Go Deep 24 Julie 2022

Lewende Hoop

Neville Goodchild

Bring die hoop weer terug!

 markus winkler jOkfw6YfRGs unsplash

Dag 1: Living ‘From’ and not ‘For’

“Most people are living to become significant, accepted, loved, and secure instead of living from being significant, accepted, loved, and secure.” - Ed Delph

Min mense in ons tyd beleef hoop in hulle lewens. Nog minder mense hou vas aan die standvastige hoop wat aan ons belowe word indien ons op Jesus vertrou. Die inligting waarmee jy gevoed word het die potensiaal om jou te vorm.  Baie mense laat toe dat die inligting wat ons oor die toestand van ons gemeenskap, stad, land, en regoor die wêreld hoor ons negatief beïnvloed.

'n Groot rede waarom hoop nie in mense se lewens teenwoordig is nie, is omdat hulle nie hulle eiewaarde verstaan nie. So baie van ons val in die strik waar ons probeer om so te lewe dat ons belangrik, aanvaarbaar, geliefd, en nougeset kan wees. Vader God wag nie vir ons om genoeg te doen sodat ons daardie eienskappe kan ontwikkel nie, maar kyk na ons as sy bemindes wat klaar belangrik, aanvaarbaar, geliefd, en nougeset in sy oë is. Jesus se werk aan die kruis het klaar ons waarde hoër bepaal as dit wat ons dink dit is.

Wanneer ons die inligting uit God se woord begin hoor en glo, laat dit hoop vorm en groei in ons lewens. Jy kan net soveel aan die Here gee as wat jy glo Hy vir jou gee. Jy kan vir Vader God net so liefhê soos wat jy glo dat Hy jou liefhet. Sonder begrip van God se liefde vir jou en die kennis van God se gedagtes oor jou, is dit baie moeiliker om hoop te hê wat op vertroue in God gebaseer is. Jy is vir Hom waardig, geregtig, heel, en heilig! In sy oë is skort daar niks met jou lewe nie en jy is reeds alles wat jy moet wees.

Lees:

Jes. 43:4

Heb 6:9 AMP

Mediteer:

  • Met watter inligting is jy besig om jouself te voed?
  • Lewe jy op so 'n wyse om te probeer belangrik wees, of met die oortuiging dat jy klaar genoeg is vir God?
  • Wie se opinies ag jy die hoogste in jou lewe?
  • Dit wat God sê, is wat waarheid. Geen ander persoon buiten God kan jou waarde bepaal nie. Dit is egter mootlik dat jy kan lewe gebaseer op 'n valse opinie, indien jy verkies om dit so te glo.

Bid:

Vader God, dankie dat U my so hoog ag! Dankie dat ek kosbaar en waardevol is vir U! Ek kom bely dat ek ander opinies toegelaat het om my waarde te bepaal en ek kom lê dit neer en kies om te glo in U waarheid oor my lewe. Jesus, ek kies om u opinie in my lewe eerste te stel! Ek prys u Heilige Naam, Jesus! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Vader God sê ek is waardig. Geen ander persoon of stem kan dit weerspreek nie. Ek is waardig genoeg vir God, daarom is ek waardig genoeg vir die beste toekoms!

Aanbidding:

Who Am I - Casting Crowns

 Capture 25JUL2022

Dag 2: Daar is meer!

“Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.” Hebreërs 6:9.

Die hoop vir ons lewens stop nie by redding nie. Die goedheid van God is nie beperk tot genade en liefde nie, maar is regdeur  ons lewens teenwoordig om vir ons ‘n goeie toekoms voor te berei. As ons skuld of skaamte in ons lewens beleef, kan ons nie uitsien na 'n hoopvolle en goeie toekoms nie. Ons kyk vas in sondebewustheid, maar God kyk na ons met 'n potensiaalbewustheid. Hy wil vir ons wys dat ons meer is as dit wat ons dink ons geword het.

God is ernstig oor jou toekoms, want Hy is van beter dinge oortuig vir jou lewe. God is oortuig van nog beter en groter dinge wat Hy in jou lewe wil doen. Die gewig van God se erns kan gesien word deur hoe Hy dit in ons lewens wil vasmaak.

In the same way God, in His desire to show to the heirs of the promise the unchangeable nature of His purpose, intervened and guaranteed it with an oath, so that by two unchangeable things [His promise and His oath] in which it is impossible for God to lie, we who have fled [to Him] for refuge would have strong encouragement and indwelling strength to hold tightly to the hope set before us."

Hebreërs 6:17-18 AMP.

Vader God het met 'n eed en met 'n belofte hierdie hoop gewaarborg. Aangesien God nie kan leuens vertel nie kan ons sekerheid hê en kan ons bemoedig en versterk word om vas te hou aan hierdie hoop deur vertroue in God se betroubaarheid. Jy kan jou vertroue in Hom plaas vir die vervulling van sy perfekte wil vir jou lewe! Daar is meer as wat jy nou beleef: Hy het ‘n perfekte plan wat die meeste vervulling in jou lewe sal bring.

Lees:

Heb. 6:9

Heb. 6:17-18 AMP

Mediteer:

  • Glo jy dat God vir jou die beste voorberei vir jou toekoms?
  • As God se woord bevestig dat jy lewende hoop in God kan vind, wat veroorsaak dat jy struikel om op Hom te vertrou vir jou toekoms?
  • God hou die beste vir jou in bewaring. Sy wil hou die mees vervullende lewe vir jou in en Hy is getrou om sy wil te laat gebeur vir die wat Hom volg en in Hom hoop en glo.

Bid:

Vader God, ek kies om op U te vertrou en my hoop op U te plaas. U is standvastig! Dankie dat U vir my u beloftes waarborg deur u getrouheid. Heilige Gees, herinner my aan die werk van Jesus wat my geregtig maak en my geloof versterk. Ek loof en prys U, Here! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

God sal nie terug gaan op sy beloftes nie, sy woord is betroubaar en onveranderlik!

Aanbidding:

Thrive - Casting Crowns

 Capture26jul2022

Dag 3: Besef en geniet

“And we desire for each one of you to show the same diligence [all the way through] so as to realize and enjoy the full assurance of hope until the end."Hebreërs 6:11 AMP.

Waarom geniet ons nie hierdie geloofsreis nie? Omdat ons nie die regte dinge hoor en besef nie. Daar is realiteite in elke persoon se lewe, maar God is die een wat realiteite definieer en bepaal. Ons kan vaskyk in die realiteite wat ons beleef en vergeet dat God magtig is om realiteite te kan verander. Wanneer ons begin om lewende hoop in die getroue karakter van God te ontdek, kan ons begin om die volle waarborg van hoop te geniet.

God wil ons voortdurend na sy tafel toe uitnooi. Hy berei vir ons 'n feesmaal voor en ons kan sy heerlikheid ten alle tye geniet. Daar is geen einde daaraan nie. God se woord bevestig dat ons hierdie waarborg van hoop kan geniet tot aan die einde toe. Hierdie hoop word werklik standvastig in ons lewens omdat dit vir ewig is. Jy kan elke dag opstaan met die hoop dat God iets beter wil doen as net jou redding wat Hy bewerk het.

Daar is geen rede vir jou hoop om te stop nie. Alleenlik jou eie gedagtes kan die hoop waarna jy smag, belemmer. Die waarheid van God, die openbaring van sy liefde, en die begrip van sy hart vir jou, bring die standvastige lewendige hoop in jou lewe, wat jou neem na plekke waar jy voorheen nooit sou kon kom nie. Lewende hoop bring jou na die tafel wat God vir jou in sy teenwoordigheid dek.

Lees:

Heb. 6:11 AMP

Mediteer:

  • Hoe kyk jy na jou realiteite? Is dit besig om God te definieer of het God spasie om jou realiteite te definieer?
  • Is daar gedagtes in jou lewe wat jou hoop belemmer?
  • Is jou hoop besig om jou te neem na plekke toe?

Bid:

Vader God, daar is omstandighede in my lewe wat my soms hopeloos laat voel. Ek struikel om die hoop te sien wanneer ek myself  in daardie omstandighede bevind, maar ek weet U het meer vir my in gedagte! Ek vertrou op U, want geen omstandighede kan definieer wie U in my is lewe nie! U is magtig om enige iets te kan doen en uit enige omstandighede iets goeds te laat ontstaan. Ek loof en prys U Here! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

God definieer my omstandighede, geen omstandighede of realiteite kan ooit sy getrouheid oor my lewe verander of beïnvloed nie!

Aanbidding:

I Lift My Hands - Chris Tomlin

 dlxmedia hu ZrtsGzVW2vk unsplash

Dag 4: Inspirasie

“So that you will not be [spiritually] sluggish, but [will instead be] imitators of those who through faith [lean on God with absolute trust and confidence in Him and in His power] and by patient endurance [even when suffering] are [now] inheriting the promises.” Hebreërs 6:12 AMP.

Om die beloftes van God te erf, het ons voorbeelde in ons lewens nodig wie se lewens ons kan navolg. Volgens die skrywer van bogenoemde vers moet ons die voorbeeld van mense volg wat in geloof volkome op die Here vertrou. Dit bevestig dat ons nie deel kan hê aan die beloftes van God sonder om geloof in Hom te hê nie. Diegene wat die regte voorbeelde van geloof volg, sal die regte beloftes erf. Hoe kan ons geïnspireer word om hierdie geloof te ontwikkel?

“So that by two unchangeable things [His promise and His oath] in which it is impossible for God to lie, we who have fled [to Him] for refuge would strong encouragement and indwelling strength to hold tightly to the hope set before us.” Hebreërs 6:18 AMP.

Die vraag is: Deur wie word ons geïnspireer? Dit gaan nie noodwendig oor deur watter menslike figure se optredes jy geïnspireer word nie, maar eerder oor wie Jesus as deel van sy groot genade vir ons gestuur het om as ons inspirasie te dien. Die antwoord is: Dit is die Heilige Gees. Hy werk in ons om sterk aansporing en 'n innerlike krag te ontwikkel. Ware hoop word deur die Heilige Gees opgewek en dit ontwikkel die innerlike krag wat dit vir ons moontlik maak om alle weerstand en uitdagings te kan weerstaan.

Lees:

Heb. 6:12-18 AMP

Mediteer:

  • Wat is jy besig om na te volg? Is dit ‘n lewe van vertroue en geloof in die Here?
  • Hoe kan jy die Heilige Gees meer toelaat om jou te inspireer?
  • Die woord "inspireer" word afgelei van die Griekse woord inspiritos, wat beteken om in die Gees te wees. Jou wandel saam met die Heilige Gees bepaal jou inspirasie.

Bid:

Vader God, ek is nie altyd besig om 'n lewe van volle vertroue in U te leef nie. Ek erken dat vrese of angs my soms laat twyfel, maar ek kom plaas my vertroue weereens in U. Lei my deur u Heilige Gees om u wil te soek en te volg. Heilige Gees, verwek innerlike krag en vars hoop in my lewe. Ek loof en prys u Here! Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Deur die Heilige Gees kan ek innerlik sterk word en aan hierdie lewende hoop vashou, ongeag van wat ookal oor my pad mag kom!

Aanbidding:

Love Has A Name - Jesus Culture feat. Kim Walker-Smith

nowshad arefin EvdYEGDu CQ unsplash

Dag 5: Vrede

 "This hope [this confident assurance] we have as an anchor of the soul [it cannot slip and it cannot break down under whatever pressure bears upon it]—a safe and steadfast hope that enters within the veil [of the heavenly temple, that most Holy Place in which the very presence of God dwells]" Hebreërs 6:19 AMP.

Paulus bevind homself in omstandighede op 'n skip op pad na Rome. Dis was nie maklike omstandighede nie, inteendeel, hy en al die ander mense op die skip word deur 'n geweldige seestorm bedreig - 'n storm wat hulle lewens kon eis. Om die skip te red het die matrose besluit om die ankertoue af te sny. Die oomblik toe hulle dít doen, het almal hoop verloor. Sonder ankers is mens hopeloos.

Paulus het wel 'n anker vir sy siel gehad, en dit is die hoop wat hy in God gehad het om vir hom 'n uitweg te bring. Hy het 'n openbaring en 'n diep oortuiging van God se getrouheid in sy gees gehad wat gekeer het dat hy moed verloor. Die Here wil in elkeen van ons die anker van sy hoop vestig!

Ons sal ontdek dat hierdie hoop in God 'n veilige en standvastige hoop is. Dit is veilig, want ons kan op Hom vertrou en Hy sal sy getrouheid bewys. Hoop op wêreldse goed kan 'n mens teleurstel, maar God stel nie teleur nie. Hoop op God neem ons na die heilige plek waar Hy teenwoordig is. Ware hoop bring jou  na jou ewige tuiste saam met God. Ware hoop bring vrede in jou hart, want in die teenwoordigheid van God is daar vrede.

Lees:

Heb. 6:19 AMP

Rom. 10:11 AMP

Mediteer:

  • Wat is jou anker?
  • Hoe voel jy oor hoop? Het jy 'n vrees dat jy dalk teleurgestel gaan word as jy hoop?
  • Oor watter onstandighede het jy vrede nodig? Vir realiteite benodig jy hoop?

Bid:

Vader God, U gee vir my standvastige en veilige hoop! U is getrou om u kinders se gebede te hoor en om te antwoord! Help my om weer te hoop oor omstandighede waar ek al teleurstelling beleef het. Ek loof en prys U, vir u hart teenoor my wat my nooit sal los nie. Amen.

Bonus: Spreek Lewe!

Jesus gee vir my 'n standvastige hoop. Hy is my anker en met Hom wat onwankelbaar is, sal ek nooit sink nie!

Aanbidding:

Awake My Soul - Hillsong Worship