Go Deep 13 April 2025

Kan ek God hoor praat?

Neville Goodchild

 

Dag 1 Raak betrokke.

Vanoggend tydens die diens het die lofprysing ons diep geraak ...

“Let the King of my heart
Be the mountain where I run
The fountain I drink from
Oh, He is my song
Let the King of my heart
Be the shadow where I hide
The ransom for my life
Oh, He is my song

'Cause You are good
You are good, oh oh
You are good

And let the King of my heart
Be the wind inside my sails
The anchor in the waves
Oh oh, He is my song
Let the King of my heart
Be the fire inside my veins
The echo of my days
Oh oh, He is my song

Let the King of my heart
Be the wind inside my sails
The anchor in the waves
Oh oh, He is my song
Let the King of my heart
Be the fire inside my veins
The echo of my days
Oh, He is my song

'Cause You are good
You are good, oh oh
You are good”

 

God se stem is altyd sag en vol liefde; een van die plekke waar ons dit hoor en die uitkoms van mense wat Sy stem hoor, sien, is by die aksies van ons kerk.

Kon ons vanoggend God se stem hoor terwyl ons aanbid? Vir seker. As ons oop is om te hoor wat Hy voorstel. Vir seker. God praat meestal sag in ons harte deur die Gees.

Lewende Woord Bloemfontein het ‘n projek wat al meer as tien jaar terug net ‘n gebed was, maar nou lewendig is met God se impak. ‘n Hele span mense help om Redeeming Love Safe Houses te bedryf. Hierdie is nie ‘n oefening nie, dit is ‘n doelgerigte poging van mense in ons kerk om vroue en kinders wat vasgevang is in dwelmhandel, mense-handel, gesinsvernietiging te ondersteun, uit te ruk uit die omstandighede waarin hulle is en hulle by ‘n veilige plek te help om weer op hulle voete te kom. Dit is ‘n vennootskap wat die Valke en ander kerke insluit. Byvoorbeeld, die Baptiste Kerk nie ver van ons af nie, het ook betrokke geraak om vroue te red uit die kloue van verslawing, gesinsgeweld en mense-verhandeling.

God het hierdie projek so geseën dat daar nou al twee huise is wat hierdie mens help om op die been te kom. Dit gaan groei. Dit gaan baie groter word. Ons wil jou uitnooi om deel te raak van hierdie projek, op watter manier ook al. Kom. Vind uit hoe jy deel kan raak om God plan vir mense wat Hom nie ken nie. Daar is verskeie maniere wat ons kan help, kontak 082 500 2223. Ons gaan vir seker God se stem hoor wanneer ons onsself besig hou met dinge wat vir Hom belangrik is.

Bogenoemde is net een van die aksies wat ons kerk mee besig is. Die uitnodiging is om hand op te steek en te sê:”Here, ek wil deel wees van iets wat tot U eer is.” Daar is baie geleenthede by ons kerk om God se stem te hoor. Ons nooi jou uit om deel te raak op watter manier ookal. Dis nie ‘n oefening wat ons gebruik om boksies af te tiek nie, dis regtig net ‘n manier waar ons kan deelneem aan die groter plan. Kom ...

Moenie bang wees nie, God floreer wanneer dinge rondom ons onmoontlik lyk.

Lees

Handelinge10:2 -26

Mediteer

Waarin kan ek deelneem om God se Koninkryk uit te bou?

Gebed

Vader, ons eer U vir die feit dat U U eie Seun vir ons opgeoffer het. Help ons om te hoor wanneer U praat sodat ons ander mense kan help. In Jesus naam. Amen..

 

Spreek Lewe

Ek het vaardighede, pasgemaak vir die Koninkryk, en ek kan dit ontsluit God se doel.

Aanbid

Worship through it – Tasha Leyton & Chris Brown

 

Dag 2   Kan ek regtig God se stem hoor?

Daar is baie mense wat nie weet hoe om die Here se stem te hoor nie. Dan is daar sommige mense wat lief is om te sê:”Die Here het vir my gesê ...” Natuurlik is dit heel moontlik dat iemand die Here se stem in sy oor kan hoor. Paulus het. Hand. 9:10. Maar baie keer gebruik mense hierdie woorde om hulself te posisioneer as ‘n bietjie op ‘n hoër vlak van geloof as dié wat dalk nog sukkel om ‘n diep geloofservaring van verhouding met God te hê. Dit sit baie mense af om deel te neem by ‘n kerk of in ‘n Bybelstudiegroep of selfs moeite te probeer doen om by die Here uit te kom.

God praat wel met ons. Ons moet net leer hoe om te luister en waar ons hierdie woorde hoor. God se stem is hoofsaaklik nie in desibels wat ons hoor in ons ore as klank nie. Hy kom ook nie na ons in weerligstrale en donderweer wat Sy aankoms aandui nie. God is subtiel. Soms kry ons net ‘n gevoel in ons hart dat ons iets vir iemand moet doen, dalk vir iemand moet bid of hulle bel. En dan bid. Dit is die Heilige Gees wat dan werk.

Maar wat as ek verkeerd hoor? Dis oukei. Dis heeltemal oukei. God hou nie op om te praat nie en Hy verstaan dat ons foute maak. Ons hoef nie in vrees te leef om te hoor nie, ons groei en leer uit ons foute. Die meeste van ons leer die beste uit ons foute. Later in die week gaan ons uit die Woord lees van iemand wat verkeerd gehoor het. Moet dit nie misloop nie.

Maar daar is meer. Jesus self is eers op dertig jarige ouderdom gedoop. Hy is ook eers deur ‘n opvoedingsproses om uiteindelik Sy werk hier te doen. Ons kan ons probeer indink dat ‘n baba Jesus ook moes leer wat Hy mag doen en nie mag doen nie, ons weet Hy was volkome mens.

In Handelinge is daar verskeie plekke waar God met mense praat. Paulus se voorbeeld vroeër is een van hulle. In Handelinge 8 praat die Gees met Filippus om ‘n hofdienaar te bekeer. Handelinge 10, 13, 26 en 23 het nog voorbeelde. Gaan doen ‘n bietjie navorsing. Ons beleef tans ‘n Handelinge tydperk.

God se stem dan nou? Waar kan ek dit enige oomblik van die dag hoor? Vandag se leesstuk is die antwoord. God se eerste en voorkeur manier om met ons te praat is deur Sy Woord. Die Bybel. Ons kan dit nie hoor as ons nie die Bybel konstant lees en bestudeer nie. Dit is God se Primêre spreekbuis. Natuurlik het God nie self in die Bybel geskryf nie, Hy het mense geïnspireer om te skryf en hulle denke gelei. Ons Vader praat eerstens uit die Bybel. Kom ons onthou dit.

Lees

2 Tim. 3:16-17

Mediteer

So, wat gaan ek volgende doen wanneer ek in my hart voel dat ek iets oor die Here moet sê by my werksplek of vir ‘n vriend?

Gebed

Vader, ons wil U hoor. Dankie vir die Woord wat ons lei om U stem te hoor. Dankie dat U bly praat, totdat ons hoor. In die naam van Jesus. Amen.

 

Spreek Lewe

I can hear my Father's voice.

Aanbid

What an awesome God – Phil Wickham

Dag 3   Hoe God lei deur Sy Woord

Vandag lees ons weer 2 Tim. 3:16-17, maar uit ‘n ander vertaling (NIV) en met die idee om dit nog beter te verstaan. Soms gee verskillende vertalings soveel meer insig sodat ek en jy God se Stem duideliker kan hoor.

“ All Scripture is God-breathed and is useful for teaching, rebuking, correcting and training in righteousness,  so that you, a man of God, may be thoroughly equipped for every good work.”

In die 1953 Afrikaanse vertaling praat die eerste frase van:” Die hele Skrif is deur God ingegee ...” Die Griekse woord vir hierdie “ingegee” is pneuma en kan ook vertaal word soos in die NIV vertaling hierbo – ingeblaas. Hierdie is ‘n belangrike aspek van die teks waaroor ons gesels. In Gen. 2:7 maak God eers die mens en blaas dan lewe in hom. Hierdie was nie ‘n jump start nie, iets spesiaals en doelgerig gebeur wanneer God blaas. God maak hier van die mens iets meer as ‘n dier, Hy gee ‘n geeslewe. In Joh. 20:22 blaas Jesus op die dissipels en hulle ontvang die Gees. Die feit dat God blaas is nie die mees belangrike ding nie, dis wat gebeur na die tyd. Die dissipels raak lewegewende gees, iets wat God gee bo en behalwe lewe.

Heb.4:12 praat oor hoe God Hom deur Sy Woord gereeld en doeltreffend aanwend om ons te help om dit waarvoor ons streef te bereik. Sy seuns en dogters wat ‘n impak maak in die wêreld om ons.

Die praktiese vraag is nou of ek my Bybel van voor tot agter moet lees om Sy stem te hoor. Dis heel oukei as jy dit wil doen, solank jy dit nie as ‘n medalje op jou bors wil dra om ander mense te beïndruk nie. Dis dalk meer gepas om vrae soos “Watter tema is God besig om by my aan te roer wanneer ek lees en wanneer ek in die kerk sit en lering ontvang?” Wanneer ons meer en meer aktief begin lees, begin ons spesifieke temas oor en oor raak lees in verskillende plekke in die Bybel.

Om terug te kom na “blaas.” God se Gees lewe in elke woord in ons Bybel, dit is gees-geïnspireerd want Hy het daaroor geblaas. Dis hier waar Hy met ons praat. Maar daar is regtig meer as net om inligting te ontvang. Wanneer ons aktief lees, kan ons in gemeenskap met God verkeer, ons kan leer as ons luister. Bybellees is nie ‘n oefening nie, dis God se voorkeurhandvatsel op ons denke. In die geeswêreld hoor ons God se stem in ons harte, nie in ons ore nie. Ons word uitgedaag uitdaag om ons Bybel te lees met meer as net die soeke na inligting, maar eerder met die verwagting dat ons kontak met God gaan hê, direkte inspraak in ons lewe.

Laastens, die leesstuk vir vandag is nog steeds in 2 Tim. 3, maar van vers 10 af. Kyk hoe mooi is Paulus se nederigheid ten spyte van die fantastiese werk wat hy verrig het. Ons as gelowiges kan dit navolg.

Lees

2 Tim. 3:10-17

Mediteer

Wat gaan ek anders doen wanneer ek nou my Bybel gaan lees?

Wat gaan my verwagtings wees?

Gebed

Vader, Lei ons deur U Woord, ons ore is gespits, ons is opgewonde om nuwe temas wat toepassing op ons lewens het raak te lees, ons weet U gaan met ons praat. Ons loof U naam. In die naam van Jesus. Amen.

 Spreek Lewe

Die Here soek kontak met my, en ek het toegang.

Aanbid

Your way’s better – Forrest Frank

Dag 4   Ander maniere hoe God met ons praat

Wanneer ons goeie geestelike gewoontes aanleer, begin ons God se stem baie meer en duideliker hoor. God praat prakties met ons wanneer ons aan Goddelike instellings deelneem. Dissipline soos om God se Woord elke dag te lees, om daagliks te bid is ‘n instelling. Om elke Sondag sonder verskonings kerk toe te gaan bring stabiliteit vir ons gesin. Maar meer nog, dit is ook waar God is. Mat. 18:19-20 bewys dit: “For where two or three are gathered together in My name, I am there in the midst of them.” Dit maak dan tog net sin om God se stem te gaan soek op ‘n plek waar jy vir seker weet Hy nou is.

Nog ‘n voorbeeld van ‘n Goddelike instelling is om aan te sluit by ‘n Bybelstudiegroep. Bybelstudie, gewoonlik in die middel van die week wanneer iemand by die werk jou al teen die mure uitgedryf het, is ideaal om tussen ander mense te wees wat oor die Here wil praat. Gemeenskap van gelowiges. Die Here belowe dat Hy daar sal wees, omdat die vergadering in Sy naam.

Die kernwoord in die volgende tekste is “gewoonte”. Lukas 22:39-41. Petrus en Johannes gaan tempel toe en maak ‘n verlamde man gesond: Hand. 3:1-10. 

Dissipline. Gewoonte. Dit skep geleenthede vir God om wonderwerke te laat gebeur.

Ja, maar ek ... verskoning

Ononderhandelbare gewoontes om Geestelike instellings by te woon skep ‘n oop deur vir God om direk in ons harte in te spreek. Om Sy liefde en Sy Gees direk in ons harte te blaas. Ons almal het al in die kerk gesit en luister na ‘n preek wanneer iets wat die leraar sê ons laat voel of hy nou net met ons praat. Eintlik is die HY wat met ons praat deur Sy dienaar. God se stem. Dis oral. Ons moet net genoeg uitkom waar ons moet wees om dit te hoor.

 Lees

Hand. 2:42-47.

Mediteer

Is daar Goddelike instellings wat vir jou ononderhandelbaar is? Indien nie, wat kan jy daaraan doen?

Gebed

Vader, dankie dat U verskeie geleenthede elke dag en elke week skep vir ons om U stem te hoor. Maak ons asseblief wakker sodat ons entoesiasties kan deelneem aan alles wat U vir ons bied. In die naam van Jesus. Amen.

 Spreek Lewe

Ek is entoesiasties om meer deel te neem aan Goddelike instellings.

Aanbid

Dawn – Rebecca St James

Dag 5  Bang dis nie die Here se stem nie? Lees hierdie.

In 1 Samuel 3 lees ons sommer in die eerste vers dat die Here in daardie tyd Homself nie baie openbaar het aan die profete nie. Eli, Samuel se leermeester, was al oud en kon nie meer mooi sien nie. Hierdie is een van die min voorbeelde waar God Sy stem gebruik om te roep. Hy roep Samuel drie keer. Drie keer spring Samuel op en hardloop na waar Eli rus, want hy dink dit is hy wat hom roep. Die eerste twee keer stuur Eli hom terug bed toe. Die derde keer besef hy dat die Here is wat vir Samuel roep. Hy sê hom aan om te antwoord:”Spreek, Here, U dienskneg luister.”

Die vierde keer doen Samuel presies dit en in vers 19 lees ons:” The Lord was with Samuel as he grew up, and he let none of Samuel’s words fall to the ground.”

Tree gou ‘n stap terug. In vers 7 (NIV):” Now Samuel did not yet know the Lord: The word of the Lord had not yet been revealed to him.” Samuel leer nog. Ons ook ...

Hier is die punt van bostaande. Die Here is geduldig. Samuel besef nie dat Hy met hom wil kommunikeer nie, hy maak dus ‘n groot fout, maar dit affekteer glad nie sy verhouding met die Here nie, inteendeel ons lees dat God saam met hom was soos wat hy groot word. Ons kan ontspan, God weet waar ons is met ons geestelike reis.

Die tweede belangrike punt is dat Eli lateraan besef dat dit God is wat met Samuel wil praat en hy gee hom die regte instruksie, wanneer God praat, antwoord. “Spreek, Here, u dienskneg luister.” In hierdie gesprek praat die Here met Samuel oor sy roeping, nie oor ‘n boksie wat Samuel moet af tiek en iewers gaan spog nie. Dit is eintlik ‘n baie ernstige gesprek en as ons verder lees oor Samuel besef ons die geweldige impak wat hierdie gesprek op hom gehad het. Dus, wanneer ons die Here hoor praat, of dink dat dit Hy is wat met ons praat, nie noodwendig fisies nie, in ons harte en gedagtes, selfs, reageer.

Die derde punt van vandag is dat wanneer die Here met ons praat, Hy gewoonlik nie oor ons self praat nie. Dit het gewoonlik met ander mense te doen. Hy sal ons gewoonlik vra om uit te reik na ander, in plekke waar Hy ons wil gebruik. Al bostaande raak makliker wanneer ons doelbewus en gedissiplineerd onsself besig hou met Goddelike instellings. Kerk, Bybellees, Bid, selgroepe, gemeenskap met gelowiges, aanbied om te help in die gemeente, daar is so baie plekke waar ons kan werk aan die Koninkryk van God deur net bereidwillig te wees om vir Sy stem te soek.

Lees

1 Kor. 2:12

Mediteer

Jy het nou die inligting oor hoe om die Here se stem te hoor, wat gaan jy daaromtrent doen?

Gebed

Vader, dankie dat ons kan foute maak, dankie dat U geduldig is, vanaf Adam se tyd tot nou toe. U verstaan ons beter as onsself. Maak ons ore oop Here, U diensknegte luister. In die naam van Jesus. Amen.

Spreek Lewe

Ek is betrokke en gewillig, die Here gaan my gebruik.

Aanbid

Nothing else matters – Rikki Doolan

Dag 6   Paasfees Vrydag Oggenddiens.

Jesus se eerste wonderwerk het Vader se hand daarin gehad en daar is ‘n diepe simboliek en ooreenkoms met sy eindelike kruisdood. Daar is ‘n bruilof in Kana, ‘n redelike ent van Jerusalem. Dit is nie ‘n omgewing waar landbou vreeslik sterk is nie, mense het swaar bestane uitgekrap daar. Die feit dat ons lees dat die bruilofsfees op die derde dag begin is betekenisvol. Dit konnekteer hierdie dag, die derde dag, met Sy opstanding wat die nuwe lewe vir ons simboliseer.

Wanneer Jesus se moeder, Maria, Hom kom sê dat die wyn amper op is, antwoord Hy dat Sy uur nog nie gekom het nie. Hy verwys hier na Sy laaste uur voor Hy sou sterf. Natuurlik het die ander mense rondom Hom dit nie besef nie. Maar daar is soveel meer in hierdie gebeure wat ons hieruit kan haal. As die wyn op is, in ‘n omgewing waar wyn alreeds nie goed is nie, sou die volgende opsie verdunde asyn wat met kruie gegeur is. Die wyn wat arm mense sou drink. Of anders sou die fees verby wees. Maria en die mense daar simboliseer eintlik die wêreld wat moeg is vir die ellende om hulle en baie graag eintlik wil fees vier (as die Messias kom). Op hierdie stadium weet hulle nog nie dat Jesus die Messias is nie. Elke oggend bid hulle vir verlossing min wetend dat Hy alreeds gekom het. Hulle is moeg vir hulle ellendige bestaan en die onderdrukking van die Romeine.

Dan maak Jesus wyn uit water in ses klipkanne. Hierdie klipkanne het aan die buitekant gestaan en die gebruik was dat die gaste die stof van hulle arms, bene voete en gesigte was voordat hulle ingenooi word in die bruilof. Maar Jesus maak wyn, meer nog, uitstekende wyn. Die bruilof gaan voort met goeie wyn, ‘n ware fees.

Met Jesus se kruisiging, net voor Hy sy asem uitblaas, hoor ons die eerste keer dat Hy ‘n behoefte het. Deur al sy leiding en pyn het Hy vir niks gevra nie. Iemand gooi asyn op ‘n spons en hou dit op ‘n stok vir Hom te drink. Die asyn simboliseer slegte wyn, ellende van die mensdom sonder Sy ingryping. Wanneer Hy dit drink sê Hy:”Dit is volbring.” Die simboliek is dat Hy ons asyn, ons slegte ervaring, op Homself neem en namens ons sterf, en ook namens ons drie dae later opstaan uit die dood.

Jesus oorwin die dood namens ons. Dit beteken dat ek en jy ook die dood oorwin het, ons is vrygemaak, ons kan fees vier. Ons is genooide gaste na die bruilof. Prys die Here.

Lees

Joh. 2:1-11

Mediteer

Hoe vier jy Paasvrydag? Hoeveel meer diepte in jou geloof kan jy hieruit haal.

Gebed

Vader, dankie vir U Seun se opoffering, dat U soveel slim beplanning in elke optrede van Jesus ingebou het in U groot plan. Dankie dat ons hierdie interessante simboliek kan navors, kan leer oor. Vader, dankie vir leraars wat U in elke woord in die Bybel soek en vind, dankie dat die hele span by ons kerk soveel moeite in ons sit. Dankie dat ons iemand om elke hoek en draai op ons gronde kan vind wat graag vir ons sal bid. Dankie vir al die voorbeelde, Here. Seën die span, Here, daar is net eenvoudig nie woorde om U liefde te beskryf nie. In die naam van Jesus. Amen.

 Spreek Lewe

Op Dag Een het Hy my sonde om Hom geneem. Op Dag Drie het Hy uit die graf opgestaan sodat ek ook kan.

Aanbid

Easter Medley: The Movement Worship