Die Heilige Gees en jy: ‘n Dinamiese Duo
Alex

Dag 1 Soms wil ons net loof ... En dit is goed
As Christen beleef baie van ons net hierdie oomblikke waar ons God regtig wil loof. Dalk staan ons iewers op ‘n mooi rivieroewer, bo-op ‘n berg waar die natuur groen blaas na die reën, binne-in ons binnekamers waar ons foto’s van ons gesinne kan sien, óf binne-in ons kerk terwyl die musiekmakers op die verhoog alles gooi wat hulle het. Die beginsel gaan nie oor waar ons is nie, wie ons is nie, by wie ons is nie en wie vir ons kyk of nie kyk nie. Ons is kinders van God.
Die eerste lied vanoggend in die kerk is:”Oh Lord, my God , in You I put my trust”. Dit word gevolg met “Daar is hoop in Jesus”.
“Die Here het my uitgekies ... Hoop vir my wêreld, Hoop vir my stad, Hoop vir my toekoms, Hoop vir my hart..”
Hierdie lofliedere spreek diep in ons harte. So baie van ons is opgestres oor finansies, kinders se toekoms, Wat nou, Here?
Wanneer die stres van ons alledaagse lewe ons harte wil toetrek met vrees, het ons die Heilige Gees wat reeds in ons is om dit te beveg.
Dit sou mooi klink in ‘n ‘n film met Morgan Freeman se stem in die agtergrond:”I’ve got this, Susan, Karin, Henk, Johan.” En die persoon kyk na die skerm en ons kan sien hoe dít makliker raak vir hom of haar. God se stem is selfs duideliker, want Hy is reeds in ons harte.
Ons derde lied is, “Ek wil naby aan U wees.”
En wie wil nie? Soms vergeet ons dat die God-drie-enig alreeds naby aan ons is, binne-in ons diepste siel woon en werk.
Die Heilige Gees. Binne ons.
Joh. 14.15-17 (The Message).
Die moderne mens het waarskynlik twee stukke inligting of gewaarwordinge meer nodig as iets anders. Ons is opgestres, afgerem, onderdruk deur gevoelens. Die normale lewe kies om ons koppe onder die water te druk, ons stemme stil te maak, ons vrede te steel en ons krag min te maak. Die drie liedere van vandag help om al hierdie gevoelens te verdryf.
Here, ons wil naby aan U wees ...
Lees
Mediteer
Wanneer en hoe kan ek die Heilige Gees se stem hoor?
Gebed
Vader, dankie dat U ons nooit alleen gelos het na Jesus se dood nie, U Gees is in ons, om ons lewens te help rig. Ons kan nie genoeg dankie sê nie. In die naam van Jesus. Amen.
Spreek Lewe
God woon in my deur Sy Gees.
Aanbid
Daar is hoop -Reinhardt Smith en Nuwe Lof

Dag 2 Die Heilige Gees is in ons en vir ons.
Die meeste van ons ken daardie een maat wat altyd ‘n braaivleisvuur laat aanhou en aanhou. Hierdie ou sou ‘n goeie priester in die Ou Testament kon wees. In Levitikus 6:8-13 gee God ‘n direkte opdrag aan Moses. Dit kom daarop neer dat die priesters die vuur op die altaar in die tabernakel aan die brand moet hou. Die keer staan dit in hierdie teks, so dit was baie belangrik vir God. Hy het dit natuurlik vooruit beplan, want in Levitikus 9:23-24, tydens die inwyding van die tabernakel, ‘n groot fees, steek God self die vuur van die altaar aan vir die eerste keer. Nou moes die priesters dit verder aan die gang hou.
Omtrent vierhonderd jaar later steek God weer ‘n offer aan die brand met die inwyding van die tempel wat Salomo laat bou het. Dit staan in 2 Kronieke 7:1-3. Die mense se reaksie tydens albei kere is belangrik. Hulle val neer en aanbid God.
Hoekom het God dit gedoen? Wat is die simboliek hieruit as ons dit vergelyk met die uitstorting van die Heilige Gees (onthou die vuurtonge) in die Nuwe Testament? Dit is vandag se leesstuk.
God herinner in die Ou Testament dat Hy teenwoordig is, ‘n vuur wat Hy geskenk het, bly brand sodat die mense verseker kan wees van Sy liefde, dat Hy na hulle kyk en hulle beskerm.
In die Nuwe Testament kom Jesus en wanneer Hy opvaar, laat God die Heilige Gees neerdaal in vuurtonge. Nou bly die Heilige Gees in ons, in ons harte, om ons altyd te herinner aan God se liefde, beskerming, maar ook as ‘n onuitputbare kragbron wat ons in staat stel Sy stem te hoor.
Die Heilige Gees se belangstelling as Ambassadeur van die Vader en Jesus, is om heeltyd kontak met ons te hê. Dit is ‘n voorreg, iets wat ons opgewonde maak, nie bang nie. Ons is klaar gered. Die Heilige Gees se teenwoordigheid is deel van hierdie besef.
Lees
Mediteer
Hoe konnekteer ek met die Heilige Gees?
Gebed
Vader, dankie dat U ons nie alleen is hier op aarde nie, U het soos wat U beloof het op verskeie kere, U Gees vir ons uitgestort sodat ons nie verlore sal gaan nie en direkte toegang tot U in U troonkamer kan hê. Ons verheerlik U Naam, Gees ons wil nader aan U kom, leer ons om dit te kan doen. In die naam van Jesus. Amen.
Spreek Lewe
Die Heilige Gees is hier vir my
Aanbid
Holy Spirit – Jesus Culture

Dag 3 Die tye waarin ons leef ...
Baie keer sal jy mense hoor praat van die tye waarin ons leef. Dit gaan gewoonlik gepaard met ernstige gesigte en beswaarde gemoedere, dalk ‘n kop of twee wat stadig heen en weer skud, oë wat grond toe kyk. Ja, swaer.
Maar eintlik leef ons in die wonderlikste tye denkbaar. Ons leef in die tyd van die Heilige Gees. Dink net hoe sou ‘n Dawid of ander helde van die Ou Testament nie gesmag het om elke oomblik van elke dag toegang tot God te hê nie.
In Lukas 3:15-16 lees ons hoe die mense uitsien na Jesus se koms (NIV): “Everyone was expecting the Messiah to come soon, and they were eager to know whether John might be the Messiah. John answered their questions by saying, “I baptize you with water; but someone is coming soon who is greater than I am—so much greater that I’m not even worthy to be his slave and untie the straps of his sandals. He will baptize you with the Holy Spirit and with fire.”
Johannes is baie eerlik en duidelik wanneer hy vir die mense sê dat die Een wat na hom kom, hulle met die Heilige Gees gaan doop en met vuur. Hierdie vuur is dalk “vurigheid” om aktief deel te neem aan God se Koninkryk, veral as ons sien wat gebeur het op die dag toe die vuurtonge op die dissipels neergedaal het, die wonderwerke wat daar plaas gevind het.
Die doop van die Heilige Gees behels dat ons toegemaak word in die krag van die Heilige Gees. Die Heilige Gees is die fondasie van ons ons lewe en ons konneksie na God toe. Jesus onderdompel ons as’t ware met die Heilige Gees. Wat ‘n wonderlike gedagte is dit nie.
Lees
Mediteer
Nou dat ek weet dat die Gees in my is, hoe lei dit my optrede in my alledaagse lewe?
Is ek dapper genoeg om die Gees se leierskap te aanvaar?
Gebed
Vader, ek wil U dissipel wees. Ek erken dat U my Messias is. Soos Johannes, is ek nie werd om eers U skoenveters vaste maak nie, maar U het my gewas, ek is skoon. U het U gees uitgestort en ek leer elke dag om meer en meer by U kragpunt in te tap. Amen.
Spreek Lewe
Die Heilige Gees is elke oomblik van elke dag hier vir my
Aanbid
Joy – Martin Smith

Dag 4 Dieper delf
Hoe meer en meer ons dieper delf in die Woord, hoe meer en meer sien ons hoe ernstig God oor ons is, hoe lief Hy ons het en hoe Hy alles ontwerp het sodat ons eendag die Ewige Lewe kan hê. Inteendeel, die Ewige Lewe is klaar ons s’n deurdat ons wedergebore en gedoop is in die Gees. It is done.
In Joh. 14:16-17 is Jesus aan die woord:” En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.”
Hierdie spreek so baie van God se liefde. Jesus is besorg oor ons, daarom bid Hy tot die Vader om ‘n ander Trooster te gee om by ons te bly tot in ewigheid. Die Grieks vir “ander Trooster” is allos parakletos. Allos verwys na ander, ‘n ander identiteit as Jesus self, naamlik die Heilige Gees. Parakletos kan ook vertaal word na "one called alongside," iemand wat digby ons staan, ook helper en versorger.
Deur die eeue heen, van Adam en Eva af, bemoei God Hom met ons ten spyte van al die foute wat ons maak. Hy red die Israeliete uit die kloue van die Egiptenaars, Hy gee hulle die Beloofde Land, Hy vergewe Dawid wat ‘n ander vermoor, Hy laat Daniël in ‘n leeuhok sit sonder om iets oor te kom. En dan, dan stuur Hy sy Seun om al ons sondes op Homself te neem. Hierdie Seun, Jesus, kom verander die wêreld soos nog nooit tevore nie en wanneer Hy teruggaan na die Vader is Hy nog steeds besorg oor ons. Ons ontvang die Heilige Gees wat in ons is. Digby. Skouer aan skouer. Wat ‘n wonderlike gedagte is dit nie. Nooit alleen nie.
Lees
Mediteer
Sien ek nog die klein dinge raak wat God vir my doen?
Gebed
Vader, ek is so uitbundig van opgewondenheid, dat U deur die eeue dieselfde gebly het, dat U U ontferm oor ons al verdien ons niks. Daarvoor loof ek U. In die naam van Jesus. Amen.
Spreek Lewe
Die Heilige Gees is elke oomblik van elke dag in my
Aanbid
Psalm 23 – Phil Wickham

Dag 5 As God vir ons is ...
Romeine 8:26-30: “And the Holy Spirit helps us in our weakness. For example, we don’t know what God wants us to pray for. But the Holy Spirit prays for us with groanings that cannot be expressed in words. And the Father who knows all hearts knows what the Spirit is saying, for the Spirit pleads for us believers] in harmony with God’s own will. And we know that God causes everything to work together] for the good of those who love God and are called according to his purpose for them. For God knew his people in advance, and he chose them to become like his Son, so that his Son would be the firstborn among many brothers and sisters. And having chosen them, he called them to come to him. And having called them, he gave them right standing with himself. And having given them right standing, he gave them his glory.”
Paulus moes baie naby aan die Heilige Gees geleef het, want sy predeking is so vol kennis en ervaring. Natuurlik is dit ook god-geïnspireerd, maar nog steeds ...
Selfs wanneer ons swak is en ons weet nie waarvoor om te bid nie, doen die Heilige Gees dit namens ons, pleit Hy vir ons. God laat alles saamwerk vir die beste. Jesus is die eersgeborene, daarna is almal van ons wat gedoop is Sy broers en susters. Kinders van die Here.
In 2 Korintiërs 13:11-14 is vandag se leesstuk. Dit praat oor die gemeenskap van die heiliges, die borrelende liefde wat die Gees onder die gemeenskap van gelowiges vestig. Die hoofdoel van die Heilige Gees is om te ons Beskermer, Trooster en Rigtingwyser te wees. Daarby lei Hy ons ook in ‘n joyful bestaan in waar ons opreg met ander mense interaksie kan hê. Dis waar ons krag lê, aldus Nehemia 8:10” And Nehemiah[] continued, “Go and celebrate with a feast of rich foods and sweet drinks, and share gifts of food with people who have nothing prepared. This is a sacred day before our Lord. Don’t be dejected and sad, for the joy of the Lord is your strength!”
Lees
Mediteer
Blydskap (joy) in die Here is ook my krag. Hoe kry ek toegang daartoe?
Gebed
Vader, U het voorwaar alles so deeglik beplan. Laat elke mens voor U buig en U naam aanroep. Dankie vir die Gees wat ons lei, wat in ons is en wat ons krag gee. In die naam van Jesus. Amen.
Spreek Lewe
Die Heilige Gees is my “joy giver" en daardeur het ek krag om enigiets te hanteer of aan te pak
Aanbid
Psalm 23 - Tiffany Hudson