ONS GLO
Neville Goodchild
Wat glo ons en hoe dink ons? Waarom doen ons dinge op spesifieke maniere en wat dryf ons?
Dag 1: Sy Teenwoordigheid
Ons het ’n visie en dit is: PASSIONATE PEOPLE FINDING PURPOSE IN HIS PRESENCE!
Ons het in die afgelope twee weke gesels oor ons passie vir mense en hoe belangrik verhouding in God se Koninkryk is. Wanneer ons nuut gebore is, ken ons mense nie meer na hul vlees nie, maar na die Gees-potensiaal van God, wat in hulle is. Dit is slegs moontlik om jou ware doel te ontdek, in die Teenwoordigheid van God. Hierdie week mediteer ons op God se Teenwoordigheid. Hoe kan ons omgewings vir God se Teenwoordigheid skep?
Dit is in God se Teenwoordigheid waar ons bonatuurlike deurbrake beleef. Dit is slegs wanneer God betrokke raak wat ons hemel op aarde kan ervaar. Dit is daarom só belangrik dat ons ’n omgewing skep waarin mense die Here kan beleef. Dit beteken nie ons maak God se Teenwoordigheid ná nie, of manipuleer op ’n manier nie. Dit beteken dat ons die Here só lief het en dien, dat ons dit makliker maak vir ander om in die Teenwoordigheid van die Here te kom; dat ons mense begin lei in Sy Teenwoordigheid in. Ons skep ’n omgewing deur die regte gesindheid te handhaaf, deur liefde en deur die vrug van die Gees.
We are Presence Creators!
Lees:
Mediteer:
- Op watter praktiese manier skep ek ’n omgewing sodat ander maklik in God se Teenwoordigheid kan kom?
Bid:
Here, ek wil U Teenwoordigheid tasbaar in my lewe beleef en ook so ’n intieme verhouding met U hê, dat ander makliker in U Teenwoordigheid kan kom. Kom gee vir my diep openbaring van U Teenwoordigheid in hierdie week. In Jesus se Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ek skep omgewings vir God se Teenwoordigheid.
Aanbidding:
I Love Your Presence – Jenn Johnson
Dag 2: Passion for Worship
U is tog die Heilige wat woon waar die lofsange van Israel weerklink! (Ps.22:3).
Daar waar ons die Here loof en prys, is Hy inwonend en betrokke. Ons gee deur aanbidding vir God toestemming om bonatuurlik betrokke te raak in ons liggaam, siel en gees, in ons verhoudings en finansies en om herstel te bring in alle areas van ons lewens. Die Boodskap vertaling sê: ‘U is waar hulle U loof’. Dit is ’n Geestelike wet wat God daargestel het. Waar twee of meer in Sy Naam vergader, daar is Hy! (Mat.18:20).
Wat gebeur tydens aanbidding? God se goeie en volmaakte wil gebeur. Ons is traag om moeite te doen en tyd af te staan. Ons het insig nodig. Wanneer ons in aanbidding voor die Here kom, dan vermeerder Hy Homself in ons. Wanneer ons in aanbidding saamkom, skep ons geleentheid vir die Here se Teenwoordigheid om te manifesteer in ons midde, want Hy bewoon die plek waar ons Hom aanbid. Dus sien ons genesing, deurbrake in finansiële krisis en verhoudinge wat herstel wanneer ons in aanbidding kom. In aanbidding skuif ons fokus na Hom toe, ons gee ons oor aan Hom en plaas ons vertroue in Sy Goddelike vermoë.
Wanneer ons saamkom in aanbidding vir ons Sondag feesviering en ook wanneer ons Hom alleen in ons binnekamer aanbid, is Hy daar. Daar is nie ’n beperking op God se Teenwoordigheid waar ons Hom aanbid nie.
Gees-vervulde Konings en Priesters maak nie net musiek nie, maar handhaaf ’n leefstyl van aanbidding. Ons is die Koninklike Priesterdom, aktief besig om Koninkryk te vestig. Ons het ’n mandaat om die Teenwoordigheid van God in ons lewens uit te leef. Só skep ons ’n strategiese geleentheid vir mense om in God se doel vir hul lewens te kom.
Lees:
Mediteer:
- Hoekom is God teenwoordig waar ons Hom aanbid?
- Hoe lyk ware aanbidding?
- “Worship is our number one priority in ministry. Everything else we do, is to be affected by our devotion to this call. He inhabits our praise. One translation puts it this way, ‘But You are holy, enthroned in the praises of Israel'. God responds with the literal invasion of heaven to earth through the worship of the believer” – Bill Johnson
Bid:
Ek kom vandag in aanbidding voor U en fokus my hele siel, liggaam en gees nou op U (You are Holy Forever).
Bonus: Spreek Lewe!
Ek handhaaf ’n leefstyl van aanbidding, sodat die hele skepping om my kan begin beleef wat ek beleef in aanbidding.
Aanbidding:
The Wonder of Your Love – Hillsong Worship
Dag 3: Culture of Faith
In die Nuwe Testament sien ons soveel oomblikke waarin Jesus omgewings vir God se Teenwoordigheid skep. Hy skep ’n kultuur van hoop en geloof. Ons het nodig om in gelid te begin stap met Jesus en omstandighede te definieer volgens God se wil en Woord.
’n Kragtige manier om ’n omgewing te skep vir God se Teenwoordigheid, is deur nagmaal soos Jesus dit ingestel het. Die nagmaal is nie net ’n simbool nie, maar dit is Jesus se liggaam en bloed en Hy is almagtig om omstandighede bonatuurlik te verander.
Wanneer ons nie weet wat om te bid nie, het ons ook die Heilige Gees wat namens ons intree. Hy tree met versugtinge vir ons in, volgens die wil van God. Dit is waarom ons in tale bid wanneer ons nie weet wat om te bid nie. Die Heilige Gees bid Vader se wil vir ons lewens. Daarom hoef ons nooit magteloos, hopeloos of alleen te voel nie; want selfs die Gees bid vir ons en God aktiveer dit wat die Gees namens ons bid. Om in tale te bid skep ’n atmosfeer vir God se Teenwoordigheid en bou geloof.
As Jesus die lig vir die wêreld is en ons het hierdie lig ontvang, beteken dit dat ons as ligdraers, hierdie lig vir die wêreld moet uitleef. Dit is ’n doelbewuste besluit om omgewings te skep waar ander God se teenwoordigheid kan begin beleef. Waar ons saamstem oor God se wil in ’n spesifieke saak, sal God die saak beslis. Ons het nodig om die leiers en voorlopers te wees hiervan. Ons skep ’n omgewing, ’n kultuur van geloof, wanneer ons in plekke instap en geloof uitleef. Laat ons begin en volhard daarin om ’n boodskap van hoop in elke situasie in te spreek.
“Faith is the mirror of the heart that reflects the realities of an unseen world – the actual substance of His kingdom. Through the prayer of faith we are able to pull the reality of His world into this one. This is the function of faith” – Bill Johnson
Lees:
Mediteer:
- Wanneer die wêreld chaos beleef moet ons ons geloof uitleef. Daarom is dit so belangrik dat ons weet wat ons glo. As ons weet wat ons glo en waarom, kan ons met vrymoedigheid sê wat God sê in elke situasie.
- “Vir die wat Hom lief het....” – Het jy die Here lief? As die antwoord ja is, dan is die beloftes van die Here vir jou waar.
- “As God vir ons is, wie kan dan teen ons wees” – God staan gereed om alle omstandighede te definieer. Omstandighede kan God nie definieer nie.
- Ware aanbidding is aanbidding deur die Gees en in waarheid.
Bid:
Here, U is die Een wat vir my geloof gee. Help my om standvastig te wees in U en met vrymoedigheid my geloof uit te leef sodat die wêreld wat smag na waarheid, altyd waarheid uit U Gees by my sal ontvang. In Jesus se Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Ek skep ’n kultuur van geloof waar ek gaan, deur God se waarheid te verklaar in alle omstandighede.
Aanbidding:
Dag 4: Environment of Ministry
For all who are allowing themselves to be led by the Spirit of God are sons of God. For you have not received a spirit of slavery leading again to fear [of God’s judgment], but you have received the Spirit of adoption as sons [the Spirit producing sonship] by which we [joyfully] cry, “Abba! Father!” (Rom.8:14-15)
Ons wat die Gees van God het, is aangeneem as Seuns en Dogters van die Almagtige. Ons is ambassadeurs van God se Koninkryk. Ons bly bewus van die voordeel van ons geloof en reik uit en bedien waar ons beweeg. Ons skep oral waar ons bymekaarkom ’n omgewing van bediening.
Alle gebrokenheid wag vir ons om ons seunskap op te tel. As ons verstaan waarin ons aangeneem is, dan sal ons ons erfenis verstaan. Ons erfenis bring ons oor in aksie om ’n siele-oes in te bring en goed te word om so ’n omgewing te skep vir God se Teenwoordigheid.
Lees:
Mediteer:
- God staan gereed om alle omstandighede te definieer.
- Ware aanbidding (in Gees en Waarheid) lei altyd tot bediening. God se wil geskied in ons midde / in ons situasie / in mense se omstandighede.
Bid:
Here, dankie vir U Gees wat bevestig dat ek ’n erfgenaam is in U huis. Ek wil my seunskap met erns opneem en ’n siele-oes begin inbring vir U huis. U het my geroep en U Gees bekragtig my. U lei my deur U Gees in liefde en waarheid om in aksie oor te gaan volgens U wil. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
In the presence of its creator, creation reaches its full potential – F Du Toit
Aanbidding:
Lord of the Harvest – Lindy Cofer
Dag 5: Cultivating Stewardship
We cultivate stewardship. We celebrate our relationship as kings and priests. Faith actualizes what it realizes.
Ons glo dat ons nie liefde, genade, hoop en geloof (en geestelike gawes) gekry het om dit vir onsself te hou nie, maar om dit uit te leef na ’n gebroke wêreld.
Dit is tyd dat ons besef dat wat God sê, sal gebeur. God se wil sal seëvier in ons lewens! Ons as gelowiges het ’n ingeboude begeerte om God in alle omstandighede te beleef. Ons as Seuns en Dogters van God staan in verhouding met Hom en het iets om te gee in omstandighede van chaos en wanhoop.
Soos ons smag om by Jesus te wees, só smag die wêreld om aan Hom voorgestel te word en deel te word van Sy Koninkryk. Alle gebrokenheid wag vir jou om jou seunskap op te tel en uit te leef. Hy het gekies om Sy lig en lewe in jou te plaas en Homself deur jou te openbaar. As jy dit nie doen nie, bly die wêreld oningelig, onaangeraak en gebroke. God word verheerlik wanneer ons baie vrug dra.
Lees:
Mediteer:
- Ons staan in verhouding met Pa en ons celebrate jou verhouding met Hom.
- “Any revelation from God’s Word that does not lead us to an encounter with God only serves to make us more religious. The church cannot afford ‘form without power’ for it creates Christians without purpose”.
- Wat keer my om God se liefde en waarheid uit te leef in hierdie wêreld?
- Wat verloor die wêreld wanneer ek nie uitleef wat God vir my gegee het nie?
Bid:
Here, ek stel myself beskikbaar vir U lig en lewe om deur my te vloei. Ek vertrou dat U Gees my herinner aan U waarheid en dat ek U liefde kan uitleef omdat U Uself aan my openbaar met elke geleentheid. Kom vloei deur my tot eer en verheerliking van U Naam. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
Die gawes wat ek ontvang het, is nie vir myself nie, maar vir die wêreld!
Aanbidding: