ontvang .
Bid:
Vader God, dankie dat U my gered het! U het my gekies nie vir hoe my lewe gelyk het nie, maar vir wat U met my lewe kan maak. Jesus, help my om my perspektiewe te verander om te weet dat alles wat goed is uit my Vader se hand uitkom. Ek prys u Heilige Naam, Here Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Groter as wat ek kan bid of dink, het die Here vir my voorberei!
Aanbidding:
Dag 5: Die regte insig.
Hy verskaf die regte insig aan almal wat nie daarop ingesteld is dat God aan jou toekoms wil werk nie.
Daar is soveel meer wat wag. Dit is al klaar vir ons goeie nuus, veral vir diegene wat deur uitdagende seisoene gaan. Verder het ons ‘n belofte van God wat met hierdie goeie nuus gepaard gaan en wat dit net beter maak. Wanneer ons dit met ons perspektief nie regkry om onsself los te maak van die verlede en uit te strek na dit wat vir ons voorlê nie, sal God vir ons wys en ons help.
Dit is deel van ons geestelike groei om verlos te word van die verlede en ons aandag op die toekoms te plaas en op nog meer as dit: die ewigheid wat Jesus vir ons gaan voorberei het. Hierdie perspektief verander baie dinge in ons lewens. Dit help ons om te besef dat moeilike omstandighede of onaangename gebeurtenisse gebruik kan word om God se wil in ons lewens te bevorder. ‘n Gebroke perspektief, wat nog gefokus is op teleurstellings van die verlede, sal dit steeds as ‘n teleurstelling sien. ‘n Nuwe perspektief sal egter aantoon dat alles ten goede gebeur vir diegene wat in Jesus is (Romeine 8:28).
Vader God is besorg oor jou. Hy het jou met passie aangegryp toe jy ja gesê het vir Jesus. Hy het van die begin af, nog voordat die aarde geskape is, ‘n plan gehad vir jou (Efesiërs 1:4). Die Here sal nie toelaat dat jou verkeerde perspektief jou weghou van die beste wat Hy vir jou voorberei en beplan nie.
Lees:
Mediteer:
- Stel jouself oop om die Here toe te laat om in jou lewe te kom werk. Wees bereid dat Hy jou denkwyse gaan uitdaag.
- Dit wat God doen, is die beste wat Hy voorberei het vir jou lewe. Soms lyk of werk dit nie uit soos wat ons verwag dit moet nie, maar God se planne is soveel groter.
Bid:
Vader God, wys vir my as my ingesteldheid of my uitkyk oor hierdie denkwyse verkeerd is. Help my sien wanneer ek nie u goedheid erken in die goeie dinge wat in my lewe gebeur nie. Jesus, verander my perspektief sodat ek kan uitstrek na dit wat voorlê en gereed kan wees om die volheid te ontvang wat U vir my beplan. Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Die werk wat Jesus in my begin het gaan net beter en groter raak tot die dag wat Jesus terugkom! Daar is oneindige en ewige potensiaal vir dit wat Hy met my lewe kan bereik!
Aanbidding: