Go Deep 7 Desember 2025

Made for More

De Villiers Nel

 

Dag 1  Wanneer ons begin verstaan wie ons dien

Vanoggend lei die gebedspan ons met lofprysing wat die tema van hierdie week só ondersteun. Dit is soos stutte wat die slot hoog bo die opposisie uit lig om die bal uit die lug te pluk en dan saam met die voorspelers ʼn rolmaal te begin wat moeilik is om te stop.

“You are good to me.”

“What a beautiful name it is ...”

“I know who I am because I know who you are.”

Die ding van identiteit is dat ons dit nie kan vorm voordat ons nie weet hoe die Here lyk, voel, wees, en is nie. Hierdie is die anker van ons lewensboot, die begin van ons nalatingskap (legacy).

Efesiërs 3:16-21.

“Now to the God who can do so many awe-inspiring things, immeasurable things, things greater than we ever could ask or imagine through the power at work in us, to Him be all glory in the church and in Jesus the Anointed from this generation to the next, forever and ever. Amen.”

Almal van ons droom om iewers deel te wees van iets wat “awe-inspiring“ is, wat ander mense inspireer om groot hoogtes te bereik. Ons behoefte as Christene is om “meer” te wees as wat ons is. Ons verlang om ʼn positiewe nalatenskap te laat.

Hier is die belangrike aspek van hierdie week se gesprek: God het ons geskape in Sy beeld. Daardie verlange wat ek en jy het om beter te wees, om uit te styg, om impak te maak, dit alles kom van ons Here af. Die potensiaal van die liefde wat ons wil gee, wat ons baie keer voel ons wil geen (en soms nie doen nie) kom van Hom af. Dit is die begin van ons identiteit.

We are made for more ... (sonder veroordeling, maar gevul met hoop en motivering om met Jesus in ons, die wêreld te verander.

 Lees

Ef. 3:16-22

Mediteer

Hoe sien Jesus my?

Gebed

Here, ek daar is so baie tye wat ek nie In myself glo nie. Eintlik glo ek nie dat U regtig vir my wil gebruik om ʼn verskil te maak nie. Dankie dat U dit wel wil doen en dat U ons vrye teuels gee om waarlik vry te wees. In Jesus naam. Amen.

Spreek Lewe

My pad is gemaak om soveel meer te doen

Aanbid

Daddy’s DNA – Brandon Lake

Dag 2  Ek is in staat om soveel meer te doen

Almal van ons het ʼn klein stemmetjie wat ons gereeld aanpor om sommer net beter te wees. Beter ouers, meer liefdevol, meer in diens van die Here. Ons verlang om intensioneel ʼn “legacy” na te laat. Ons wil impakvolle lewens lei wat ons kinders en hulle kinders positief sal beïnvloed.

God het ons in Sy beeld geskep. Hierdie verlange om beter te wees, impak te maak waar ons is, dit kom van God af. Ambisies en drome gaan nie net oor onsself en ons eie behoeftes nie, God-geïnspireerde drome gaan altyd oor ander. Tóg is ons geneig om nie hierdie potensiaal te ontgin nie. Baie gereeld word ons lewens definieer deur aardse goed soos die soeke na vermaak eerder as verdieping, “besig wees by die werk”, konflik met ander en soveel ander goed, selfs ou wonde wat ons maar net bly seer maak en seer maak.

Wanneer jy ʼn loods is, is daar drie spesifieke stukke inligting wat jy in die regte volgorde vir die beheertoring moet gee as jy jou vliegtuig veilig wil land. Sê wie jy is. Sê waar jy is. Sê wat jy wil doen. En ʼn vierde – moenie tyd mors as jy dit sê nie, die mense in die toring is onder druk.

Die drie stukke inligting is ook van toepassing op jou en my. Ons moet eers weet wie ons is. Wat is ons identiteit? Dit bepaal hoe ons hart lyk en hoe oop ons hart vir ander mense is.

In Spreuke 4:23 word ons deur Salomo aangeraai om na ons hart te kyk, want ons hele lewe vloei daaruit. Ons hart is die kern van ons menswees. Dink hieraan; jy het jou hart vir die Here gegee. Die kern van jou menswees is in God gesetel. Ons identiteit kom dus vanuit Hom.

So wie is ek? Ek is ʼn kind van die Here wat Hom volg en dien, in my werk, by my huis, oral waar ek is.

 

 Lees

Spreuke 4

Mediteer

Wie is ek?

Gebed

Here, dankie dat ek in U beeld geskape is en dat ek daarop kan roem. Dankie dat U help om my roeping te rig, my drome in diensbaarheid van ander te maak, om ʼn ware nalatenskap vir my gesien en die mense rondom my te laat. Amen.

Spreek Lewe

My ID dra Jesus se inkmerk

Aanbid

Lauren Daigle – You Say

Dag 3  Die dag toe Gideon 'n nuwe oogkundige kry

Gideon lewe in ʼn tyd wat dit baie sleg met die Israeliete gaan. Hulle het afgedwaal van die Here en gevolglik laat Hy die Midianiete en Amelekiete soos rampokkers toe om hulle vee te steel en hulle oeste te vernietig. Dit is so erg dat die Israeliete in grotte en ander plekke moet wegkruip.

In Rigters 6 lees ons dat Gideon besig is om met koring in ʼn wynpers te werk. Dis belangrik. Wynperse is ingesonke werksplekke buite sig en bedoel vir druiwe, nie vir koringverwerking nie. So Gideon wil nie gesien word nie. Hy is bang.

ʼn Engel verskyn aan hom en groet hom as ʼn magtige vegter (iets wat Gideon nie in homself sien nie.) Soos wat jy vandag se dagstuk lees sal jy sien hoe Gideon glad nie in homself glo nie, hy sien homself nie as hierdie leier wat sy volk kan bevry nie. Die Here bevestig egter dat Hy met hom sal wees en ons almal ken die res van die storie, maar gaan lees dit gerus om alles te onthou.

Die punt is dat Gideon se beeld van homself, sy sig, deur ʼn stukkende lens geskied, maar wanneer God self vir hom die versekering gee dat sy sukses gewaarborg is, lei hy ʼn klein weermag (nog ʼn uitdaging vir sy geloof) en verslaan die vyand. Sy sig deur ʼn wasige bril word helder insig.

God sien meer in ons as wat ons realiteit is. Sy insig strek verder as wat ons kan sien, veral omdat ons met wêreldse brille kyk.

Lees

Rigters 6

Mediteer

Hoeveel ander voorbeelde uit die Bybel kan jy oproep van iemand wat nie in hom of haarself glo nie, maar dan die “onmoontlike” verrig? Hoekom nie jy nie?

Gebed

Vader, U sien in my wat ek nie kan sien nie. Help my identiteit meer en meer vestig sodat ek deur U bril kan sien.  Help my om my roeping te sien en aktief en intensioneel daaraan te werk met U hulp. Amen.

Spreek Lewe

Insig, nie net sig nie

Aanbid

Phil Wickham – PsaLm 8

Dag 4  God hou Sy Woord

Gister het ons gekyk na Gideon se voorbeeld en dat God hom belowe het dat Hy hom nooit alleen sal los nie. Daar is soveel soortgelyke voorbeelde regdeur die Bybel. Dink maar Noag, Josua, Josef, Rut, Job om net ʼn paar te noem.

In Mat. 28:18-22 kry die dissipels ʼn opdrag en die versekering (NIV): Then Jesus came to them and said, “All authority in heaven and on earth has been given to me.  Therefore go and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, and teaching them to obey everything I have commanded you. And surely I am with you always, to the very end of the age.”

God is so getrou, daar is sovele voorbeelde daarvan regdeur die Bybel. Hoekom sukkel ons dan so om Hom te glo met betrekking tot ons eie lewens en situasies? In Rom. 12:2 sê Paulus dat ons ons denke moet  vernuwe en nie soos die wêreld moet dink nie. So word ons identiteit meer en meer in God gewortel.

Die grootste reus wat ons ooit sal moet verslaan is die een wat tussen ons ore leef. God het al die voorbeelde wat hierbo genoem is ondersteun en ʼn identiteit gegee om dapper te wees, om bo hul omstandighede uit te styg. Helde en heldinne. Ons is tot dieselfde in staat.

We are made for more, let’s be more.

Lees

Rom 12

Mediteer

Wat is my volgende stap?

Gebed

Vader, ek wil ook ʼn held in diens van U Koninkryk wees. Help my om my manier van dink te vernuwe om aan te pas by wat U vir my wil hê. Amen.

Spreek Lewe

Ek is in staat tot meer en ek gaan dit doen met God se hulp

Aanbid

Worthy – Bethell Music

Dag 5 Die dinge wat my identiteit vorm

Ons het gister gesien dat ons identiteit óf deur Jesus óf deur die wêreld bepaal word. Tot hier waar ek en jy vandag staan het drie basiese dinge ons gevorm oor die jare.

Eerstens vorm die stories oor wat ons van onsself glo ons identiteit. Al gehoor dat iemand sê: ”Dis nou maar soos ek is, ek kan nie verander nie.” Hoekom glo ons dit? Die eerste vraag wat ons onsself moet afvra is of ons narratief oor onsself nie ʼn leuen is nie. As dit wat ons glo ons nie beter maak nie, nie mooi gevolge het nie, nie ander positief beïnvloed nie, is dit met groot waarskynlikheid ʼn leuen wat ons glo en wat ons vorm.

Tweedens vorm ons gewoontes dit wat ons word. Alle gewoontes vorm ons. As ek nie oefen en gesond eet nie, word ek rond. As ek rook, is daar ʼn goeie kans dat ek hart -en longprobleme gaan optel. As ek pornografie kyk, gaan ek sukkel om goeie verhoudings te bou. Dit is die negatiewe. Kom ons fokus op die positiewe. As ek gereeld Bybelstudie doen en tyd met die Here spandeer, word ek meer en meer soos Hy. As ek omgee vir ander, help ek bou aan die Koninkryk. As ek op ander mense fokus eerder as myself, bou ek hulle op. Hier is die groot vraag. As ek aangaan met dinge doen soos wat ek nou doen, wie is ek besig om te word?

Die derde ding wat my identiteit help vorm is die mense met wie ek tyd spandeer. Is dit opbouend, of trek hulle my na dinge wat nie by ʼn Christen hoort nie? Ons vriendekringe en verhoudings speel ʼn groot rol in ons uitkoms.

Ons kan nie passief wees met bostaande drie dinge nie. Ons moet intensioneel kyk na wie ons vriende is, wat ons gewoontes is en wat ons van onsself glo. Sodoende vorm ons ʼn identiteit wat in Jesus voltrek is. Jesuskinders.

Lees

Rom. 12:1-2

Mediteer

Watter vriendekringe, gewoontes en selfnarratiewe is nie goed vir my nie?

Gebed

Vader, ek wil meer en meer in U beeld en identiteit leef. Help my om die negatiewe uit te sny en ʼn positiewe bydrae te maak in U Koninkryk. In Jesus naam. Amen.

Spreek Lewe

Ek kan dit wat nie goed is vir my identiteitsvorming is nie, verander.

Aanbid

I trust in God – Brandon Lake