Go Deep 11 Julie 2021

pexels pixabay 53435

Laying it aside

Ons is nie alleen nie
Ons is nie sonder hoop nie
Ons weet waar ons krag lê
 Eugene du Randt

 

 

 

pexels nathan cowley 897817

Dag 1: Retrench jou laste!

Ons leef in ‘n wêreld waar ons daagliks gekonfronteer word met pyn, leiding, swaarkry, verlies en dinge wat ons uitdaag. As gelowiges wil ons soms vra hoekom hierdie goed met ons gebeur? Wanneer gaan die dinge stop? Ons is dan kinders van God, is ons lewens nie veronderstel om beter te wees nie? Moet die Here ons nie beskerm teen hierdie dinge nie?

Die antwoord is “nee”. Die Here het nooit belowe dat ons nie tye van swaarkry en uitdagings sal beleef nie. Om die waarheid te sê, Jesus berei ons daarop voor dat ons swaarkry en moeilike tye sal beleef! Hy beveel ons egter om nie toe te laat dat die laste van die wêreld en die lewe, ons daarvan weerhou om die wedloop van die lewe voluit te hardloop nie. Hy beveel ons juis om ons laste af te werp! God wil hê dat ons die wedloop van die lewe moet voltooi in Sy krag en sy sterkte, en dat ons die oorwinning sal behaal. Dit is God se hart vir ons.

 

Lees:

Joh 16:33

Heb 12:1-2

 

Mediteer:

  • ‘Aflê’ is in engels retrenchment. Dit is iets baie sleg wat met iemand kan gebeur. Dis soos om iets te verwerp of as oorbodig en onnodig te verklaar. Dit is presies wat God sê ons met ons laste moet doen -retrench dit!

 

Gebed:

“Vader, baie dankie dat u Woord dit so duidelik maak dat U nog nooit wou gehad het dat ek my eie laste moet dra nie. U nooi my om dit vir U te gee. Help my om in gehoorsaamheid my laste aan uU te oorhandig sodat ek in oorwinning kan leef. Amen”

 

Aanbidding:

King of My Heart - Steppany Gretzinger & Jeremy Riddle

 

 

 

pexels karolina grabowska 4506219

 

Dag 2: Gooi jou bagasie af

Wanneer ‘n atleet ‘n wedloop hardloop, dra hy/sy nie bagasie saam nie. Hulle hardloop sonder iets wat hulle kan verstrengel met oë slegs op die wenstreep gevestig. Net so moet gelowiges ook hulle laste afgooi ten einde voluit en enduit te kan hardloop. Tog doen ons dit nie. Ons gaan gebuk onder druk, kommer, vrese, angstigheid, onsekerheid, siektes, sonde, teleurstellings. Noem maar op. Hoewel ons hierdie laste nie fisies kan sien nie, lê dit ‘n geweldige las op ons wat ons uitput en neerdruk, selfs teneerdruk.

Die vyand weet dat ons krag in die Here lê en daarom probeer hy ons met allerhande leuens van God af weghou. “Ek verdien dit wat met my gebeur! Die Here is kwaad vir my! Die Here kry my terug!” Hierdie is leunes wat ons besig hou en verhoed dat ons in die waarheid leef. God het vir ons goeie goed in stoor. Hy het ons sondes reeds gewreek op Jesus en het geen slegte gedagtes teenoor ons nie. Ons kan in oorwinning leef. Ons het die Heilige Gees wat ons bekragtig, lei en help. Al verstaan ons nie altyd waarom goed met ons gebeur nie, moet ons alles vir God gee en vertrou dat Hy in beheer van elke sitausie is.

 

Lees:

Markus 4:19

 

Mediteer:

  • Die vyand hou ons besig met drie dinge: die sorge van die lewe; die verleiding van rykdom; en begeerlikhede wat groter as God is. Hierdie dinge veroorsaak dat ons nie God se vrede kan ervaar nie.
  • Waarmee hou die vyand jou besig - Bekommernis oor dinge? Begeertes na meer, beter, vinniger en sukses? Begeertes wat God se plek inneem? Dink aan praktiese dinge en jou denke.

 

Gebed: "Here, help my asseblief om te identifiseer watter ding die vyand my mee besig hou wat my daarvan weerhou om my bekommernisse op u te werp. Vergewe my dat ek myself blindstaar teen die vyand se leuens. Help my asseblief om ook hierin oorwinning te behaal. Amen"

 

Aanbidding:

Good Good father – Kalley/Bethel Music

 

 

 

boyjoy366475 Copy

 

Dag 3: Die blydskap van die Here

Die Woord is vol van God se beloftes vir ons.  “Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester… voorspoed en nie teenspoed nie….”(Jer 29:11). “…lewe en lewe in oorvloed….” (Joh 10:10). Daar is baie! Maar die Woord sê nie dat dit net goed sal gaan nie! Ons lewe in ‘n gebroke wereld met baie uitdagings en situasies, siektes en laste, maar in al hierdie dinge kan ons in oorwinning staan en vrede ervaar. Ten spyte van omstandighede moet ons nie toelaat dat probleme ons optrede bepaal, ons blydskap weg vat of ons verhoudings affekteer nie. Hoewel ek nie noodwending iets aan die situasie kan doen nie, kan ek kies hoe ek gaan optree. Paulus en Silas kies om in die tronk die Here te loof en prys (Hand 16:25-34)! Die blydskap van die Here is ons krag en beskutting (Neh 8:10).

Die vyand probeer ons met leuens verlei en ons BESIG hou met dinge wat ons UIT die Woord uit hou. Sonder die Woord is ons kragteloos en magteloos. Die waarheid is egter - hoe groter jou uitdaging, hoe meer tyd het jy in die Woord nodig! Hoe meer die vyand jou gedagtes besoedel met leuens, hoe meer Woord het jy nodig om dit teë werk! Ons moet gereeld (aanhoudend) seën en Woord oor ons kinders, situasies, bekommernisse, uitdagings, werk, ens. spreek. Die Heilige Gees bevestig God se Woord oor ons. God kom doen die werk namens ons.  Ons kan dus met groot vrymoedigheid ons laste na God toe bring en hom toelaat om dit te hanteer!

“When the battle intensifies, let your Word reading, worship, loving, giving, so much more intensify.”

 

Lees:

Jer 29:11

Joh 10:10

 

Mediteer:

  • Hoe tree ek op wanneer ek moeilike tye beleef? Wat sal die mense naaste aan my van my optrede sê?
  • Hoe groot is jou stryd? Hoe groot is jou “Word reading, worship, loving, giving?”

 

Gebed: "Here, dankie dat U blydskap my krag en my beskutting is! Heilige Gees lei my om die Woord meer te lees en meer te aanbid en meer te gee en meer liefde te gee as wat my stryd is! Amen"

 

 Aanbidding:

Way Maker - Leeland

 

pexels kindel media 8351997

 

Dag 4: Complete, confirm, strengthen, and establish.

God nooi ons herhaaldelik om al ons bekommernisse op Hom te werp  en nie te vrees nie. Daar is 365 verse in die Skrif wat sê dat ons nie moet vrees nie. Een vir elke dag! Soms staan ons eie planne en ons trots in die pad van ons vrede. Petrus skryf dat ons in alle nederigheid sonder trots na ons Vader moet kom en ons laste op hom gooi!  
Daar is egter ook ‘n opdrag – weerstaan die duiwel deur geloof. Wees waaksaam.  Ten spyte van omstandighede moet ons gewortel, gevestig en onbeweegbaar in ons geloof wees sodat ons die vyand kan weerstaan. Miljoene gelowiges wêreldwyd beleef ook moeilige tye en uitdagings. Ons is nie alleen in ons stryd nie. God belowe egter dat wanneer ons vir ‘‘n kort tydjie’ swaar gekry het, Hy ons saam met hom sal complete, confirm, strengthen, and establish. Wat ons nou beleef, is n oogwink in vergeleke met die heerlikheid wat vir ons wag!

Lees:

1 Pet 5:7-9 AMP

Ps 55:22 AMP

Fil 4:6-7

 

Mediteer:

  • Is daar iets wat jou verhoed om om jou bekommernisse op God te werp?
  • Hoe kan ons gewortel, gevestig en onbeweegbaar in ons geloof wees?

 

Gebed:  Bid Jesaja 41:10-20 profeties oor jouself en jou gesin

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie — die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ’n nietige ding — die manne wat teen jou oorlog voer. Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel. Kyk, Ek maak jou tot ’n skerp, nuwe dorsslee wat baie tande het: jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf. Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die Here, jou beroem op die Heilige van Israel. Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die Here, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn ’n waterplas maak en die dor land waterbronne. Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal; sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die Here dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.” Amen.

Aanbidding:

Goodness of God – Jenn Johnson

 

 

 

pexels sunsetoned 5968894

Dag 5: Vertrou God!

Dit is so dat ons moeilike tye en uitdagings beleef. Maar die Woord bevestig dat ons nie bevrees moet wees nie en al ons bekommernisse op God moet werp. Ons kan nie die dinge wat ons beleef alleen hanteer nie. As liggaam van Christus het ons mekaar nodig. Ons het die Heilige Gees nodig om ons te help en te bekragtig. Goud word gesuiwer deur ‘n proses van herhaalde loutering om van al die onsuiwerhede ontslae te raak . Daar is druk van alle kante af, maar God maak iets wat complete, confirm, strengthen, and establish is.

Te midde van omstandighede red God ons met Sy Reddende Regterhand. Hy stort sy guns en seën oor ons uit. Hy doop ons met Sy Gees wat ons bekragtig en toerus. Die gawes van die Gees stel ons in staan om onsself en ander te bedien. Wanneer ons in tale bid, bid ons direk tot die Gees van God met onuitspreeklike versugtinge – die Gees weet wat ons nodig het, al weet ons nie eens nie! Wanneer ons die Woord profeties oor ons lewens bid, spreek ons toekoms, hoop en uitkoms. Wanneer ons nie weet watter kant toe nie, gee die Gees vir ons insig en wysheid. Wanneer ons siek is, kan ons bid vir genesing. Wanneer ons wonderwerke nodig het, kan ons bid vir die bo-nattuurlike! Wanneer ons die Woord lees, ‘verlig’ die Gees dit sodat ons kan verstaan wat God sê.

God het beplan dat ons te midde van chaos en omstandighede vrede en rustigheid kan beleef. Ons het nou meer as ooit nodig om God met alles en in alle omstandighede te vertrou terwyl ons in Sy vrede rus.

“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus”   

 

Lees:

Joh 14:27

1 Pet 5:7-9 AMP

Ps 55:22 AMP

Fil 4:6-7

 

Mediteer:

  • Ervaar jy druk van alle kante af, uitdagings, swaarkry? Onthou dat God ons wil omplete, confirm, strengthen, and establish. 
  • Hoe kan die Heilige Gees en die Gawes van die Gees in en deur my werk om my eie en ander mense se lewens te bedien en te versterk? 
  • God wil hê dat ons vrede sal beleef. 

 

Gebed:

“Vader, dankie dat ek oor niks besorg hoef te wees nie, maar dat ek my begeertes en behoeftes in alles deur gebed en smeking met danksegging  aan u bekend kan maak. Dankie dat die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, my hart en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Amen”

 

Aanbiding

Lord I Give You My Heart - Hillsongs

-LW