HOEKOM BID?
Neville Goodchild
Ontdek die essensie en krag van die belangrikste geestelike dissiplines vir ons tyd!
Dag 1: Hoekom?
Ons het dikwels ’n vraagteken oor hoekom die kerk sekere goed doen wat vir ons onverstaanbaar is. Soms doen ons self dinge wat nie vir ons verstaanbaar is nie, omdat ons geleer het om dit so te doen. Dit word deel van ons tradisie of geloof. Ons verstaan egter nie die essensie en die krag daarvan nie.
Ons het die afgelope paar weke geleer dat ons lewe neig in die rigting van ons sterkste denke. Die omgewing wat ons in die volgende seisoen bereik, is die denke wat ons in die vorige seisoen geprioritiseer het. Wat vir jou die belangrikste is in jou lewe, vorm wie jy word. Dus, wat jy dink, word eintlik ’n voorspelling van waar jy sal eindig/beland. Dit wat die belangrikste is, of wat jy die hoogste ag, vorm jou waardesisteem en bepaal wie jy word. Dit is eintlik ’n maklike voorspelling. Die idee van waarde, of waardebepaling, word bepaal deur dit wat ek waardeer. As iets nie vir my belangrik is nie, sal dit nie deel word van my waardesisteem nie.
Daar is sekere instellings wat baie belangrik is vir ons as Christene, veral in hierdie tyd en ons moet weet waarom ons dit doen en waarom dit belangrik is. Ons begin by die instelling van gebed.
Hoekom bid ons?
Lees:
Mediteer:
- Hoe lyk jou gebedslewe?
- Wat is jou ervaring met gebed?
- Ervaar jy deurbrake in jou gebedslewe?
- Wat beteken Jes. 55:11 vir jou persoonlik?
Bid:
Here, u Woord sê dat ek moet aanhou bid. Hoekom is gebed belangrik vir U? Here, leer my asseblief in hierdie tyd om U te behaag wanneer ek bid. Amen
Bonus: Spreek Lewe!
After He had dismissed the crowds, He went up on the mountain by Himself to pray. When it was evening, He was there alone (Mat.14:23)
Aanbidding:
Where You Go I Go – Jesus Culture
Dag 2: Hoe sien jy dit?
Die meeste van ons het gedurende hierdie tyd toe ons vir die genesing van ’n geliefde gebid het, ’n verlies ervaar wanneer daar nie 'n deurbraak was nie; of ’n groot blydskap ervaar wanneer daar wel 'n deurbraak was. Jou ervaringe vorm die meeste van die tyd jou persepsies en dit het ’n invloed op jou gebedslewe. Jou oortuigings oor God beïnvloed die manier waarop jy bid of nie bid nie. Sommige van ons is oortuig daarvan dat God reeds besluit het hoe dinge sal wees, dat Hy alles beheer en dat daar dus geen motivering vir gebed is nie. Vir ander is gebed net gladnie ’n prioriteit nie. Sommige van ons beleef dat ons verhouding niks meer as ’n godsdienstige oefening is nie. Sommige van ons glo dat gebed ons onderskei van ander gelowe. Ons sien egter dat daar in talle ander gelowe selfs meer toewyding tot gebed is as in ons eie Christenskap. Die kern (essensie) van dit wat ons doen, gaan verlore, en so ook die krag daarvan.
Die Woord motiveer en aktiveer ons om te bid. Sal die Woord ons motiveer om iets te doen wat nie waarde het nie?
Vir baie van ons is gebed ’n frustrasie. Wanneer ons gebed doeltreffend is, probeer ons verstaan hoekom, en wat ons presies gedoen het om dit doeltreffend te maak. Ons probeer definieer wat ’n doeltreffende gebed werklik is. Dit is moeilik om die elemente van ’n doeltreffende gebed vas te stel, sonder om dit wetties te maak.
Die Woord motiveer ons: “Bid voortdurend”. Die Woord motiveer ons nie om die hele tyd iets te doen wat nie krag en essensie het nie.
Lees:
Mediteer:
- Hoe het jou ervaringe van gebed jou persepsies oor gebed deur die lewe beïnvloed?
- Wat was die reëls en tradisies wat jy geleer het wat gebed betref?
- Wat is jou subtiele oortuigings oor gebed?
- Wat is jou oortuigings oor God en hoe beïnvloed dit jou gebedslewe?
- Hoekom dink jy sê die Woord dat ons voortdurend moet bid?
Bid:
Vader, sal U asseblief vir my ’n openbaring kom gee oor wat U verlang van my wanneer ek bid?
Bonus: Spreek Lewe!
Woord wat uit God se mond gaan, keer nie leeg terug nie. Hierdie Woord doen wat God behaag. Dit is voorspoedig in alles waartoe God dit stuur. Wanneer ons die Woord van God hoor, groei ons in geloof!
Aanbidding:
Talking to Jesus – Elevation Worship & Maverick City
Dag 3: Geloof
Gebed het baie met geloof te doen.
"Die geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die Woord van God." (Rom.10:17).
Dit is bevrydend om dit te hoor, want vir baie van ons is geloof ’n moeilike proses waaroor ek moet reg voel en reg dink. Dit verg ’n groot poging om die energie bymekaar te maak en onsself reg te ruk met geloof in aksie. Geloof kom nie uit jouself en uit jou eie energie nie. Dit is nie ’n kwessie van 'n kragtige instorm vol self-voldaanheid en self-vrymoedigheid nie.
Jakobus herinner ons aan Elia en dat hy ’n mens is net soos ek en jy. Jakobus sê eintlik dat jy jouself met Elia moet vergelyk. Elia het iets reggekry waarmee die meeste mense sukkel. Elia het gebid! Dit is hoekom Jakobus ons daaraan herinner. Hy vra eintlik: wat maak Elia anders? — Hy het gebid! Elia se gebed verander hemel en aarde. Daar is krag en essensie in Elia se gebed!
Lees:
Mediteer:
- Watter tipe mens is Elia, wat realiteit met sy gebed kon verander?
- Hoe vergelyk jy met Elia? Kan jy hierdie vraag beantwoord sonder om ’n "maar" by te sit?
- Kan jy die ongegronde idees oor 'n gebed sonder krag en essensie, wat deur "godsdiens" voorgeskryf word, begin handhaaf in ’n dissipline wat in hierdie tye onmisbaar is?
- Daar is baie inligting beskikbaar oor gebed en hoekom dit vir ons goed is om te bid. Baie daarvan fokus egter op gebed-metodologie en hoe dit toegepas moet, so asof dít die antwoord is op hoe ons moet bid. As ons dit só doen, bly dit steeds nog net pogings om reg te bid. Dit bly self-pogings totdat die gebede deur God beantwoord word en die realiteite verander word.
- Baie gelowiges dink aan gebed as harde werk wat baie energie vereis. Tog leer die Woord ons dat gebed eerder bínne in ons geaktiveer moet word en dat die krag van gebed nie afhanklik is van die intensiteit van ons pogings en moeite nie.
Bid
Here, ek wil, soos u dissipels in Luk.17:5, vra, “Gee my meer geloof”... en dan kyk ek na u antwoord en wonder hoe om geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie te hê. U Woord sê dat geloof kom deur te hoor. Here, ek wil nou ophou praat en stil word en na U begin luister.
Bonus: Spreek Lewe!
“My message and my preaching were not with wise and persuasive words, but with a demonstration of the Spirit’s power, so that your faith might not rest on human wisdom, but on God’s power” (1.Cor.2:4-5).
"... my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God." (1 Kor. 2:4-5)
Aanbidding:
Christ Be Magnified – Cory Asbury
Dag 4: Realiteite
Watter tipe mens was Elia dat hy realiteite (werklikhede) met gebed kon verander? Lank voordat daar iets was om te sien, het Elia iets gehoor.
Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! (1 Kon.18:41).
Die geloof spruit voort uit die gehoor (die prediking wat 'n mens hoor) en die gehoor is deur die Woord van God (Rom.10:17). Dít is wat met doeltreffende gebed bedoel word. Jesus sê herhaaldelik: “Ek doen niks wat my Vader nie aan my openbaar het nie”. Hoe is dit moontlik? Voordat daar gesien word, moet daar waargeneem word. Ons moet stil word en luister voordat ons praat, want God openbaar. Hy openbaar die hele tyd. God openbaar aan sy kinders. God openbaar sodat ek iets het om te hoor wanneer ek bid en sodat ek nie net bid volgens wat ek wens, of weens my omstandighede, of soos ek geleer is om te bid nie. In gelowiges se lewens moet dit kragtige en doeltreffende gebed wees — wanneer gelowiges waarneem wat God openbaar, voordat hul begin bid.
Of dit nou in Elia se gedagtes was en of hy in die toekoms gehoor het voor die deurbraak gebeur het, maak nie saak nie. Dit het reeds gereën in die werklikheid waarin Elia geleef het. God openbaar die gedruis van groot reën lank voordat die wolkie daar is. Wanneer gelowiges tyd by God deurbring, kry hul openbaringe by Hom.
Lees:
Mediteer:
- Wat is doeltreffende gebed vir jou?
- Wat is die tipe gebed wat God behaag?
Bid:
Here, leer my om te luister. My lewe is so besig en vol met dinge. Ek wil doelbewus stil raak en my ore instel om te luister. Spreek Heer, want u dienskneg luister.
Bonus: Spreek Lewe!
Gebed het meer te doen met wat God vir ons sê, as wat ons vir God sê – Neville Goodchild.
Aanbidding:
Whatever Your Plan Is – Josie Buchanan
Dag 5: Aanbidding
Sommige van ons glo dat ons kan enige iets kan bid, solank ons sê, “Laat U wil geskied”, of “in die Naam van Jesus”.
Hoe verander my gebed as God se wil my nie pas nie? Soos my denke en idees oor die lewe van dag tot dag verander, hoe verander my gebed? As ek dink God gebruik siekte om mense te straf, sal ek nooit bid vir genesing en hande-oplê soos die dissipels nie. God het in waarheid gewys dat siekte uit die bose kom en dat Jesus die vloek aan die kruis verbreek het. God gebruik nie siekte om sy kinders mee in te breek nie.
Wanneer ek in lyn met God se wil bid, dan sien ek om te hoor, voordat ek kan sien .... dit is geloof.
Of dit in Elia se gedagtes was en of hy in die toekoms gehoor het, is nie ter sake nie. Die oortuiging van wat God gesê het, was sy realiteit. Dit wat Hy by God gehoor het.
God skree nie sy wil nie. Wanneer ons nader aan God begin beweeg, kan ons die fluisterstem van sy wil in ons lewens hoor. Lofprysing en aanbidding (praise and worship) bring my nader aan God om sy wil te hoor, sy krag te beleef, en dit te sien. Aanbidding bring ons tot teenaan die Here se bors. Dit is hoekom Johannes kon hoor. Hy het teen Jesus se bors gelê. Hy kon hoor wat Jesus sê en daarom het sy lewe ’n weerkaatsing en openbaring van God se wil geword.
Gebed kan nie uit jouself wees nie, dit is altyd in reaksie op God se wil in jou lewe. Waar begin Elia se gebed? “Ek hoor die gedruis ...” Sy gebed is ’n reaksie op God se stem.
Die essensie (werklikheid) van gebed is dat ek God sal hoor, en die krag is om te verklaar wat God reeds gesê het.
Lees:
Mediteer:
- Luister na wat God fluister en verklaar wat jy hoor (al begin jy met onsekerheid).
- Om te luister, moet jy naby aan God wees. Nader tot God en Hy sal tot jou nader.
- Gebed wat nie in kontak met God is nie, is ’n ritueel.
- Gebed is ’n reaksie nadat jy geluister het.
- Watter realiteite is besig om te verander omdat jy bid?
Bid:
Here Jesus, ek gee my lewe vandag vir U, sodat U ’n oop deur kan kry tot my en ek doeltreffend kan deelneem aan God se werk op aarde. Ek wil noukeurig na U luister om te weet wat om te bid. Amen.
Bonus: Spreek Lewe!
Gebed bring jou in kontak met God en met sy realiteite!
Aanbidding:
I Surrender – Hillsong Worship